Zoutpansberger
8 November 2013
www.zoutnet.co.za
PRYS: R4,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8
Albasini water plant is “a mess” - page 3
Jaargang 29 Vol. 44
Moet daar nou ekstra vir water betaal word? - page 4
Kinders se kattekwaad of is daar wel ‘n spook? - bladsy 6
Storm-tragedie Hartseer ná fratsongeluk boer se lewe eis terwyl hy poog om windskade op sy plaas te herstel
Deur Isabel Venter
Verlede week se hewige wind- en haelstorms het behoorlik verwoesting gesaai oor die hele Soutpansbergstreek, met berigte van stormskade wat teen druktyd steeds ontvang is. Dié vernietigende storms het ook die lewe geëis van ‘n boer in die Levubu-omgewing. Mnr. Pieter Pretorius (65) was verlede Vrydag besig om ‘n boom op te saag wat deur die nag omgewaai is en op die huis geval het. “Ons weet nie presies hoe dit gebeur het dat die boom op Pieter geval
Mnr. Pieter Pretorius (65) wat Vrydag op sy plaas in ‘n fratsongeluk dood is, terwyl hy besig was met opruimingswerk weens die vorige dag se windstorm. (Sien berig op p. 2) Foto verskaf.
het nie – dit was ‘n fratsongeluk,” het ‘n jarelange vriend van Pretorius, mnr. Stephan Hoffman, vandeesweek aan die Zoutpansberger gesê. Hoffman is ook die voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-Unie. Donderdag se stormwinde is Vrydag opgevolg deur ‘n haelstorm. Volgens wat vasgestel kon word, het die storm oor die Makhado- (Louis Trichardt), Levubu- en Waterpoort-area getrek. Donderdagaand se sterk winde het ‘n massiewe kragonderbreking veroorsaak en Dinsdag hierdie week het die Makhado Munisipaliteit steeds gesukkel om die kragtoevoer te herstel na verskeie dele van die dorp en Levubu. Meeste boere en inwoners moes staatmaak op kragopwekkers. Die Zoutpansberger het Vrydag besoek afgelê op verskeie plase in die Levubu-omgewing. Orals langs die pad was stormskade sigbaar. “Dit lyk of ‘n trop olifante deur my piesangboorde getrek het,” het Hoffman gesê. “Dit was ‘n mini-orkaan.” Dié mini-orkaan het kol-kol oor Levubu getrek. Party plase, soos die van Fürstenburg Boerdery, het redelik ongeskonde daarvan afgekom. Ander plase soos dié van Latananda het egter veel meer skade opgedoen. Dáár is piesangbome met trosse en al platgewaai. Vyf-en-twintig-jaar-oue makadamiabome is ook teen die grond afgebreek in die storm. Volgens Hoffman het die storm tweeledige skade aangerig. Eerstens was daar skade aan strukture en dan aan oeste. Groot dele van verlede week se bemarkbare oes is tot niet, òf weens die gebrek aan elektrisiteit om rypmaakkamers te dryf, òf as gevolg van trosse wat merke opgedoen het. Tweedens, het Hoffman verduidelik, is dit in hierdie stadium baie moeilik om skade op makadamias en avokadopere te bepaal. “Dit sal mens eers werklik kan uitwerk as die oes inkom,” het Hoffman gesê. (Vervolg op p. 2)
2009 Toyota Hilux 3.0 D-4D
4x4 Canopy, A/C, P/S, CD, T/Bar, 137 000km, N/Bar
HAND TOOLS - EXPLOIT
R279 995
www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175
C
Audited Distribution Figures
Ondernemings in Makhado (Louis Trichardt) het ook deurgeloop tydens Donderdagaand se windstorm, soos Midas hier in Songozwistraat. Foto verskaf.