Zoutpansberger 14 Junie 2013

Page 1

Zoutpansberger

14 Junie 2013

www.zoutnet.co.za

PRYS: R4,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8

Seven suspected poachers arrested - page 2

Jaargang 29 Vol. 23

Vir die eerste keer in jare is reservoirs weer vol - bladsy 3

Rowers raak al meer vindingryk om geld te steel - bladsy 4

Heelparty inwoners word slagoffers van bedrieërs wat duisende uit hul bankrekeninge laat verdwyn

Hoe veilig is jou geld? Deur Anton van Zyl

Nolan Hoffman punches the air in victory as he clinches the final stage of the annual PPC Kremetart one-day stage race on Saturday. Hoffman, who won three of the race’s four stages, took overall first place in a combined time of 04:15:59. (Article on P18)

2012 Toyota FJ Cruiser 4.0 A/T 39 700km

Is jou hardverdiende geldjies veilig by die bank, of moet jy maar eerder die kaarte versnipper en plek inruim in die kluis? Dit is ‘n vraag wat heelparty inwoners vra, nadat hulle slagoffers geword het van bedrieërs wat geld uit hul bankrekeninge laat verdwyn. Wiekus van der Walt van Levubu is een van die persone wat geteiken is en hy het R16 000 verloor, voordat die bank opgetree het en die betalings aan die skelms gestaak het. Die geld is in 16 transaksies gesteel oor ‘n periode van bietjie meer as vyf weke. “Wiekus is nie iemand wat elke dag sy state nagaan nie en daarom kon die skelms vir ‘n rukkie wegkom daarmee,” sê sy vrou, Henriëtte. “So een keer per maand doen hy betalings en gaan deur sy state,” sê sy. Einde Maart het Wiekus gesukkel om via die Internet sy banksake te doen en het ABSA se tolvrye nommer geskakel. “Hulle het my telefonies meegedeel dat hulle vermoed iemand peuter met my rekening en gevra om in te kom na die tak toe,” sê Wiekus. Volgens hom het hy in daardie stadium nie gedink dit is baie ernstig nie, want hy het geen SMS-kennisgewing gekry dat enige verandering

op sy bankprofiel aangebring is nie. Wiekus is na die Levubu Absa-tak toe, maar hul het hom verwys na Absa in Makhado (Louis Trichardt). Tydens ‘n opvolg besoek aan die plaaslike tak is hy toe verseker dat die probleme wat hy ondervind het om toegang tot die rekening te kry nou reggestel is. “Ek het nie vir ‘n staat gevra nie, omdat ek nie enige onraad vermoed het nie. Ek is ook nie aangesê om my wagwoord te verander nie,” sê Wiekus. Op Dinsdag, 7 Mei, wou Wiekus via die Internet sy banksake doen, net om agter te kom dat R16 000 net verdwyn het. Die bedrieërs het ‘n vals begunstigde geskep en 16 betalings aan ‘n sekere “Hendrik Schoeman” gemaak wat dadelik in kontant getrek is. Wat Wiekus en Henriëtte ontstel is dat daar nooit enige SMS-kennisgewings deurgegaan het om hulle te waarsku dat ‘n nuwe begunstigde geskep is nie. Hulle kan ook nie verklaar hoe die skelms Wiekus se bankbesonderhede kon kry nie. “Wiekus memoriseer sy PIN en het dit nog nooit eers êrens neergeskryf nie,” sê Henriëtte. (Vervolg op p. 2)

CELEBRATING

30 YEARS Visit our website for online specials

www.pandl.co.za

T

Balance of 5 year / 90 000km service plan

R379 995

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175

C

Audited Distribution Figures

P&L HARDWARE HEAD OFFICE Louis Trichardt Tel: 015 516 1325 / 516 0477


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.