Zoutpansberger 26 Julie 2013

Page 1

Zoutpansberger

26 July 2013

www.zoutnet.co.za

PRYS: R4,00 BTW Ing.

Jaargang 29 Vol. 29

Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8

Draadstrikke in Groengordel ‘n probleem - bladsy 2

Russell and Kie on epic South African trek - page 2

Salaries eat up more than half of VDM’s budget - page 3

Trane vloei, nadat elf geskenk van sig terug kry danksy unieke Mandeladag-projek

Trane van blydskap Deur Isabel Venter Danksy die onbaatsugtige donasies van verskeie organisasies en ander privaat persone kan 11 mense nou weer die wêreld in die oë kyk. Die Zoutpansberg Privaat Hospitaal in Makhado (Louis Trichardt) het dié donasies gekanaliseer en een van die streek se grootste liefdadigheidsprojekte op Mandeladag gefinansier. Me. Sanrie du Plessis, ‘n plaaslike oogkundige van SpecSavers, het meer vertel oor wat agter die skerms gebeur het en hoe die projek van ‘n droom tot ‘n werklikheid gevorder het. Sy het oor die jare agtergekom, het Sanrie vertel, dat daar van haar pasiënte is, dikwels pensionarisse, wat sukkel met katarakte en verswakte sig. “Nie eens hulle kinders kon ‘n deel van die operasiekoste bybring nie,” het Du Plessis gesê. Die

operasies wat almal ontvang het, het sowat R10 000 stuk gekos. Dít was die dryfveer agter verlede week se massa veldtog. Sanrie het nog twee oogspesialiste, drs. Shaun Thompson van Tzaneen en Anri Weyer van Polokwane, genader om deel te word van die projek. Die Zoutpansberg Hospitaal is ook van die begin af genader om te help. “En van daar het alles net in plek geval, en toe ons nog die teaterpakkies geborg kry, het die projek éérs momentum gekry.” Die Zoutpansberg Privaat Hospitaal het nie net met Alcon Pharmaceuticals ooreengekom vir die borg van teaterpakkies nie, maar het ook hul fasiliteite en personeel gratis beskikbaar gestel om te help met die operasies. Hierdie groot samekoms van oogartse en –spesialiste, dokters en verpleegsters het daartoe gelei dat daar uiteindelik 11 mense gehelp kon word om weer te sien.

“Party van die mense het sommer begin huil toe ons vir hulle sê dat hulle gekies is om deel te wees van die projek,” het Sanrie gesê. Verlede Donderdag, nog voor die son behoorlik op was, was meeste van die pasiënte al ingeboek vir hulle operasies. Daar moet ook genoem word dat borgskappe vir medisyne en ander onkoste teen Donderdag nog steeds inbetaal is vir die projek. Persone van verskillende agtergronde, rasse en geslagte is gekies vir die projek. Heelwat was plaaslik, maar daar was ook dié wat van Levubu, Tzaneen en Polokwane af gekom het. Sommige van die pasiënte kon ook beter sien as ander, maar daar was dié soos oom Fanie Venter (83) en mev. Jabu Bheka (74) wat amper glad nie kon sien nie en afhanklik was van ander om hulle oë te wees. (Vervolg op p. 2)

Dr. Shaun Thompson besig om ´n katerak te verwyder van Mev. Maggie Mev. Elsa Fogwell se reaksies is verfilm terwyl dr. Shaun Thompson haar oogklappie afhaal. Fogwell was een van 11 pasiënte Palm se oog. Elf pasiënte het verlede week gratis katerakoperasies wat gekies is om ´n gratis katerakoperasie te ontvang as deel van die Zoutpansberg Privaat Hospitaal se Mandeladag ontvang by die Zoutpansberg Privaat Hospitaal as deel van ‘n massiewe gemeenskapsprojek. (Lesers kan na die dag se opnames gaan kyk op www.zoutpansberger.co.za). Mandeladag-projek.

2011 Hyundai iX35 2.0 GLX Executive Auto Leather

ADVENTURE AWAITS 1.8 Litre flask R499

Trail Camera A/C, P/S, CD,

WAS R3999

Balance of 5 year / 150 000km warranty

R229 995

Stealth security monitoring, Sends photos by email & MMS, Invisible Infra-red, Up to 32G memory, Video function, 2’ TFT screen built-in

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175

Unbreakable interior stainless steel Insulated stainless steel cup Convenient folding handle

R3499

62 000km

SAVE R500

SN8019 10W Torch R999

SAVE R100

WAS R1099

500 lumens, Shock proof Water proof, 2 x lithium rechargeable batteries 12v and 220v chargers, Remote pressure switch T&Cs apply. While stocks last. Offers valid until 3 August 2013. E&OE

C

Audited Distribution Figures

trappers.co.za Savannah Mall (015) 296 0900 • Mall of the North (015) 265 1329 • Tzaneen (015) 307 5668


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.