Zoutpansberger 08 Augustus 2013

Page 1

Zoutpansberger

9 August 2013

www.zoutnet.co.za

PRYS: R4,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8

Leraar verskyn in hof oor vermiste wapen(s) - bladsy 2

Jaargang 29 Vol. 31

Nuwe glyskaaltariewe gaan rekeninge laat styg - bladsy 3

Senior magistrate’s case postponed for umpteenth time - page 4

Geraas frustrasie Jaarlikse Makhado Skou sorg weereens vir slapelose nag danksy oorverdowende musiek

Deur Andries van Zyl

Die jaarlikse Makhado Skou, of “geraas-naweek” soos sommiges daarna verwys, het die afgelope naweek weereens vir ‘n slapelose nag gesorg. Die geraas wat jaarliks met die skou gepaard gaan, is reeds welbekend aan inwoners. Soveel so dat talle inwoners reeds voor die naweek aangedui het dat hulle eerder vir die naweek sal weggaan as om wakker te lê en luister na die oorverdowende musiek. Daar was egter optimisme dat vanjaar se Makhado Skou heelwat rustiger sou wees as vorige jare en in ‘n mate was dit wel so, veral die eerste twee dae van die skou, verlede Donderdag en Vrydag. In aanloop tot die skou het munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi verlede week gesê dat hulle vanjaar baie streng gaan wees ten opsigte van geraas en harde musiek. Hy was egter skepties of daar by die munisipale voorskrifte gehou sou word ten opsigte van open- en sluitingstye en geraasvlakke. “Kom ons hoop,” het hy gesê. Sy hoop het egter beskaam en, soos vorige jare die geval was, is daar Saterdag weer deur die nag tot feitlik dagbreek Sondagoggend oorverdowende musiek gespeel, met geen ontsag vir inwoners nie. Die frustrasie wat hierdeur veroorsaak is, is mooi saamgevat in ‘n brief aan die Zoutpansberger van ‘n Indiër-inwoner van Eltivillas wat direk grens aan die skouterrein (sien

die brieweblad vir die volledige brief). Daar moet in gedagte gehou word dat die Moslem-gemeenskap tans besig is met hul heilige maand van Ramadan. Die inwoner skryf dat die skou-organiseerders na ‘n sielkundige inrigting gestuur moet word om hul koppe te laat nagaan. Hy verwys ook na vorige jare waar soortgelyke frustrasie met die harde musiek ervaar is en die feit dat daar altyd na die tyd om verskoning gevra word, met beloftes [van beide die organiseerders en munisipaliteit] dat die situasie hom nie weer sal herhaal nie. “... wie de hel soek hulle verskoning as hulle duidelik en blatant dieselfde ding doen hierdie jaar!” skryf die leser. Hy gaan so ver as om te sê dat die skou-organiseerders toegesluit moet word, sodat hulle kan leer om respek te hê vir inwoners. Met Sondag as heilige dag vir die Christengeloof, het die lawaai ook die plaaslike Christen-gemeenskap die harnas ingejaag. Ds. Robbie Novella, lid van die plaaslike Leraarsforum, gee toe dat die skou ‘n gemeenskapskou is en jaarliks aangebied word. “Dit is kommerwekkend dat hulle egter nou ook die skou verleng het na Sondag sonder dat daar, na my wete, enige kennisgewing was of geleentheid vir mense om beswaar aan te teken. Ons weet nie wie die skoukomitee is nie en of hierdie komitee die regte prosedures gevolg het nie,” sê ds. Novella. Hy sê die harde musiek deur die nag is duidelik ‘n groot frustrasie vir inwoners, en spesifiek die inwoners van die naby-

geleë ouetehuis en Eltivillas. Volgens ds. Novella is die naweek se lawaai, spesifiek op Sondag, reeds as ‘n besprekingspunt op die agenda geplaas tydens hul volgende vergadering op 13 Augustus. Ten opsigte van ds. Novella se verwysing dat daar geen kennisgewing was oor die voorgestelde verlengde duur van die

skou tot Sondag en ook geen geleentheid vir inwoners om beswaar aan te teken nie, is die Zoutpansberger in besit van dokumentasie met betrekking hiertoe. Onder ‘n briefhoof van die Makhado Munisipaliteit is ‘n interne memorandum om 9 Julie aan onder meer die munisipale bestuurder gesirkuleer waarin pertinent

genoem word dat die logistieke reëlings ten opsigte van die skou in die plaaslike media geadverteer moet word. Die memorandum maak ook melding van die open- en sluitingstye van die skou wat ook geadverteer moet word.

Aahhh ... wat is dit!?

Aahhh ... wat´s dit!? CJ Wolwaardt was een van die brawe vrywilligers in die gehoor wat ´n lewendige rotsskerpioen vasgehou het as deel van die slange en reptiele vertoning by die Inni-Berg Fees. Die Khamai Reptiel Sentrum in Hoedspruit het die vertoning aangebied. Nog foto’s op p.12

2012 Toyota FJ Cruiser 4.0 A/T 39 700km HAND TOOLS - EXPLOIT

Balance of 5 year / 90 000km service plan

R369 995

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175

C

Audited Distribution Figures

(Vervolg op p. 2)

E.& O.E.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.