Zoutpansberger 7 Oktober 2011

Page 1

(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 AEG DELUXE HIGH VELOCITY STAINLESS STEEL PEDESTAL FANS • 16” (40cm) High velocity • 3 Speed settings YOU • 130 Watt motor SAVE • 5 Blades R100 • Height adjustable

NOW ONLY

399

R

99

Zoutpansberger

7 Oktober 2011

www.zoutnet.co.za

PRYS: R3,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Owner wants to set the record straight - page 2

Storm wind wreaks havoc in Vhembe region - page 3

Jaargang 27 Vol. 39

(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 DSTV MULTICHOICE DECO­DER PLUS DISH PLUS BRACKET PLUS LNB PLUS SMART YOUR WORLD OF CARD ENTERTAINMENT! 140 CHANNELS OF VIDEO / AUDIO ENTERTAINMENT

Conditions R apply

YOU SAVE R300 NOW ONLY

39999

Inwoners die harnas in oor nuwe spoedwalle by treinkruising - bladsy 4

Gesellige familiebraai by dam eindig in tragedie ná fratsongeluk lewe van ouers se liefling dogtertjie eis

Vyfjarige sterf ná fratsongeluk Deur Isabel Venter ‘n Gesellige familiebraai by die Albasinidam het Sondag tragies geëindig. Me. Leonora Lauwrens en haar lewensmaat, mnr. Willem Venter, het saam met hul dogters, Nicole en Sharon, by familie by die Beja Hengelparadys gebraai. ‘n Familievriend, mnr. Douw van Tonder, het Woensdag vertel dat Willem die braaiwerk gedoen het. In ‘n stadium wou hy bietjie gaan afkoel in die swembad sowat 100m vanaf die braaiarea. Hy het in sy bakkie geklim en na die swembad gery. Na ‘n vinnige afkoel het hy weer in die bakkie geklim en besluit om teen ‘n styl grondwal met die bakkie uit te ry. Willem was byna bo-op die wal toe die bakkie skielik begin gly het. Hy het remme aangeslaan, maar kort daarna het die bakkie omgekantel en op sy sykant te lande gekom. Familie wat gesien het wat gebeur het, het nader gehardloop. Willem het uitgeklim en hulle gerusgestel dat hy nie seergekry het nie. Dit was toe dat familie hom meedeel dat dit nie hy is waaroor hulle bekommerd is nie, maar wel die vyfjarige Nicole. Soos die noodlot dit wou hê, het klein Nicole

haar stiefpa na die swembad gevolg. “Sy was haar stiefpa se skaduweetjie,” het Douw vertel. Nicole het agter op die bakkie geklim, sonder dat Willem daarvan bewus was. Met die bakkie se omslaan, het Nicole ernstige kopbeserings opgedoen. Sy is inderhaas na Louis Trichardt gejaag vir mediese behandeling. Sy het egter Maandagoggend weens haar beserings in die provinsiale hospitaal in Polokwane beswyk. Teen druktyd was die uitslag van die nadoodse ondersoek om te bepaal wat klein Nicole se bese­ rings veroorsaak het, nog nie bekend nie. Finale begrafnisreëlings was ook nie beskikbaar nie. Die tragedie het die familie platgeslaan. “Ons liefste dogtertjie, met fyn-fyn spoortjies het jy deur ons lewe gehuppel. Groot liefde het ons deur jou leer ken. Jou maklike laggie, soos engel­ klokkies, het ons huis verwarm. Vir jou geleende tyd aan ons, sê ons innig dankie aan ons Hemelse Vader. Ons familiekring sou soveel armer gewees het sonder jou. Ons mis jou, Nicole, jou plekkie is leeg, jou stemmetjie stil… “ is die briewe aan Nicole wat die familie gereed kry vir die begrafnis. Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het by navraag bevestig dat die saak onder- Die vyfjarige Nicole Louwrens wat Maandagoggend dood is na ´n fratsongeluk. “Jy moes soek word. vooruitgaan, maar ons kom verseker,” was haar familie se afskeidswoorde aan haar. Foto verskaf.

2010 OPEL CORSA UTILITY 1.8 CLUB

AC, Mags, Tonneau Cover, 35 000km

R144 995

Check out our website www.ayobmotors.co.za Hussain: 083 378 6000

102 President Street Louis Trichardt 0920

Tel: (015) 516 1427 Fax: (015) 516 1160

HAMMANN PROPERTIES E-mail: hammannc@vodamail.co.za NOORD VAN STUBBSTRAAT

650vkm Luukse 4 slaapkamer woonhuis, leefstyl vir die groot gesin. 2 Slaapkamer woon­stel. Beskik oor 2 vol erwe. Stil omgewing. Sterk boorgat en goeie sekuriteit.

R2.5 Miljoen

CAREL HAMMANN 082 923 1620


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.