Z
outpansberger
1 Oktober 2021
News with an independent soul
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
SACM probed for “fraudulent” TERS claims - page 3
Jaargang 37 Vol.39
Oom Tobie het geglo jy moet bereid wees om te gee - bladsy 4
LEON
KO ✉LEON EN ✆082 899 KOEN@ LANTI 1732 C.NET
LM EL ECTRI CAL W & FIR ORKS EARM TRAIN ING ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
39
9 772409 283001
Woede na moord Deur Andries van Zyl
Die koelbloedige moord op die 80-jarige tannie Marthie Pauer, bekende boer- en sakevrou van die omgewing, het die afgelope week die Soutpansberg-gemeenskap tot in sy fondamente geskok en met woede vervul. Haar bebloede liggaam is verlede Donderdagaand, 23 September, in haar huis op Louis Trichardt gevind. Tannie Marthie is die vorige dag laas lewend gesien. Sy het Woensdagaand van die familieplaas Vleifontein naby Waterpoort terug dorp toe gery, waarna sy en ‘n vriendin van haar, tannie Magda Strydom (72), gaan uiteet het. Omstreek 20:00 het die twee teruggekeer na tannie Marthie se huis. “Sy wou hê
ek moes saam met haar eers kom koffie drink, maar dit was reeds laat en ek wou ook by my huis kom. Die laaste keer wat ek haar gesien het, was toe sy vir my met haar flitsie gewaai het toe ek wegry,” het ‘n steeds erg hartseer tannie Magda gesê. Sy is oortuig daarvan dat sy ook vermoor sou gewees het as sy saam met haar vriendin in haar huis ingegaan het. Die vermoede bestaan dat tannie Marthie met haar terugkeer by haar huis deur haar moordenaar oorval is. Of die moordenaar vir haar buite haar huis ingewag het of reeds binne die huis was, is onseker. Intussen het tannie Marthie se seun Junior, ‘n adjudant-offisier in die polisie wat by Waterpoort gestasioneer is, begin bekommerd raak omdat sy ma nie haar
foon antwoord nie. “Ek het herhaaldelik gebel. Haar foon het nie eers gelui nie,” het Junior aan die Zoutpansberger gesê. Omdat Junior verlede Donderdag aan diens was, het hy ‘n vriendin van hom gevra om te gaan kyk of alles reg is by sy ma sy huis. Niks kon hulle voorberei vir wat vir hulle by tannie Marthie se huis gewag het nie. “’n Rukkie later hy my vriendin my teruggebel. Sy was in ‘n toestand. Toe sy die deur oopmaak, het sy my ma in ‘n plas bloed in haar kamer sien lê,” het Junior gesê. Dit was omstreek sewe-uur Donderdagaand. Junior het dadelik vanaf Waterpoort ingejaag dorp toe. Intussen is die plaaslike polisie na die toneel ontbied. “Toe ek by my ma se huis aankom,
Die moordtoneel by tannie Marthie se huis in Louis Trichardt, kort nadat haar bebloede liggaam gevind is.
FAMILY BOX
159
90
Images for illustrative purposes only. While stocks last
wou ek ingaan. My kollegas het egter vir my gesê [ek moet] liewers nie,” het Junior gesê. Tannie Marthie se liggaam het verskeie diep wonde gehad. “Ek het gehoor hulle het nog nie die moor-
dwapen gekry nie,” het Junior gesê. Hy het egter gesê dat dit definitief een of ander skerp voorwerp moes gewees het. (Vervolg op p.2)
Die 27-jarige Trevor Gumbu, wat Saterdag in Musina aangekeer is vir die moord op die 80-jarige tannie Marthie Pauer van Louis Trichardt. Foto verskaf.
15
00