Zoutpansberger 24 January 2020

Page 1

Z

outpansberger

24 Januarie 2020

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

“We connot afford another tragedy in our community” - page 2

Jaargang 36 Vol. 03

Avonturier Dave se woestyn-stap begin - bladsy 3

Weer laat slange baie meer “rondloop” - bladsy 10

Jong ma oorlede neer die pasiënt gesond en sterk genoeg is. “Sy was egter geensins Vir die soveelste keer die afgelope sterk genoeg vir ‘n operasie nie,” het paar weke is inwoners van die Thinus gesê. Sy is dood ‘n paar dae Soutpansberg verslae gelaat met nadat Thinus haar verlede Donderdie nuus van die dood van nog ‘n dag deurgevat het na die Steve Biko jong inwoner. Hospitaal. Die 31-jarige Cornel van der “Baie mense dink omdat dit ‘n Walt, liefdevolle eggenoot van staatshospitaal is, is die diens swak. Thinus “Ore” van der Walt en ma Maar ons het uitstekende diens ontvan twee, is Sondag, 19 Januarie, in vang. Ek het dit nie verwag nie. As die Steve Biko Hospitaal in Pretoria iemand vir my nou sou sê hy moet oorlede. daarna toe gaan, sal ek vir hom sê “Ons het so twee jaar gelede hy sal dieselfde behandeling kry as uitgevind sy ly aan sweervormende wat hy in ‘n privaathospitaal sou dikdermontsteking (Ulcerative ontvang,” het Thinus gesê. colitis). Dit veroorsaak dat haar Volgens Thinus het die dokters dikderm perforeer. Dit is ‘n geneby die hospitaal hom Sondagoggend ties-oordraagbare siekte waaraan eenuur gebel. “Toe was hulle reeds haar ma ook ly. Met die tyd het vyf-en-‘n-half ure besig met haar. haar [Cornel] se siekte net erger Ek twyfel nie vir een oomblik dat geword,” het Thinus Woensdag aan hulle gedoen het wat hulle kon nie,” die Zoutpansberger gesê. het Thinus gesê Die egpaar het die nuus van CorThinus en Cornel kan eintlik nel se siektetoestand ná hul huwelik maar as boorlinge van die Soutin September 2017 ontvang. Dit is pansberg beskou word. Hulle het ‘n behandelbare siekte en aanvank- mekaar die eerste keer in Laerskool lik het dit goed gegaan. “Hulle het Louis Trichardt ontmoet toe Cornel haar vir twee jaar behandel. Na so in Standerd 1 (Graad 3) en Thinus ‘n jaar se behandeling het hulle die in Standerd 2 (Graad 4) was. Hulle siekte onder beheer gekry. Maar die is so saam-saam deur Laer- en medisyne breek jou immuunstelsel Hoërskool Louis Trichardt. “Ná af, want dit is ‘n outo-immuunskool was ons so aan en af. In 2010 siekte. Toe byt ‘n spinnekop haar het ons mekaar weer gevind en ná begin verlede jaar en moes sy die ‘n lang tydperk en twee kinders medikasie los, sodat sy kon gesond saam het ons besluit dit is nou tyd word. Dit is wat haar die terugslag om te trou,” onthou Thinus met ‘n gegee het,” het Thinus gesê. glimlag. Soos genoem is die paartjie Volgens Thinus was dit deurin September 2017 getroud. lopend hul plan om die dikderm Thinus sê hy en Cornel was te verwyder, wat dan met ‘n sakkie voorbereid vir die moontlikheid van vervang sou word. Hierdie operasie haar dood en dat Cornel vrede in kan egter slegs uitgevoer word wan- haar hart daaroor gehad het. “VanDeur Andries van Zyl

2015 Toyota Corolla Quest 1.6 Auto

85 810km

R159 995 *excl. on the road fee

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175 ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

9 772409 283001

03

dat ons getroud is, het ons maar altyd vir ons kinders verduidelik die dood kom oornag, in vyf minute of ‘n minuut. Ons het altyd geweet dit kan enige tyd wees en ons het gelewe asof dit enige tyd kon wees. Ons het voluit gelewe. Ek het vir haar gesê toe sy in die hospitaal gelê het, sy moet weet, wat ook al die uitkoms is, die pad is vir ons gelê vanaf die dag wat ons gebore is. Soos wat ek vir mense sê as hulle my vra, sê ek: Ja, dit is

vir my ‘n verlies, maar dit is definitief vir haar ‘n wins … Maar dit is swaar en dit is hartseer, maar mens weet dit is nie in ons hande nie,” het Thinus gesê. Wyle Cornel se begrafnisdiens vind eerskomende Vrydag, 24 Januarie, om 11:00 vanuit die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) in Louis Trichardt plaas. Sy word oorleef deur haar man Thinus, vierjarige seun JJ en sewejarige dogter Tinell (beide leerlinge van die CVO

Skool Zoutpansberg), ma Sannetjie Nel, stiefpa Riaan Nel en pa Hannes Venter. Thinus het sy dank uitgespreek teenoor die gemeenskap van Louis Trichardt en omstreke vir hulle woorde van vertroosting en bystand. Hy het ‘n spesiale woord van dank gerig aan sy werkgewer, Abrie Wepener, wat saam met hom vanaf die begin tot die einde gestaan het, asook die personeel en medici van die Steve Biko Hospitaal.

Wyle Cornel van der Walt (31). Foto verskaf.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.