Zoutpansberger 20 November 2020

Page 1

Z

outpansberger

20 November 2020

News with an independent soul

PRYS: R5,00 BTW Ing.

www.zoutpansberger.co.za Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Frans weer tuis, maar nog nie op die been nie - bladsy 2

Jaargang 36 Vol.46

Nog ‘n groot boom van die Soutpansberg val - bladsy 5

ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

46

9 772409 283001

Hobbels breek meer as net spoed Deur Pétria de Vaal

is gepols oor hierdie spoedhob­ bels, asook dié voor die plaaslike landdroskantore. Laasgenoemde is reeds etlike maande sonder die nodige wit strepe of waarskuwings­ tekens. (Vervolg op p. 2)

Ná die Zoutpansberger se navrae oor die spoedhobbels in Leeustraat is munisipale werkers vroeg Dinsdagoggend opgemerk waar hulle besig was om reflekterende strepe op al die spoedhobbels te verf.

Onsigbaar!

Menige motoris het hulle óf doodgeskrik óf het skade aan hulle motors opgedoen toe hulle niksvermoedend oor die nuwe spoedhobbels in Leeustraat, Louis Trichardt, gery het. Asof uit die niet het hierdie twee hobbels tussen Bauhinia- en Tshirululunistraat verskyn. “Ek het Sondag my band beskadig toe ek op pad was kerk toe. ‘n Mens kan glad nie die hobbels sien nie! En so ook dié voor die landdroshof,” sê Zinta­Marié Wepener. Sover die Zoutpansberger kon vasstel, het ook ander motoriste skade gely, byvoorbeeld ten opsigte van hulle skokbrekers. Die spoedhobbels is sowat twee weke gelede deur ‘n egpaar opgemerk wat gereeld in die middae gaan stap. Eers het dit verdag voorge­ kom, asof dit deur ‘n privaatpersoon gedoen is, aangesien geen waarskuwingstekens en verf op die hobbels aangebring is nie. Dié persoon het dit onder die aandag van die Zoutpansberger gebring. Teen verlede Donderdag is driehoektekens aangebring wat die spoedhobbels aandui – sigbaar, maar die tekens was half geplant en het skeef gelê. Teen Saterdagmiddag het die Zoutpansberger weer daarheen gery. Steeds het geen ander waarskuwingstekens die presiese posisie van die spoedhobbels aangedui nie, behalwe die twee driehoektekens etlike meters weg. Dit het weinig gehelp, want in beide die vroegoggend­ en laatmiddagson het die bome op die sypaadjie se skaduwees die ligging van die hobbels totaal

verbloem, sodat mens dit glad nie kon sien nie. In die aand wat dit nog moeiliker om die hobbels te sien voordat dit te laat was. Die Makhado Munisipaliteit se bestuurder van siviele ingenieurs­ wese , mnr. George Raleshuku,

In beide die vroegoggend- en laatmiddagson was die nuwe spoedwalle in Leeustraat feitlik onsigbaar (rooi pyl) vir motoriste vanweë bome se skaduwees oor die pad en ‘n gebrek aan waarskuwingstekens.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.