Zoutpansberger 23 Desember 2011

Page 1

23 Desember 2011

(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 TELEFUNKEN QWERTY DUAL SIM MULTI FUNCTION CELLSMART PHONE WITH BUILT-IN COLOUR TV

NOW ONLY

YOU SAVE R500

49999

R

(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 FUJI FINEPIX 12 MEGAPIXEL MULTI ZOOM DIGITAL CAMERA YOU SAVE R200

www.zoutnet.co.za

PRYS: R3,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Jaargang 27 Vol. 50

49999

R

NOW ONLY

We wish you and your family a Merry Christmas and a Happy New Year! Our offices will close on 21 December 2011 and will re-open again on 9 January 2012. Jong vrou sukkel om te slaap, nadat sy voor ouerhuis se voordeur deur twee mans oorval en beroof word

Vrou voor ouerhuis oorval Deur Isabel Venter

‘n Jong inwoner van Louis Trichardt sukkel nou om snags aan die slaap te raak, nadat sy verlede week die slagoffer van ‘n roof was by haar ouerhuis. Die 20-jarige Marette Louw was Vrydagaand by die Indaba-woonstelkompleks in Naboomstraat deur rowers voorgelê en aangerand. Marette, wat by Ocean Basket werk as die bestuurder, was net op pad om die voordeur oop te sluit, toe sy ‘n geluid agter haar hoor. Dit was toe sy omdraai, haar hande nog vol pakkies, dat sy met afgryse sien hoe twee mans haar bestorm. Een rower, vertel Marette, het haar met die vuis teen die kop geslaan, terwyl die ander haar pakkies en sak met haar skootrekenaar en

kamera in gegryp het. “Toe ek besef wat gebeur het ek net in ‘n bondeltjie gaan lê en om hulp geroep,” het Marette gesê. Gelukkig vir Marette het van die bure in hul woonstelkompleks haar hulpkrete gehoor en tot haar redding gekom. Twee mans wat in die pad by hulle bakkie gestaan en gesels het, het ook gehelp en die twee rowers agterna gesit. Die rowers het egter laat spaander oor die N1 en in die boompark in verdwyn. Polsie- en dorpswaglede was vinnig op die toneel om te help soek na die misdadigers. Al wat hulle kon kry was een van Marette se pakkies met klere in. Marette skat dat die waarde van die boewe se buit sowat R10 000 beloop. Die ergste vir haar is egter die feit dat hulle nie

net weggekom het met haar beursie wat in die rekenaar se sak was nie, maar ook haar herinneringe. Marette, wat ook ‘n deeltydse ontwerpers-student is, se hele lewe was feitlik op haar skootrekenaar. “Al my herinneringe van skool, plus my take was op my rekenaar gebêre.” Marette moes ook Maandag die dorp aandurf om heraansoek te doen vir ‘n identiteitsboekie en al haar ander rekeninge te stop. “Ek is net bly hulle het nie wapens gehad nie,” sê sy. Makhado polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het Maandag bevestig dat ‘n saak van gewone roof geopen is vir verdere ondersoek. Teen druktyd was daar nog geen arrestasies gemaak nie.

Deur Isabel Venter

Verkeersbeamptes in spervuur ná ongeluk

Die 20-jarige Marette Louw.

Tel: (015) 516 5175/6/7 C

‘n Ongeluk Maandagoggend het vir ‘n oproer gesorg onder plaaslike motoriste wat die voorval toegeskryf het aan verkeersbeamptes se nalatigheid. Die ongeluk het sowat 10km buite Louis Trichardt plaasgevind op die N1. Kort ná die ongeluk het een na die ander motoris die koerant geskakel om hul ongelukkigheid uit te spreek. Niemand is gelukkig te ernstig in die voorval beseer nie, alhoewel die bestuurder van ‘n Hyundai-trokkie losgesny moes word van die wrak.

Die ongeluk het plaasgevind nadat verkeersbeampes ‘n oorlaaide Peugeotbakkie, wat op pad was in ‘n noordelike rigting, naby die weegbrug buite Louis Trichardt afgetrek het. Die verkeersbeamptes was aan die weegbrug se kant gestasioneer, maar het voertuie wat in die teenoorgestelde rigting gereis het oorkant die pad voorgekeer. Terwyl verkeersbeamptes besig was om ‘n boetekaartjie aan die bestuurder uit te reik, het ‘n Hyundai-trokkie, wat ook in ‘n noordelike rigting onderweg

The management & staff of the Group of companies would like to thank all their customers, service providers, suppliers, tenants and the community for their tremendous support for making 2011 another superb, successful year. “THANK YOU” Corner Songozwi & Burger Streets, Louis Trichardt Tel: (015) 516 1535 / Fax: (015) 516 1786 email: ltt@sollysgroup.co.za PO Box 333, Louis Trichardt 0920

was, in die agterkant van die bakkie vasgejaag. Plaaslike polisiewoordvoerder, kapt. Maano Sadike het die voorval bevestig. “Die bestuurder van die trokkie het teen ‘n hoë spoed gery en kon nie betyds stop nie,” het hy gesê. Die ongelukstoneel was besaai met baggasie en lewensmiddele. Maandag se ongeluk het egter baie vrae en troebel gemoedere gelos, met baie wat gemeen het dat die verkeersbeamptes se optrede ‘n bedreiging skep. (Vervolg op p.2)

We would like to wish one and all a blessed Christmas and a happy, healthy, peaceful and prosperous new year. May Allmighty be with you all wherever you are. Solly Noor Group Cnr Hans van Rensburg & Hospital Streets, Polokwane Tel: (015) 297 8800/1/2/3 / Fax: (015) 297 7051 email: pbg@sollysgroup.co.za PO Box 812, Polokwane 0700


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Zoutpansberger 23 Desember 2011 by Zoutnet - Issuu