Zoutpansberger 18 Oktober 2013

Page 1

Zoutpansberger

18 Oktober 2013

www.zoutnet.co.za

PRYS: R4,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8

Illegal strike reason for water shortages - page 2

Jaargang 29 Vol. 41

Polisievrou erken sy was oorsaak van man se dood - bladsy 3

Pioneer of Soutpansberg passes away at age 103 - page 14

Munisipaliteit baie vaag oor rede vir chaos by oorvol stortingsterrein, nadat hekke gesluit word

Wittes moet kom help Deur Isabel Venter

Die munisipale stortingsterrein buite Makhado (Louis Trichardt) is nie meer ‘n ramp wat wag om te gebeur nie; dit is ‘n ramp en die “wit bevolking” moet asseblief ‘n plan maak. Vir die soveelste keer hierdie jaar het die stortingsterrein verlede week uit sy nate gebars. Soveel so dat die toegangshekke Woensdag gesluit is, en radelose inwoners hulle vragte vullis voor die hek afgelaai het. Teen die middag was daar net berge vullis so ver as mens kon sien. Die toegangspad was verberg agter die hope vullis, en langs die Vondelingpad (wat toegang verleen tot die terrein) was daar eweneens hope vullis gestort. Stortingsterreinbewoners het uit die vullis ‘n plakkaat gepraktiseer om hulle lot by die dorp se blanke inwoners te bepleit. “Pliz Whites Make A Plan Pliz [sic]” het die plakkaat gelees wat staan gemaak is langs sakke vullis. Van hierdie bewoners was Woensdag, tydens die Zoutpansberger se besoek aan die terrein, besig om tussen die vlieë en rommel rond te krap vir iets om te red. “Help ons asseblief … kyk hoe lyk dit hier,” het hulle aan die koerant se joernaliste gesê. Volgens die inwoners is die munisipaliteit se tru-grawers al vir drie weke lank buite werking. “Dit is hoekom hulle [munisipaliteit] die rubbish aan die brand steek elke keer,” het een man gesê, wat nie sy naam wou gee nie. Daar was ook glo gerugte dat munisipale werkers opdrag gegee is om die hekke van die terrein te sluit en inwoners toe te laat om vullis langs die pad af te gooi. Inwoners van die Vondelingplotte, naby die terrein, het ook gesê die situasie by die stortingsterrein raak onuithoudbaar. Een so ‘n inwoner, mnr. Jan Malan, het Donderdag vertel dat die Vondelingpad Woensdagmiddag 17:00 begrawe was onder die vullis. Motoriste kon glo glad nie verbykom

2008 Mercedes Benz C200 A/T Elegance A/C, CD, S/Roof,

nie. Gelukkig, vertel Malan, het die plaaslike Departement van Paaie en Vervoer ‘n padskraper gestuur om ‘n pad oop te stoot sodat motoriste kon deurkom. “Niemand vat verantwoordelikheid nie, maar dit is maar oraait,” het Malan gesê. Hy is ‘n vlooteienaar en sy vragmotors moet gereeld oor die pad ry. So het hy al derduisende rande afgestaan aan bande wat gesny word deur afvalysters wat op die Vondelingpad weggegooi word, in stede van binne die terrein. Malan het ook vertel dat hy Woensdag, op pad dorp toe, gesien het hoe ‘n munisipale vullisvoertuig “net so – in ons ryvlak – in die pad sy vrag afgooi.” Van al hierdie dinge het die munisipaliteit bitter min geweet. Die blaam moet gedra word deur die dorp se “vullisproduseerders.” Só het die Makhado Munisipaliteit geantwoord op navrae van die Zout­ pansberger. “Die hek na die stortingsterrein is altyd oop en dit is ook onwaar dat die munisipaliteit se tru-grawers stukkend was,” het die munisipaliteit Vrydag gesê. Die munisipaliteit het verder ontken dat hulle werknemers opdrag gegee is om die hek te sluit. “Vullisprodusente wat vullis langs die pad weggegooi het, het daartoe gelei dat ons vragmotors nie vullis by die stortingsterrein kon aflewer nie.” Vrae rondom die ontwikkeling van ‘n nuwe stortingsterrein is ook vaagweg beantwoord. “Ons verwag om die bouterrein teen die einde van Oktober aan die diensverskaffer te oorhandig,” het die munisipaliteit gesê. Die munisipaliteit is Maandag en Dinsdag weer genader met spesifieke vrae soos wie die nuwe diensverskaffer is. ‘n Foto, wat die koerant verlede Woensdag geneem het van die toegangshek wat toegesluit staan onder die vullis, Video Clip is ook aan die munisipaliteit gestuur. Teen druktyd is daar nog gewag op ‘n antwoord van die munisipale woordvoerder, mnr. Louis Bob- Help ons. Stortingsterreinbewoners het hierdie geprakseerde plakaat Woensdag langs die odi. Hy was uitstedig en het Dinsdag gevra dat die munisipale stortingsterrein staan gemaak om hulle misnoeë te kenne te gee met die haglike koerant die opvolgvrae aan hom stuur. toestand van die stortingsterrein.

Buy 10 Treatments & Get 1 FREE!

Navigation, Xenons, PDC

BEFORE

Natural Lipo

AFTER 2 SESSIONS

144 000km

R199 995

www.ayobmotors.co.za

Tummy skin tightening & fat reduction

Karlien

Tel: (015) 516 5175 26 Stubbs Street, Mount Fuji Heights C

Audited Distribution Figures

SureSlim

HEALTH AND WELLNESS CLINIC

Contact Wynanda, Tel: 015 516 1284

We treat the cause of your weight problem, having screened for some common pre-existing health problems by means of blood tests before we offer you an individual solution to correct your metabolism. At Sureslim we realise that there are more factors influencing bad health and weight gain than just the food that you eat. We help you step by step to achieve your Health & Wellness goals with the all NEW 14 Phase Living slim OProgram.

SureSlim is also Suppliers of BodyDetox Products Miracle Magnesium Oil Magnesium Inflama Spray

Quantec Healing Quantec tests for allergies, food tolerance and pollution. Quantec analysis can help to take the guesswork out of choosing the correct supplement for you. - Digestive Problems - Vitamin / Mineral Deficiencies - Liver and Kidney Stress - Cholesterol - Circulation Problems - Uric Acid - Immune Weakness - Over-acidity - Parasites Infestation - Bacterial Infections Indication of Low Immune Stress


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Zoutpansberger 18 Oktober 2013 by Zoutnet - Issuu