Zoutpansberger
27 September 2013
www.zoutnet.co.za
PRYS: R4,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8
Grensbeheer? Watter grens? - bladsy 2
Jaargang 29 Vol. 38
Musina-vrou wen lang hofstryd teen munisipaliteit - bladsy 3
Sy laaste gedagtes was by sy vrou toe hy sterf - bladsy 4
Op haar eiesoortige manier het Claudie diep spore in Soutpansbergers se harte getrap
Haar Afrika-hartklop stil Deur Andries van Zyl
‘n sprankelende, positiewe mens … so sal baie soutpansbergers die 42-jarige Claudie simon van Makhado (Louis trichardt) onthou wat die afgelope naweek oorlede is. Op haar Facebook-blad het die boodskappe van vriende teen druktyd steeds ingestroom, tekenend van iemand wat op haar eiesoortige manier diep spore in almal se harte getrap het. Claudie is sowat twee jaar gelede met kanker gediagnoseer. Ná intensiewe behandeling en ‘n operasie, was sy vir lank in remissie. Die pyn het egter weer begin en by verdere ondersoek, die skoknuus – die kanker het weer opgevlam en versprei. Die laaste twee weke was vir haar baie moeilik en Sondag om 03:30 is Claudie, met haar man Emil en haar oudste broer Braam aan haar sy, weg. Emil het Maandag ‘n klein bietjie van die familie se hartseer met die Zoutpansberger gedeel. “Ons het ‘n harde pad geloop ... die laaste twee jaar het ons sonder ophou gefight,” sê Emil. Omdat sy nog so jonk was, sê hy, het hulle alle behandelings wat daar was, probeer. Te midde van die hartseer onthou Emil en die kinders, Estienne (22), Lize (17) en Ernst (11), eerder vir Claudie vir die wonderlike vrou en ma wat sy was. Claudie se hart het op ‘n Afrika-ritme geklop. Sy het deur ‘n kreatiewe bril na die lewe gekyk en dit wat sy gesien het, met
passie in skilderye, haar huis en op die wildsplaas Moyo vasgevang. Haar skoonsuster, Elthea Schlesinger, het in 2007 tydens Claudie se Cattle & Clay kunsuitstalling dit so beskryf: “Dit is Claudie se eerste volwaardige solo-uitstalling. Dis so lekker dat dit local en inheems is. Dis so lekker dat sy local en inheems is. Claudie kom uit besonderse ouers met gekompakteerde wysheid, skoonheid, passie, liefde en pyn. Uit hulle altwee afsonderlik het sy ‘n sterk skeppende en inheemse geen geërf wat haar noop om op ‘n eiesoortige manier die ‘ding Afrika!’ wat so sterk in ons almal hier se bloed sit, te laat uitkom!” Die Cattle & Clay-uitstalling was ‘n versameling van haar besonderse Nguni-skilderye en Venda-kleipotte. Claudie het haar eerste uitstalling opgevolg met ‘n tweede solo-uitstalling (Indigenous Images) in 2008. Hierdie keer was die tema van haar skilderye hoofsaaklik Afrika vroue waarin die lot van Afrika meisies wat jonk swanger raak, haar aangegryp het. “Meeste van hulle eindig as enkelouers sonder enige kennis van die realiteite wat vir hulle in die lewe wag,” het Claudi altyd met soveel deernis gesê. Gebore ‘n nooi Cronjé was Claudie in murg en been ‘n boorling van die Soutpansberg. Sy was die tweede jongste van ses kinders en pa Kobie en ma Bets se enigste dogter. Haar ouers het in die vroeë sestigerjare na Venda verhuis waar Claudie en haar
2008 Mercedes Benz C200 A/T Nav, Xenon Lights
broers op sendingstasies by Tshilidzini en Hayani grootgeword het. Hulle het later na Louis Trichardt verhuis. “Sy was op haar gelukkigste tussen haar familie en vriende, wanneer haar man en kinders by haar was,” onthou Elthea. Emil en die kinders is te midde van die hartseer, dankbaar dat hulle kon afskeid neem. “Sy het vir ons ‘n mooi begrafnisbrief geskryf van wat sy wil hê ... sy het tot vir ons gesê ons moet die honde asse-
blief bêre want hier gaan baie mense wees ...” sê Emil met ‘n glimlag – ‘n glimlag wat sy drie kinders deel. Dan voeg hy by: “Sy was darem maar ‘n ongelooflike mens ... tot op die einde worry sy oor ons.” Lize stem saam en voeg by: “Sy het ons getroos en vir ons gesê ons moenie huil nie.” Claudie word oorleef deur haar man en kinders, ma en pa en vyf broers, Braam, Pierre, Kurt, Jaco en Fritz. ‘n Roudiens is Donderdag vir haar gehou op die plaas Misty Mountains. Die familie het hul dank uitgespreek teenoor die “wonderlike ondersteuningsgroep” wat saam met hulle die hartseer pad stap. Hulle wou nie
iemand uitsonder nie, maar Emil wou tog sy opregte waardering uitspreek teenoor Claudie se dokter en sy eie vriend en vennoot, dr. Emile Gaigher. Hy sê Emile het hulle die laaste twee jaar elke dag bygestaan met ondersteuning, bystand en vriendskap – en ook die oggend van Claudie se dood. “Daardie ou het ‘n ongelooflike groot hart,” sê Emil.
Claudie was altyd op haar gelukkigste wanneer sy omring was deur haar kinders en haar man. Voor is klein ernst. agter, van links na regs, is estienne, Claudie, Lize en emil. Foto verskaf.
Put your best foot forward with great deals on Crocs
Off Road R399
R199 995
Baya R199
www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175
C
Audited Distribution Figures
trappers.co.za
T&Cs apply. While stocks last. Offers exclusive to Trappers Mall of the North, Savannah Mall & Tzaneen. E&OE
Savannah Mall (015) 296 0900 • Mall of the North (015) 265 1329 • Tzaneen (015) 307 5668
Cleo II R399