Zoutpansberger
5 April 2013
www.zoutnet.co.za
PRYS: R4,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8
Verdagtes vrygelaat omdat hofsaak sloer - bladsy 3
Jaargang 29 Vol. 13
Strignien gebruik om honde mee te dood - bladsy 3
Salary dispute on farm far from over - page 4
Inwoners boos oor geraas van munisipale skouterrein, maar owerhede doen niks omtrent probleem
Nog ‘n slapelose nag Deur Andries van Zyl
Inwoners van Makhado (Louis Trichardt) moes die afgelope naweek weer ‘n slapelose nag verduur danksy ‘n musiekfees op die munisipale skouterrein. Onophoudelik en oorverdowend het die luidsprekers vanaf Saterdagaand tot byna dagbreek Sondagoggend geblêr, tot groot frustrasie van inwoners. “Vir die oumense wat moes rus, veral in die siekeboeg, was dit baie erg. Party was heel verbouereerd en kon nie verstaan wat aangaan nie,” het mev. Alida Jongbloed, voorsitter van die Ons Tuiste Ouetehuis se bestuur, Dinsdag gesê. Die tehuis is ‘n paar honderd meter vanaf die skouterrein geleë. Die geraas het egter nie net vir hulle gepla nie. Selfs inwoners van “Skuldbult” ‘n paar kilometer verder het wakker gelê as gevolg van die geraas, om nie eers te praat van die aangrensende Eltivillas woongebied nie. “Baie mense het gekla en ek is self baie ongelukkig. Teen 04:00 [Sondag] was daar steeds ‘n groot lawaai,” was mnr. Dirk Meissenheimer, voorsitter van die Soutpansberg Dorpswag, se kommentaar. Een persoon, wat vir die naweek by sy ouers kom kuier het vanaf Johannesburg, was so ontsteld dat hy omstreeks 03:30 agter sy rekenaar gaan sit het en ‘n e-pos aan die Zout-
pansberger geskryf het waarin hy sy lot bekla. Sy grootste frustrasie was met die Makhado SAPD. Volgens die man het hy om 02:41 die aanklagkantoor geskakel om te kla, maar die polisiebeampte aan diens het net minder as twee minute later die telefoon in sy oor neergesit, nadat die klaer wou weet met wie hy praat. Om 02:44 het hy weer geskakel en sommer met die intrapslag die beampte ingelig dat sy oproep nou opgeneem word. Dié keer, sê die man, het die polisieman se houding heeltemal verander en is hy meegedeel dat die polisie nie ‘n byeenkoms kan stop waarvoor die munisipaliteit toestemming gegee het nie. Nodeloos om te sê, niks het gebeur nie en die lawaai het rustig voortgegaan. Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike is gevra vir kommentaar oor waarom die polisie nie opgetree het nie. Dinsdag het hy per e-pos laat weet dat hy geen bewys kan vind dat enige klagte oor die geraas by die polisie aangemeld is nie. Toe dit onder sy aandag gebring word dat dit bloot nie waar is nie en dat die Zoutpansberger in kontak is met ‘n klaer wat bewys kan lewer deur middel van sy telefoonrekords dat hy wel twee keer die polisie geskakel het, het Sadike gesê dat hy die klaer se besonderhede sal deurgee aan die waarnemende stasiebevelvoerder vir verdere ondersoek. Teen druktyd is daar steeds op die polisie gewag vir
‘n antwoord waarom hulle nie opgetree het nie. “Ek kan nie glo dat die polisie nie klagte ontvang het nie,” het Meissenheimer hierop opgemerk. Ingevolge die Makhado Munisipaliteit se eie munisipale verordening, getiteld Verstoring van Openbare Rus, onder hul Straat en Diverse verordeninge, mag “niemand die openbare rus in ‘n straat of pub-
2009 Jeep Cherokee 3.7 Sport A/T 65 608km
T
WAS: R219 995
R209 995
lieke plek of op ‘n private perseel verstoor deur geraas te maak of deur ‘n geskree, stryery, vegtery, gesing of gespeel op enige soort musiekinstrument of grammofoon of deur middel van ‘n radio, luidspreker of dergelike toestel veroorsaak dat geraas gemaak word nie of deur oproerige, gewelddadige of onsedelike gedrag.” Verder in die verordening word genoem dat die polisie of ‘n gemagtigde beampte van
Quiet Easter Weekend on region’s roads
A policeman takes a statement from the truck driver who lost control and the truck carrying cooking oil overturned on the N1 next to Ingwe Hotel on Tuesday morning. The driver was treated in the Louis Trichardt Memorial hospital and discharged. Overall, the Soutpansberg had a relatively quiet Easter Weekend on the regions roads with no fatalities reported.
102 President Street Louis Trichardt 0920 HAMMANN PROPERTIES
Tel: (015) 516 1427 Fax: (015) 516 1160
E-mail: hammannc@vodamail.co.za
FOR THE INVESTOR
8Ha Small holding. 3.5km from Makhado. 3 x Houses and 1 flat, rent income R15 025 per month. For more information contact Carel Hammann.
*excl. on the road fee
www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175
C
die munisipaliteit (verkeersbeampte) by magte is om ‘n byeenkoms te stop indien daar rusverstoring plaasvind. Duidelik het dit nie gebeur nie. Volgens mev. Inga Gilfillan, voorsitter van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging, is dit duidelik dat die munisipaliteit nie eers gehoor kan gee aan hul eie munisipale verordeninge nie. (Vervolg op p. 2)
CAREL HAMMANN 082 923 1620