Z
outpansberger
18 Desember 2020
News with an independent soul
PRYS: R5,00 BTW Ing.
www.zoutpansberger.co.za Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Jaargang 36 Vol.50
Thi s i s t he la st ed i t i o n f o r 2 02 0. O u r o f f i c e s h a v e c l o s e d fo r 2 0 2 0 a nd we wi l l o pe n a ga i n o n 4 J a n u a r y 2 02 1. M a y y o u ha v e a b lessed C h r i s tm a s a n d a h a ppy N e w Y e a r
ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
50
9 772409 283001
Sies Vhembe!
min. Antwoorde van die Makhado Munisipaliteit is eweneens min wat betref die kroniese kragonDie feestyd is in volle swang, maar vir baie derbrekings wat die streeks die afgelope paar is die groot vraag of inwoners van Louis Triweke ervaar het – en dit is nie beurtkrag nie (sien chardt ‘n nat of droë Kersfees gaan hê? Dit het berig hieroor op p.2). egter niks met reën te doen nie. Hierdie onvermoë van die VDM en Makhado Mens kan maar net die sosiale media platforms Munisipaliteite om dienslewering te verseker ten dophou die afgelope paar weke, en spesifiek die opsigte van hul onderskeie mandate om water, laaste week, om te weet waaroor dit gaan. Inder- riool en krag te voorsien, het Maandag oorgekook daad is dit die Vhembe Distriksmunisipaliteit met ‘n massa protesaksie deur die Zoutpans(VDM) se onvermoë om konstant water aan die berg Community Development Forum (ZCDF), dorp en omstreke te voorsien. “Lyk my ons het inwoners, plaaslike sakelui en self die boerderyvanjaar vroeër droë krane. Gewoonlik het ons gemeenskap (sien berig hieroor op p.2). eers van 20 Desember af geen water gehad nie,” Die afgelope twee weke het talle inwoners, wat het een inwoner gesê. nie die luuksheid van ‘n boorgat het nie, weer vir As daar wel water is, borrel die riool orals uit. dae sonder water gesit. Dit volg nadat die VDM Hoekom dit soms dae, weke en maande vat om op 9 Desember aangekondig het dat ‘n pyp by probleme op te los, weet niemand nie. In gevalle beide pompstasie 2 en 3 gebars het. Inwoners van worstel inwoners nou al jare met spesifieke rioLouis Trichardt en Tshikota se opgewondenheid ollekke. Van die VDM se kant af is die antwoorde met die nuus dat die pype reggemaak is, was Deur Andries van Zyl
egter van korte duur. In die afwesigheid van enige kennisgewing vanaf die VDM het plaaslike DA raadslid Brian du Plooy Saterdag op die Louis Trichardt Water Shedding Facebook-blad laat weet dat die rouwater suiweringsaanleg by die Albasinidam weer onder water is. “Dit sal dinge nog erger maak vir mense wat reeds dae sonder water sit,” het Du Plooy gesê. Teen druktyd was daar steeds inwoners wat gekla het dat hulle nog steeds nie water het nie. Hierdie rouwater suiweringsaanleg was in Augustus vanjaar ook onder water en dit is moeilik om te verstaan waarom dit telkens gebeur. Aangesien die elektriese waterpompe by die aanleg nie gemaak is om onder water te funksioneer nie, moes die pompe teen groot koste vervang of reggemaak word. Terug na die rioolprobleem. Die DA het die afgelope week twee klagte van rioolbesoedeling by die Groen Skerpioene gelê teen die VDM. Die een was vir die erge rioolprobleem by Grobler-
straat 110 (sien meegaande foto’s) en die tweede van die rioolstorting op die hoek van Stubbs- en Krugerstraat. Laasgenoemde rioolstorting vind al jare plaas en vrese bestaan dat die ondergrondse watertafel in daardie area (in die omgewing van die brug in Stubbsstraat) wat boorgate voed reeds onherstelbaar besoedel is. Soos genoem is antwoorde van die VDM oor water- en rioolprobleme min of geen. Die koerant se mees onlangse navrae hieroor was reeds op 20 Oktober aan die VDM gerig. Na talle opvolgversoeke om kommentaar te lewer, bly hierdie navrae steeds onbeantwoord. Onder meer wou die koerant weet of die gerugte waar is dat die VDM nie meer geld oor het om instandhouding te doen nie? Ons wou ook weet wat die VDM se totale begroting vir die huidige finansiële jaar beloop en hoeveel daarvan al bestee is. (Vervolg op p. 2)
‘n Reeks foto’s van die erge rioolstorting by ‘n woning in Groblerstraat, Louis Trichardt. Die probleem is herhaaldelik al by die Vhembe Distriksmunisipaliteit gerapporteer, maar die klagte val blykbaar op dowe ore. Die afgelope week het die Demokratiese Alliansie in Limpopo ‘n klag by die Groen Skerpioene gaan lê teen die distriksmunisipaliteit. Foto’s verskaf.