Zoutpansberger 13 November 2020

Page 1

Z

outpansberger

13 November 2020

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Wally has long road to recovery ahead - page 3

Jaargang 36 Vol.45

Jaype steeds optimisties hy gaan kanker klop - bladsy 10

ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

45

9 772409 283001

Siekte lê jong man lam Deur Andries van Zyl Familie en vriende van die 40-jarige Frans Vermaak van Louis Trichardt is optimisties dat hy volkome sal herstel nadat hy verlede week met Guillain-Barré-sindroom gediagnoseer is. Die siekte is ‘n rare, inflammatoriese siekte waar die liggaam se immuunstelsel vanweë ‘n verkeerde reaksie die liggaam se senuwees aanval en verlamming tot gevolg het. Frans het min bekendstelling in Louis Trichardt en omstreke nodig. Buiten vir sy jarelange verbintenis tot die familiebesigheid, LTT Radio & Electrical Centre, is hy ook bekend as een van Tafelronde Zoutpansberg 66 se mees energieke Tafelaars. Frans het einde Oktober saam met Kobus Otto en vriende in Mosambiek gaan kuier. “Kobus sê Frans het reeds Saterdag, 30 Oktober, gesê hy voel nie lekker nie. Sondag [31 Oktober] het hulle teruggekom en hy was by my ma-hulle [Henk en Sonet Vermaak]. Frans het vir my ma gesê sy vingers is naalde en spelde, hy kan nie sy voete voel nie en hy haal bietjie moeilik asem. Maandagoggend sewe-uur toe bel hy my pa en vra hom om hom asseblief te kom haal, want hy lê by die voordeur en kan nie loop nie,” het Frans se suster, Karien Cloete, gesê. Frans se pa het hom gaan haal en na dr. Casper Venter geneem. “Dr. Venter het dadelik gesê dit lyk vir hom soos ‘n bakteriële infeksie. Hy is toe Polokwane toe, eers na Dokter [Sarel] Spies toe. Daar aangekom het Dokter Spies hom na Dokter [Abdul] Ahmed toe gestuur. Dié het dadelik gesê hy vermoed dit is Guillain-Barré-sindroom. Drie uur Maandagmiddag is Frans in die Pietersburg MediKliniek opgeneem. Hy kon toe nie eers meer van die bed af klim nie. Hulle het dadelik ‘n lumbale punksie gedoen en dieselfde aand nog het hulle begin met ‘n bloedplasma-uitruiling (plasmaferese),” het Karien gesê. Frans is verlede Dinsdagmiddag, 3 Novem-

ber, na die kliniek se hoësorgeenheid geskuif waar hulle begin het om hom suurstof te gee. “In daardie stadium kon hy feitlik niks meer vir homself doen nie. Dit is baie moeilik om te beskryf. Hy sê dat alhoewel hy basies heeltemal verlam is, hy kan sien hy beweeg sy ledemate, maar hy kan dit nie voel nie. Die kommunikasie tussen sy brein en sy ledemaat is nie daar nie.

Tot sy tong het doodgegaan. Sy neus ook. Hy het vir my ma gesê dit voel nie soos sy neus nie,” het Karien gesê. Hierdie week het dit al heelwat beter gegaan met Frans. “Hy het baie moeilik gepraat, maar hy praat al beter. Hulle het ook al verlede Woensdag met fisioterapie begin in die hospitaal, maar net so een keer per dag. Saterdagoggend het hulle klaargemaak met die plasma

behandeling. Hy is toe teruggeskuif na ‘n gewone saal,” het Karien gesê. Karien sê dat toe hulle Sondag by hom was, hy oraait gelyk het. “Hy het net verskriklik vinnig moeg geword. Hy het so 10% gebruik gehad van sy regterarm. Oor sy linkerarm het hy bietjie beter beheer gehad. Hy kon darem sy foon vashou, maar dit val kort-kort uit sy hand. (Vervolg op p. 2)

Sjoe, dit was amper!

Dié erg beskadigde vragmotor het Sondagoggend in ‘n massiewe stofwolk tot stilstand geskuur op ‘n klein stukkie oop grond tussen die N1 en Linda Oosthuysen-hulle se huis op een van die Rondebosch-kleinhoewes. “Toe ons so aangery kom na die sirkel toe en ons sien die mense en die vragmotor wat daar staan, toe sien ons dit was so amper of daardie vragmotor was binne ons huis in,” het Linda gesê. Lees volledige berig op p.2. Foto verskaf.

2019 Mahindra KUV100 K2

R129 900

• 61kw / 115nm • 1.2 L petrol engine • Aircon • 5.9 l/100km • Cloth Seats Est Fuel Consumption • ABS + EBD • Radio • Dual Airbags • Central Locking

Balance of 2 year / 40 000m service plan 3 year / 60 000km warranty

G R E AT VALUE DEALS

2019 Datsun Go 1.2

R129 900

2019 SALE LOW MILEAGE LOW PRICE

FROM R2 200 P.M.

• Moses: 076 181 1442 • Jaco: 066 319 0737 • Lionel: 066 319 0736 • Collen: 066 319 0729

Balance of 5 year / 150 000m warranty

• 50kw / 104nm • 1.2 L petrol engine • Aircon • Cloth Seats • ABS + EBD

• Dual Airbags • 5.5 l/100km Est Fuel Consumption • Touchscreen

Proud Proudly part of the

part of The thecolour shown on adver�sed models will not necessarily be available as stock are limited and cannot be Terms and condi� ons apply.apply. Offers only valid while dealer stock last. Please note pictures are for illustra�ve purposes only but the model deriva�ve andProudly offer are consistent. Terms and conditions guaranteed to customers. All transac�on fees excluded. Vehicle on the road costs excluded. Price subject to change without prior no�ce. E&OE.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.