Zoutpansberger 3 Mei 2013

Page 1

Zoutpansberger

3 Mei 2013

www.zoutnet.co.za

PRYS: R4,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8

Blapse rede vir finansiële chaos - bladsy 2

Jaargang 29 Vol. 17

What happened to all our objections? - page 5

Arrogant officers’ actions were malicious - page 6

Twee moet uit water gered word nadat rit in promosie-boot lelik skeefloop op Nandonidam

Twee byna dood Deur Andries van Zyl ‘n Toetsrit in ‘n nuwe boot het Sondagmiddag byna ‘n noodlottige einde gehad vir twee inwoners van Levubu. Boothengelaars van regoor die streek het die afgelope naweek na die Nandonidam opgeruk vir deelname aan die Tribal Boats Bass Classic-toernooi ten bate van die NG Kerk Levubu-gemeente. Onder hulle was die 38-jarige Karel Pretorius en 28-jarige Willie Knoetze. Na afloop van die kompetisie het Tribal Boats, wat ‘n

18½-voet Bass Extreme bootromp op ‘n enkelas-sleepwa geborg het as hoofprys, boothengelaars uitgenooi om een van hul promosie-bote uit te toets. Willie en Karel het ook van die geleentheid gebruik gemaak. Skaars het hulle weggetrek of daar was ‘n harde slag. Willie se pa, ook Willie, het Maandag vertel wat gebeur het. “Ons was besig om vir hulle vanaf die oewer te kyk. Hulle was nog besig om die boot uit te trim en op spoed te kom. Ek het vir ‘n oomblik weggekyk en hoor toe net

‘n slag,” het pa Willie gesê. Toe Willie terugkyk, sien hy beide sy seun en Karel in die water en die boot in stukke. ‘n Ander boot het dadelik vir Willie en Karel, wat beide hul lewensgordels aangehad het, te hulp gesnel. Die twee is met ernstige beserings na die oewer gebring en ‘n EMShelikopter is ontbied. “Met die helikopter se aankoms is vir ons gesê dat hulle slegs een persoon kon inlaai. (Vervolg op p. 3)

Hooffoto: Die wrak van die boot waarin die 38-jarige Karel Pretorius en 28-jarige Willie Knoetze gery het. Die ongeluk het sowat 100m vanaf die oewer en ten aanskoue van mede-hengelaars plaasgevind. Gelukkig het die boot nie gesink nie en kon dit na die oewer gesleep word. Inlas foto: Die beseerde Karel Pretorius in die EMS-helikopter, kort voordat hy vanaf die dam na Tzaneen afgevoer is vir behandeling. Foto’s: Jenny van der Heever en Zian van der Heever.

2010 Toyota Corolla 1.3 Professional A/C, P/S, CD, FSH

102 President Street Louis Trichardt 0920

Balance of 5 year / 90 000km service plan

WAS: R139 995

R129 995

HAMMANN PROPERTIES

Tel: (015) 516 1427 Fax: (015) 516 1160

E-mail: hammannc@vodamail.co.za

LUXURIOUS DWELLING Consist of 2 houses and a flat. For a large family who loves to entertain.

R4.5 MILLION

*excl. on the road fee

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175

C

CAREL HAMMANN 082 923 1620


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.