Zoutpansberger 19 Julie 2013

Page 1

Zoutpansberger

19 July 2013

www.zoutnet.co.za

PRYS: R4,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8

Vhembe District Municipality confident to win water supply battle - page 3

Jaargang 29 Vol. 28

Oom Gert se beskermengeltjies werk Maandag oortyd - bladsy 4

Afrikaans pronk oor plaaslike radiogolwe - bladsy 5

Weervoorspellers meen vanjaar se winter gaan korter wees as gewoonlik, maar koue nie heeltemal weg

Hitte vinniger op pad Deur Linda van der Westhuizen

Die warmer winterweer bring goeie vooruitsigte vir die komende landbouseisoen. Dit wil egter nie sê dat daar nie al ‘n paar bibber­dae was nie… Op Saterdag, 13 Julie, het oggendasems in die dorp soos rookwolke uitgewalm. Ook geen wonder nie, want die kwik het gesak tot by vriespunt. In Julie sover het die minimum temperature in Makhado (Louis Trichardt) gewissel tussen vriespunt (0°C) en 6.7°C. Maksimum temperature het gewissel tussen 17.2°C en26.1°C (www.accuweather.com) In die geheel is die winter egter warmer en boere koester goeie verwagtinge. TLU SA voorsitter Stephen Hoffman sê dat dit nog nie regtig koud was nie en dat die vooruitsigte vir al die sub-tropiese gewasse goed lyk. “Die winter was sag en het ons regtig goed behandel. Ons dra nie kennis van noemenswaardige skade nie. Die reëntjie van 7mm Donderdag [11de] het die stof weggewas en die bome is weer skoon,” het Hoffman gesê. ‘n Boer van Levubu, mnr. Dries Joubert, stem saam dat die avokado- en neutbome vanjaar goed lyk. “Die bome staan pragtig in blom en die blomme is gesond. Sover is die winter warmer as verlede jaar, maar ons weet nog nie wat die res van Julie gaan inhou nie. As daar koue saam met nattigheid is, veg ons teen swamme. Die watervoorsiening lyk goed en ek het nog nie van watertekorte gehoor nie. Dit lyk of die besproeiingswater voldoende sal wees,” het Joubert gesê. In die Waterpoort-omgewing is dit sover warm en was daar nog geen rypskade nie, aldus die voorsitter van die Waterpoort Boerevereniging, mnr. Rudolph Otto. “Alhoewel dit die afgelope twee weke ‘n bietjie koelerig was, is die weerpatroon nader aan dié van die somer. Die groei van ons produkte is meer soos in ‘n semi-somerpatroon.

2012 VW Polo 1.6 Comfortline A/C, P/S, CD, E/WIndows

Ons baba-groentes, suikermielies, spanspekke en tamaties, groei mooi vir winteromstandighede,” het Otto gesê. “In Vivo is hulle besig om aartappels uit te haal en die geleentheid te benut vir ‘n vroeë gaping in die mark,” het Hoffman gesê. Die voorsitter van die Linton Boerevereniging, mnr. Schalk van der Walt, sê dat koue hulle nie soseer raak nie, aangesien hulle in hul omgewing meer met wild en bees boer. “Die seisoene is net baie deurmekaar,” sê Van der Walt. Volgens die weerburo is temperatuurvoorspellings in die volgende drie-maande tydperk onseker en minder akkuraat wat die minimum temperature betref, maar dit lyk of daar ‘n tendens is dat maksimum

temperature vir die grootste dele van die land bo-normaal is. Mnr. Cobus Olivier, ’n wetenskaplike van die Suid-Afrikaanse Weerdiens en verantwoordelik vir navorsing oor weervoorspelling, het die drie-maandelikse voorspellings aangestuur. “Maksimum temperatuur voorspellings is bo-normaal vir die noordoostelike helfte van Suid-Afrika en onder normaal in die verre suidweste,” lui die verslag. Die diagram vir Julie, Augustus en September se maksimum temperatuur vooruitsigte (sien meegaande diagram) wys dat Limpopo meer as 50% kans het vir bo-normale warm temperature in die dag. Diegene wat beter floreer in koue, moet dit dus maar nou waardeer, want skynbaar is die warm dae op pad ...

Deur Isabel Venter

Dennis tuis, maar nog nie heeltemal gesond Dit gaan sommer al baie beter met Dennis Smit, nadat hy sowat twee weke gelede in ‘n ernstige motorfiets­ ongeluk betrokke was. Dennis sterk tans tuis aan, nadat hy Saterdag, 6 Julie, ontslaan is. Hy is vir ‘n week lank in die hoësorgeenheid van ‘n Middelburgse hospitaal behandel vir erge kopbeserings wat hy opgedoen het. Sy motorfiets, ‘n splinternuwe BMW, is afgeskryf toe ‘n aankomende voertuig

tromp-op in hom vasgejaag het. Die ongeluk het tussen Sabie en Middelburg plaasgevind. Dennis was egter nie lank by die huis nie, toe moes hy weer besoek bring aan dokters en spesialiste in Johannesburg. Sy vrou, Jana, het vertel dat hy weens die ongeluk nog nie die volle gebruik van sy regteroog herwin het nie. Hiervoor moes ‘n neuroloog gesien word. Volgens die neuroloog het Dennis nog swelling en

Buy 10 Treatments & Get 1 FREE!

Natural Lipo

AFTER 2 SESSIONS

25 070km

Balance of 3 year / 120 000km warranty

www.ayobmotors.co.za

Tummy skin tightening & fat reduction

Karlien

Tel: (015) 516 5175 26 Stubbs Street, Mount Fuji Heights C

Audited Distribution Figures

SureSlim

HEALTH AND WELLNESS CLINIC

BEFORE

R169 995

bloeding op die brein, wat met behandeling tussen vier en ses weke kan vat om gesond te word. “Maar ons is dankbaar om Dennis weer terug by die huis te hê – dit is absolute gebedsverhoring,” het Jana gesê. “Hy lyk ook al heelwat beter; die bloukolle en skrape is al amper heeltemal gesond.” Jana het almal bedank vir hulle gebede en boodskappe van ondersteuning. “Al wat Dennis nou kort, is baie rus.”

Contact Wynanda, Tel: 015 516 1284

We treat the cause of your weight problem, having screened for some common pre-existing health problems by means of blood tests before we offer you an individual solution to correct your metabolism. At Sureslim we realise that there are more factors influencing bad health and weight gain than just the food that you eat. We help you step by step to achieve your Health & Wellness goals with the all NEW 14 Phase Living slim OProgram.

SureSlim is also Suppliers of BodyDetox Products Miracle Magnesium Oil Magnesium Inflama Spray

Mnr. Dennis Smit.

Quantec Healing Quantec tests for allergies, food tolerance and pollution. Quantec analysis can help to take the guesswork out of choosing the correct supplement for you. - Digestive Problems - Vitamin / Mineral Deficiencies - Liver and Kidney Stress - Cholesterol - Circulation Problems - Uric Acid - Immune Weakness - Over-acidity - Parasites Infestation - Bacterial Infections Indication of Low Immune Stress


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.