Zoutpansberger 4 June 2021

Page 1

Z

outpansberger

4 Junie 2021

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Police stay mum on fatal Sunday morning shootout - page 2

2017 Hyundai Creta 1.6 CRD Auto 42 000km

R309 995 www.ayobmotors.co.za

Jaargang 37 Vol.22

Council decides to terminate 99-year lease agreements - page 3

*excl. on the road fee

Tel: (015) 516 5175

ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

22

9 772409 283001

Talle vrae oor skietery Inwoners van die Soutpansberg staan steeds oorbluf oor die gebeure wat daartoe gelei het dat ‘n taxibestuurder Vrydagaand, 28 Mei, die 52-jarige André Duvenhage en sy 29-jarige seun Danie by die Viva-vulstasie op Bandelierkop doodgeskiet het in ‘n beweerde padwoede insident. “Dit was nie padwoede nie. Dit was uittarting gewees!” het Danie se ma, Amanda, Woensdag aan die Zoutpansberger gesê. “Die taxi wou verby gegaan het, maar daar was nie plek gewees nie, want ons het agter ‘n vragmotor gery. Toe probeer hy ons van die pad af druk. Hy het links by ons verbygekom en ons toe ‘n hele paar keer voor aankomende verkeer probeer indruk,” het Danie se verloofde, die 29-jarige Catherine van Dyk, gesê. Sy en Danie ken mekaar al van Graad 5 af, was saam op skool op Louis Trichardt en sou op 2 April 2022, ‘n dag na Danie se 30ste verjaarsdag, getrou het.

André, Danie se pa, het by die Bandelierkop Hotel gewoon vanwaar hy sekuriteitskameras vir boere op hul plase geïnstalleer het. Danie, Catherine en hulle tweejarige seun, Gideon, was op pad na André toe waar hulle die aand sou oorbly om die volgende dag Catherine se sussie se 21ste verjaardag in Polokwane by te woon. Die insident het begin ontvou terwyl Danie-hulle nog op pad was Bandelierkop toe. “Die taxi het later by ons verby gegaan en toe sy spoed drasties verminder ...

Pa en seun André (52) en Danie (29) Duvenhage was onafskeidbaar van mekaar. Hulle is Vrydag na bewering deur ‘n taxibestuurder by die Viva-vulstasie op Bandelierkop doodgeskiet. Foto’s verskaf.

HAMMANN PROPERTIES

Ek kon letterlik uit die bakkie uitklim en verby hom loop, maar ek het vir Danie gesê hy moet asseblief nie verby gaan nie. Ek het ‘n slegte voorgevoel daaroor gehad ... ons het daardie aand vir ons lewens gevrees,” het Catherine gesê. Terwyl die insident hom ontvou het, het Danie sy pa geskakel. By Bandelierkop het Danie reguit na die hotel gery, terwyl die taxibestuurder by die vulstasie ingedraai het. By die hotel aangekom, het Danie vir Catherine en Gideon afgelaai met sy pa wat saam met hom in die bakkie ingeklim het en teruggery het vulstasie toe. “Dit het alles so vinnig gebeur,” het Catherine gesê. Oomblikke later sou hulle die boodskap ontvang dat Danie-hulle geskiet is. Catherine het vulstasie toe gehardloop. “Daar was klomp mense daar gewees. Ek het oom André gesien lê op die grond langs die bakkie ... Ek het gevra waar Danie is, maar almal het gesê hulle weet nie ... Ek het toe gesien daar lê iemand in die tuin. Dit is toe wat ek op hom afgekom het, maar die polisie het my gekeer. ‘n Vriend van my was ook reeds daar. Hy het my ook gekeer en vir my gesê hy het seker gemaak Danie is nie meer met ons nie,” André is in die maag gewond en is met sy aankoms by die Louis Trichardt Gedenkhospitaal oorlede. Danie is in die rug geskiet en is op die toneel dood. Die 33-jarige taxibestuurder

Carel Hammann

Anton de Necker

Cell:

082 923 1620

Cell:

084 704 8426

E-mail:

property@hmlegal.co.za

E-mail:

admin2@hmlegal.co.za

Property is our Business, call us!

FOR SALE - R 2 450 000

Property: 4 Bedroom, 2 Bathroom Family home Location: Louis Trichardt, Extension 2, Limpopo

• This unique and elegant spacious family home offers 4 bedrooms and 2 bathroom • Very neat and well maintained property. Added value include, a refreshing Swimming pool, Thatched Lapa and structured paved areas.

het homself ook in die been geskiet tydens die skietery. Volgens beide Catherine en Amanda is videomateriaal oor die voorval op die vulstasie se sekuriteitskameras opgeneem. Alhoewel die beeldmateriaal aan die polisie oorhandig is, het Catherine-hulle self nog nie na die beeldmateriaal gekyk nie. “Eerlikwaar, ons weet nie wat daar gebeur het nie. Ek vra vir almal, maar niemand wil regtig praat daaroor nie. Ek soek nog antwoorde,” het Catherine gesê. Sy het gesê dit maak hulle as familie kwaad as almal nou spekuleer oor wat hulle dink gebeur het. “Een artikel het gesê Danie het met ‘n mes uit sy bakkie geklim. Dit was nie Danie se geaardheid nie. Niemand kon dit egter bevestig nie. Al hierdie dinge sal deel vorm van die polisieondersoek. Sover was die polisie baie behulpsaam,” het Catherine gesê. In dieselfde asem het sy mense versoek om nie hulle ore uit te leen aan stories oor die gebeure wat heel moontlik nie waar is nie. “Al hoekom ek dink hulle wou daardie aand die taxibestuurder gaan konfronteer het, was omdat hy ons lewens in gevaar gestel het. Ek en Gideon was Danie se hele lewe gewees en ek, Gideon en Danie was oom André se hele lewe ... Almal sê los dit, maar ek glo Danie en sy pa het daardie aand opgestaan vir iets waarin hulle geglo het,” het Catherine gesê. “Danie en sy pa was baie naby aan mekaar gewees, soos ook Danie en sy boetie Deon. Onafskeidbaar,” het Amanda bygevoeg. ‘n Gesamentlik roudiens vir André en Danie vind eerskomende Maandag, 7 Junie, vanuit die APK op Louis Trichardt plaas. Die diens begin om 10:00. André word oorleef deur sy broers Hannes, Koos en Louis en suster Christine. Danie word oorleef deur verloofde Catherine, seun Gideon, ma Amanda en broer Deon. Die familie het hul opregte dank uitgespreek teenoor National Legal Aid, wat onderneem het om die roudiens gratis vir die familie te doen. Dank gaan ook aan Rocco Jonker van Letaba Wireless, waar Danie werksaam was, vir al sy hulp en bystand. (Vervolg op p.2)

FOR SALE - R 2 200 000 Property: 5 Bedroom, 2 Bathroom Family home Location: Louis Trichardt, CBD, Limpopo • Very neat and well maintained 5 Bedroom / 2 Bathroom Spacious family home • Ideal location and layout to either accommodate residential property or conversion into prime office space. • Paved areas, Swimming pool and covered Braai/Entertainment area

Ad designed by Zoutnet Publishers

Deur Andries van Zyl


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Zoutpansberger 4 June 2021 by Zoutnet - Issuu