Z
outpansberger
28 MEI 2021
News with an independent soul
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Makhado to blame for dust, not developer - page 2
FIREARM TRAINING Accreditation No. T182004
Jaargang 37 Vol.21
Niks kon familie voorberei vir Pieter se skielike dood - bladsy 3
Vir enige navrae kontak ons Sanna: 083 291 2889 Cathy: 083 383 6554 ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
21
9 772409 283001
Mimi se dood ‘n skok Deur Andries van Zyl Huldeblyke het die afgelope week van oral ingestroom vir die ontslape Mimi Greyling van Louis Trichardt, wat kort voor middernag Maandagaand aan ‘n massiewe hartaanval in die Zoutpansberg Privaathospitaal oorlede is. Die dood van hierdie 39jarige sakevrou en eienaar van Mimi Greyling Rekenmeesters het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Haar man Lourens en die egpaar se drie seuns, Gerhard (13), Stefan (11) en Christiaan (6), is platgeslaan deur haar skielike dood.
Wyle Mimi Greyling (39). Foto verskaf.
Volgens Lourens het Mimi vroeër Maan dagaand gekla van pyn in haar voorarms. Hy het toe besluit om haar eerder hospitaal toe te neem, sodat sy iets vir die pyn gegee kon word. Sy is egter kort ná haar aankoms by die hospitaal oorlede. Lourens het gesê hulle as familie is stomgeslaan deur die gemeenskap se onders teuning. “Ek het nie besef haar ‘klippie’ het so ‘n groot rimpeleffek gehad nie,” het Lourens Woensdag gesê. Hy besef daar lê vir hom en sy seuns ‘n moeilike tyd voor. “Maar ek het vir hulle die oggend ná haar dood wakker gemaak en vir hulle gesê: ‘Kyk, die son kom weer op en sal weer sak. Ons het nie ‘n ander keuse as om aan te gaan nie’,” het Lourens gesê. Alhoewel haar dood steeds moeilik is om te verwerk, het Lourens gesê dat hy berusting daar in vind dat God een van sy “gunstelinge” kom haal het. Hy is dankbaar vir die jare wat hulle saam gedeel het. “Negentien jaar gelede was sy in ‘n groot motorongeluk. Ná drie dae in die hos pitaal het dokter Pierre Burger vir haar familie gesê dat hulle, hulle moet voorberei dat Mimi dit nie gaan maak nie. Op die ou end het sy 19 ekstra jare gekry en ook daarvolgens gelewe deur soveel moontlik te gedoen te kry, so vinnig as moontlik,” het Lourens gesê. Wat laasgenoemde betref was Mimi bekend as iemand wat in alle aspekte van haar lewe uiters deeglik was. “As sy nie iets 100% kon doen nie, dan het sy dit nie aangepak nie,” het Lourens gesê. So ook het sy gelewe vir haar man en kinders. “Om 200% te gee, was vir haar halwe werk gewees … sy was ‘n ongelooflike Godvre sende mens gewees en daar was nie ‘n ma wat liewer was vir haar kinders nie,” het Lourens bygevoeg. Haar deeglikheid en akkuraatheid met syfers was juis dit wat haar so gewild gemaak het onder haar kliënte. ‘n Troosdiens word eerskomende Sondag, 30 Mei, om 12:00 vanuit die NG Kerk Moederge meente (Haantjiekerk) vir Mimi gehou. Sy word oorleef deur haar man, drie seuns, broer Pieter le
Roux en suster Annette Wolmarans. Lourens het sy opregte dank uitgespreek teen oor die hele gemeenskap vir hulle ongelooflike omgee. Hy het om verskoning gevra dat hy nie op almal se boodskappe kon reageer nie. “Maar wees verseker dat ons in die tyd wat voorlê nog baie op julle gaan steun,” het Lourens gesê. Lourens sê hy vind ook vertroosting in die profetiese woorde wat Mimi gespreek het in ‘n Facebookboodskap skaars ‘n halfuur voor haar
dood. Die boodskap het gelees: “The will of God will never take you where the Grace of God will not protect you.” “Ek is dankbaar dat die Here haar vir ons geleen het tot nou toe. Ek gun jou jou rus, my vrou. Hoekom moes jy jou werk so vinnig klaar maak? Lief jou tot ons anderdag weer bymekaar is,” skryf Lourens in ‘n persoonlike boodskap aan sy vrou op Facebook. “Sy was my regterhand gewees,” het Lourens gesê.
Kidnapped businessman safely returned home By Anton van Zyl The news that kidnapped businessman Shyam Premjee was safely back at home was met with relief and gratitude by the local community. The 36-year-old Louis Trichardt businessman was held for six weeks before being returned to his family. Shyam was kidnapped on 9 April while on his way to work. The brutal manner in which he was abducted, sent shockwaves through the local community. His vehicle was blocked off by two vehicles after he left his home just before 08:00 the morning. The window of his vehicle was smashed, and the vehicle was later dumped in the Hanglip forest, not far from where the kidnapping took place. The kidnap pers presumably transferred Mr Premjee to another vehicle and fled the scene. An intensive manhunt for the suspects and the safe return of Mr Premjee was immedi ately launched. After his kidnapping, no news was made available about his whereabouts. Two weeks ago, another plea was made to anyone who might have information about Shyam to come forward. (Contd on P2)
STAND A CHANCE TO
Applies to only 9,15,21 Pc buckets & bucket for 1. Image for illustrative purposes only. While stocks last. Ts & Cs apply.
Mr Shyam Premjee.