Zoutpansberger 3 July 2020

Page 1

Z

outpansberger

3 Julie 2020

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Tekort aan brandstof tans nie rede vir paniek nie - bladsy 3

Jaargang 36 Vol. 26

Restaurante gretig om weer hulle “familie” te sien - bladsy 4

ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

26

9 772409 283001

Oom Rolf klop virus Deur Andries van Zyl

Vir oom Rolf (79) en tannie Gerda Schlieben (73) is daar geen groter vreugde as om weer veilig terug te wees op hul plaas in die rustige Soutpansberg nie. “Ek sal vir jou sê, dit is ‘n ervaring wat ek nooit, ooit, ooit weer sal wil deurmaak nie. Sjoe! Ek raak erg emosioneel hieroor! Jy weet, ek is so dankbaar ek is hier!” sê oom Rolf. Dit nadat die egpaar se een-maand-lange bootreis drie maande geword het toe oom Rolf die gevreesde Covid-19 virus opgedoen het. In totaal was oom Rolf en tannie Gerda 80 dae in isolasie, waarvan om Rolf 11 dae in die hoësorg-eenheid van ‘n Italiaanse hospitaal in Rome gelê het en daarna 29 dae in ‘n hersteleenheid deurgebring het. Vir dié getroude paartjie van 20 jaar was die bootreis iets waarna hulle geweldig uitgesien het. Alles het egter in ‘n nagmerrie ontaard nadat hulle in Italië gedok het. “Die skip het in Savona gedok. Ons is per bus, nege ure lank, na Rome toe. Op daardie bus het ek die blerrie virus gekry,” vertel oom Rolf. In Rome is die egpaar en hul toergroep vanweë die Covid-19 pandemie vanaf 23 Maart tot 7 April in hulle hotel in kwarantyn geplaas. “Ons het uit kartonne geleef. Dit was net pasta, pasta en pasta!” onthou oom Rolf. Op Dinsdag, 7 April, het oom Rolf-hulle se lewe ‘n dramatiese wending geneem. “Op die 15de dag in die hotel saam met Gerda, toe kry ek mos die aanval. Toe vat die virus my. Ek was blou om die mond en toe ek wakker word, toe lê ek in die hospitaal. Dit was die 7de April,” sê oom Rolf. Oom Rolf sou die volgende paar dae [tot 15 April] in isolasie in die hoësorg-eenheid van die Sandro Pertini hospitaal in Rome deurbring, sonder enige kontak met tannie Gerda. “Die dag toe ek 79 geword het, 14 April vanjaar, was ek sewe dae in die hospitaal. Ek kan nie Italiaans praat nie. Hulle praat net Italiaans. Ek weet van bokkerol, ek sterk goed aan, maar ek weet glad nie wat met Gerda gebeur het nie. Sy het

agtergebly in die hotel, ook in kwarantyn,” vertel oom Rolf. Toe gebeur daar iets wonderbaarlik ... “Daar kom ‘n verpleegster aan - ek noem haar ‘n engel uit die hemel uit - die oggend om halfses. Sy sê ‘Bonjour’ en ek sê terug ‘Good Morning’. ‘O, you are English. From where are you?’ wou sy weet. Ek sê toe vir haar Suid-Afrika en vra of sy my kan help? My vrou is in hierdie kamernommer in hierdie hotel. Ek verjaar vandag en ek weet nie of sy positief of negatief getoets het nie. Ek het nie geweet of sy aangesteek het by my of nie. Ek weet nie of sy in die hotel, hospitaal of waar sy is nie. Sy [die verpleegster] stap na die bed langs my (ons was net vier in die kamer) en sy vat die een ou se selfoon. Hy slaap. Sy tik daar die nommer van die hotel in. Sy vra vir kamer 501 en hier antwoord my vrou...” vertel oom Rolf, en jy hoor die emosie in sy stem. “Dit is hoe dit met ons daar gegaan het...” sê hy. Oom Rolf is op 15 April uit die hospitaal ontslaan en oorgeplaas na ‘n hersteleenheid in ‘n klein “agterstraat” hotelletjie. Vir oom Rolf was dit egter meer van ‘n detensiesentrum gewees. “Ek sê vir jou, nader aan hel kry jy nie! Ek het swaargekry daar,” sê hy.

Cell: E-mail:

PROPERTIES

082 923 1620 property@ hmlegal.co.za Address: 131 Krogh Street Louis Trichardt 0920

PALMHOF MEENTHUIS R795 000 Ad designed by Zoutnet Publishers

ontvang het wat nou nog ‘n wrang smaak in oom Rolf se mond los. “Die hospitaalkos was mooi. Dit is opgestel deur ‘n dieetkundige en dit was gebalanseerd. Maar daardie detensiesentrum! Die ouens het nie ‘n duiwel vir jou omgegee nie. Die vrou wat die vloere was, het my so uitgevreet omdat ek te vinnig die water van my voordeur weggevat het. Ek het ‘n Italiaanse agtergrond, want ek het Italiaans gepraat as kind. Ek was in ‘n skool in Italië. Ek het net vir haar in Italiaans gesê: ‘Haai! Ek is nie ‘n vark nie! Verstaan jy?’ Sy het groot geskrik en daarvandaan het ek vir haar gesê dat as ek haar groet, dan groet sy terug. Ek het vir haar gesê ek is ‘n blerrie mens, ek is nie ‘n dier nie!” sê oom Rolf. Oom Rolf het op 11 Mei negatief getoets vir die virus en op 15 Mei weer. Op 16 Mei sou hy die blye nuus ontvang dat sy taxi gereed was. (Vervolg op p. 2)

Oom Rolf (79) en tannie Gerda (73) is bly om weer by die huis te wees, nadat oom Rolf in Italië deur die gevreesde Covid-19 virus platgetrek is.

Carel Hammann HAMMANN

Oom Rolf het vertel dat 99% van die ander mense saam met hom in die hersteleenheid afkomstig was vanuit Oos-Afrika. “Die meeste was Soedannese. Ons was onder weermagbewaking, want die Soedannese probeer elke keer ontsnap. Boy, o boy!” onthou oom Rolf. Dit was egter die behandeling en kos wat hulle in die sentrum

Veilige leefstyl, 2 Slaapkamers en sitkamer / eetkamer, front Noord. Vol badkamer, kombuis. Buite opwas en toilet. Patio. Ruim privaat binnetuin. Tenk en drukpomp. Toesluit motorhuis.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Zoutpansberger 3 July 2020 by Zoutnet - Issuu