Z
outpansberger
30 Julie 2021
News with an independent soul
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Pastor Sam truly lived a righteous and honest life before God - page 2
Musina courts closed out of fear of structural collapse - page 4
Talle inwoners het die afgelope week gesukkel om nie ‘n kragwoord te gebruik om te verduidelik presies hoe koud hulle kry nie. Veral noord van die Soutpansberg het die kwik om verskeie plekke ver onder vriespunt gedaal, met ernstige rypskade wat plek-plek voorgekom het. Die meeste skade is die oggend van Donderdag, 23 Julie, aangerig. By Janlouis Boerdery in die Alldays-omgewing, op pad Swartwater toe, het die Venter-familie sowat R11 miljoen se skade gely, nadat 28 hektaar soetrissies en agt hektaar tamaties rypskade opgedoen het. “Ons is nogtans dankbaar teenoor die Here vir die rissies in die nette en die klein spanspekplantjies wat nie skade gekry het nie. Prys die Here,” het die familie gesê. Daardie oggend het die kwik tot bykans -4°C gedaal. “Ons is nou 20 jaar op die plaas en dit is regtig die koudste winter nog wat ons hier gehad het,” het Annelie Venter gesê. Hannes Nel van die plaas Maroi Boerdery, sowat 15 km wes vanaf Beitbrug op die oewer van die Limpopo Rivier, het ook erge ryp gerapporteer, maar gelukkig nie baie skade nie. “Ons het skade, maar dit gaan ons nie doodmaak nie,” het Nel gesê. Aangesien hulle weet dit kan koud word laer af na die rivier se kant toe, het hulle hul gewasse hoër op geplant. Nel het ‘n klein weerstasie op die plaas waar ‘n minimum temperatuur van -1,07°C die oggend van 23 Julie aangeteken is. Dit was so koud dat water uit die sproeiers op een van hulle lande aan plante en heiningdrade vasgevries het. By Tshipise, wat nie net bekend is vir sy warm weer nie, maar ook sy warm-
waterbron, was daardie oggend net so koud. Cinta Roets het ‘n foto op Facebook gedeel wat wys hoe waterdruppels vanaf ‘n watertenkstaander die oggend yskristalle gevorm het. “Wat betref die erge koue wat ons oor die streek die afgelope week ervaar het, was ons baie gelukkig dat nie almal daardeur geraak is nie. Die grootste rypskade was noord van en aan die westelike dele van die Soutpansberg gewees. As ek sê wes, dan praat ons van Tom Burke, Tolwe, daardie kant toe. Noord van die berg sluit in Pontdrif, Musina en Weipe. Daai kant toe het hulle baie, baie skade gekry op hulle produkte, veral op hulle kontantgewasse,” het Fanie Havinga, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie, gesê. “Suid van die berg, van Louis Trichardt Levubu se kant toe, was dit nie so koud nie. Temperature het wel afgekom na so 4°C, dalk bietjie laer. Maar daar was nie ernstige rypskade gewees nie,” het Havinga bygevoeg. Wat die rypskade noord van die berg betref, het Havinga gesê dat veral die tamatieboere sleg deurgeloop het. “Aartappels het net so baie skade gekry, maar die geluk met die aartappels is dat as jy vroeg kon plant, kan jy darem nog ‘n oes uitkry as jou aartappels geryp het. Maar dit het nie baie gebeur nie, as gevolg van die goeie reën wat ons gehad het. Baie van die ouens het eerder later geplant omdat die lande baie nat was. So, daardie ouens wat laat geplant het, het nou geen produk onder die grond as hulle plante ryp gekry het nie,” het Havinga gesê. Volgens Havinga is dit moeilik om ‘n randwaarde aan die skade te koppel. “Hoe bereken mens dit? Al jou insetkoste gaan jy nie kan verhaal nie. Dit is
18 000km
R799 995 www.ayobmotors.co.za
Jaargang 37 Vol.30
Dit is koud! Deur Andries van Zyl
2018 E200 AMG coupe
*excl. on the road fee
Tel: (015) 516 5175
ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
30
9 772409 283001
inkomstes wat net weg is. Dit is onberekenbaar, maar dit is miljoene rand se skade. Dit gaan later weer ‘n effek hê op ons boere se kontantvloei. Dit beteken dat jou kontrakarbeiders nie gebruik gaan word om daardie produk te oes nie. Dit gaan massas mense tot gevolg het wat nie kan werk kry om kontantlone te verdien nie. So, werksverliese gaan daar vir seker wees as gevolg hiervan oor die korttermyn. Maar soos ek die boere ken, is ons almal weer op ons knieë en bid vir die volgende oes wat ons gaan insit,” het Havinga gesê. Maar is die huidige koue weer ongewoon vir die hele Soutpansberg, en is nog erge koue op pad? (Vervolg op p. 2)
By Maroi Boerdery net wes van Beitbrug was dit verlede Donderdagoggend so koud dat water uit die sproeiers op een van hulle lande aan plante en heiningdrade vasgevries het. Foto’s: Hannes Nel.
Ts & Cs apply. While stocks last. Images for illustrative purposes.