Zoutpansberger 4 Mei 2012

Page 1

(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 DSTV MULTICHOICE DECODER PLUS DISH PLUS BRACKET PLUS LNB PLUS YOUR WORLD OF SMART CARD ENTERTAINMENT! 140 CHANNELS OF VIDEO / AUDIO ENTERTAINMENT

NOW ONLY

399

Conditions R apply

YOU SAVE R300

99

Zoutpansberger

4 Mei 2012

(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 SAMSUNG LARGE 28 LITRE “MIRROR” MICROWAVE OVEN

YOU SAVE R400

www.zoutnet.co.za

PRYS: R3,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Senior regional magistrate sues newspapers for R20 million - page 2

New mayor makes better financial management his priority - page 3

Jaargang 28 Vol. 17

NOW ONLY

89999

R

Renostersaak sal in Oktober aangehoor word - bladsy 6

Vinnige opdolwe van Stubbsstraat laat menige inwoner en sake-eienaars gestrand

Skielik is die straat weg Deur Linda van der Westhuizen

Verlede week het inwoners in Louis Trichardt se Stubbsstraat en veral dié met ondernemings, aan die kortste end getrek. Met die skielike omdolwe van die pad, kon daar glad nie of beswaarlik by wonings en ondernemings in­ of uitgekom word. Vir me. Henriëtte Mostert van The Look Haarsalon, was die opgrawe van Stubbsstraat ‘n nagmerrie. Vroeg verlede Dinsdagoggend het sy uit Mount Fuji Heights gery en kort daarna teruggekom, net om ‘n vragmotor reg voor haar hek geparkeer te sien staan. Haar versoek dat die vragmotor weggetrek word, het op dowe ore geval. In daardie stadium was daar al diep uitgrawings in die stuk van Stubbsstraat vanaf Kroghstraat. Dit het ‘n oproep na die kontrakteur, Fantique Trade, gekos voordat Mostert by die hek kon inkom. Haar motor was egter skaars ingetrek of die volgende gedeelte van Stubbsstraat se teer is omgedolwe. “Ek kon nêrens heen met my motor nie. Ek gaan haal dikwels my kliënte in die dorp en ek kon dit nie doen nie. Almal bel my en sê hulle kan nie by my uitkom nie. My kind was by die kleuterskool en ek was vas, “ sê Mostert. Sakepersone in dieselfde omgewing het saamgestem dat die werkery aan die pad beslis ‘n invloed

op hul inkomste het. Me. Wynanda Pretorius van Pretorius en Mouton Supplementary Health en me. Karlien Visser van Vanilla Day Spa by Mount Fuji Heights was dankbaar dat hulle voertuie nie binne was toe die omdolwery begin het nie. Mnr. Jas Brummer was ook in die spervuur, omdat sy huis geleë is na aan Kroghstraat regoor die gedeelte wat diep uitgegrawe is. “Hulle het my kragkabel afgery en net daarna die waterpyp ook gebreek. Hulle het dit darem dieselfde dag kom regmaak,” sê Brummer, wat gelukkig ‘n 4x4 voertuig het en bo-oor die hope gruis kon ry. Ander ondernemings se kragtoevoer was ook af. Teen Maandag hierdie week was daar spore van ‘n hele paar waterpyplekke wat nog water mors. Die een rybaan van Stubbsstraat was reeds platgerol. Die haastige opgrawe van die pad het ‘n paar vrae laat ontstaan. Waarom het hulle nie met inwoners kom praat en hulle in kennis gestel van wat hulle van plan was om te doen nie? Waarom nie net die een rybaan van die straat doen en dan die ander een nie? Waarom word daar nie behoorlike waarskuwings aangebring dat ‘n ompad gebruik moet word nie? Mnr. Pieter Meiring van die raadgewende ingenieurs Dombo en Du Plessis het

Dinsdag gesê dat hy bewus is van die ongelukkigheid onder sommige van die sakemense en dat die kontrakteurs gevra is om die tydperk van ongemak vir die ondernemings so kort as moontlik te maak. Hy het gesê dit is nie reg dat die mense nie kennis gekry het nie en dat hy dit sal opvolg met die skakelbeamptes. Die plan was om eers een rybaan van die pad te bou en dan die ander. “Die kontrakteur het, om tyd te spaar, begin om al die materiaal uit te haal om nuwe groefmateriaal in te sit. Ons het gesê dat dit nie nodig was nie en vir die res van die straat is net die bestaande seëllaag afgehaal. Die lae word in halfwydtes gebou om so min as moontlik ongemak aan die besighede en inwoners te besorg,” het Meiring gesê. Die oprig van tekens in ‘n radius rondom die padwerke, wat waarsku dat ‘n ompad gebruik moet word, het nie deel van die begroting gevorm nie. Mnr. Morris Sehlahla, projekbestuurder van Fantique Trade wat vir Anderson, Munnik en Stubbsstrate verantwoordelik is, het Maandag gesê dat hulle al die strate gelyk doen omdat hulle nou gelukkig was om bitumen in die hande te kry. Hy was optimisties dat die laaste gedeelte van Munnikstraat en Andersonstraat klaar geseël kan wees Woensdagoggend was niemand op terrein te siene waar die herbou en herseel van Stubbsstraat tans aan die gang is nie. teen die einde van die naweek.

2008 Dodge Nitro 3.7 R/T 118 408km

102 President Street Louis Trichardt 0920 HAMMANN

R199 995

PROPERTIES

Tel: (015) 516 1427 Fax: (015) 516 1160

E-mail: hammannc@vodamail.co.za

SOEKMEKAAR 128ha.

Farmhouse, flat and outbuildings. 30Ha arable land. Large irrigation dam. Strong water. Divided into grazing camps. Also excellent valey grazing. For those who qualify at a zero VAT rate.

R1.1 Million

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175

C

CAREL HAMMANN 082 923 1620


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.