Zoutpansberger 07 Junie 2013

Page 1

Zoutpansberger

7 Junie 2013

www.zoutnet.co.za

PRYS: R4,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8

Jaargang 29 Vol. 22

7-9 June

PPC Kremetart Cycling Race 2013

Sondag-smeerberig oor leraar wat glo met vroue verhoudings aanknoop eindig in klagte aan Persraad Sondag

Sondige SONDAG? Nuusredaksie

Het die Sondag­koerant ‘n verskuil­ de motief gehad met hul smeerveld­ tog twee weke gelede in die dorp, en het die feit dat hierdie poniekoerant ‘n paar maande gelede skerp deur die Zoutpansberger gekritiseer is oor hul beriggewing, dalk bygedra tot hul persoonlike aanval op plaas­ like besigheidslui? Hierdie is van die vrae wat gevra word na aanleiding van ‘n reeks berigte wat op 25 Mei in die Sondag verskyn het onder die opskrif “Doom se doring”. Die berig in Sondag het gehandel oor dr. Philip Venter, mede-leraar van die N.G. Kerk Soutpansberggemeente. Die leraar word voorgehou as ‘n vroue-jagter wat in verskeie buite-egtelike verhoudings betrokke is. Een van die verhoudings sou na bewering wees met die eienaar van die Zoutpansberger se vrou. Sondag se “bewyse” vir die verhoudings is gesetel in ‘n Ringskommissie se bevinding oor dr. Venter asook ‘n anonieme bron. Die plaaslike N.G. kerke se Ringskommissie het dr. Venter ‘n paar weke gelede skuldig bevind dat hy pastorale grense oorskry het in ‘n vriendskapsverhouding en hy is vermaan. Hy en sy vrou, Meryl, is ook aangesê om vir huweliksberading te gaan. Kort ná die berigte in Sondag

verskyn het, het mnr. Anton van Zyl, eienaar van die Zoutpansberger, ‘n klag by die Persraad gelê. In die skrywe aan die ombudsman kla hy dat Sondag se verslaggewer haar geensins aan feite gesteur het nie en die waarheid doelbewus verdraai het om ‘n sensasionele berig te kan publiseer. Die NG Kerk Ring van Louis Trichardt het ook ‘n verklaring uitgereik kort na die smeerberigte verskyn het en hulself daarvan gedistansieer. “Dit is duidelik kwaadwillige beriggewing oor dr. Venter wat uit verband geruk is en nie reg laat geskied aan die feite of persone betrokke nie,” lees die Ring se verklaring. “Dit is ‘n geval waar persone wat in liefde ‘n probleem aanspreek, deur kwaadwillige afleidings daarby betrek word,” het Van Zyl hierdie week gesê. Hy het verduidelik dat hy wel einde verlede jaar vir dr. Venter gekonfronteer het oor die feit dat hy iets meer as vriendskap gesoek het by Van Zyl se vrou. “Dit was eenmalig; sy het hom tereggewys en hy het onderneem om nie weer die perke van vriendskap te oorskry nie,” sê hy. Die uitdaging was, volgens van Zyl, om die leraar by te staan in die proses om sy huweliksprobleme uit te sorteer. Wat die ondersoek van die Ring betref, het Van Zyl uitgewys dat dit nooit op versoek van ‘n individu was of selfs die kerkraad van Soutpans-

berg-gemeente nie. Die Ring het besluit dat hulle moet toetree en moet probeer vasstel wat die kern van die probleem is. Die Ringskommissie het in hul ondersoek ook na ander klagte rakende dr. Venter geluister, maar dit verwys na ‘n verdere sitting. “Die hartseer is dat die Sondag se verslaggewer dit duidelik aan my gestel het dat sy oor die Ringsverslag en stawende dokumente beskik. Ek het aan haar gesê dat dit dan mos redelik maklik is om die feite te verifieer.” Die vermoede bestaan dat Sondag se anonieme bron vir die stories ‘n persoon

2011 Mercedes Benz C200 A/T BE Avantguard, A/C, P/S,

Balance of 6 year / 120 000km mobilo plan

R329 995

Nee wat, ek is sharp! Nee wat, ek is nog sharp, wys die sewejarige Kyle Bezuidenhout wie se regteroor deur ‘n bulterriër met een hap afgebyt is. (Lees berig op p. 2)

102 President Street Louis Trichardt 0920

MP3, S/Roof, PDC,

Bluetooth, Nav, 37 000km

is wat ‘n geskiedenis van emosionele fieke vendetta teen dr. Venter, Van Zyl en onstabiliteit het. Dit is waarskynlik ook ‘n die ander vroue wie se name in die berig persoon met vermeld word. “Dit is hartseer, maar dit ‘n spesiis ook iets waarteen verslaggewers moet waak wanneer hulle hierdie tipe stories doen,” sê Van Zyl. Hy voeg by dat dit ook hartseer is dat vroue wie se name nie eers in die spesifieke Ringsondersoek genoem is nie, deur Sondag betrek is. Dr. Philip Venter het in kommentaar gesê die vals beriggewing was doelbewus gerig daarop om seer te maak. (Vervolg op p. 2)

HAMMANN PROPERTIES

Tel: (015) 516 1427 Fax: (015) 516 1160

E-mail: hammannc@vodamail.co.za

VAN DIE BESTE GROND! WATER! KLIMAAT! LEVUBU 63.4ha. Hutton grond. Noord-Oostelike helling. Ongeveer 48ha boorde. Piesang, makadamia, koejawel en suurlemoen. 4.5Ha land. Latonandarivier en kanaal onttrekking. Woonhuis, woonstel, pakstoor met koelkamer. Hierdie tipe eiendom kom selde in die mark.

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175

C

Audited Distribution Figures

CAREL HAMMANN 082 923 1620


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.