Zoutpansberger 05 Julie 2013

Page 1

Zoutpansberger

5 July 2013

www.zoutnet.co.za

PRYS: R4,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8

Former mayor dies after diabetes-battle - page 3

Jaargang 29 Vol. 26

Vleishonger diewe slaan op Vivo Vleismark toe - bladsy 3

Vier ure later en renosterkalf was dood - bladsy 4

Bekende in hoësorgeenheid van Middelburgse hospitaal ná tromp-op botsing met voertuig

Dennis kritiek na botsing Deur Isabel Venter

‘n Bekende inwoner van Makhado (Louis Trichardt) is in die hoësorgeenheid van ‘n Middelburgse hospitaal opgeneem, nadat hy in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke was. Mnr. Dennis Smit het erge kopbeserings opgedoen toe ‘n aankomende voertuig tromp-op in sy splinternuwe BMW-motorfiets vasgejaag het. Die ongeluk het Maandag gebeur op die pad tussen Sabie en Middelburg in Mpumalanga. Die ander voertuig het, na wat verneem word, vir ‘n slaggat uitgeswaai en in Dennis se baan ingery op ‘n blinde draai. Dennis se vrou, Jana, het dadelik deurgejaag om by hom te wees in die hospitaal. Sy het Dinsdag vanuit Middelburg vertel dat dit onder om-

standighede goed gaan met haar man. “Die polisie het gesê daar was nie ‘n ander alternatief vir Dennis nie, hy kon nie uitswaai vir die aankomende kar nie,” het Jana gesê.Dennis se hoofbeserings het veroorsaak dat hy Maandagaand in ‘n ligte koma was. Hy het Dinsdag weer bygekom en het so ‘n klein bietjie begin kommunikeer. “Alles is nog bietjie deurmekaar. Sy regteroog wil byvoorbeeld nie toemaak nie, maar ons sal nog sien hoe lyk dinge bietjie later,” het Jana gesê. Verder het Dennis baie skrape opgedoen. Wonderbaarlik, het Jana vertel, het hy geen bene gebreek nie, maar sy valhelm en oorpak het verskriklik gelyk. Sy motorfiets is reeds geskrap. Hy het die motorfiets maar twee weke gehad. Dennis Smit afgeneem tydens 2012 se Kremetart Fietswedren. Die staatsveearts haal die koeël uit ´n stuk vleis en hou dit só dat dit eers gefotografeer kan word voordat dit in ´n bewysstuksakkie geplaas en verseël word.

Polisie fynkam karkas vir leidrade Deur Isabel Venter Die Zoutpansberger het verlede week die kans gehad om ‘n ondersoekspan te volg en te kyk hoe hulle te werk gaan om bewysstukke uit ‘n renosterkarkas te haal. Dié span ondersoek die dood van ‘n

2013 Toyota Corolla 1.3 Professional A/C, P/S, CD, Mags, Sunroof, 1 383km Balance of 3 year / 100 000km warranty & Balance of 5 year / 90 000km service plan

R159 995

HAMMANN PROPERTIES

witrenosterkoei wat verlede Maandag op die Nwanedi Natuurreservaat in die Tshipise-omgewing doodgeskiet is vir haar horings. Haar maand-oue kalfie is deur die stropers agtergelaat om te vrek. Die kalfie word tans versorg by The Rhino Orphanage naby Mokopane (sien berig elders).

102 President Street Louis Trichardt 0920

ALLEEN MANDAAT 1477HA WILDSPLAAS

Tel: (015) 516 1427 Fax: (015) 516 1160

Bestaan uit 5 Titels. In hektaar elk: 259.8883, 266.6540, 95.2337, 579.9322, en 275.4636. Te koop as eenheid of afsonderlik teen R5 000 per hektaar. Waterpoort-Soutpan omgewing.

E-mail: hammannc@vodamail.co.za

*excl. on the road fee

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175

C

Audited Distribution Figures

Met die hulp van ‘n metaalverklikker is daar vinnig agtergekom dat daar nog ‘n koeël in die karkas van die koei was. Voor ‘n staatsveearts egter met die nadoodse ondersoek kon begin, is die hele misdaadtoneel eers deeglik gefotografeer. (Vervolg op p. 4)

CAREL HAMMANN 082 923 1620


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.