Zoutpansberger 3 Februarie 2012

Page 1

(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 LEXMARK X6675 WIRELESS FOUR-IN-ONE COLOUR PRINTER / YOU COPIER / SAVE R600 SCANNER

NOW ONLY

49999

R

Zoutpansberger

3 Februarie 2012

www.zoutnet.co.za

PRYS: R3,00 BTW Ing.

Swerm bye sorg vir groot konsternasie by hoërskool - bladsy 2

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Musina polisie weereens in die spervuur oor siviele eise ná onregmatige arrestasies - bladsy 3

Jaargang 28 Vol. 4

(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 PALSONIC 54cm COLOUR TELEVISION SET 54cm

YOU SAVE R300

69999

R

NOW ONLY

Hof hoor polisie het moontlik gehelp - bladsy 3

Belastingbetalers geforseer om kragopwekkers te gebruik, nadat munisipaliteit begin om hul krag te sny

Raad sny krag ... maar belastingbetalers nie geïntimideer nie Deur Linda van der Westhuizen

Malorie, die getroue wagter van die Walkenshaw-gesin in Joubertstraat, Louis Trichardt, het die afgelope Sondag ´n nare situasie eiehandig ontlont. Gregory (9) en Meghan (11) het buite die huis gespeel toe hulle ´n groot slang in die tuin opmerk. Hulle het dadelik vir ma Bernadette en pa Cyril gaan roep. Hulle hulp was egter nie nodig nie, want by nadere ondersoek het hulle gemerk dat Malorie sommer alleen die slang doodgebyt het. “Die slang het soos ‘n siffie gelyk,” het pa Cyril vertel. ´n Vriend het later die slang as ‘n Mosambiekse spoegkobra geïdentifiseer.

Die kragopwekkers brul, maar die meeste lede van die belastingbetalersvereniging gaan hulle nie laat intimideer deur die Makhado Munisipaliteit nie. Die Makhado Munisipaliteit het verlede week begin om lede van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) te teiken en hulle elektrisiteitsvoorsiening af te sny. Die eerste twee lede se krag is afgesny op Dinsdag, 24 Januarie. Hierdie week Maandag en Dinsdag is ‘n groot aantal lede se elektrisiteitsvoorsiening gestaak. Die SBBV het dadelik aan die werk gespring en die bestuurder van die vereniging, me. Aretha Smith, het ‘n paar dae in Pretoria deurgebring en saam met mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), en adv. Denny du Preez om ‘n tafel gesit. “Die hofaansoeke is gereedgemaak om die munisipaliteit te verplig om die elektrisiteitsvoorsiening weer aan te sluit. Dit word na alle waarskynlikheid hierdie week op die munisipaliteit beteken,” het die SBBV voorsitter, me. Inga Gilfillan, gesê. Die hofaansoek het betrekking op die twee lede wie se krag eerste afgesny is. “Die uitslag van die eerste twee behoort

2009 Mercedes Benz E200 50 500km A/T

WAS: R299 995

R269 995

Check out our website www.ayobmotors.co.za Hussain: 083 378 6000

C

outomaties van toepassing op die ander te wees. Indien nie, sal ‘n massa aansoek volg,” het Kelder gesê. “Ons poog om ‘n kostebevel teen die munisipaliteit te verkry wat die regskostes en dan ook die kostes van die kragopwekkers en brandstof sal insluit,” het Gilfillan gesê. Dinsdag was baie bedrywig met die verkryging van kragopwekkers vir die lede. Teen 20:00 is die laaste kragopwekker afgelewer. “Ek is verbaas oor die welwillendheid van die mense en ook hulle vasberadenheid om nie geïntimideer te word nie. Hulle sê hulle gaan vasbyt en hierdie ding eens en vir altyd uitsorteer,” sê Gilfillan. “Ons het dit mos verwag,” het mnr. Godfrey Went gesê, nadat sy kragvoorsiening gesny is. Lede betaal hul munisipale rekening se geld by ‘n trustfonds in, asook ‘n 4% of 5 % heffing. Die verbruikgedeelte word maandeliks aan die munisipaliteit oorbetaal en die res teruggehou. Dié weerhoudingsaksie is al drie-en-‘n-halfjaar lank aan die gang, nadat die SBBV ‘n dispuut met die munisipaliteit verklaar het oor swak dienslewering en wanbestuur. Daar word nie aan die munisipale geld in die trust geraak nie en die ekstra heffing finansier die huur van die kragopwekkers. “Sover ons weet, is al ons lede getei-

ken,” sê Gilfillan. Munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi het Dinsdag gesê dat hulle aan al die SBBV-lede kennisgewings gestuur het en dat hulle sover al “90 van 212” se krag gesny het. Die rede wat aangevoer word, is “nie-betaling en agterstallige betaling”. Bobodi het gesê dat al die noodsaaklike regulasies in plek is om die kragvoorsiening af te sny. “Hy lieg deur sy tande,” was Kelder se kommentaar. “Die konsep regulasies moet beskikbaar wees vir kommentaar en besware. Dit is eers in Desember verlede jaar gedoen. Dan moet daar ‘n bewese konsultasieproses wees voordat die munisipaliteit se kredietbeheermaatreëls gepromulgeer word. Die tarief regulasies moet ook in plek wees,” sê Kelder. Die munisipaliteit het die uitnodiging vir kommentaar en besware teen die konsep regulasies op 9 Desember geadverteer. Geskrewe kommentaar, aanbevelings en besware moet voor 29 Februarie ingedien word. Bobodi het gesê dat, buiten die regulasies, die stelselwet en eiendomsbelastingwet ook in plek is. Intussen is die SBBV besig met die voorbereiding van ‘n aansoek vir beslegting in die hof. Dié aansoek raak nie net die elektrisiteit aan nie, maar sluit die hele dispuut en wanbestuur in.

102 President Street Louis Trichardt 0920 HAMMANN

Tel: (015) 516 1427 Fax: (015) 516 1160

PROPERTIES

E-mail: hammannc@vodamail.co.za

LEGKRAAL PLAAS SOOS MIN! 570ha. 2 x Woonhuise, store, voertuie afdak en slagkamer. Krale vir groot en kleinvee. 5 Boorgate. Passiewe vangkrale in wildkamp. Sandveld met groot Kameeldoring, Maroela en Matopiebome. Swaar grasse, wit-en kleinbuffel asook vingergras. Lusern en bloubuffels aangeplant. Ideaal vir skaars wild soos buffels, of bederf jou beeste. R5.5 Miljoen

CAREL HAMMANN 082 923 1620


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Zoutpansberger 3 Februarie 2012 by Zoutnet - Issuu