Z
outpansberger
7 Augustus 2020
News with an independent soul
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Courts declares security company director delinquent - page 2
Jaargang 36 Vol.31
Versameling voorwaar ‘n skatkis van kosbare items - bladsy 5
ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
31
9 772409 283001
Misdadigers bedrywig Deur Andries van Zyl
Dit wil voorkom asof daar ook weer ‘n groep mense is wat voertuie se wiele af steel waar hulle oornag by wonings buite geparkeer staan. Dit was die geval Woensdagoggend toe ‘n inwoner van Indaba woonstelle in die nuwe uitbreiding opgemerk het dat iemand deur die aand sy bakkie se agterwiele afgesteel het. Hulle het sommer sy eie plaveisel gebruik om onder sy voertuig te pak om die wiele af te kry. Foto verskaf.
Carel Hammann Cell: E-mail:
HAMMANN
Ad designed by Zoutnet Publishers
PROPERTIES
082 923 1620 property@ hmlegal.co.za Address: 131 Krogh Street Louis Trichardt 0920
‘n Plaasaanval in die Legkraal-omgewing (Bandelierkop) op Woensdagoggend het weereens die belangrikheid beklemtoon van mense in veral landelike gebiede om paraat te wees weens ‘n drastiese styging in misdaad te midde van die Covid-19 pandemie. Dié aanval is egter slegs een van talle misdade in die Soutpansberg streek die afgelope week. Die 62-jarige plaasboer en sy 58-jarige vrou is tussen 01:00 en 02:00 op 5 Augustus op hul plaas deur ‘n groep gewapende mans oorval. “Ons het omstreeks 01:40 die noodroep oor ons radio’s ontvang,” het mnr. Jan du Toit, veiligheidsvoorsitter van die Legkraal-omgewing, ure ná die aanval aan die Zoutpansberger gesê. Hy het die aard van die plaasboer se beserings as brutaal beskryf. Die man het erge kopbeserings opgedoen, nadat sy kop na bewering herhaaldelik teen ‘n muur geslaan is. Sy vrou is op haar beurt in die regterbeen geskiet. Beide is deurgejaag hospitaal toe in Polokwane vir mediese behandeling, met die man wat in ‘n bedenklike toestand opgeneem is. Te midde van die trauma was daar darem ‘n bietjie goeie nuus gewees – die aanvallers is binne ure ná die aanval aangekeer. Volgens provinsiale polisiewoordvoerder Brigadier Motlafela Mojapelo is drie mans deur lede van die polisie se blitspatrollie aangekeer nadat hulle inligting ontvang het dat die verdagtes die egpaar se Nissan Navara bestuur wat tydens die aanval geroof is. Die voertuig is opgemerk op die Matlala-pad, wat gelei het tot ‘n jaagtog tussen die polisie en die verdagtes. Die verdagtes is uiteindelik in ‘n hoek gedryf op die N1 suid buite Polokwane. Twee verdagtes is op die toneel gearresteer, terwyl ‘n derde gevlug het. Dié is later gewond toe hy op die polisie begin skiet het en hulle teruggeskiet het. Teen druktyd was teenstrydige berigte gewees of die gewonde verdagte nog lewe of dood is. Volgens die polisieverklaring het hy
nog gelewe. Mojapelo het bevestig dat die polisie twee gewere, ‘n televisie, ‘n tweerigting radio en die egpaar se bakkie herwin het ná die arrestasie. Buiten hiervoor is die verdagtes ook in besit betrap van vyf ongelisensieerde pistole. Mojapelo het gesê dat die verdagtes van huisroof en verkragting aangekla gaan word, nadat dit geblyk het dat die 58-jarige vrou ook verkrag is (om hierdie rede weerhou die koerant hul name). Nader aan die huis is die 68-jarige Annette Bezuidenhout Sondag omstreeks 12:00 deur twee
mans in die munisipale begraafplaas op Louis Trichardt oorval en beroof. Sy was daar op besoek aan haar seun, Charl, se graf. Baie lesers sal onthou van die hartseer waardeur die familie gegaan het nadat hierdie belowende jong sportman van die Soutpansberg op 19-jarige ouderdom in April 2002 tydens ‘n gewapende roof doodgeskiet is. Annette het vertel hoe sy sowat 20 treë vanaf haar seun se graf in die koelte parkeer het. By haar seun se graf het sy egter gesien die blomme daarop was bietjie droog en het begin terug stap motor toe om water te kry. (Vervolg op p. 2)
Van die gesteelde goedere wat teruggevind is ná die plaasaanval op ‘n egpaar van die Legkraal-omgewing. Foto: Limpopo SAPD.
NEAR LTT. 185HA. PRODUCTIVE FARM.
Contact us for details.