Z
outpansberger
26 Junie 2020
News with an independent soul
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Geliefde Linde-egpaar roep die onderwys vaarwel - bladsy 2
Jaargang 36 Vol. 25
Soutpansberg se legendariese Boet le Roux oorlede - bladsy 3
ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
25
9 772409 283001
Trauma na rooftog Deur Andries van Zyl
‘n Week later sukkel die 42-jarige Martie Grobler van Louis Trichardt steeds om te slaap nadat sy Donderdag, 18 Junie, helder oordag die slagoffer geword het van ‘n gewaagde gewapende roof. Martie het dié betrokke dag net voor 12:00 vir haar werkgewer gaan geld bank, nadat hulle die oggend ‘n groot kontanttransaksie gehad het. Sy het niksvermoedend na die nuwe Standard Bank by Makhado Crossing gery. In haar handsak was net meer as R17 000. By die bank aangekom, het Martie ‘n oop parkeervak gesien, nie ver van die bank se ingang nie. Sy het eers verby gery en toe in tru-rat in die parkering ingery. “Ek het in my tru-spieëltjie die twee ouens daar sien sit. Hulle het gelyk soos normale mense. Ek het nogal gekyk dat ek nie hulle bene of iets raakry nie. Daar waar hulle gesit het, het hulle nie eers maskers aangehad nie,” het Martie gesê. Volgens Martie het sy heel veilig gevoel, maar ... “toe ek my deur oopmaak en uit die kar uitklim, het die een man my so op die skouer gevat en baie kalm gesê: ‘Give me your bag’. Ek het
vir hom gevra: ‘For what!? What do you want to do!?’ Dit was toe wat hy my af grond toe druk,” het Martie gesê. Volgens Martie was daar heelwat mense in die parkeerterrein wat gesien het wat gebeur. Hulle het egter niks gedoen nie. “Met dié wat hy my so afdruk grond toe, het hy ‘n handwapen op my gerig. Dit was toe dat ek besef: hierdie is ‘n rooftog. Toe skreeu ek soos ‘n mal ding!” het
Martie gesê. Martie se geskreeu het nog mense se aandag getrek. “Met dié wat hy sy geweer op my gehou het en ek begin skreeu het, het ek eers besluit ek sal nie die geld vir hom gee nie. Maar toe ek so in die geweer se loop in opkyk, toe besef ek hy gaan my skiet. Ek het dadelik aan al my persoonlike goed in my handsak [telefoon, beursie, bankkaarte en rybewys] gedink, maar ek het vir hom gesê, ‘Vat dit! Los my net uit!’” Martie sê die roof het slegs ‘n paar se-
kondes geduur. “Toe ek so terugkyk, toe sien ek hoe spring die man in ‘n voertuig.” Die voertuig waarna sy verwys, was ‘n silwerkleurige Mercedes Benz wat agter haar geparkeer het. Die volgende oomblik, het Martie vertel, het sy gesien het hoe ‘n man uit die bank met ‘n pis tool in sy hand na haar toe aangehardloop kom. “Ek het eers gedink, nee man! Ek is reeds beroof, jy kan my nie weer beroof nie!” Sy het egter gou besef die man is ‘n polisiebeampte, nadat sy die polisie se logo op sy gesigmasker gesien het. Martie het dadelik vir die polisieman vertel wat gebeur het en die polisieman het losgebrand op die drie verdagtes in die voertuig. In die proses het haar werksvoertuig ‘n paar koeëlgate opgedoen. “Ek het vir hom gesê: ‘Shoot them, because I want my bag back! Don’t let them get away!’” Die booswigte kon daarin slaag om te vlug. Die verdagtes se voertuig is later op die lugmagbasispad gevind waar dit onklaar geraak het. Bloed is in die voertuig gevind en die polisie vermoed een van die rowers is raakge skiet. Gelukkig is Martie se beursie met al haar kaarte, minus ‘n paar rand in kontant, ook in die voertuig gevind. Haar selfoon is ‘n ruk vantevore in die bos langs die N1 by die Ben Lavin-afdraaipad gevind, nadat dit nage speur is.
Die 42-jarige Martie Grobler wat helder oordag voor Standard Bank by Makhado Crossing beroof is. Saam met haar sit haar man, Pieter (47).
NOW DELIVERING TO YOUR DOOR
ORDER NOW ON : https://lttkfc.company.site LIVE TRACKING OF YOUR ORDER AVAILABLE FROM OUR DELIVERY PARTNER LTT DELIVERIES