Zoutpansberger 29 November 2019

Page 1

Z

outpansberger

29 November 2019

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

SANRAL will rectify erroneous sign boards - page 3

Jaargang 35 Vol. 47

SA initiative chosen as Vuilbaard & international ACI project Triegieflitse - page 4 binne/inside

Bo: ‘n Lieflike gesig vir enige boer, veral in die droë Bosveld. Hierdie foto is geneem deur Louis Trichardt sakeman mnr. Johan Gilfillan van Alldays Safaris na goeie reën oor die naweek. Regs: Marula Mall op Alldays het byna begin oorstroom, nadat meer as 100mm reën Saterdagaand daar uitgesak het. Foto verskaf.

Lekker nat ...

maar droogte knyp steeds Deur Andries van Zyl

Baie boere in die Soutpansberg begin so stadig maar seker ‘n sug van verligting slaak ná goeie reënneerslae oor die streek die afgelope drie weke. Die afgelope naweek was dit die Alldays-omgewing wat goeie reën ontvang het. Een van die baie tevrede inwoners is Louis Trichardt sakeman en boer mnr. Johan Gilfillan van Alldays Safaris en eienaar van die Marula Mall op Alldays. Volgens Gilfillan het tussen 80 mm en 100 mm reën Saterdagaand op sy plaas sowat 7 km vanaf Alldays uitgesak. Die reënmeter op sy plaas het oorgeloop. “Ons paaie het redelik sleg verspoel, maar die dankbaarheid vir die reën ná die droogte is baie meer as die herstelwerk aan die skade. Ons het ‘n hele paar gronddamme op

VACANCY Wheel alignment technician available at Tiger Wheel & Tyre LTT. E-mail CV’s to: paul@ayobmotors.co.za or phone 015 516 5175 If you do not hear from us within 30 days please accept your application as unsuccessful. ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

9 772409 283001

47

die plaas wat gelukkig die stortreën oorleef het, en hulle is almal vol,” het Gilfillan gesê. By die Mall op Alldays het Gilfillan gelukkig nie skade gekry nie. “Die hele groot parkeerarea was onder water wat net-net begin oorloop het op die winkelvloer toe die reën begin bedaar. Die stormwaterpype is vir ‘n groot reën ontwerp, maar het amper nie voorgebly nie,” het Gilfillan gesê. Hy het bygevoeg dat hy nie weet hoeveel en hoe wyd dit gereën het nie, “maar ons is dankbaar vir elke bietjie wat ons kry”. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se langtermyn voorspelling vir November tot Januarie 2020 is die El Niño Suidelike Ossillasie tans in ‘n neutrale fase en sal dit na alle waarskynlikheid neutraal bly vir die komende somer reënseisoen. Die SAWD het gesê dat, as gevolg van hierdie neutrale fase, dit baie moeilik is om enige voorspellings te maak.

Tog het die SAWD gesê dat ondergemiddelde reënval verwag word oor die oostelike gedeeltes van die land in die vroeë somer (November tot Januarie), met ‘n bogemiddelde reënvalvoorspelling vir die westelike en sentrale gedeelte van die land. Ondergemiddelde reënvaltoestande word ook voorspel vir die middel van die somer (Desember tot Februarie) met nog ‘n groter kans van ondergemiddelde reënval wat na die res van die land versprei in die laat somer (Januarie tot Maart). Wat temperature betref, het die SAWD gesê dat temperature meestal hoër as normaalweg sal wees, veral in die middel somerperiode. Te midde van die reën het die voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie, mnr. Fanie Havinga, gesê dat die streek ten minste twee of drie goeie reënvalsiesoene nodig het om te kan sê die huidige droogtetoestand gebreek is. (Vervolg op p.2)

Te midde van die landswye droogtetoestande is meegaande ‘n rare gesig. Mnr. Johan Gilfillan het hierdie foto van sy reënmeter wat oorgeloop het die afgelope naweek op sy plaas in die Alldays-omgewing geneem.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Zoutpansberger 29 November 2019 by Zoutnet - Issuu