Z
outpansberger
24 Junie 2022
News with an independent soul
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Binnelandse Sake nie beïndruk met “grenswag” nie - bladsy 3
Jaargang 38 Vol.25
New medical centre opens doors in Louis Trichardt - page 4
PD OTTO
ELEKTRIES Contact us to get your House or Business Certificate of Compliance (COC) 24 HOUR CALL CENTRE: 083 251 8139
e-mail: elektries@pdotto.co.za ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
25
9 772409 283001
Plaashulp kry 20 jaar Deur Andries van Zyl Drie jaar ná die wrede moord op die 51-jarige Annette Kennealy van Louis Trichardt is die man wat van haar moord aangekla is, uiteindelik verlede week tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis in die Hooggeregshof in Thohoyandou. Kennealy, ‘n welbekende kunstenaar, ‘n groot diereliefhebber en aktivis vir menseregte, is die oggend van 21 Mei 2019 dood aangetref in haar plaashuis. Tot voor haar dood was sy heel uitgesproke rondom plaasmoorde. Sy was ook ‘n bekwame politikus wat onder andere as DA-raadslid gedien het. Die wreedheid van Kennealy se moord het skokgolwe deur die land gestuur, veral ook skok oor die man wat uitein-
Die 51-jarige Annette Kennealy wat op 20 Mei 2019 deur Ramantswana in haar plaaswoning vermoor is. Foto verskaf.
delik vir haar moord aangekeer sou word. Haar bebloede liggaam is in haar plaashuis op die plaas Welgevonden gevind. Sy het ernstige kopwonde gehad wat vermoedelik toegedien is deur ‘n bebloede hamer wat naby haar liggaam gelê het. Aanvanklike aanduidings was ook dat sy met ‘n ysterstaaf verwurg is. Die motief vir haar moord was onseker, maar aanduidings was dat Kennealy moontlik in ‘n argument betrokke geraak het met haar enigste werker op die plaas, nadat hy klaarblyklik ‘n dag lank van sy werk gedros het. Die plaaswerker was jare lank werksaam vir Kennealy. Geen teken van hom was egter te bespeur toe haar liggaam gevind is nie. By verdere polisieondersoek is die plaaswerker, Tshifhiwa Kenneth Ramantswana, ‘n paar uur nadat Kennealy se liggaam gevind is by sy huis in die Mauluma woongebied in die Nzhelele-area gearresteer. Ramantswana (44) het die eerste keer op 23 Mei 2019 in die hof op Louis Trichardt verskyn. Sy saak sou later oorgeplaas word na die Limpopo Hooggeregshof in Thohoyandou, waar hy verlede Woensdag, 15 Junie, tot lewenslange gevangenisstraf (20 jaar) gevonnis is. Ramantswana het skuldig gepleit op die klag van moord. In sy pleitooreenkoms het Ramantswana gesê dat hy op die oggend van 19 Mei 2019 vir Kennealy gesê het hy gaan vir vriende op die plaas Rondo kuier. Hy het egter besluit om daar te bly tot die volgende aand (20 Mei 2019), waarna hy eers weer na Kennealy se plaas teruggekeer het. Ramantswana het verder aangevoer dat hy met sy aankoms op die plaas die aand van 20 Mei opgemerk het Kennealy se kombuisdeur staan oop. Hy het toe
nader gestap om haar te groet. Volgens hom het Kennealy hom ingelaat en hom gevra waarom hy nie vir werk opgedaag het op die dag wat hy gesê het hy sou terugkom nie. Volgens Ramantswana het hy besluit om eerder na sy kamer te gaan. Die volgende oggend het hy soos gewoonlik met sy dagtake begin en na Kennealy gegaan om uit te vind of daar iets was wat hy vir haar kon doen. Dit was toe, het Ramantswana gesê, wat die argument tussen hom en Kennealy ontstaan het. Ramantswana het gesê dat Kennealy hom tydens die argument deur sy gesig geslaan het en probeer het om haar vuurwapen uit haar japon te haal. Ramantswana het egter die hand waarin sy haar vuurwapen vasgehou het, gegryp en haar gepootjie. Haar vuurwapen het uit haar hand op die vloer geval. Volgens Ramantswana se getuienis het hy toe ‘n stuk ysterstaaf gegryp en Kennealy daarmee gewurg. Daarna het hy ‘n hamer gevat en Kennealy herhaaldelik oor die kop, bors en op haar hand geslaan. Teen daardie tyd was Kennealy totaal hulpeloos beseer, het Ramantswana aangevoer. Hy het toe na sy kamer teruggestap, skoon klere aangetrek en die plaas verlaat. Kennealy sou weens haar veelvuldige beserings sterf. Die skuldigbevinding van Ramantswana verlede week sal afsluiting bring vir baie van Kennealy se familie, vriende en kennisse. Intussen het die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Limpopo, Mashudu Malabi-Dzhangi, die skuldigbevinding verwelkom. Die Staat se advokaat in die saak, adv. Ivy Thenga, het ook die polisie se ondersoekspan geloof vir die goeie werk wat hulle en die staatsaanklaer in die saak gedoen het.
‘n Glimlaggende Tshifhiwa Kenneth Ramantswana (44) wat verlede week tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is vir die moord op die 51-jarige Annette Kennealy in Mei 2019. Foto: Nasionale Vervolgingsgesag Limpopo.
ALL IN ONE FEAST
129
90
6. Pcs Original Recipe, Lrg Chips 2 Reg. Mash & Gravies & Reg. Coleslaw
Ts & Cs Apply. Images for illustrative purposes only. Only while stocks last