(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 TEAC DVD PLAYBACK MICRO HIFI WITH CD RIPPING • AM/FM Tuner • USB • Digital Amp 2 x 20W
www.zoutnet.co.za
NOW ONLY
49999
R
Zoutpansberger
20 Julie 2012
YOU SAVE R300
PRYS: R4,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8
Businessman pleads guilty in rhino horn case - page 3
Levubu-vrou gevonnis ná duisende wegraak - bladsy 3
Jaargang 28 Vol. 28
(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 SamSung 16.1 mEga PIXEL dIgItaL camEra PLuS 2gB Sd card PLuS PLUCSARD camEra caSE SD 2GB G
& BA
YOU SAVE R700
89999
R
NOW ONLY
Rou riool word sommer op boer se plaas gestort - bladsy 4
Vrou eindig in hospitaal, nadat booswig haar vermoedelik met suur in die gesig gooi tydens aanval
Vrou met suur gegooi Deur Linda van der Westhuizen
‘n Vrou van Makhado (Louis Trichardt) moes Vrydagaand dringend mediese behandeling kry, nadat ‘n aanvaller haar vermoedelik met suur in die gesig gegooi het. Vir mev. Ria Langley van Wolmaransstraat was Vrydag die 13de beslis ongelukkig. Net ná sewe die aand, het sy om haar huis gestap om ‘n glasdeur van buite oop te maak vir haar twee hondjies. Skielik
Vier dae na die aanval kon Ria Langley darem al uit die regteroog sien. Sy moet pal ‘n donkerbril dra, omdat enige lig haar oë laat pyn en traan.
het iemand haar van agter aan die arm gegryp en toe sy omkyk, word sy in die gesig gegooi met ‘n onbekende vloeistof, vermoedelik een of ander suur. “My oë het dadelik begin brand. Dit het op my gesig en lyf ook gekom en ek het onmiddellik my hemp uitgeruk,” het Ria gesê. Sy sê sy weet nie hoe en wanneer sy die glasdeur oopgekry het nie, maar die hondjies het uitgekom en haar aanvaller het laat spaander. In haar haas na veiligheid, het Ria reguit in ‘n kas binne die huis vasgehardloop, omdat sy in daardie stadium niks kon sien nie. Ria is na die Zoutpansberg Privaathospitaal geneem deur haar vriendin, me. Verna Smith, se pa, mnr. Herman Smith. Verna en Ria deel die huis. “Terwyl dr. Anneke Malan haar oë uitgewas het, het sy letterlik gekrul van die pyn, maar nie ‘n woord geuiter nie,” het Herman gesê. Ria het ook salf vir haar gesig gekry. Teen Dinsdagoggend kon Ria darem al uit die regteroog sien. Sy dra pal ‘n donkerbril, omdat enige lig haar oë laat pyn en traan. Die brandwonde op haar gesig was baie beter. “Die dokter het gesê dat as die pyn en die gebrek aan sig nie binne ‘n paar dae verbeter nie, ek ‘n oogarts sal moet gaan sien,” het Ria gesê. Aangesien hul huisnommer nie duidelik sigbaar was nie, het die polisie eers na ‘n uur by die toneel opgedaag. Die volgende dag is die speurders uitgestuur. Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadiki het by navraag bevestig dat ‘n saak van gewone aanranding deur die polisie ondersoek word. “Dit is die eerste geval van hierdie aard wat ek nog ooit teëgekom het,” het Sadiki gesê. Dit is ook nie die eerste keer dat Verna en Ria deurloop nie. Die afgelope paar maande is hulle groot honde drie keer vergiftig, waarna hulle uitgesit moes word as gevolg van permanente skade. Hul motorbattery is ook al voor hul huis uit die mo-
tor gesteel. Ten spyte daarvan dat die plantegroei om die huis uitgedun is en ‘n palissade by die stoep opgesit is, is daar egter steeds boosdoeners wat pla. Hul vensters word ook gereeld gebreek. “Ek sou verkies om te verhuis, as dit moontlik was,” het Ria gesê. Sy het inwoners gewaarsku teen hierdie soort van aanval.
Me. Ria Langley is Vrydagaand vermoedelik met suur in die gesig gegooi deur ‘n aanvaller. Haar oë is by die Zoutpansberg Privaathospitaal uitgespoel en sy moes ook behandel word vir brandwonde op haar gesig. Foto verskaf.
1
2008 Toyota Fortuner 3.0 D-4D
R239 995
www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175
C
FOR
FOR
TRY OUR
9 OUR 9
TRY TRY OUR FOR
Die polisie en Soutpansberg Dorpswag is ná die voorval versoek om dié probleemarea meer intensief te patrolleer. Herman het ook ‘n beroep gedoen op inwoners om hul huisnommers meer sigbaar te maak. “Dit sal die polisie en die dorpswag in staat stel om moontlik lewens te red,” het Herman gesê.
9
1
100 0 CO COCO J J00%U% 0% U NNCJU N O CEENNITICCCEEENICE FF TRRA T ER ATET RA E TE
OO FF F ERFE
R
SUPERLICIOUS FLAVOURS
SUPERLICIOUS
ONLY SUPERLICIOUS FLAVOURS FLAVOURS R35.00
OASIS WATER LOUIS TRICHARDT MUSINA & THOHOYANDOU
ONLY EACH 087 940 TRICHARDT 5420 ONLY OASIS WATER LOUIS louistrichardt@oasiswater.co.za R35.00 WATER LOUIS TRICHARDT MUSINA & OASIS WATER LOUIS TRICHARDT,OASIS MUSINA & THOHOYANDOU THOHOYANDOU • 087 940 5420 EACH R35.00 louistrichardt@oasiswater.co.za MUSINA & THOHOYANDOU 087 940 5420 EACH
louis trichardt.indd 2
087 940 5420 2012/07/05 louistrichardt@oasiswater.co.za
12:54 PM
louistrichardt@oasiswater.co.za