Zoutpansberger
20 September 2013
www.zoutnet.co.za
PRYS: R4,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8
Jaargang 29 Vol. 37
CoAL’s Makhado project gets go-ahead - page 3
R1 000 boete vir man wie se beeste vyf se dood veroorsaak - bladsy 2
Ai, die mense en hulle skelmstreke ... - bladsy 4
Ouderling staan wegbreekgroep se poging om eienaarskap van gebou oor te dra in Hooggeregshof teen
Kerk-onmin borrel oor Deur Andries van Zyl Na aanleiding van ‘n onlangse berig in ‘n nasionale dagblad wat melding maak van ‘n skeuring binne die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHK) in Makhado (Louis Trichardt), heers daar tans verwarring by talle inwoners oor wat presies die ware stand van sake by die kerk is. Dit is reeds bekend dat die NHK hier jare gelede in twee gedeel het, wat gelei
Ds. Ronel Eckard, leraar van die steedsHervormers in Makhado (Louis Trichardt).
het tot die totstandkoming van twee gemeentes, die NHK Louis Trichardt en die NHK Zoutpansberg (ZPB), wat uit dieselfde kerkgebou dienste gehou het. In die 6 September uitgawe van Beeld word daar berig oor ‘n splintergroep, die steedsHervormers, wat nou met die ZPB-gemeente baklei oor die kerkgebou en kollekte. Die steedsHervormers het weggebreek van ZPB-gemeente en die Broodboom Kerkvereniging gestig, onder leiding van ds. Ronel Eckard. Hulle is nou in die proses om die eienaarskap van die kerkgebou na Broodboom oor te dra. Eckard, wat leraar van die ZPB-gemeente was, het in Augustus bedank as predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA). Hierdie tweespalt het ‘n ouderling van ZPB-gemeente, mnr. Kerneels Kern, genoop om hom as individu te wend tot die Hooggeregshof in Pretoria, waar hy ‘n aansoek ingedien het teen Broodboom en ds. Eckard om hulle in hul aksies te stuit. Die aansoek is egter voorverlede week deur die hof van die hand gewys omdat dit nie dringend is nie. Kern het by navraag verlede week aan die Zoutpansberger gesê dat hy, na gesprek met sy prokureurs en advokaat, nie werklik in hierdie stadium wil kommentaar lewer oor die saak nie. “Die [hof] aansoek het twee gedeeltes gehad. Die een is ‘n dringende aansoek, wat van die hand gewys is weens dringendheid, en dan is daar ‘n hoofsaak. Die hoofsaak wat ek gemaak het, waarin ek die applikant is, is verdedig, so dit is nou ‘n hangende saak en ek is nie op my gemak om nou enige
2009 Mercedes Benz C320 CDi A/T Avantguard S/R Xenons
Buy 10 Treatments & Get 1 FREE!
Natural Lipo
AFTER 2 SESSIONS
110 900km
R249 995
www.ayobmotors.co.za
Tummy skin tightening & fat reduction
Karlien
Tel: (015) 516 5175 26 Stubbs Street, Mount Fuji Heights C
Audited Distribution Figures
The town´s very own, and famous, rhino conservationists, CasperJohn Venter (right) and Marco Marcos (left), with Rico the sniffer dog. Casper-John and Marco hosted their second annual Run4Rhino Fun Run the past weekend. By raising funds, they help Rico to fight rhino poaching in South Africa. See article on P14
SureSlim
HEALTH AND WELLNESS CLINIC
BEFORE
T
iets daaroor te sê nie,” het Kern gesê. Hy het egter bygevoeg dat wanneer die saak afgehandel is, hy meer as bereid is om daaroor te praat. Eckard is ook genader vir kommentaar. Volgens haar kom die huidige spanning in die NHKA veral sedert die tagtigerjare. “Die spanning bestaan as gevolg van verskillende teologiese strominge. Dit sluit onder meer die bevraagtekening van die Goddelikheid van Jesus Christus in…,” het Eckard gesê. Sy het verduidelik dat die steedsHervormers lidmate en predikante is wat steeds Hervormers wil wees soos hulle nog altyd was. “Hulle aanvaar die Bybel as die Woord van God en staan by die Belydenis van die kerk van alle eeue. Onverklaarbaar sien die NHKA die steedsHervormers as ‘n bedreiging wat gestuit moet word. Die steedsHervormers, of dan nou die onafhanklike Hervormde gemeentes, stig nie af van die NHKA nie, maar maak hulle los van die leiding van die kerk,” het Eckard gesê. Sy het bygevoeg dat omstandighede in die NHKA, en “veral die optrede van die Algemene Kommissie”, dit vir haar onhoudbaar gemaak het en dat sy daarom as predikant van die NHKA bedank het. Eckard sê die gemeentelede van Gemeente Zoutpansberg, “met die uitsondering van ‘n splintergroepie onder leiding van meneer Kerneels Kern”, het by verskeie geleenthede hulle uitgespreek teen die pad wat die NHKA nou loop. “Daar is dan ook ‘n vereniging gestig, die Broodboom Vereniging, waarvan alle gemeentelede lede is. (Vervolg op p. 2)
Contact Wynanda, Tel: 015 516 1284
We treat the cause of your weight problem, having screened for some common pre-existing health problems by means of blood tests before we offer you an individual solution to correct your metabolism. At Sureslim we realise that there are more factors influencing bad health and weight gain than just the food that you eat. We help you step by step to achieve your Health & Wellness goals with the all NEW 14 Phase Living slim OProgram.
SureSlim is also Suppliers of BodyDetox Products Miracle Magnesium Oil Magnesium Inflama Spray
Quantec Healing Quantec tests for allergies, food tolerance and pollution. Quantec analysis can help to take the guesswork out of choosing the correct supplement for you. - Digestive Problems - Vitamin / Mineral Deficiencies - Liver and Kidney Stress - Cholesterol - Circulation Problems - Uric Acid - Immune Weakness - Over-acidity - Parasites Infestation - Bacterial Infections Indication of Low Immune Stress