Zoutpansberger 29 November 2013

Page 1

Zoutpansberger

29 November 2013

www.zoutnet.co.za

PRYS: R4,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8

Eleven die in horror crash on N1 south - page 3

Jaargang 29 Vol. 47

Zohra receives Minara award for helping poor - page 4

(Page 12 & 13)

Veral boere juig oor afgelope paar weke se welkome reën oor streek

Dit reën lekker Deur Linda van der Westhuizen

Die heerlike reën wat in die Soutpansbergstreek begin het, bring glimlagte, ‘n lafenis en die hoop vir meer … “Ons is verheug! Net die feit dat die reën dit lekker koel gemaak het, tel al punte. Dit is ‘n lafenis na die hitte en die droogte. Ek sien sommer uit na die oestyd; daar is pragtige vrugset op die avokados en neute,” het ‘n boer van Levubu, mnr. Dries Joubert, op 21 November gesê te midde van ‘n lekker reënbui. Teen Dinsdag het Levubu se reënneerslae vanaf verlede Woensdagnag gewissel van 30 tot 60mm. “Dit is die begin van die seisoen. Ons het in die algemeen sagte reën gehad en hier en daar ‘n swaar bui. Musina het 30 tot 40mm reën gehad,” het mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie (SDLU), op 22 November gesê. Hoffman het genoem dat Levubu se avokado- en neutbome wat later geblom het, mooi lyk. “In Julie en vroeg Augustus was daar probleme met swamme en die blokke wat vroeg geblom het, lyk nie mooi nie. Ons verwag normale oeste, nie groot oeste nie. Wat die piesangs betref, het die elektrisiteitsonderbrekings die piesangs baie skade aangedoen,” het Hoffman gesê . Op die plaas Brakspruit by Bandelierkop is 116mm reën gemeet, 80mm by die plaas Rondehoek en 46mm by Groblersbult. “Die gras loop nou weer mooi uit. Die Bonsmaras se kondisie was af, maar gaan nou begin optel. Ek is baie positief dat ons nog reën gaan kry. Ons kort vinnig opvolgreën. Almal het nog baie reën nodig!” het mnr. Barries Barnard, voorsitter van die Bandelierkop Boerevereniging, gesê. Me. Hester Bayes van die SDLU het berig dat Vivo teen verlede Donderdag 30mm gehad het, Waterpoort 30 tot 60mm, Alldays 20mm en Linton 25 mm lekker sagte reën. Naby die Mara Navorsingstasie is vroeër 75mm ontvang en weer 45mm. Bayes berig dat Vivo se lande oorspoel is en dat aartappels uitgespoel het wat

2012 BMW 320i (F30) A/T A/C, C/D, P/S, Navigation, 20 500km

Balance of 5 year / 100 000km motor plan

R319 995

uitgehaal moet word. Die aartappels is reg vir uithaal, maar weens die kleigrond kan daar nie in die lande ingekom word nie. Volgens mnr. Bastiaan Huyts van Mopani het daar 22mm reën by Mopani geval, 40mm by Bokmakierie en 60mm na Tshipise se kant toe. “In Mopani kry ons so 300mm reën per jaar. Ons het dus al amper 10% van ons reën gekry! Die veld begin verbeter. Die wild lyk nog redelik goed,” het Huyts gesê. Mnr Monty van Niekerk het gesê dat Masekwa 50mm reën gehad het. “Die bome en bos begin groen word, maar die gras het opvolgreën nodig. Die wild lyk maar skralerig, maar sal nou begin aankom,” het Van Niekerk gesê. In Makhado (Louis Trichardt) was November ‘n maand van welkome reënbuitjies, nadat September ‘n skrale 15mm en Oktober 22mm opgelewer het. Hierdie reënvalstatistieke is gekry by mnr. Willie Agenbacht, wat daagliks om 18:00 lesings neem en dit getrou aanteken. Oom Willie se reënboekie wys dat daar tussen 1 November en 18 November vyf klein buitjies geval het, met ‘n totaal van 44mm. Op 21 November het oom Willie 63mm gemeet en op die 22ste 15mm. Teen Dinsdagaand (26ste) was daar darem 5mm in die reënmeter. “Ek dink die vooruitsigte vir nog reën is goed, veral as ek na die klein swart miertjies en die groot swart miere kyk. Hulle werk dat die stof so staan,” het oom Willie gesê. Mnr. Cobus Olivier, ‘n wetenskaplike van die Suid-Afrikaanse Weerdiens en navorser oor weervoorspellings, het in Oktober en in November die drie-maandelikse voorspellings aangestuur. Die persentasie kans vir ‘n bo-normale reënval word aangegee. Bo-normaal word gesien in die lig van die gemiddelde reënval van baie jare. Die hoogste kans word aangegee as 50% en meer. In Oktober het die drie-maande voorspelling vir November, Desember en Januarie getoon dat die kanse in dele van die Soutpansberg-streek 50% en meer is om ‘n bo-normale reënval te kry.

Die welkome reën in Makhado (Louis Tri­ chardt) het nie almal onkant ge vang nie. Hierdie innoverende sambreelhuisie van ‘n kar tondoos gemaak het goed gewerk om droog te bly...

Summer Adventure gear Men’s & Ladies 2-pack T-shirts

269

R

S Tikkina 2 Headlamp WA 9 9 R1 23 Lumens. Water resistant. 190 hour run time. 23m beam distance.

Hero3 Black Edition

Professional 4K, 27K, 1440p, 1080p video. 12MP photo. Built-in WiFi. World’s most versatile camera.

4999

129

R

R

*excl. on the road fee

www.ayobmotors.co.za

Speedcross 3

Lightweight Trail running shoe Assorted colours

Tel: (015) 516 5175

C

Audited Distribution Figures

1299

R

trappers.co.za

T&Cs apply. While stocks last. Offers valid until 1 December 2013 exclusive to Trappers Mall of the North, Savannah Mall & Tzaneen. E&OE

Savannah Mall (015) 296 0900 • Mall of the North (015) 265 1329 • Tzaneen (015) 307 5668


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Zoutpansberger 29 November 2013 by Zoutnet - Issuu