Z
outpansberger
19 Maart 2021
News with an independent soul
Accreditation No. T182004
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
“That is just the way it is,” says municipality - page 3
FIREARM TRAINING
Jaargang 37 Vol.11
Herkoms van families Nonnetjie-eende ‘n raaisel - bladsy 4
Vir enige navrae kontak ons Sanna: 083 291 2889 Cathy: 083 383 6554 ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
11
9 772409 283001
Genoeg water om te mors? Deur Pétria de Vaal Vir twee weke lank al stroom skoon water vanaf Tshirululunistraat in Olifantstraat in. “Dit hou net nie op nie. Daar is só baie water dat dit ver in die lug opspat wanneer motors verbykom. Blykbaar het die lekkasie ontstaan toe die maatskappy wat grawe vir veselkabels, ‘n waterpyp raakgekap het.” Só sê ‘n ontstoke inwoner van Olifantstraat wat nie haar naam genoem wil hê nie. Sy het menigmaal vir die grawers gaan vra wat hulle daaraan gaan doen, maar geen antwoord gekry nie. ‘n Ander inwoner noem dat die lekkasie in Tshirululunistraat al ‘n bars in die teer veroorsaak het. Mnr. Brian du Plooy, wyksraadslid van die DA, se opinie
is in hierdie verband gevra. Hy rapporteer gedurig, soos wat hy van probleme te hore kom, die sake aan die Vhembe Distriksmunisipaliteit – wat verantwoordelik is vir waterverskaffing, -onderhoud en alles wat daarmee gepaard gaan. Hy kry egter dikwels te doen met telefone wat nie beantwoord word nie. “Die watersituasie en die probleme wat ons ondervind by Vhembe Distriksmunisipaliteit is geheel en al chaoties,” sê Du Plooy. Hy bevestig dat ‘n kontakpunt by die gewone plaaslike munisipaliteit wel bestaan waarheen probleme deurgegee kan word (die nooddienstenommer 087 350 2764). Kommunikasie tussen hierdie kontakpunt en Vhembe blyk egter ‘n probleem te wees.
Nog ‘n waterlek in Jasmynstraat wat besig is om ‘n dam te vorm. Foto verskaf.
“Behalwe hierdie probleem is daar ook lekkasies op talle ander plekke. Riool wat oral uitborrel is ook ‘n groot probleem,” sê Du Plooy. Sedert die Zoutpansberger begin ondersoek instel het hierdie week, het klagtes van lekkasies letterlik ingestroom. Probleme word onder meer ondervind op die hoek van Wolmarans- en Vorsterstraat, Kwaggastraat (twee verskillende lekkasies), Azaleastraat, Bauhiniastraat, in Celliersstraat naby die laerskool, Rooibokstraat – hierdie water loop af in Hlanganani Springbokstraat, Jasmynstraat, en nog baie ander plekke. In Douthwaitstraat is ‘n lekkasie by ‘n watermeter en dit raak net al hoe erger. ‘n Waterlek is ook oorkant die muurbalbane in die ruigtes ontdek. Du Plooy noem dat Vhembe self nie die materiaal het om herstelwerk te doen nie. Slegs wanneer iemand ‘n groot geraas maak, sal kontrakteurs aangestel word wat die herstelwerk doen. “Elke dorp wat onder Vhembe val het blykbaar nou een ekstra voertuig (bakkie) bygekry, maar dit gaan nog steeds nie die probleme uitsorteer nie,” sê hy. “Kommunikasie vanaf die owerhede is ‘n groot bron van kommer. Ons probeer om met die gemeenskap te kommunikeer oor probleme op verskeie platforms, bv. WhatsAppgroepe, Facebook-groepe en so meer. (Vervolg op p.2)
Hierdie waterlek langs Kwaggastraat het letterlik al ‘n dam gevorm. Foto verskaf.
Strome drinkwater borrel nou al vir twee weke uit onder die teeroppervlak op die hoek van Tshirululuni- en Olifantstraat. Maandag het die Vhembe Distriksmunisipaliteit gesê hulle dra geen kennis van die lekkasie nie, maar ‘n inwoner kon ‘n verwysingsnommer gee dat hy die lek reeds op 5 Maart gerapporteer het.
SINCE 1959