Z
outpansberger
20 Desember 2019
News with an independent soul
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Jaargang 35 Vol. 50
This is our last edition for 2019. Our offices are closed from 18 December 2019 and will re-open for business on 6 January 2020.
Happy holidays from everyone at the Zoutpansberger.
Sjoe, wat ‘n jaar! Deur Andries van Zyl
In hierdie laaste uitgawe van die Zoutpansberger vir 2019 kyk ons na die artikels wat die meeste aftrek onder lesers op die koerant se webtuiste (www.zoutpansberger.co.za) geniet het. Wat gou duidelik is, is dat die Engelse spreekwoord “bad news sells newspapers” ongelukkig steeds waar is. 2019 het beslis sy kwota slegte nuus opgelewer en heelwat gesinne sal hierdie Kerstyd en Nuwe Jaar ingaan met ‘n leë plekkie in die huis met ‘n geliefde wat die afgelope jaar aan die dood afgestaan is. ‘n Vinnige opname toon dat die Zoutpansberger die afgelope jaar meer as vyftig doodsberigte gedra het. In die meeste gevalle was kanker of hoë ouderdom die oorsaak van dood, maar daar was ‘n paar gevalle wat uitgestaan het. Dit is dan nie vreemd dat die artikel oor die dood van bekende plaaslike kunstenaar en aktivis Annette Kennealy die mees-gelese artikel vir 2019 op die Zoutpansberger se webtuiste was nie. Die sprankelende Kennealy, wat regtig geen bekendstelling in die Soutpansberg nodig gehad
het nie, is in Mei op haar plaas vermoor. Haar plaasarbeider is kort na haar liggaam gevind is in verband met haar dood gearresteer en is tans verhoorafwagtend. ‘n Totaal van 23 847 mense het die berig oor Kennealy se dood gelees. Die tweede “gewildste” artikel op die koerant se webtuiste was ook oor die dood, die keer oor drie van Marilee van der Merwe en haar man se pragleeus op hul plaas net buite Louis Trichardt in Augustus. Die leeus is vergiftig en daarna is twee van hulle se koppe en potte afgesny. Vir Marilee was die leeus “soos kinders” gewees en die voorval het die familie baie trauma besorg. In totaal het 22 349 mense die berig op die webtuiste gelees. Alhoewel dit nie trauma was nie, het die derde mees-gelese artikel op die Zoutpansberger se webtuiste beslis gesorg vir die nodige drama, bygesê dat baie lesers oorgespoel het van die Zoutpansberger se susterskoerant, die Limpopo Mirror, waarin die artikel aanvanklik verskyn het. Dit was die artikel in April vanjaar waarin berig is dat die appèlhof oud-president Jacob Zuma se aankondiging dat Toni Mphephu Ramabulana die koning van die Venda-nasie is,
ongeldig verklaar het. ‘n Totaal van 15 167 webtuiste besoekers het die artikel gelees. Trauma en drama was weereens die sentrale tema van die vierde mees-gelese artikel, die keer oor die barbaarse aanval op die 80-jarige tannie Joekie Nortjé en haar 62-jarige seun, Johan (Kiewiet), op hulle familieplaas net buite Louis Trichardt in Mei. Vyf mans het op die plaas opgedaag onder die voorwendsel dat hulle varke wou koop. Die vyf het egter tannie Joekie-hulle oorval en wreed aangerand. Gelukkig het hulle die aanval oorleef. 13 382 mense het die artikel aanlyn gelees. Dit was darem nie net die hele tyd slegte nuus gewees nie. Alhoewel nie ‘n artikel nie, het die video van ‘n virtuele toer van die nuwe Makhado Crossing na sy opening in November ook baie aftrek geniet. In totaal het 9 257 lesers na die video gaan kyk. Eweneens het die artikel oor die opgradering en beplande opening van die nuwe Makhado Crossing in April vanjaar ook baie belangstelling onder lesers ontlok met 7 769 lesers wat aanlyn gaan kyk het wat in die pyplyn is vir Louis Trichardt. Ook op ‘n positiewe noot het baie lesers die
nuus van ‘n beplande kampus vir die Universiteit van Venda (Univen) vir Louis Trichardt goed ontvang. In die artikel in Maart vanjaar word berig dat die Makhado Munisipaliteit en die bestuur van Univen reeds in gesprek getree het oor die vestiging van ‘n satellietkampus hier. ‘n Totaal van 6 828 lesers het die artikel onder oë gehad. Die artikel in Mei vanjaar oor die kroonprins van Saoedi-Arabië, Mohammed bin Salman, wat net noord van die Soutpansberg kom nes skop het, het ook wye reaksie ontlok. Gerugte oor die Arabiese leier se uitbreidings op plase in die Waterpoort en Mopane distrikte doen al ‘n jaar of wat die rondte. In plaaslike kringe is dit een van die “ope geheime” dat die eintlike eienaar van die jagplaas, Ekland, nie ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy is nie. Dit was egter eers ná berigte in die nasionale media verskyn het, dat die sluier begin lig het oor wie presies die sowat 20 000 hektaar grond besit. ‘n Totaal van 5 473 lesers het die artikel van nader gaan bekyk op die koerant se webblad. (Vervolg op p.2)
‘n Paar van die Zoutpansberger se voorblaaie die afgelope jaar. Aan nuus was daar geen terkort nie.
2012 Toyota Fortuner 3.0 D4D We treat the cause of your weight problem, having screened for some common pre-existing health problems by means of blood tests before we offer you an individual solution to correct your metabolism - including nutrition, metabolic processes and hormone regulation.
R279 995 *excl. on the road fee
www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175 ISSN 2409-2835
50
Quantec tests for allergies, food tolerance and pollution. Quantec analysis can help to take the guesswork out of choosing the correct supplement for you. - Cholesterol - Over-acidity - Bacterial Infections - Digestive problems - Liver and Kidney stress - Immune weakness
Quantec Healing
Audited Distribution Figures
9 772409 283001
Little Miracle Ozone Machine: 10 x 30min sessions 5 x 30 min sessions
Book with Adele at 083 734 3640 Stubbs Street 26, Fuji Heights
Iridology is the prevention of degenerative processes by integrating nutrition. - Overall health awareness - Knowing the condition of the nervous, digestive and lymphatic system - Inflammation spotting - Constipation - Migraine - Infection - Arthritis - Low energy - Allergies
Ad designed by Zoutnet Publishers
163 000km