Zoutpansberger
24 Januarie 2014
www.zoutnet.co.za
PRYS: R4,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8
Munisipaliteit traag om oortreders vas te vat - bladsy 2
Jaargang 30 Vol. 03
Court rejects Mthembi’s leave-to-appeal - bladsy 4
Pension money gone after cashier’s “help” - bladsy 5
Toename in inbrake by wonings terwyl inwoners by die huis is, bron tot ernstige kommer
Inbrekers vier fees Deur Andries van Zyl
Die toename in inbrake en diefstalle by wonings in Makhado (Louis Trichardt) die afgelope twee maande is ‘n bron tot ernstige kommer. “Dit wil voorkom asof veral die sentrale gebiede van die Nuwe Uit breiding geteiken word,” het die voorsitter van die Soutpansberg Dorpswag, mnr. Dirk Meissenheimer, Woensdagoggend gesê. Hy het toe pas teruggekeer van die toneel waar twee duplekswoonstelle in Protea straat net die vorige aand besteel is, terwyl die inwoners tuis was. Die Zoutpansberger het die afge lope week besluit om self bietjie te probeer bepaal wat die omvang van die probleem is. Die besluit volg van weë die polisie se volgehoue weiering om misdaadstatistieke ten opsigte van navrae oor huisbrake aan die koerant en publiek bekend te maak. Kommerwekkend is dat huisbrake by wonings terwyl die inwoners by die huis is, al hoe meer algemeen voorkom. Dit was die geval by die woonstelle in Proteastraat. Terwyl die inwoners rustig gelê en slaap het op die boonste verdieping, het die booswigte die onderste vloer geplunder. Mnr. Fanie van Zyl en sy gesin van Kameelstraat het dieselfde oorge kom. Hy het Vrydagoggend (17de) opgestaan en klaargemaak om werk toe te gaan. “Ek het aanvanklik niks agtergekom nie. Ek het klaargemaak
en uitgestap na my bakkie toe … dit was toe dat ek modderspore in my huis sien. Ek het geweet dit is nie een van ons se spore nie,” het Fanie Woensdag gesê. Hy het die spore gevolg na die venster in hul eetkamer, die gordyne oopgetrek en met ‘n skok gesien die een venster is oop en die diefwering is geknip en opgebuig. “Half verdwaas het ek rondgekyk maar kon niks verkeerd sien nie … Eers later het ons besef my seun se Playstation en my skootrekenaar is weg … Dit is duidelik dat hulle net gevat het wat hulle spesifiek wil hê en aan niks anders geraak of geskuif het nie,” het Fanie gesê. Hy voeg by dat hy die Maandag na die inbraak by sy versekeraars aangekom het waar hy ‘n oom ontmoet het wat in Leeu straat bly. Dié se huis is, terwyl hy in Musina was, daardie selfde aand as die inbraak by hom, deur diewe feitlik leeggesteel. Op 7 Januarie het ook mnr. Heine de Jager en sy familie by hul woning in Acaciastraat ‘n wrede ontnugtering gehad. Terwyl hulle gelê en slaap het, het booswigte ook by hulle die sitkamervenster oopgemaak, die diefwering geknip en die gesin beroof van twee rekenaartablette, ‘n skootrekenaar, kamera en vyf selfone. Vir Heine se vrou Leonie was die inbraak veral traumaties weens die besef dat die inbrekers die aand langs haar bed gestaan het waar hulle haar selfoon van die bedkassie af gesteel het. Heine vermoed die inbrekers het iets in hul slaapkamer gespuit om te
VACANCY Sales Executives wanted with previous experience. E-mail CVs to: sales@ayobmotors.co.za www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175
C
Audited Distribution Figures
verhoed dat hulle wakker word. “Daar was ‘n groot geel kol op die buitekant van die slaapkamer gordyn en ek is daarvan oortuig dit is iets wat hulle in ons slaapkamer gespuit het,” het Heine gesê. Die geskatte waarde van die gesteel de goedere is sowat R60 000.
Alhoewel die voorval nie in die Nuwe Uitbreiding plaasgevind het nie, het ‘n middernagtelike besoeker ook vir die 74jarige mnr. Gert van Zyl van Jeppestraat laat skrik. Omstreek 02:15 op Sondag, 22 Desember verlede
Vanjaar se Leeuloop Pretdraf by Hoërskool Louis Trichardt het ‘n kleurvolle skare gelok. Hierdie meisies is kort voor die wegspring afgeneem verlede Donderdag, 16 Januarie. Lesers kan na nog foto’s van die pretdraf gaan kyk op p. 14 of by www.zoutpansberger.co.za
Buy 10 Treatments & Get 1 FREE!
SureSlim
HEALTH AND WELLNESS CLINIC
BEFORE
jaar, is sy rus versteur deur ‘n harde slag. “Ek het wakker geword van ‘n geraas, maar was nie seker of ek dit net gedroom het nie. (Vervolg op p. 2)
Natural Lipo
AFTER 6 TREATMENTS
Back skin tightening
Space available for a beauty therapist. For more information contact Wynanda: 082 499 5881 26 Stubbs Street, Mount Fuji Heights
Contact Wynanda, Tel: 015 516 1284
Office hours: Monday to Thursday 08:00 - 14:00 Friday: 08:00 - 13:00
We treat the cause of your weight problem, having screened for some common pre-existing health problems by means of blood tests before we offer you an individual solution to correct your metabolism. At Sureslim we realise that there are more factors influencing bad health and weight gain than just the food that you eat. We help you step by step to achieve your Health & Wellness goals with the all NEW 14 Phase Living slim OProgram.
SureSlim is also Suppliers of BodyDetox Products Miracle Magnesium Oil Magnesium Inflama Spray
Quantec Healing Quantec tests for allergies, food tolerance and pollution. Quantec analysis can help to take the guesswork out of choosing the correct supplement for you. - Digestive Problems - Vitamin / Mineral Deficiencies - Liver and Kidney Stress - Cholesterol - Circulation Problems - Uric Acid - Immune Weakness - Over-acidity - Parasites Infestation - Bacterial Infections Indication of Low Immune Stress Ad designed by Zoutnet Publishers