Z
outpansberger
25 September 2020
News with an independent soul
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
More charges against “partying” ANC councillor after crash - page 3
Jaargang 36 Vol.38
Two escape injury after tree crushes vehicle - page 5
ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
38
9 772409 283001
Ware naasteliefde die warmste deel van die dag. “Hy was semi-bewusteloos en het glad nie op vrae gereageer nie. Hy het nie geweet waar hy is, of wie hy is nie. Hy kon glad nie beweeg nie,” het Mavis gesê. Intussen het die ander mense op die toneel begin wegry.
Deur Andries van Zyl
Mavis het dadelik die 112-noodnommer geskakel, maar is ingelig dat geen ambulans in die omgewing beskikbaar was nie. Sy het toe die nommer van die bestuurder van die nooddienste op Mutale in die hande gekry en hom geskakel om uit te vind of hulle in die moeilikheid sou
kom indien hulle oom Ockert self na ‘n hospitaal sou neem. Die bestuurder het gesê hy voorsien geen probleme daarmee nie. Mavis-hulle het op oom Ockert se selfoon in sy voertuig afgekom en gelukkig was dié nie met ‘n geheime kode gesluit nie. (Vervolg op p. 2)
Sekerlik een van die mooiste verhale van omgee en naasteliefde oor die kleurgrens heen het homself die afgelope week in die Soutpansberg afgespeel. Dit is die verhaal van oom Ockert Maritz wie se lewe deur ‘n wildvreemde egpaar gered is. Oom Ockert, ‘n inwoner van Pretoria, het op die rype ouderdom van 80 jaar besluit om bietjie alleen in die Kruger Nasionale Wildtuin te gaan kuier. Verlede Donderdag was hy op pad terug huis toe, toe die noodlot hom tref. Oom Ockert het met sy motor op pad vanaf die Pafuri-hek ‘n slaggat op die R525 getref. In die proses het ‘n band gebars, maar omdat sy motor “run-on-flats” bande op gehad het, het hy so ver as moontlik probeer aansukkel. ‘n Paar kilometer vanaf die Tshipise-vakansieoord is hy egter geforseer om van die pad af trek. Gelukkig het oom Ockert selfoonontvangs gehad en kon hy met sy versekeraar reël dat sy voertuig ingesleep word. Omdat oom Ockert egter “in die middel van nêrens” gestrand was, is hy meegedeel dat die insleepvoertuig ‘n geruime tyd sou neem om daar uit te kom. Hiervoor was oom Ockert nie voorbereid nie. Die dag was besonder warm, en te midde van die wag het oom Ockert hitte-uitputting gekry en in sy voertuig sy bewussyn verloor. “Ons het verby sy voertuig gery en ek het besef daar is groot fout. Ek het vir my man gesê om dadelik om te draai.” So vertel mev. Mavis Muthandzwi, ook van Gauteng. Sy en haar man, Khathu, was toevallig dieselfde dag, op dieselfde pad, ook op pad terug huis toe. Mavis het vertel dat sy gesien het hoe oom Ockert halflyf aan die passasierskant van sy voertuig uithang. Ander voertuie was reeds op die toneel, maar omstanders het net by oom Ockert se voertuig gestaan en na hom gekyk. “Niemand het iets gedoen nie,” het Mavis gesê. Martin en sy vrou Barbara (links) en Mavis en Khathu Muthandzwi (regs) afgeneem by die 80-jarige oom Ockert Maritz in die Zoutpansberg Mavis en haar man het gestop en hulle na Privaathospitaal. Foto verskaf. oom Ockert gehaas. Dit was so net ná 12:00,
STREETWISE ® BUCKET FOR 1
29
90
Ts & Cs apply. While stocks last. Available from 21 September to 2 November 2020
,®
1 Pc. Original Recipe, 2 Zinger Wings & Sml. Chips.
FREE STONEY NO SUGAR