Zoutpansberger 17 Januarie 2014

Page 1

Zoutpansberger

17 Januarie 2014

www.zoutnet.co.za

PRYS: R4,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8

Stink probleem begin weer by asgat lol - bladsy 3

Jaargang 30 Vol. 02

Inwoners nou keelvol vir slaggate in strate - bladsy 4

Gauteng businessman dies in helicopter crash - page 5

Veertienjarige wat kind in koelhouer druk voor voertuig rol het heel moontlik sewejarige se lewe gered

Koelkop red jong lewe Deur Isabel Venter ‘n Koelhouer kan ook gebruik word om lewens te red, het ‘n jong inwoner van die streek twee weke gelede bewys. Die flinke optrede van die 14-jarige Brandon van Zyl, toe hy Louis Swart (7) se lewe gered het met ‘n koelhouer, kan beslis as ‘n heldedaad beskryf word. Brandon en Louis was op Sondag, 4 Januarie, in ‘n motorongeluk betrokke. Hulle was saam met Donovan, Brandon se broer, en Mattie Swart, Louis se ma, oppad terug huis toe nadat hulle die naweek by die Albasinidam gekamp het. Die ongeluk het sowat 18 km voor Makhado (Louis Trichardt) gebeur. Donovan het bestuur en het beheer verloor oor Mattie se Audi Q5, en dit het onbeheers oor die pad begin gly. Daar word vermoed dat die stuurstang moontlik ingegee het. Daar is tans ‘n ondersoek om die presiese oorsaak van die ongeluk te probeer vasstel. “Dit is ‘n wonderwerk en bestiering van Bo,” het Brandon se verligte ma, Nicolette, na die tyd aan die koerant vertel. Sy het verlede week vertel hoe Brandon vinnig gedink het om te keer dat Louis nie seerkry nie. Brandon het vinnig besef dat daar

moeilikheid gaan kom toe Donovan nie die Audi onder beheer kon kry nie. “Donovan het net gesê daar is iets fout met die stuurwiel en dat hy nie die Audi in die pad kan hou nie,” het Brandon skamerig vertel. Hy het blitsig die koelhouer op die sitplek gegryp en begin leeg maak. Brandon sê hy weet nie wat hom aan hierdie plan laat dink het nie, maar dat hy bly was dit het gewerk. Terwyl die Audi oor die pad begin gly het, het Brandon vir Louis gevat en in die houer maak sit en ‘n kussing bo-oor hom gedruk. Skaars het hy dit gedoen, of die onvermydelike het gebeur – die Audi was die pad byster en het begin rol nadat dit ‘n sandwal getref het. Louis en Brandon is in die rolslag uit die Audi geslinger. Brandon se bene was nog halfpad onder die Audi vasgepen toe dit tot stilstand kom. “Donovan het die motor opgelig en toe kon ek my bene uittrek,” het Brandon vertel. ‘n Heel benoude Louis was nog steeds binne-in die koelhouer gewees en het na sy ma geroep. Tot almal se verbasing het hulle vir Louis heeltemal ongedeerd uitgehelp – hy het nie een enkele merk of skraap op hom gehad nie. (Vervolg op p. 2)

“Ek wil eerder nie dink wat sou met Louis gebeur het as dit nie vir Brandon se optrede was nie”

2013 VW Kombi TDi Transporter

T

R299 995 *excl. on the road fee

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175

C

Audited Distribution Figures

Brandon van Zyl (14) in die ambulans, kort na die ongeluk. Foto verskaf.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.