(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 compact 3d Full hd camcorder with dual lens technology
YOU SAVE R1000
R
NOW ONLY
999
99
ONLY 100 AT THIS PRICE!
Zoutpansberger
23 November 2012
www.zoutnet.co.za
PRYS: R4,00 BTW Ing.
Fighting spreads as Mangaung nears - page 2
Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8
International diamond mining giant company secures more funding for Soutpansberg project - page 2
Jaargang 28 Vol. 46
(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 KELVINATOR LARGE GLASSTOP TOUCH CONTROL CERAN HOB • Sensor touch control
YOU SAVE R2000
NOW ONLY
99999
R
ONLY 100 AT THIS PRICE!
Chamber recognises region’s top performers - page 3
Tshipise-boer soek sy wapens terug, maar polisie meen hulle is nog nie klaar met hom nie
Boer soek sy wapens terug Deur Isabel Venter Die arrestasie van ‘n boer van die Tshipise-omgewing vroeër vanjaar het weereens heelwat wenkbroue laat lig ten opsigte van die polisie se hantering van die saak. Mnr. Joachim Scholtz is op 24 Mei op sy plaas in hegtenis geneem, nadat sy wapenkluis sonder ‘n lasbrief deursoek is. ‘n Ongelisensieerde vuurwapen is daarin gevind, waarna dié wapen, asook Scholtz se agt ander gelisensieerde vuurwapens, summier gekonfiskeer is. Hy is daarna vir etlike ure in die Musina-polisieselle aangehou, waarna hy op R1 000 borg vrygelaat is. Scholtz het hierdie week aan die Zoutpansberger gesê dat hy intussen onskuldig bevind is, maar dat die polisie nou weier om sy vuurwapens aan hom terug te besorg. “Die hele spul is korrup,” het Scholtz gesê. Volgens Scholtz het sy beproewing begin toe ‘n ondersoekspan van die polisie se eenheid vir Georganiseerde Misdaad by sy buurman se hek, wat langs sy plaas se hek is, opgedaag het. Hy het aan hulle verduidelik dat sy buurman nie tuis is nie, waarop die polisie summier besluit het om dan maar Scholtz se kluis te deursoek. Hy is daar en dan gearresteer en aangekla vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Die vuurwapen wat in sy kluis gekry is, was ‘n haelgeweer wat aan sy oorlede skoonpa behoort het. Vol-
gens Scholtz het die ondersoekspan geen belangstelling getoon in die feit dat hy dokumentasie gehad het dat die vuurwapen nog vanuit die boedel in sy [Scholtz] naam geregistreer moet word nie. Scholtz het verder beweer dat hy tydens die hele affêre geïntimideer en ook aangerand is. In ‘n stadium, het Scholtz gesê, het hy in sy eie huis ‘n sigaret aangesteek wat terstond deur ‘n polisieman uit sy hand geklap is. Sedert sy arrestasie, het Scholtz gesê, het sy saak nie minder nie as vyf keer voorgekom. Sy prokureur, mev. Vanessa van Wyk, het ‘n vertoë tot die Staat gerig waarin al die nodige bewyse gelewer is dat die vuurwapens wel wettig in Scholtz se besit is. (Die Zoutpansberger is ook in besit van afskrifte van dié vuurwapenlisensies). Die Staat het Van Wyk gelyk gegee en die klag vir die besit van ‘n onwettige wapen verander na ‘n mindere klag in terme van die Wet op Vuurwapenbeheer. Scholtz se kluis was nie aan die vloer gemonteer nie en hy moes ‘n skulderkenningsboete van R500 betaal. Scholtz het op 20 September die skulderkenningsboete betaal, maar sedertdien sukkel hy dat die polisie sy vuurwapens aan hom terugbesorg. Nadat die Zoutpansberger navraag gedoen het rondom die besonderhede van die saak, kan die vraag gevra word of Scholtz nie dalk kwaadwillig deur die polisie vervolg word nie. Dit het aan die lig gekom dat die
ondersoekspan wat Scholtz gearresteer het sowat drie weke gelede ‘n teenvertoë aan die Direkteur van Nasionale Vervolging gerig het waarin hulle hul misnoeë met die uitkoms van die saak ten opsigte van Scholtz se onskuldigbevinding uitspreek. Provinsiale polisiewoordvoerder brig. Hangwani Mulaudzi is genader vir kom-
2011 Toyota Rav4 2.0 GX A/T Leather
R319 995 *excl. on the road fee
www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175
HAMMANN PROPERTIES
Tel: (015) 516 1427 Fax: (015) 516 1160
E-mail: hammannc@vodamail.co.za
Veeplaas 384ha Mara-Proefplaas omgewing
10x weikampe. 2x krale en laaibank. Ruim woonhuis en 2x motorhuise, asook tweede woon huis. Standhoudende boorgat. Heelwat rooibokke en koedoes.
R3.2 Miljoen
C
totdat die saak nie deur die hof uitgeklaar is nie, kan ek nie verder kommentaar lewer nie,” het Mulaudzi gesê. Scholtz het bevestig dat hy reeds begin het met siviele aksie teen die polisie ten opsigte van sy arrestasie en aanhouding. Intussen wag hy steeds dat die polisie sy wapens aan hom terugbesorg.
The Soutpansberg Chamber of Commerce’s top award, that of local Businessperson of the Year, went to Dr Dave Dawood. He received the award during the chamber’s annual gala evening held at Northgate Lodge on Friday. The award is given to a person of good standing and moral principles. The other two finalists in the category were Micheal Jeffreys from Trali Africa and Theuns du Toit from Supa Quick. Pictured from left to right are Dr Dawood and Lize Strauss, president of the Soutpansberg Chamber of Commerce. (More on P3)
102 President Street Louis Trichardt 0920
36 000km
Balance of 5 year / 90 000km service plan
mentaar. Spesifieke vrae rondom die rede vir Scholtz se arrestasie en die polisie se teenvertoë is aan hom gerig. Mulaudzi het egter nie die vrae geantwoord nie, omdat die saak, volgens hom, sub judice is. Hy het gesê dat Scholtz welkom is om sy griewe ten opsigte van die polisie se optrede deur die regte kanale te opper. “Maar
CAREL HAMMANN 082 923 1620