Z
outpansberger
31 Julie 2020
News with an independent soul
PRYS: R5,00 BTW Ing.
www.zoutpansberger.co.za Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Reporter threatened for asking about lottery funded project - page 2
Jaargang 36 Vol.30
“The municipality’s actions in not answering is deplorable” - page 3
ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
30
9 772409 283001
Dol hond byt DBV-lid Deur Andries van Zyl
Te midde van die wêreldwye histerie rondom die Covid-19 pandemie blyk dit dat baie mense vergeet het van veel erger siektes, soos die virus wat hondsdolheid veroorsaak en ‘n feitlik 100% sterftesyfer onder mense het. Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het die afgelope week inwoners van Louis Trichard en omstreke gewaarsku dat ‘n bevestigde geval van hondsdolheid in die streek voorgekom het. Dit nadat besluit is om die brein van ‘n hond te ontleed wat in aanhouding was by die Louis Trichardt Dierebeskermingsvereniging. Die hond is Maandagoggend, 13 Julie, dood in haar hok gekry, maar nie alvorens sy die vorige dag ‘n lid van die plaaslike DBV gebyt het nie. Maandag hierdie week is bevestig dat die hond wel hondsdolheid gehad het. Vir Alicia Thomas, ‘n bestuurslid van die plaaslike DBV, wat deur die hond gebyt is, was dit ‘n noue ontkoming gewees. “Cindy wat hier vir ons werk in die kliniek het die hond Saterdag, 11 Julie, opgetel op die N1. Sy het letterlik doodstil in die pad gestaan. Cindy het gestop, die hond opgetel, en DBV toe gebring. Daar was ‘n verbyganger wat gesê het hy weet wie se hond dit is. Die hond het egter so sleg gelyk. Die een agterbeen was af en Cindy het vir die man gesê dat die eienaar sy hond maar by die DBV moet kom kry. Nodeloos om te sê, die eienaar het nooit gekom nie,” het Alicia hierdie week aan die Zoutpansberger gesê. Alicia het vertel dat sy Sondag, 12 Julie, spesiaal ingegaan het om onder meer na die hond se toestand te kyk. “Die hond het verskriklik gebewe en ek wou vir haar pyn medisyne ingee. Alhoewel die af been ‘n ou wond was, moes dit seer gewees het. Toe ek die pil in haar keel probeer plaas, het die hond so eenkeer na my gehap. Die tweede keer het ek haar letterlik net opgetel om in ‘n mandjie te sit sodat sy warmer is, toe gryp sy my arm. Sy het bloot gebyt en
vasgehou. Gelukkig het ek kalm gebly en nie weggeruk nie. Alhoewel ek groot geskrik het, het ek net gewag dat sy my weer los,” het Alicia gesê. In daardie stadium was die moontlikheid dat die hond dalk hondsdolheid het nie eers ‘n gedagte by Alicia nie. “Ek het gedink sy het my gebyt uit pyn-aggressie weens haar beserings,” het Alicia gesê. Met die DBV arbeiders se aankoms by die werk Maandagoggend, 13 Julie, het hulle die hond dood gekry in haar hok. “Ons personeel het ons meegedeel dat die hond Sondagmiddag erg begin tekere gaan het. Sy het die hok se drade begin kou en was uiters aggres sief gewees. Dit was glad nie die geval gewees toe ek by die hond was Sondag nie. Duidelik het haar gedrag geëskaleer.
Toe ek hoor die hond is dood, asook haar gedragsverandering, toe besluit ek ek gaan eerder veilig speel en gaan vir behandeling,” het Alicia gesê. Gelukkig vir Alicia is haar hondsdolheid inentings op datum. “Maar as jy gebyt word, moet jy steeds gaan vir ‘n booster inspuiting (om die immuunstelsel te help). Twee weke ná dit moet jy weer so ‘n inspuiting kry, wat ek nou gister [Maandag] gekry het. Maar ja, ek is baie, baie dankbaar ek het besluit om eerder te gaan vir behandeling,” het Alicia gesê. Die hondsdolheid virus word van diere (in meeste gevalle honde) na mense oorgedra in die dier se speeksel wanneer die dier iemand byt. (Vervolg op p.2)
Bo: Alicia Thomas van die plaaslike DBV wys die bytmerk waar die hondsdol hond haar aan die arm gegryp het. Foto verskaf.
Die erg verwaarloosde en beseerde hond wat die DBV op die N1 opgetel het en probeer help het. Binne 72 uur het die hond gevrek, maar nie alvorens sy ‘n lid van die plaaslike DBV gebyt het nie. Maandag is bevestig dat die hond hondsdolheid gehad het. Foto verskaf.
CRUNCH
SLIDERS MEAL
49
90
While stocks last. Ts & Cs apply. SA only. Prices inclusive of VAT but NOT delivery fees. Images for illustrative purposes only.