04
nisboere besoek nuvance
nuus article by dr quintin muhl
Nisboere word weekliks om 20:30 op DStv-kanaal 147 (VIA) uitgesaai.
I
n Maart 2019 het die Nisboere kameraspan besoek afgelê aan die Nuvance proefplaas buite Bapsfontein om kykers ’n blik agter die skerms te gee van waarmee die groente navorsingspan hier besig is. Aanbieder en hoof van plantvoeding by Laeveld Agrochem, Phillip Venter is tydens sy besoek aan Nuvance beide die oop land asook glashuis proefaanplantings gewys. Daar is aan hom verduidelik hoe ons te werk gaan om te verseker dat slegs die beste groente-genetika vir die Suid-Afrikaanse mark gekies word.
nisboerderye wat dikwels op ’n klein lappie grond en deur middel van minimale hulpbronne tot stand gebring word.
Hierdie episode is op 14 Mei 2019 as deel van seisoen 4 uitgesaai wat spesifiek gefokus het op SuidAfrika se groter kommersiële boere, hul nisspesialiteite en gepaardgaande tegnologieë, asook op verskaffers en hul bydrae tot boere se opbrengste. Nisboere is geïnspireer deur Laeveld Agrochem se toewyding tot werkskepping en voedselsekuriteit en die program fokus dus veral op
Episode vir episode dien die reeks steeds die stereotipering van die boer die nekslag toe met ’n eenvoudige boodskap: Ongeag jou agtergrond; Nisboere wys jou die pad vorentoe. Of jy 100 hektaar het, of net ’n balkon, beleggings vir Afrika of net ’n paar rand in die bank, daar is ’n geleentheid vir jou.
Soms ontdek Nisboere ook van ons land se grootste landbousuksesstories wat onlangs op ’n verbasende klein skaal begin het. Uiteindelik is die gedagte om dit by kykers tuis te bring dat enige iemand ’n boer kan wees, en dat mens soms net ’n bietjie inspirasie en ’n nis-idee nodig het om ’n sinvolle en volhoubare bestaan te kan maak.