Bloemnuus 03 10 2014

Page 1

Tel. 051­404­7600

| Vrydag 3 Oktober 2014

| www.bloemnuus.co.za

Die binnekant van die beplande kunssentrum met oorlogskuns, spesiaal vir die museum gemaak, wat hier ’n tuiste gaan kry.

Bfn se R50 m.­skat Charles Smith

DIE Rosestad gaan ’n juweel bykry wat die stad se aansien as toeriste­ bestemming ’n hupstoot sal gee. ’n Voorstel vir ’n nuwe kunssen­ trum van R22 miljoen by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein is in beginsel deur die nasionale departement van kuns en kultuur goedgekeur. Dit beteken die departement sal in drie jaar meer as R50 mil­ joen aan die museum bestee. Dit sluit die nuwe Sol Plaatje­saal (wat in 2015 gereed sal wees) en die gedenktuin en amfiteater in wat

nou hier in aanbou is. Die gedenkmuur sal die name vertoon van 35 000 vroue en kinders wat in die Anglo­Boereoor­ log (ABO) in die konsentrasiekampe gesterf het. Die gedenktuin, ­muur en amfiteater sal einde Oktober voltooi wees. Tokkie Pretorius, direkteur, sê die nasionale departement het die voorstel vir die kunssentrum heelhartig ondersteun en reeds in beginsel goedgekeur. Die moderne sentrum sal regs van die museum gebou word en al die kuns in en oor die oorlog sal hierin uitgestal word. Dit sal ook

oor konferensie­ en onthaalgeriewe beskik. Pretorius sê met dié beleggings in die Vrystaat én Suid­Afrika se erfenis word die museum as ’n internasionale besoekersentrum bekragtig. Die departement gee ook hiermee erkenning aan die wyse waarop ’n nasionale museum bestuur word. In die lig van die museum se vele projekte en prestasies het die Universiteit van die Vrystaat (UV) vanjaar ’n Kanseliersmedalje aan die Oorlogsmuseum toegeken. Die medalje sal in Desember aan Pretorius oorhandig word.

Voorstelling: Roodt Argitekte

Naas die Sol Plaatje­saal om swart betrokkenheid in die ABO te wys word ’n Lord Roberts­saal (Britse saal) gebou om die fokus ook op die Britse perspektief te plaas én ’n Louis Botha­saal om baie nuwe artikels van die Boere­ magte uit te stal. Díe saal sal einde Februarie 2015 gereed wees. ) ’n Nuwe boek, die Gedenkuitga­ we: Wedervaringe van vrouens en kinders in konsentrasiekampe en te velde gedurende die Anglo­Boereoor­ log (1899­1902), is ook pas gedruk. ) Die museum kan nou op Facebook by Official: Anglo­Boer War Museum besoek word.

GRATIS

Sirkus: SMS ‘Bloemnuus’ en kry 50% af Bl. 9

Posstaking verlam land Bl. 5




2 BLOEMNUUS, VRYDAG 3 OKTOBER 2014 BLOEMNUUS/BLOEMNAWEEK: BEKENDSTELLINGSGESELLIGHEID

’n Nuwe, sterk plaaslike koerant, die Rosestad se grootste eie koerant, het gister en vandag Bloemfontein se strate getref. Die nuwe Bloemnuus en Bloemnaweek is Woensdagaand in die restaurant Seven on Kellner in Bloemfontein bekend gestel. Van links is Susna Botha (verkoopbestuurder van Bloemnuus en Bloemnaweek), Andrie Goosen (Fleurdal Mall), Dennis Folkey (Pick n Pay), Annette Folkey, Elmarie Prinsloo (Bloemskou) en Jeannine van Zyl (operasionele bestuurder van die Volksblad-groep). Bloemnuus en Bloemnaweek kom neer op twee unieke uitgawes van dieselfde koerant en snoer die beste eienskappe van die publikasies Ons Stad en Bloemnuus saam. Die nuwe Bloemnuus word Donderdae van huis tot huis in Bloemfontein versprei, asook in sekere plattelandse dorpe. Bloemnaweek word Vrydae by sleutelpunte met baie besoekers in Bloemfontein versprei. Foto’s: Conrad Bornman/Foto24

Arend Brink van Arco Musica en Lynne Landman van Z PR kuier saam op die bekendstellingsgeselligheid. Arco Musica bied op Vrydag 31 Oktober Symphony at the Woods in die Woodland Hills Function Venue aan. Die kaartjies is by Computicket te koop.

Van links is Gert Coetzee (waarnemende redakteur van die Volksblad-groep), Jeannine van Zyl (operasionele bestuurder: Volksblad-groep), Jens Friis (redakteur van Bloemnuus en Bloemnaweek), Susna Botha (verkoopbestuurder van Bloemnuus en Bloemnaweek), Adèle Dempers (hoofsubredakteur van die dagsubkantoor) en Christo van Staden (senior assistent-redakteur van Volksblad en toesighouer oor plaaslike koerante). .

Die lede van Bloemnuus se advertensiespan is van links George Adams, Loreal Eloff, Leanne Eksteen, Ansolet Putter, Susna Botha, Carike Barnard and Tshidi Molefe.

Koos Kombuis was die gaskunstenaar en het onder meer die mooie Lisa se klavier gesing.


BLOEMNUUS, VRYDAG 3 OKTOBER 2014 3 BLOEMNUUS/BLOEMNAWEEK: BEKENDSTELLINGSGESELLIGHEID

Lindsay Mould van Grey-kollege (Primêr) en Marnie van Wyk lees die nuwe Bloemnuus op die bekendstellingsgeleentheid. Foto’s: Conrad Bornman/Foto24

Van links is Ans Coetzee (Athalia-uitreik), Susna Botha (verkoopbestuurder van Bloemnuus), Simon Tyrannis (Johnny’s Fruit Market), Esmarié Cronjé (Life-Rosepark-hospitaal) en Carike Barnard (Bloemnuus-advertensiekonsultant).

PROMOTION

Sky Country Meats – located in the Value Mart Centre, Fleurdal – has been part of your community for numerous years. Tried and tested with great products and service, they cater to everyone’s needs. They have recently renovated their store to create a new shopping experience. Their new logos and exciting products will make this an even better shopping experience. They now offer you delicious ready-to-eat grilled and roasted products for dinner or on the go. The friendly staff members are ready to assist you in your every need. The branch manager is Morné Barkhuizen. Photo: Carike Barnard


4 BLOEMNUUS, VRYDAG 3 OKTOBER 2014 Na watter staatshoof het Bloemfontein se lughawe vroeër geheet? Foto: Jens Friis

Só sê lesers op FB oor genadedood ’n TOETSSAAK in die grondwethof kan die wettiging van genadedood en ondersteunde selfdood bespoe­ dig. Wat is jou mening oor dié onderwerp, het Bloemnuus aan sy lesers op Facebook gevra.

Weet jy dít van Bfn? TOETS jou algemene kennis oor Bloemfontein en omgewing.

1. As jy by Tempe se oostelike hek reguit uitry, in watter straat ry jy dan in? A. Jan van Riebeeck B. Sarel Cilliers C. Nelson Mandela 2. Watter dorp in Bloemnuus se verspreidingsgebied se motorregi­ strasienommer was voorheen CAS? A. Aliwal­Noord B. Christiana C. Colesberg 3. Na watter staatshoof het Bloemfontein se lughawe vroeër geheet? A. Malan B. Hertzog C. Smuts 4. Met wie is Tereza Troskie­ Herbst, ’n oud­mev. Suid­Afrika, onlangs getroud?

A. Bennie Herbst B. Trevor Smith C. John Havenga

A. Windmill­casino B. Skouterrein C. Hoërskool Sand du Plessis

5. Waarvoor samel die Cupcake Angels geld in (verlede week se voorblad van Bloemnuus)? A. Honger kinders B. Kinders met kanker C. Vigswesies

9. Watter dam is die naasgroot­ ste in Suid­Afrika? A. Gariepdam B. Krugersdriftdam C. Vanderkloofdam

6. Bloemnuus bied die Ouma en Oupa Roos­eerbewysgeleent­ heid saam met watter instansie aan? A. Kansa B. Athalia C. DBV 7. Wat is die bynaam van die Laerskool Universitas? A. Tralies B. Possies C. Tjokkies 8. By watter plek staan die tent van Brian Boswell’s Circus nou?

10. Watter instansie wil jou help om van ongesonde eetgewoontes af te sien? A. Hokaaiers B. Famsa C. Cantando Antwoorde: 1. A. Jan van Riebeeck 2. C. Colesberg 3. B. Hertzog 4. A. Bennie Herbst 5. B. Kinders met kanker 6. B. Athalia 7. C. Tjokkies 8. A. Windmill­casino 9. C. Vanderkloofdam 10. A. Hokaaiers

S Monica Behr: Ek is heeltemal ten gunste daarvan. Dit is tog jou keuse. Nie een van ons wat kan loop, praat en sien weet wat só ’n mens beleef nie. Ek dink dit moet baie erg wees om elke dag heel­ dag aan ’n bed vasgekluister te wees. Jy kan nie beweeg nie, en dalk nie eens praat nie. Dieselfde geld iemand met byvoorbeeld erge kanker. Wanneer niks meer vir só ’n mens gedoen kan word nie, hoekom moet hy of sy soveel pyn en lyding ondervind? Dit is mos nie ’n plesier om só te ly nie. S Dikeledi Sobane: Ek stem saam.

S Barend van der Merwe: Dit is maklik om ander mense te oordeel. Ek glo ek moet ook aansoek om die wettige beëindi­ ging van my lewe te doen. Dit is tog my lewe. Maar dit sal streng gemotiveer moet word, anders kan dit ’n gier word. Nes selfdood glo ek nie dit is immoreel nie. Dit is die tragiese gevolge van hoe wreed die lewe soms kan word. S Jenny Nieman: Slegs teen die einde van die lyding aan ’n terminale siekte. Maar sal die terminale pasiënt steeds ’n spesiale ervaring hê voordat hy sy asem uitblaas? Of sal hy net sterf? Die afskakel van ’n masjien wat ’n pasiënt aan die lewe hou, moet net lank uitgestel word om organe te skenk. Dit is nou wanneer geen kans op lewe meer bestaan nie.

Briewe S VIR jare het ek graag langs die pad afgetrek as ek moeg word – veral onder die oorbrûe wat nie gebruik word nie. Dit bied koelte in die somer. Sedert die N1 opgeknap is, is dit egter onmoontlik. Kyk maar ’n bietjie as jy noord ry na Kroonstad of suid na Edenburg. Daar is talle paaltjies langs die snelweg ingeslaan sodat jy nie meer daar onder die brûe kan stop nie. Waarom nie? Almal wil tog nie by die groot vulstasies stop nie. Buitendien is hulle min en ver uiteen. Dit maak vir my geensins sin nie. Ons word voortdurend gemaan om elke twee uur te stop en te rus, want só word ongelukke voorkom. Die einste mense wat ons aanraai om dit te doen doen egter niks om plekke beskikbaar te stel waar jy kán rus nie. – S. Jacobs

Stuur briewe vir Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Hoe korter en kragtiger, hoe beter.


BLOEMNUUS, VRYDAG 3 OKTOBER 2014 5

Kindersorg word só gesteun DIE instansie Kindersorg Bloemfontein en Childline Vrystaat vier vanjaar die 100ste jaar waarin die instansie hom vir die welstand van kinders beywer. Dié nie­regeringsinstansie maak staat op skenkings, vrywilligers se hulp en die ondersteuning van die gemeenskap om sy waarde­ volle werk te kan doen. Hier is ’n paar maniere waarop jy betrokke kan raak: S Bied jou dienste as vrywilliger aan en deel jou kundigheid. Jy kan betrokke raak op drie vlakke: in die bestuur, as tegniese adviseur of deur prakties met projekte te help. S Jy kan die instansie geldelik ondersteun. S Jy kan die instansie se geldinsamelingsprojekte ondersteun. S Erflating – laat ’n bydrae agter ter ondersteuning van die voortbestaan en goeie werk van Kindersorg en Childline. Kry meer inligting deur die webblad te besoek by www.childwelfarebfn.org.za, sluit jou by die Facebookblad aan of besoek www.face­ book.com/cwbfnclfs. ’n E­pos kan ook gestuur word na reception@ child­welfarebfn.org.za.

Posstaking verlam SA Melisa De Wee DIE voortslepende staking van deeltydse werkers van die Suid­Afri­ kaanse Poskantoor (Sapo) veroor­ saak steeds ernstige vertragings. Die staking duur reeds twee weke. Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, sê in ’n nuus­ verklaring dat stakings by die Suid­Afrikaanse Poskantoor dreig om die instansie heeltemal te verlam en inligting waaroor die VF Plus beskik, dui daarop dat heeltyd­ se personeellede hulle nou ook by die stakende deeltydse werkers gaan aansluit. “Boonop blyk dit dat heeltydse werkers wat voornemens is om te staak ’n legitieme aanspraak op verhogings het wat hulle blykbaar nie gaan kry nie, aangesien die poskantoor bankrot blyk te wees,” sê Alberts. Hy sê van die senior personeelle­ de het weens die impak van die staking van deeltydse personeel reeds hul werkers huis toe gestuur omdat daar nie werk is om te doen nie. Die gevolg hiervan is dat pos nie afgelewer word nie. Bloemnuus het op sy Facebook­ blad gevra of lesers deur die staking geraak word. Só het hulle geantwoord: S Ilse de Beer: Ja, baie, veral die pos van oorsee af. S Celeste Pretorius: Nee, nie regtig nie. Die meeste van ons state word per e­pos gestuur. Ons kry nooit pakkies in die pos nie en ek kan nie onthou wanneer die laaste keer was dat ek ‘n brief gestuur het nie.

Die staking van werkers van die Poskantoor duur voort. Die hoofposkantoor by Hoffmanplein in Bloemfontein lewer geen pos af nie. Heeltydse werkers daag op omdat dit ’n werk-betaal-staking is. Foto:Emile Hendricks S Marietjie Christie Kotze: My seun trou Desember en ons moet troukaartjies pos. Ons sal maar ’n plan B moet maak. S Paula Heunis: Ek het ’n honde­ salon in Brandfort en maak gebruik van die poskantoor se speed service om my lemme weekliks na die Kaap te stuur. My werk het nie net

agtergeraak oor die twee weke wat hul al staak nie, maar my werk staan ook stil en dit beteken my werkers kan ook nie betaal word nie. Ek sal van nou af eerder ’n koerierdiens gebruik. Ten minste is hulle betroubaar. S Hendrihet van der Walt: Ek verkoop goed op Facebook en dit

moet gepos word. Dan duur dit vreeslik lank en die mense dink jy jok vir hulle. S Joanne van der Merwe: Ja, ons het Kaap toe gepos en my mense het nou nog nie hul pos ontvang nie. My seun moet sy rybewyskaart kry. Ons moes ’n afdruk van sy ID gestuur het.


6 BLOEMNUUS, VRYDAG 3 OKTOBER 2014

Finaliste: oumas en oupas

Gertie en Gertjie Potgieter.

Susan en Goddie Brummer.

Marinda en Willie Esterhuizen.

Mornay en Vonite Janse van Vuuren.

Toffie en Jan Fourie.

Gerrie en Martie Oosthuysen.

Delva en Abie Pelser.

DIE finaliste vir Bloemnuus en Athalia se jaarlikse Ouma en Oupa Roos­toekenningsgeleentheid is aangewys. Die finaliste sal eregaste wees op ’n spoggerige kro­ ningsaand by Magic Events @ Vanilla Sky. Dit word deur die voormalige Mev. Verenigde Nasies Internasionaal, Lianda Hurter, in samewerking met Elsa Vermeulen­fo­ tografie, gereël. Daar word in drie kategorieë deelge­ neem: Oupa en Ouma Roos­egpaar, Oupa Roos en Ou­ ma Roos. Riëtte van der Watt, Estie de Wet (Bloemnuus se Spontaan­wenner van 2014) en Grey­kollege (pri­ mêr) se boereorkes sal die gaskunstenaars op die kro­ ningsaand wees. Die borge is: Bloemnuus, Magic Events @ Vanilla Sky, CPI, Checkers, La Muse, Biographix, Elsa Vermeulen­fo­ tografie, Roelof Botha en die Kotze­kunsgalery. Om kaartjies vir dié spoggeleentheid op Dinsdag 14 Oktober aan te skaf kan Ans Coetzee by 082­467­ 6471 gebel word.

Hetta en Willie van der Merwe.

Leon en Doreen van Wyk.

Ansie en Jaap Vermeulen.

Evelyn en Gerrie Swanepoel.

PG en Rensa Roos.

Suzann en Leon Nel.

Elsa Vermeulen is die organiseerder en fotograaf van die aand.


BLOEMNUUS, VRYDAG 3 OKTOBER 2014 7


8 BLOEMNUUS, VRYDAG 3 OKTOBER 2014

Danaé du Plessis (4) van Bloemfontein is die dogter van Igna en Ruan du Plessis.

Mika Brand (4) van Bloemfontein is die dogter van Rochelle en Willie Brand.

Annabelle Sutherland (3) van Bloemfontein is die dogter van Anzel en Martin Sutherland.

Kara Kruger (4) van Bloemfontein is die dogter van Sindy en Ferdie Kruger.

Ju-Zelle Heckroodt (4) van Bloemfontein is die dogter van Chris-Zelle en Jéhan Heckroodt.

Ansone van de Venter (4) van Bloemfontein is die dogter van Jacolette en Andre van de Venter.

Charlise van Schalkwyk (3) van Bloemfontein is die dogter van Lizel en Charl Wiessie.

Nicole van Schalkwyk (4) van Bloemfontein is die dogter van Welmé en Wayne van Schalkwyk.

Roné Barnes (4) van Bloemfontein is die dogter van Beverley en Ronnie Barnes.

Madelein van Straten-Herbst het dié boek op Bloemnuus se Facebook-blad gewen.

Die wenner van Trompie (Omnibus 3) deur Topsy Smith is Annetjie Bower.

Fanie Viljoen, die Bloemfonteinse skrywer, se Uit gaan aan Christo Groenewald.

S Mariëtte Joubert is die wenner van The arrogance of power – South Africa’s leadership meltdown deur Xolela Mangcu.

S Charl de Lange van die onderneming Charl Electro­ nics is in die Mediclinic Bloemfontein opgeneem nadat sy voertuig naby Maselspoort omgeslaan het. Hy het snywonde en borskasbeserings opgedoen.

S Dawie van Zyl, eienaar van Dave’s Deli, is terug by die werk ná ’n maagopera­ sie in die Life­Rosepark­hospi­ taal. Dave’s Deli word in die Volksblad­gebou (ook die tuiste van Bloemnuus) langs Nelson Mandelarylaan ge­ huisves. Terwyl hy siek was, het sy vrou, Laetitia, en ma, Irene, vir hom ingestaan.

Wel en wee

S Prof. Loyisa Jita has been awarded the first SANRAL Chair of the UFS School of Mathematics, Natural Sciences and Technology. The UFS in partnership with the South African National Roads Agency launched the SANRAL Chair in Science, Mathema­ tics and Technology Educa­ tion on the Bloemfontein Campus.

S Frikkie Lombard van die plaas Springbok in die Dealesville­distrik is uit die Mediclinic Bloemfontein ontslaan nadat hy deur ’n kwaai bonsmara­koei getrap is. Sy oor is byna van sy kop geskeur, hy het drie ribbes gebreek en verskeie kneus­ plekke opgedoen.

S Zelma van Aswegen was met vakansie in Zanzibar. Sien ’n foto hiervan op Bloemnuus se Facebook­blad. S Stuur inskrywings na jens.friis@media24.com.

Strydom se lewe, werk ná afsterwe gehuldig Ilse du Preez (3) van Bloemfontein is die dogter van Madri en James du Preez.

Zilke Lutjens (3) van Bloemfontein is die dogter van Natasja en Pierre Lutjens.

Jessica Coetzee (3) van Dewetsdorp is die dogter van Alta en Johan Coetzee.

Miché Penton (3) van Bloemfontein is die dogter van Ernice en Floris Penton.

Adeley Conradie (3) van Bloemfontein is die dogter van Melinke en Neil Conradie.

Amanda Claassen (3) van Bloemfontein is die dogter van Lizelle en Louis Claassen.

Kleine Rosies alte fraai Madelein Venter INSKRYWINGS vir vanjaar se Bloemnuus­ Roosknoppie­kompetisie het reeds gesluit en vandag verskyn nog van die pragfoto’s wat ontvang is. Daar sal nog volgende week inskrywings in Bloem­ nuus geplaas word. Die wenner van die kompetisie vir fraai, jong meisies van drie en vier jaar oud word op 25 Oktober op die Rosefees in die Loch Logan­waterfront in Bloem­ fontein aangewys. Die 30 semi­finaliste moet ook op Vrydag 24 Oktober beskikbaar wees om aan ’n uitdunronde deel te neem, waarna die tien topfinaliste aangewys sal word.

Die semi­finaliste word deur leserstemme en die organiseerders bepaal. Lesers sal van 10 tot 15 Oktober om 12:00 aanlyn by www.bloemnuus.co.za vir hul gunsteling­Rosie kan stem. Daar sal vir alle inskrywings gestem kan word, nie net dié wat in die koerant verskyn het nie. Die topdertig sal bestaan uit die toptwintig onder die leserstemme en tien finaliste wat deur die organiseerders gekies word. Die organiseerders se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. S Rig navrae aan Madelein Venter by 051­404­7816 of madelein.venter@volks­ blad.com.

DR. TIENIE STRYDOM, emeritus­predikant, is verlede Dinsdag ná ’n kort siekte in die Milpark­hospi­ taal in Johannesburg oorlede. Sedert verlede jaar het hy in Johannesburg gewoon en dit is hier waar hy enkele weke gelede siek geword het. Hy was predikant van die NG gemeente Philippolis en later van Fichardtkruin in Bloemfontein totdat hy in 2004 geëmeriteer het. Hy is in 1946 in Vrede gebore. Hy het sy onderwys­ diploma aan die Onderwys­ kollege in Heidelberg verwerf en ’n paar jaar skoolgehou voordat hy teologie aan die Universiteit van Pretoria (UP) gestudeer het. Terwyl hy predikant in Bloemfontein was, was hy ook by die fakulteit teologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) betrokke waar hy deeltydse dosent in homiletiek (preekkunde) was. In dié tyd het hy sy doktorsgraad in teologie aan die UV behaal. Van 2009 tot 2013 was hy en sy vrou, Maryna, wat in November verlede jaar aan kanker oorlede is, die predikantspaar in Jansenville in die Oos­Kaap. Hy word oorleef deur hul drie dogters, Talita, Eppy (’n voormalige werknemer van Volksblad) en Odie, hul skoonseun, Heckroodt Laubscher, en twee klein­

Maryna en dr. Tienie Strydom is albei die afgelope jaar oorlede. Hul dogter Eppy Strydom het op Facebook geskryf daar wag nou “ ’n lente sonder roosmaryn en ’n somer sonder tiemie” met verwysing na haar ouers se name. seuns, Zander en Renier. ’n Dankdiens is Saterdag in die NG kerk Randburg in Ferndale, Johannesburg, gehou. Die diens is deur ds. Servaas de Kock, Tienie se kollega destyds by Fichardt­ kruin, gelei. Nog ’n dankdiens word Sondag in die NG kerk Jansenville in die Oos­Kaap gehou. Daar is Sondag in die NG kerk Philippolis hulde aan die ontslape ds. Tienie Strydom gebring wat tussen 1977 en 1981 hier die leraar was.


BLOEMNUUS, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014 9

Bloemnaweek Vrydae by dié afsetpunte te kry BLOEMNUUS word voortaan Donder­ dae tuis afgelewer, terwyl Bloemna­ week by tientalle afsetpunte (“hot spots”) op Vrydae in Bloemfontein en plattelandse dorpe so ver as Aliwal­Noord, Christiana en Coles­ berg beskikbaar sal wees. Hieronder volg ‘n lys van waar die afsetpunte in Bloemfontein is. Bloemnuus en Bloemnaweek sal voortaan twee keer per week vir lesers en adverteerders ’n heel nuwe lees­ en adverteerervaring bring. Die nuwe produkte sal die beste eienskappe van die bestaande publikasies Ons Stad en Bloemnuus

saamsnoer. Volgens Gert Coetzee, waarne­ mende redakteur van die Volksblad­ groep, het die feit dat dié twee gewilde koerante die afgelope jare weekliks by hoofsaaklik dieselfde huishoudings en verspreidingspunte afgelewer is, onnodige duplisering en oorvleueling veroorsaak. Jens Friis, redakteur van Bloem­ nuus, gaan die redakteur van die twee nuwe koerante wees, met Ruan Bruwer, redakteur van Ons Stad, wat die nuus­ en sportredak­ teur word. Susna Botha is die verkoopbestuurder.

As jy navrae het, is jy welkom om 051­404­7901 te bel of te skryf aan rmckeating@volksblad.com. Die afsetpunte in Bloemfontein is: S AAA Vleis Hospitaalpark S Aljo’s Spar S Bayswater Kwik­Spar S Bewarea­aftreeoord S Checkers Hyper S Checkers Langenhovenpark S Checkers Mimosa Mall S College Square MediCross S Dischem Bloemfontein S Emily Supermark S Fruit & Veg Langenhovenpark S Fruit & Veg Suide

Lhp­inwoners vra polisie se optrede Melisa De Wee “ONS dring aan op proaktiewe aksie, maar daar is altyd ’n verskoning. Die mense van Langenhovenpark voel onveilig. Dit is asof misdaad al ’n sakebedryf geword het,” sê Louis Smith (65), ’n lid van die gemeen­ skappolisiëringsforum (GPF) in Langen­ hovenpark, nadat hy verskeie kaarte opgetel het. Hieronder tel ’n Absa­kre­ dietkaart, MediHelp­kaart, Absa­debiet­ kaart, Pick n Pay Smartshopper­kaart en ’n Mr Video­kaart. Dít is in ’n skoonmaak­aksie in die veld oorkant John Williams gevind. Smith sê hulle het ook al ’n selfoon, rekenaar en televisiestel daar gekry. Die GPF bestaan uit gemeenskapsle­ de van Langenhovenpark wat die gebied skoon wil hê en druk op die polisie wil plaas om meer betrokke te wees. Die GPF het Langenhovenpark in sewe blokke verdeel. Elke blok het ’n leier en die blokke bestaan elk uit 13 strate. Die bosslapers is die grootste probleem, sê Pieter Myburgh (45), voorsitter van die GPF. “Hulle bly daar, omdat hulle geen heenkome het nie, maar is betrokke by misdaad, omdat hulle geen inkomste het nie.” Myburgh sê die doel is dat die hele woonbuurt saamwerk om misdaad te voorkom. Louis Smith (65) van die Langenhovenparkse gemeenskappolisiëringsforum hou bankkaarte vas wat diewe in die veld weggegooi het. Foto: Conrad Bornman

S Game Fleurdal S Heuwelsig Kwik­Spar S Johnny’s Fruit Market S Kloppers S Liquor City S Loopy’s Café S Makro S Meditas Spar S Naval Hill Spar S Netcare Heidedal S Ok Grocer Pellissier S Pick n Pay Brandwag S Pick n Pay Fleurdal Family Store S Pick n Pay Preller Walk S Pick n Pay Bloemgate S Pick n Pay Loch Logan

S Pick n Pay Noordstad S Preller Plein Apteek S Pretty Gardens S Protea Stores S Rolina Stores S Rosepark­hospitaal S Saverite Fichardtpark S Senwes S Sky Country S Fauna Vleis S Dave’s Meat Market S Wimpy Checkers S Wimpy Northridge S Wimpy Suide (groot Pick n Pay) S Wimpy Waterfront S Wimpy Casino


10 BLOEMNUUS, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

Hulle het gesterf S Pierre Kapp (1976) van Fichardt­ park is dood toe hy in die veld langs Wynand Moutonrylaan met sy motorfiets teen ’n adverten­ siebord langs die straat vasgery het. Hy het ’n baie ernstige nekbesering opgedoen. Pierre is in die nood­ eenheid van die Mediclinic Bloem­ fontein oorlede. S Terence Owen de Koker (1971) van Pieter Ewertsestraat, Opkoms, is Saterdag uit die Lutherse kerk, Heidedal, begrawe. Hy is in die Heather Heights­begraafplaas ter ruste gelê. S Riaan Potgieter (1970) van Dan Pienaar se gedenkdiens was Vrydag uit die NG kerk Berg­en­Dal. S Peter Serapelo Sethunya (1969) van Fase 6, Masimong, is in die Suidpark­begraafplaas begrawe. S Grieta Coetzee (1963) van Bainsvlei is Maandag uit die NG kerk Bainsvlei begrawe. S Henk Scholtz (1958) se af­ skeidsdiens was Saterdag uit die Doves­kapel.

S Ria Claassen (1954) van die Striata­aftreeoord se gedenkdiens het Dinsdag in die oord se gemeenskapsaal plaasgevind. S Natie Botha (1952), wat by die laerskole Dr. Viljoen en Sasolburg skoolgehou het en later die hoof was in Edenville en Tweespruit, is oorlede. Hy was vyf maande in die intensiewesorgeenheid van die Life­Rosepark­hospitaal. Ná sy uittrede uit die onderwys het Natie ’n waardevolle diens as koördineer­ der van Bloemshelter vir die NG kerk Fichardtkruin gelewer. Sy roudiens was Dinsdag in die NG kerk Fichardtkruin. Hy word oorleef deur sy vrou, Christa, dogter, Sonja, seun, Chris, en skoondogter, Marlize. S Jakes Jacobs (1951) se begraf­ nisdiens het verlede week Donder­ dag in die NG kerk Petrusburg plaasgevind. S Odillion Charles Crout (1949) se verassingsdiens was Vrydag in die NG kerk Langenhovenpark op die hoek van Boerneef­ en Etienne le Rouxstraat.

Barend (Barnie) Britz (45), ’n sakeman van Bloemfontein, het homself verlede Donderdag in die kop geskiet terwyl hy bestuur het. Britz word oorleef deur sy vrou, Jana, en twee kinders, Barnie (11) en Jané (13). Britz is die oom van Wynand Olivier wat vir die Springbokke en die Blou Bulle uitgedraf het. Barnie (met die rooi hemp voor) het verlede Dinsdag verjaar en dié was dalk die laaste foto van hom. Langs hom in die swart hemp is sy vrou, Jana. Dié foto is op Facebook geplaas. Barnie se roudiens was Dinsdag uit die Baptistekerk in Langenhovenpark. (Kry hier hulp: Selfdoodkrisislyn (0800-567-567) of www.survivorsofsuicide.org.za). S Anneleze Pienaar (1946) van Klercklaan, Brandwag, se troosdiens was Vrydag in die Baptistekerk. S Ernst Richter (1945) se gedenk­ diens het verlede week Donderdag in die NG kerk Dewetsdorp plaasge­ vind. Hy is veras. S Daniel Willem Victor (1945) se troosdiens was Vrydag in die AGS­kerk Siloam op die hoek van Blok­ en Westphallstraat. S Emma Snyman (1943) se roudiens was Vrydag in die Baptistekerk Kairos, Bloemendal­ weg, Rayton. Sy is in die Bainsvlei­

begraafplaas begrawe. S Stevie Stevens van Zastron se roudiens was Saterdag in die Striata­aftreeoord.

S Wynand Coertzen (1929) van Fleurdal se gedenkdiens was Vrydag in die NG kerk Hospitaal­ park.

S Truda Cloete (1934) van Fleurdal se gedenkdiens was Vrydag in die NG kerk Onze Rust.

S June de Swardt (1929) se troosdiens was Vrydag in die Aandbloem­kapel, Van Heerden­ straat.

S Cassie Castleman (1933) van Fichardtpark se gedenkdiens is Maandag in die Avbob­kapel gehou.

S Joey Davel (1924) se afskeids­ diens het Vrydag in die NG kerk Heuwelsig plaasgevind. Sy is in die Bainsvlei­begraafplaas begrawe.

S Ossie Meyer (1931) se gedenk­ diens het Vrydag plaasgevind in die St. Margaret­ Anglikaanse kerk.

S Is iemand dood? Laat weet Bloemnuus per e­pos, asseblief: jens.friis@media24.com.


BLOEMNUUS, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014 11


12 BLOEMNUUS, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014

Tegnologie voorkom skade Jens Friis

WAS dit nie vir moderne tegnologie nie, twyfel sy of die munisipaliteit ooit so ver sou gekom het om ’n hemelhoë boom, wat erg begin “wieg” het, te kom afsaag. Só sê Elsabé Dyson van Gerhardus du Toitstraat in Wilgehof. Twee maande gelede het hulle reeds die munisipaliteit verwittig van ’n den wat erg begin oorhel het. “As die wind waai, het dit onheilspellend gewieg

en soms het dit gelyk of net die telefoondrade dit nog staande hou.” Elsabé het oral om hulp aangeklop, maar die boom wat wil val (dalk op verskeie huise) wou niemand kom afkap nie. ’n Blink plan skiet haar en haar bure toe te binne: om ’n video te maak van die boom en dit vir die munisipaliteit te gaan wys. Binne enkele ure was ’n kontrakteur wat deur die munisipaliteit gebruik word op die toneel. ’n Hyskraan moes ook

Dit was naelskraap of dié boom van 27 m het verskeie huise platgeval. Foto: Jens Friis kom, want die den wat sowat 40 jaar oud was, was 27 m hoog.

“Stuk­stuk het die reus se takke en blare geval. En toe die laaste stuk dik

stomp afgesaag is, was ek dankbaar dat daar nie lewensverlies of skade was nie, want die boom was werklik die laaste tyd erg onstabiel,” sê Elsabé. Eind goed, alles goed. “Onthou as jy in die toekoms ’n probleem het en iemand wil nie glo hoe ernstig dit is nie, is dit ’n goeie idee om ’n video daarvan te maak en dit vir die betrokkene te wys. “ ’n Prentjie spreek meer as ’n duisend woorde – en ’n video het selfs nog meer slaankrag.”


BLOEMNUUS, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014 13

Vraag na skenkerorgane groot in SA Fanie van Rooyen ’n ERNSTIGE tekort aan skenkerorga­ ne vir ernstig siek pasiënte heers. Die Orgaanskenkerstigting van Suid­Afrika (OSS) het op ’n spesiale nuuskonferensie ’n dringende beroep op alle Suid­Afrikaners gedoen om orgaanskenkers te word. “Die afgelope ruk word ’n skerp afname in die aantal kadawer­sken­

PERSOONLIKE DIENSTE

LENINGS

1420

A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com

ALGEMENE & HUISDIENSTE

TE HUUR 1820

GESONDHEID & SKOONHEID

TE KOOP

SALE te huur op skouterrein troues, funksies en spesiale skoue. Verhuur ook tafeldoeke, eetgerei, breekware, drapering, ens. saam met sale. Persele ook beskikbaar op langtermynbasis. Skakel Juanita by 051 448 9894/5/6

1430

Skoonheid/ Naels Cubicle + Naeltafel spasie te huur in besige Haarsalon Pellissierpark. R2000 pm. Skakel Jean 083 390 2243

JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE 1645

KRUIEKENNER 1435

1655

EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne en kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel: 072 185 8217

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!"

WOONSTELLE TE HUUR 3250

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

1 room: From R1 650. Bachelor flats: From R2 350. Available immediately. SMALLS NOTICE Deloy Flats, Elizabeth Street, Bloemfontein. Contact: Rental Administrator MEENTHUISE PROCOR SA TE HUUR Koki Matsabu 3325 TEL. 057 352 2990 FAX: 086 558 7248 CHEAP ELECTRICITY: FAX: 057 352 3775 Heat pumps. New luxury E-mail: koki@procorsa.co.ca EEN SLK woonstel te huur op Olive Hill. Skakel 072 997 6266

townhouses. Thorn Brush, Tielman Roos Street, Douglas Valley. 2- and 3bedroom units. R4 840 to R5 200 p.m. Imm. available. % 051 436 0262. www.lesliebarnard.co.za

KLEINHOEWES

BETREKKINGS

3320

VAKANSIE & REIS

ALLERLEI

ALLE ADVERTEERDERS

1660

Rottweiler kleintjies te koop. Uitstekende bloedlyn, groot ouers ingevoer en wenners van verskeie skoue. Kontak nr 072 115 0471 / 083 785 6115 (Jamestown)

FINANSIEEL

AANDAG

EIENDOMME

TROETELDIERE 1445

mense se lewe red. Jy weet nooit of jy self dalk eendag ’n vreemde­ ling se organe sal nodig hê om te oorleef nie.” Suid­Afrika is baie agter wat orgaanskenkers betref, met slegs 0,2% van die bevolking wat geregistreer is, teenoor Amerika waar 37% en Australië waar 24% geregistreer is. Sandra Venter, ’n woordvoerder

om so aan die lewe te moet bly, maar daar is net nie genoeg skenkers of organe nie.” Samantha Volschenk, uitvoerende hoof van die OSS, het gesê landwyd wag 4 300 pasiënte op organe soos niere, lewers, longe, pankreasse of harte, terwyl net sowat 600 oorplantings jaarliks gedoen word. “Een orgaanskenker kan sewe

kers ondervind en dit kan ernstige gevolge hê indien ons dit nie onmiddellik aanpak nie,” het Jooste Vermeulen, woordvoerder van die OSS, gesê. “Daagliks sterf mense wat vergeefs op organe gewag het. Baie pasiënte bring byvoorbeeld jare aan dialise­masjiene deur – wagtend op ’n nieroorplanting. “Dit is baie duur en traumaties

3600

OLIVE HILL: 1,29 ha. Ideaal vir besigheidsdoeleindes. 4 slk, 2 badk, 2 AKKOMMODASIE kantore, 3 m/h, swembad, 2635 baie afdakke en 2 x 1-slkwoonstelle. Boorgat en Beautiful 2 bedr duplex goed omhein. R1 595 000. plus braai + carport. Available December. Phone %Alta 081 885 3839. 042 293 1268/076 400 0703 Pam Golding Properties

ALGEMEEN 3680

Vir bediendes, nannies en tuinwerkers met verwysings. Getoets Skakel Madeliefie 083 444 7954 k/u.

BOEDELKENNISGEWINGS

SOEK, KOOP, VERKOOP

122 MM WESSELS VAN DER MERWE & SOROUR LIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIEREKENING IN BESTORWE BOEDEL WAT TER INSAE LÊ Ingevolge Artikel 35(5) van Wet 66 van 1965 word hierby kennis gegee dat 'n duplikaat van die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel hieronder vermeld te die kantoor van die Meester soos vermeld en gedurende 'n tydperk van 21 dae vanaf 3 Oktober2014 ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien geen beswaar binne genoemde tydperk by die betrokke Meester ingedien word nie, gaan die eksekuteur oor tot die verdeling ingevolge gemelde rekening. Registrasienommer van boedel: 11824/2013 Van: Wessels Identiteitsnommer: 371008 0290 084 Laaste adres: Marico 14, Pellissier Drive, Pellissier, Bloemfontein. Datum van oorlye: 13 Oktober 2013. Meesterskantoor: Bloemfontein. Eksekuteur: E Horn, Van der Merwe & Sorour, Posbus 1062, Bloemfontein 9300. E HORN Van der Merwe & Sorour Posbus 1062 Bloemfontein.

Request foR Bids (RfB) – Retail oppoRtunities foR food & BeveRages and speCiality Retail stoRes at landside and aiRside teRminals at BRam fisCHeR inteRnational aiRpoRt (4 sHops) airports Company south africa soC ltd Bid Reference number: Bf 409/2014 Airports Company South Africa SOC Ltd invites suitably qualified companies to bid for food & beverage, speciality retail stores in the landside and airside terminals at Bram Fischer International Airport. ColleCtion of Bid doCuments Documents will be available for collection upon payment of a nonrefundable cash deposit of R1 500.00, between 09:00 and 14:00, weekdays only from 29 september 2014 until 28 october 2014. Bid documents may be collected from the Administration Office, 1st Floor, ACSA Bram Fischer International Airport, Thaba Nshu Road. non-CompulsoRy BRiefing session A non-compulsory clarification session will be held at 10:00 on thursday, 9 october 2014 at the Media Room, Terminal Building at Bram Fischer International Airport. Closing date The bid closes on tuesday, 28 october 2014 at 12:00. Bids, of which there should be 4 copies (1 original and 3 copies), must be submitted in a sealed envelope or other appropriate sealed packaging and marked in a manner so as to clearly identify the number of the bid and the name of the bidder, at the Administration Office, 1st Floor, ACSA Bram Fischer International Airport, Thaba Nshu Road late suBmissions Will not Be aCCepted. aCsa reserves the right to withdraw, cancel or not award any bid issued.

enquiries and Contact information for collection of Rfp documents: e-mail: procurement.corp@airports.co.za fax: 086 607 1545 Website: www.airports.co.za enquiries will close at 16:00 on 23 october 2014

Reg no: 1993/04149/30 mandatoRy administRation CRiteRia No bid will be considered unless it meets each and all of the following mandatory criteria: • The bidder/bidding entity purchased and paid for the bid document • The bidder/bidding entity has signed Form VI(1) bid certification • A valid original Tax Clearance Certificate issued by The South African Revenue Services • The bidder must, in relation to rentals, meet the specified minimum monthly rental set out in section • The bidder/bidding entity must meet the specified annual escalation set out in this RFB • The bidder must meet the specified percentage of turnover rental set out in the Section V of this RFB. the 4 opportunities in this tender are performing at the following levels:

total annual turnover of all opportunities on Bid sqm

2011

2012

2013

365

R5 187 000

R5 343 000

R5 557 000

nB: no bid will be awarded to any person whose tax matters have not been declared in order by south african Revenue service. evaluation Bidders must first meet the Minimum Administrative Criteria. Compliant bids will then be evaluated on a 3-tier basis: phase one Functionality has a minimum qualifying score. No bid will be regarded as an acceptable bid if it fails to achieve the minimum qualifying score for functionality as indicated in this RFB document. phase two Bidders who have successfully met the minimum qualifying score for functionality will be considered. This phase is evaluated on a 90/10 points system, with 90 for comparative Price and 10 for B-BBEE recognition. In order to qualify for B-BBEE recognition, ACSA will only accept B-BBEE verification certificates issued in terms of the Codes of Good Practice on Black Economic Empowerment as per the Broad-based Black Economic Empowerment Act. phase three Bidders will be evaluated based on objective criteria as indicated in the RFB document.

airports Company south africa urges its clients, suppliers and the general public to report any fraud or corruption to: airports Company south africa tip-offs anonymous freeCall: 0800 00 80 80 freefax: 0800 00 77 88 e-mail: acsa@tip-offs.com Human Communications 113009

van die Weefselingenieurswese­ sentrum, sê net so ’n groot tekort aan kadawer­weefselskenkings kom voor. S Registreer jou by odf.org.za as orgaanskenker. Sê ook aan jou naasbestaandes dat jy graag ’n orgaanskenker wil wees as jy te sterwe sou kom, want dit is hulle wat oor die moontlike skenking van jou organe genader sal word.


In die eg verbind

14 BLOEMNUUS, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014 Daleen en Willem van der Berg.

Theo en Liezl Theron.

STUUR gerus ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@ media24.com. Die foto (in kleur) moet minstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog troufoto’s is op www.bloem­ nuus.co.za te sien.

Joannette Botha en Francois Mostert.

Foto: Kikitography

Foto: Palm Photography

Foto: 3kie’s Photography

JP en Michelle le Roux.

Mandri and Christo van der Mescht.

Foto: Lavender Moon Photography

Foto: 3kie’s Photography


BLOEMNUUS, DONDERDAG 2 OKTOBER 2014 15

Vars bene op bank nodig MISKIEN gaan iemand eendag nog ‘n boek oor plaasver­ vangers in rugby skryf. Dit is mos iets waaraan aanvanklik langtand gebyt is, maar vroeër vanjaar het Jake White opgemerk ‘n span is net so goed soos sy plaasvervanger­ bank. Dit is groot woorde wat nie oral met ewe groot smaak gesluk word nie, maar wat verlede naweek dalk net die Springbokke van ‘n nederlaag teen die Wallabies gered het. Dit bly natuurlik ‘n fyn spel te wees wat met groot omsigtigheid deur afrigters gespeel moet word, want die spelers se rol is lankal nie meer net om die bank warm te hou vir ingeval nie. Eerstens moet jy goeie spelers op die bank hê, spelers wat ’n impak, ‘n verskil, maak wanneer hulle opgestuur word. Tweedens is dit amper ook ‘n kuns om te weet wanneer die regte tyd daarvoor is. Afrigters het al hul vingers lelik verbrand deur sulke spelers óf te vroeg, óf te laat op te stuur. Saterdag was Heyneke Meyer se tydsbereke­ ning perfek. Sommige spelers word amper “impakspesialiste.” Volgens theroar.com.au hou die All Black­skrumskakel Piri Weepu die wêreldrekord. Hy was in 46 van sy 71 toetse ‘n plaasvervanger. Die Springbok Ollie le Roux het van sy 54 toetse 43 keer as impakspeler opgedraf. Die voormalige Ierse

losskakel Ronan O’Gara was in sy 130 toetse 43 keer ’n plaasvervanger, terwyl die huidige All Black­losskakel Beauden Barret in 17 van sy eerste 19 toetse op die bank was. Terloops, een van Saterdag se impakhelde, Schalk Burger, het self sy eerste drie toetse op die bank begin. Hier en daar is wel geesdriftiges wat by die verlede stilgestaan het en teen die gebruik van impak­ spelers is. Die argument is spelers behoort die volle 80 minute te kan speel en dat sommige lande net nie die diepte het om in die opsig met sterker spanne mee te ding nie. Wanneer die All Blacks of Springbokke dus soms in die tweede helfte vars bene opstuur, is sommige teenstan­ ders se doppie as’t ware geklink, soos onlangs in die toets tussen Suid­Afrika en Argentinië in Salta die geval was. Oor die meriete daarvan teen die Wallabies Saterdag hoef ’n mens nie eens te argumenteer nie. Hulle het self geen klagtes gehad nie en het self ’n paar goeie plaasvervangers gehad. Op die dag was die Spring­ bokke eindelik, toe dit saak gemaak het, net beter en klaar.

Die Bok­flank Heinrich Brüssow sal langer vir die Cheetahs in die Superrugby­reeks speel. Sy agent, Eduard Kelder, het gesê hy sal beslis in 2015 vir die Cheetahs beskikbaar wees. “Sy kontrak sluit ook ’n opsie vir 2016 in,” het Kelder gesê. Die 28­jarige Brüssow speel nou klubrugby in Japan vir die Docomo Red Hurricanes.

Cheetahs vyfde Hendrik Cronjé

SA RUGBY se statistikus, Eddie Grieb, het aan Volksblad bevestig die Vrystaat­Cheetahs beklee inderdaad die vyfde plek op die jongste Curriebeker­puntelys. Die Pumas het, soos die Chee­ tahs, ook 19 ligapunte, maar hul

drieëverskil is beter. Volgens Grieb gebruik SA Rugby die volgende kriteria indien spanne ná die voltooiing van hul liga­ wedstryde met dieselfde punte eindig: 1. Die span met die beste puntever­ skil – punte behaal en afgestaan – ná die ligawedstryde.

2. Die span met die beste drieëver­ skil – drieë behaal en afgestaan – ná die ligawedstryde. 3. Die span met die beste puntever­ skil in die wedstryde wat hulle teen mekaar gespeel het. 4. Die span wat die meeste punte in hul Curriebeker­ligawedstryde behaal het.

Marius van der Westhuizen, die skeidsregter, het Vrydagaand in die Vrystaat-stadion nie nonsens geduld nie en het twee spelers, eers Sarel Pretorius (Cheetahs) en later Jacques-Louis Potgieter (Blou Bulle), in die eerste helfte koelkas toe gestuur. Die Bulle was met 31-22 baas. Hoewel Van der Westhuizen se blasery by die skrums, waar hy ook ’n paar strafskoppe uitgedeel het, voor die stryd ’n besprekingspunt was, was dit by dryfmaalbewegings dat hy sy fluitjie die hardste laat praat het. Dit is ook waarom Pretorius in die 22ste minuut ’n geel kaart gekry het nadat sy voorspelers nie ’n Ligblou-dryf kon stop nie. Nou wag die Westelike Provinsie tuis en die Goue Leeus in Johannesburg. Foto: Jens Friis


Zola Budd-Pieterse, an alumna of the Central University of Tecnology (CUT), Free State.

CUT: Zola ploughs back Leandra Jordaan

ZOLA BUDD­PIETERSE, a Central University of Technolo­ gy (CUT), Free State, alumna, visited the institution on 23 September as part of her ploughing back programme. Budd­Pieterse was a top athlete with national colours for the former Technikon Free State. Following a brief in­house presentation on the day, she took the athletes to the soccer field to conduct running clinics. During the drills, she demonstrated and shared some tips on the dynamics behind warm­up exercises that set muscles on the right tone before one embarks on a marathon. Her visit to the CUT was in response to a letter written to her by athletes, requesting her to visit and share her expertise. As an exemplified CUT alumna, she did not hesitate to heed the call. “I accepted the invite in high spirits, because I knew accepting it would give me the opportunity to plough back into the community,” Budd­Pieterse said. As part of her ploughing­ back programme she donated 15 pairs of running shoes to the CUT athletes as a courtesy of her USA Newton Running Development Programme which she administers in South Africa.

Kovsies claim vital bonus­point win Natalie Perreira KOVSIES, Pukke, Maties and Tuks remain the strongest teams of this year’s Varsity Netball tournament, with the possibility of UJ moving up the log in weeks to come. This means that there is a chance of a 2013 repeat with Kovsies and Pukke in the final. However, Tuks have been holding the top position for a few weeks and they have shown no sign of backing down. The defending champions, UFS Kovsies, were made to grind out a 53­38 bonus­point win over NMMU Madibaz as they look to retain their title. The two teams met on Monday at the UFS Callie Human Hall in Bloemfontein. The first quarter started at a furious pace with both sides exchanging goals as both sets of forwards found the bottom of the net at will. The Madibaz managed to head into the first break holding a slender 14­12 lead. There was no let­up at the start of the second quarter as Kovsies managed to first draw level before taking the lead, thanks to a dominant performance during the powerplay. Both sides kept the scoreboard ticking as the home side went into the half­time interval with a 28­22 lead. The Madibaz came out full of energy at the start of the third quarter as they tried to reduce the home side’s lead, but Kovsies extended their lead to 40­31 as the final quarter approached. Kovsies managed to maintain their lead and did enough to secure

From the left are Karla Mostert (Kovsies), Arne Rust (NMMU) and Tanya Mostert (Kovsies) during the two teams’ Varsity Netball match played at the UFS Callie Human Hall in Bloemfontein on Monday. Foto: Frikkie Kapp/SASPA a bonus point in the closing stages of the match to walk away with 53­38 as victors. The NWU Pukke cruised to a convincing 76­26 victory over the winless Vaal University of Technology (VUT) in their Varsity Netball clash in Potchefstroom. The home side got on top early on and took the

game to VUT who were staring down an 8­27 deficit at the end of the first quarter. The NWU Pukke took their powerplay at the start of the second period and piled the pressure on the visitors. VUT were giving it everything they had, but they could not hold back the NWU Pukke wave and went into

half­time trailing 13­43. The visitors had to chase the game and ran hard in an attempt to shut the Pukke down, but could not stop the rampant home side. The NWU Pukke claimed the bonus point in the third quarter and continued their dominance until the end as VUT wilted under pressure.


BLOEMNUUS, VRYDAG 3 OKTOBER 2014 9

Wat gebeur wanneer?

DINSDAG 7 OKTOBER S Pensioners day’s every Tuesday at Makro. Call Eileen Ndewere on 051­101­1000. S Binnelanders: Die onderwerp van menseroof laat Pippa baie vinnig op haar voete dink en Judith se broer gaan blykbaar die Jonkers met hul massiewe taak help. Marcel se obsessie met die “Boytjie van Potch” noodsaak Okkie om in te gryp en Bertha is beslis nie wie sy voorgee om te wees nie.

BLOEMNUUS/BLOEMNAWEEK se dagboekinskrywings sal voortaan soos volg gehanteer word. In Bloemnuus op Donderdae sal dagboekinskrywings geplaas word wat: S gebeure behels wat op dié dag plaasvind; S sakeverwante gebeure soos vergaderings en konferensies behels; en S splinternuwe inskrywings is wat nog nie vantevore in die koerant geplaas is nie. As jy dus lank vooruit ’n e­pos na jens.friis@media24.com stuur, kan jy ’n ruk vooruit reeds vir lesers laat weet van iets wat gaan gebeur. Die lesers kan dan vroegtydig hul beplanning doen om iets by te woon. Alle inskrywings word in die week voordat dit plaasvind in Bloem­ naweek op Vrydae herhaal. Belangrik: Kyk asseblief hoe lyk die inskrywings hieronder. Dit is kort en kragtig. Hou die e­pos­ boodskap wat jy stuur só, asse­ blief. Moenie ’n nuusverklaring stuur nie.

VRYDAG 3 OKTOBER S Einde van derde skoolkwartaal. S Dink twee keer voordat jy die naweek ’n geelvis uit die Vander­ kloofdam trek. Hier (soos elders in die land) het hul getalle aansienlik afgeneem weens waterbesoedeling, verdringing deur vreemde visspesies en omdat te veel van hulle gevang word. Hierom is ’n projek begin om hulle te beskerm. Bel Francois Fouché by 082­821­9457. S Sluit jou aan by Birdlife­Vrystaat wat reeds 120 lede het. Die Vrystaatse lede is meestal Bloemfon­ teiners, maar ’n kwart van die lede woon in ander dele van die provinsie. Ledegeld is R280 per jaar en senior burgers, skoolkinders en studente betaal R115. Die plaaslike tak hou elke maand ’n vergadering waarop praatjies oor voëls en natuurlewe aangebied word. Hulle onderneem ook gereeld naweek­ uitstappies. Stuur ’n e­pos aan Fanie Buys, die voorsitter, by sbuys@xsinet.co.za of bel hom by 072­672­4989. S Elements themed, two dance floor Deep House Dance Music Event at the Oolong Lounge from 20:00 to 02:00 with DJs Royal Groove, Flying Dutchman, Zelly J and Ru­b. Cover charge of R20 at entrance, but free before 20:00. S Felix Reinders bied in die skoolvakansie kitskitaarkursusse in die Anglikaanse katedraal in St. Georgesstraat aan. Bel Felix by 079­568­5802.

Adam Tas het Saterdagaand ná die Cheetahs se nederlaag teen die Blou Bulle op die Castle Deck langs die Vrystaatstadion opgetree. Foto: Jens Friis S Binnelanders: Bloed is dikker as water, maar net indien dit bewys kan word. Regsadvies word van albei kampe af ingewin en Christa vra vir hulp – terwyl die publiek baie negatief op ’n storie reageer. Judith se onetiese gedrag kan die Jonkers dalk bevoordeel. S Om geld vir Famsa se kinder­ terapiesentrum in Bloemfontein in te samel bied Elana Bester, ’n Mev. Bloemfontein­finalis 2014, om 19:00 ’n vroueaand op die Monte Bello­ landgoed aan. Shéri Brynard is die gasspreker en die sanger Du Preez Stoltz sal optree. Skryf aan elana.bester@gmail.com. S Brian Boswell’s Circus at the Windmill Casino, with shows at 15:30 and 19:30. Phone 083­629­ 7799. SMS the word “BLOEMNUUS” and your surname to 44688 and get two tickets for the price of one. S Langarmdans in Innie Skuur. Michiel Combrinck tree op. Bring eie eet­ en drinkgoed. Skakel 079­387­ 3614. SATERDAG 4 OKTOBER S Eid­ul­Adgha (Islamic, Day of Sacrifice). S Skouspel om 13:00 en 19:00 in Sun City. Bespreek by Computicket.

S Die NG kerk Bethulie hou ’n Lentemark. Bel Elize Pienaar by 072­944­3498. S Mej. Heidedal word om 18:00 by die Hoërskool Dr. Blok gekroon. ’n Kaartjie kos R50. Bel Nicole Baartman by 071­846­0475. S Yom Kippur (Day of Atonement, Jewish). S Independence Day of Lesotho. S Die NG gemeente Noordhoek hou om 08:30 basaar langs die Naval Hill Spar, Raymond Mhlaba­ straat (voorheen Andries Pretorius­ straat). Bel Koba Wentzel by 051­ 433­1882 of Giel by 082­667­6691. S Boeremark van 06:00 tot 14:00 in Langenhovenpark. S Byeenkoms van die Ou Presiden­ sie­ Historiese Vereniging: Staptoer, Presidente Reitz en Steyn, Fichardt­ huis, Elizabethstraat. Almal welkom. Bel Lambert van Rensburg by 051­422­5283 of 072­418­8665. S Borskankerbewusmakingstaptog om 08:00 by die Laerskool Brand­ wag. Die sirkelroete strek oor 6 km. Bel Tania McKay by 051­444­2580. S The climb (toneel) se regie word deur Jefferson Dirks Korkee behartig. Dit word om 18:00 in die Albert Wessels­ouditorium op die Kovsie­ kampus opgevoer.

S Die Vrystaatse Orgideë­ vereniging se maandvergadering word om 11:00 by De Bruynstraat 9A, Universitas, gehou. Alle belang­ stellendes is welkom. Bel Fred Wilkinson by 084­200­9416. S Die NG kerk Soutpan hou sy Saltitrack­fietswedren en basaar. Inskrywings vind van 06:00 tot 07:45 op die kerkterrein plaas. Daar is om 08:00 ’n wedren vir kinders (R50) en dan ook vir volwassenes: 15 km (R50), 35 km (R70) en 70 km (R90). Bel Barend by 083­412­1596 of Anneline by 078­707­3966. SONDAG 5 OKTOBER S Spesiale aanbieding by Kerdoni’s (Baysvillage): R140 vir twee gewone, groot pizzas. Kerdoni’s is ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus. MAANDAG 6 OKTOBER S World Habitat Day. S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R22. S Skenk bloed tussen 10:00 en 16:45 by Shortstraat 11, Naval Hill. Skakel 051­447­4122. S Skynmaagde om 20:00 in die Aasvoëlklub. ’n Kaartjie kos R30.

WOENSDAG 8 OKTOBER S Volmaan. S Skenk bloed tussen 09:00 en 16:45 in die Southern Centre, Benaderylaan, Fichardtpark. S Christ@Work, ’n selgroep vir werkende jong mense, kom om 19:00 by Lukas Steynweg 1 byeen. Bel Elna van der Walt by 082­462­ 5507. S Binnelanders: Bertha het ’n plan met Dirkie, terwyl die Malherbes nie oor Pippa se optrede langs dieselfde vuur sit nie. Tertius het ’n plan om die Jonkers se taak te vergemaklik en Okkie probeer Ilse se aandag van Marcel se obsessie aflei. S A Gospel transformation session will be held at Shimla Park on 8 and 9 October at 16:30. Entrance is free. S Die Hokaaiers kan jou help om van ongesonde eetgewoontes af te sien. Hulle kom Woensdae om 10:00 by Clydesdale 10, Hippocrene­ straat 36, Heliconhoogte, byeen. Bel Herman Loubser by 051­436­5668. S Tribute of the legends om 20:00 deur Jackie Muller en Leon Verwey in die Aasvoëlklub. Kaartjies by die deur te kry. Bel Jackie by 082­557­5926. S Cook & kraai in the beloved country (stand­up comedy) in Innie Skuur. Skakel 079­387­3614. DONDERDAG 9 OKTOBER S Ehrlichpark­kosprojek: Die NG gemeente Heuwelsig lewer Donder­ dae ’n bord warm, gekookte kos aan 300 mense. Indien jy betrokke wil raak, bel Lauriette de Waal by 051­436­5482. S Brian Boswell’s Circus at the Windmill Casino with shows at 15:30 and 19:30. Phone 083­629­ 7799. SMS the word “BLOEMNUUS” and your surname to 44688 and get two tickets for the price of one. S Mense word benodig om Donderdae ’n halfuur lank te help om die sop en brood by die Klipkerk se sopkombuis uit te deel. Daar is ook mense nodig om sop te kook en brood te skenk. Indien jy hiermee wil help, bel Elize by 051­436­7322.

Volg Bloemnuus ook op www.bloemnuus.co.za


10 BLOEMNUUS, VRYDAG 3 OKTOBER 2014

VS­argitekte kry 2 eerbewyse Lientjie Mentz

Die Weekend Hide by Rosendal wat aan Carmen Dickens Architects ’n merieteeerbewys op die nasionale SAIA-eerbewysgeleentheid besorg het. Foto: Verskaf

PERSOONLIKE DIENSTE

TWEE Bloemfonteinse argitekte het nasionale meriete­eerbewyse ontvang as deel van die Corobrick­SAIA­argitekseerbewyse wat vir 2013­’14 toegeken is. Carmen Dickens Architects het ’n meriete­eerbewys gekry vir die ontwerp van die Weekend Hide by Rosendal in die Vrystaat. Die ander eerbewys het aan Typology Architects CC gegaan vir die opknapping van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se argitek­

tuur­departement. Vanjaar is twee spesiale vermel­ dings, 14 meriete­eerbewyse en agt eerbewyse van uitnemendheid aan projekte oor die land heen toegeken. Die Suid­Afrikaanse Instituut van Argitekte (SAIA) ken elke twee jaar die eerbewyse toe om uitnemende werk in die argitekbedryf te beloon. Sindile Ngonyama, SAIA se president, sê dit is verblydend dat die inskrywings vanjaar van ’n besonder hoë standaard was.

Altesaam 49 inskrywings van projekte oor die land heen is ontvang. Die wenprojekte het van residensiële eenhede tot openbare geboue en die restourering van erfenisterreine en ’n akademiese navorsingsprojek gewissel. Ngonyama sê vanjaar se suksesvolle projekte het nie net oor die boumateriaal, die vereistes, die gebruik van hulpbronne en die toepassing van maatskaplik­kulture­ le debatte gehandel nie,maar het ook na die ewig veranderende biofisiese omgewing gekyk.

LENINGS 1445

FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

ELEKTRIES TOEBEHORE 1620

GESONDHEID & SKOONHEID 1430

Skoonheid/ Naels Cubicle + Naeltafel spasie te huur in besige Haarsalon Pellissierpark. R2000 pm. Skakel Jean 083 390 2243

TE KOOP: Genesis matwasser, Stofsuier 'Hydro compact', Opvoubare tafeltennis blad. Skakel 051 5222 945

ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISVERBETERINGS BINNE 1835

KRUIEKENNER 1435

AAA-kwaliteit: INSTALLEER van alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.

VAKANSIE & REIS AKKOMMODASIE 2635

HARTENBOS: Puik selfsorgwoonstel. Stap na strand. Skottel-TV, onderdakbraai op patio. Baie gewild, slaapplek vir 1 - 6. Beste tarief heeljaar. 044 695 0219/082 641 4092.

ALTE STATIG: MC Heunis saam met sy seun, Christoff (3), op die Bloem-familietrekkerfees. Die fees is deur die Sentraal-Vrystaat-veteraneklub by die Ferreira-museum in Bloemfontein aangebied. Foto: Conrad Bornman

Leerlinge, inwoners maak gebied skoon DIE westelike gedeelte van Bloemfontein, Universitas­Wes en Gardeniapark, is onlangs van alle papiere, blikke en plastieksakke opgeruim. Die drie skole wat in die grense van dié gebied val, is die Hoër­ en Laerskool Jim Fouché, asook die Laerskool Universitas. Michael Coomans, wykskomiteelid van die gebied, het onderneem om die skole te koördineer en ongeveer 500 leerlinge van die drie skole het die gebied skoongemaak. Hulle het veral op parkies, oop velde en

serwitute gefokus. Sowat 25 sakke vullis is in die parkeerterrein van die Universitas­hospitaal opgetel. Die skoonmaakprojek van die skole het die opvoedkundige waarde van verantwoor­ delikheid teenoor die natuur en die omgewing prakties gedemonstreer. Inwoners van Bloemdal het ook inge­ spring en die strate opgeruim. In die twee dae wat skoongemaak is, is ongeveer 400 sakke vullis opgetel.

DIE westelike gedeelte van Bloemfontein is onlangs deur inwoners en leerlinge skoongemaak. Hier tel leerlinge van die Jim Fouché-skool rommel op.


BLOEMNUUS, VRYDAG 3 OKTOBER 2014 11

Skou in tuin ’n moet Lientjie Mentz

BLINK VUURWAENS: Supermotors is Saterdag deur die Supercar Club of South Africa (079-894-5161) by Makro uitgestal. Foto: Conrad Bornman

KUNS IS PRET: Uitgevat in hul kostuums vir die opening van die Nellie Brisley-kunsateljee se uitstalling van sy leerlinge se werke is van links Liska Fouché, Imke van Wyk en Jan-Braam Dempers. Nog foto’s op Bloemnuus se Facebook-blad. Foto: Jana Dempers

MATRIEKAFSKEID: Ansunel Schutte van die Hoër Meisieskool Eunice en Xander Breedt. Stuur foto’s van jou matriekafskeid na jens.friis@media24.com. Onthou om te sê wie op die foto is. Foto: Mavis Veringa

TUINMAAK­ENTOESIASTE kan maar die datums 24 tot 26 Oktober op die kalender merk. Die Tuinier en The Gardener se The Gardener Live­tuinskou word dan weer in die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin in Bloemfontein aangebied. Vanjaar val dié tuinskou saam met Volksblad se maandelikse Kos­en­kunsmark en dit gee besoekers dus ’n dubbele dosis aan stalletjies en koop­lekkertes. Lesers wat van Anna Celliers se twee­ weeklikse rubriek in Saterdag­Volksblad hou, kan gerus kom luister hoe sy in die tuinteater kom tuinraad gee. Tanya Visser en Gerald Schofield gaan ook elke dag op die tuinskou gratis praatjies oor die nuutste tuinneigings aanbied. Die Oranje­blomme­unie gaan blomme­ kuns op die skou vertoon en besoekers kan gerus gaan kyk na Illovo se besonderse suikerkunsuitstalling wat onlangs ook op die tuinskou in Pietermaritzburg te sien was. In die Makro­tuinleefstylpaviljoen sal mense alle tuinbenodigdhede kan koop en die Greenside­kwekery se kleinhandelpavil­ joen sal pragtige plante verkoop. Die Saterdag is besonder spesiaal met die verskeidenheid stalletjies wat iets te ete en drinke en mooi dekor en handgemaakte artikels op die Kos­en­kunsmark aanbied. Honde­eienaars kan ook teen R20 per hond hul honde vir ’n uitstappie die tuin deur bring. Die uitstappie word deur Royal Canin aangebied en die geld wat ingesamel word, word aan dierewelsyn geskenk. Die tuinskou is elke dag van Vrydag 24 Oktober tot Sondag 26 Oktober van 09:00 tot 17:00 oop en die Kos­en­kunsmarkstalle­ tjies is Saterdag van 09:00 tot 15:00 oop. Toegang vir dié dubbele lekkerte kos R30 per persoon en dit is gratis vir kinders jonger as 12 jaar. ) Twee lesers van Bloemnuus kan elk dubbelkaartjies vir The Gardener Live­tuin­ skou en Volksblad se Kos­en­kunsmark op Saterdag 25 Oktober wen. Om jou in te skryf stuur ’n SMS met die kodewoord Bloemtuin1 na 45527 gevolg deur jou naam en van en die dorp of stad van waar jy kom. Inskrywings vir die kompetisie sluit op Woensdag 8 Oktober en die wenners se name sal op Bloemnuus se Facebookblad aangekondig word.

DRA ’n KROON: Meisies van tot 21 jaar kan die volgende Tinkerbelle of Diamanté-feetjie word op Saterdag om 13:00 by Ons Kinderhuis. Verlede jaar se wenners is van links Stella Brand (Butterfly Fairy), Wilmari du Pisani (Diamanté Fairy) en Claudine Erasmus (Tinkerbelle).

Wie is die beste setter? Joe Venter WIE is die beste setter in Bloem­ fontein? Week ná week hoor ons van spelers wat uitstekend op die setperke vaar, maar om bestendig die sette in te ryg soos wat die legendariese Bobby Locke in sy speeldae gedoen het is nie maklik nie. Selfs nadat hy ná ’n motoron­ geluk nie meer so goed kon sien

nie, het Locke nog sette van 12 en 15 meter ingerol. Aanstaande Saterdag, wanneer die Vrystaatse sportskrywers se jaarlikse gholfdag op Schoeman­ park gehou word, sal daar ook ‘n spesiale afdeling wees waarin die setters hul slag kan wys. Groot pryse sal op die spel wees. Elke setter kry drie kanse en die een wat die langste set inrol, stap met die prys weg. Bel 051­448­3122.


Atlete word hier toeriste Marlesé Smith

VAN die oomblik dat ’n mens jou vir die Sanlam­Kaapstad­marathon (42,2 km) ingeskryf het, kon jy sien hier word iets groots beplan. Maar hoe dan anders met Francois Pienaar en Elana Meyer as ambas­ sadeurs vir die marathon waarvoor groot toekomsplanne gemaak word – om een van die grootste mara­ thons ter wêreld te word. Die ander grotes is die Boston­, New York­, Chicago­, Londen­, Berlyn­ en Tokio­marathons. Hoewel die jaarlikse Kaapstad­ma­ rathon al 12 keer vantevore plaasge­ vind het, het 2014 se marathon ’n nuwe baadjie aangetrek met die roete wat verander is om dit Afrika se eerste stadsmarathon te maak; ’n marathon waarin nie net die elite­atlete nie, maar elke atleet, die stad kan ervaar. Dit was eintlik ’n hele hardloop­ naweek met twee veldwedlope (trail runs), ’n 5 km­pretdraf, ’n afloswed­

loop, ’n 10 km­vredeswedloop wat die Sondagoggend, op 21 Septem­ ber, met die marathon afgesluit het waarvoor amper 4 500 atlete digby die Groenpunt­stadion aangetree het. Ná al die formaliteite en sing van die volkslied het die kanonskoot geklap. En ewe skielik het jy meer soos ’n toeris as ’n atleet gevoel soos die roete die deelnemers deur die mooiste en bekendste dele van Kaapstad neem. Verby die Kasteel van Goede Hoop, Nuweland, Groote Schuur en die Universiteit van Kaapstad. Dan terug na die stad in die skaduwee van Tafelberg deur Distrik Ses, verby die Kaapstad­stad­ saal, Parlementshuis, die Tuine, die St. Georges­katedraal, Groenmark­ plein en die Nederduitse Kerk. Met moegheid wat die laaste klompie kilometers regtig begin inskop het, het die atlete die natuurskoon van die Promenade verwelkom en probeer fokus op die see langs hulle met Robbeneiland in

die verte voordat hulle by die Mouillepunt­vuurtoring omgedraai en koers na die Kaapstad­stadion gekies het waar toeskouers die atlete by die eindstreep by een van Groen­ punt se atletiekbane ingewag het. Atlete stop hul horlosies soos hulle oor die eindstreep draf, maar vir baie was dit nie oor hul tyd nie, maar oor die ervaring om deel van 2014 se marathon te kon wees. S Die mans se marathon is deur Willy Kibor van Kenia in 2:10:45 gewen en die eerste vrou oor die wenstreep was Meseret Biru van Ethiopië in 2:30:56.

Marlesé Smith, ’n subredakteur van Volksblad, moederkoerant van Bloemnuus, in vanjaar se SanlamKaapstad-marathon. Kaapstad het omtrent sy beste voetjie voorgesit en spog hier in pragtige weerstoestande met een van sy vele pragtige bakens, Leeukop, op die roete. Foto: Jetline Action Photo

Dinee vir krieketster Regs: Johan van der Wath se bonusdinee is by Imperial GM Bloemfontein gehou. ’n Veiling van krieketmemorabilia, vyf artikels – waaronder aandenkings van AB de Villiers – het bykans R90 000 opgelewer. Die duurste artikel, ’n getekende spelershemp, het R24 000 gehaal. Links: Van links is die gasspreker Corrie van Zyl (algemene bestuurder: Krieket Suid-Afrika), Van der Wath en sy vrou, Mia. Foto’s: Conrad Bornman


Curriebeker

Laat oë rek

Daarom is Cheetahs 5de op puntelys

Indrukwekkende Dome vir sterre op Macufe gebou

Bl. 15

Blinde jaer

Haastige Hein Wagner laat gaste skaterlag

Bl. 2 Tel. 051­404­7600 | Donderdag 2 Oktober 2014 | www.bloemnuus.co.za

Bl. 7 GRATIS

‘Niks hou hulle uit’ Anmi Honiball

AS HULLE wil inkom, sal hulle inkom. Ondanks heinings, alarm­ stelsels en honde. Só sê Bloemfon­ teiners wat deur ’n vlaag huis­ brake geteister is – soos bevestig word deur versekeringseise wat in die afgelope weke drasties toegeneem het. “Niks hou hulle uit nie,” sê Isobel Vorster. Booswigte het verlede week by haar huis in Bayswater ingebreek. Vier selfone, ’n kluis en plasma­ skerm­TV is gesteel. “Sommer helder oordag, tussen 15:00 en 17:00. Wat kan jy doen? Niks hou jou meer veilig nie,” sê sy. “Dis ’n groot probleem in die gebied. Daar was drie inbrake in drie weke.” Ook Fichardtpark loop deur. Albert Botha het in Augustus gesien hoe vinnig ’n inbraak kan plaasvind. “Ek was ná 19:00 vir ’n rukkie uit die huis. Toe ek terugkom, het al my ligte gebrand en die hek was oop.” Daar is aan sy kluis gepeuter, maar gelukkig kon die inbrekers dit nie oopkry nie. Rekenaars, TV’s en kameras is gesteel. “Dis niks lekker nie. Jy voel jy wil nie eens by jou eie huis instap nie. Die eerste paar aande ná die tyd sukkel jy om te slaap, want jy weet nie of hulle gaan terugkom nie.” Tom Prinsloo se huis in Fichardt­ park het in Julie deurgeloop.

Hy meen die booswigte se modus operandi is eenvoudig. “Hulle hou dop. Wees bedag. Maak seker jou versekering is korrek, jou polisse is reg. Verander jou roetine, sodat niemand ’n patroon kan sien nie.”

“Hulle het vroeg die oggend, terwyl ons nog geslaap het, ingekom deur die diefwering oop te buig. “ ’n Week voor die tyd het hulle ons Deense hond vergiftig – hulle wou hom seker uit die pad hê.” Volgens konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, is Universitas en Fichardtpark groot probleemgebiede. Sy meen ook die gewildste tye vir inbrake is Woensdae tot Vrydae tussen 08:00 en 16:00 wanneer mense by die werk is. ’n Streeksbestuurder van eise by ’n versekeringsmaatskappy bevestig dat huisbrake sedert Augustus toegeneem het. “Tog is sekere tye van die jaar se frekwensie van inbrake altyd hoër.” Juwele, kluise, TV’s, selfone, kameras en vuurwapens is waarna inbrekers op soek is. Hy meen die booswigte se modus operandi is eenvoudig. “Hulle hou dop.”

Daar is dus net een manier om veiligheid te verseker. “Wees bedag. Maak seker jou versekering is korrek, jou polisse is reg. Verander jou roetine, sodat niemand ’n patroon kan sien nie.” Volgens Marius Neethling, versekeringsbestuurder van Santam, vind die meeste inbrake deur die loop van die dag plaas. “In die meeste gevalle word daar ingebreek nadat ’n patroon van bewegings vasgestel is en hulle weet wanneer huiseienaars weg is. “Ons moedig ons polishouers aan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref en te verseker dat hulle voldoende sekuriteit het om hul huise en geliefdes te beskerm.” Bevil Rose, senior eise­assessor van Mutual & Federal, meen dit is egter nie net huisbrake wat ’n probleem is nie. “Daar is nou ’n nuwe neiging van gewapende roof. Juis wanneer jy by die huis kom, slaan hulle toe.” Gewapende roof is veral ’n groot probleem in die somermaande wanneer verskeie jaareindgesellighe­ de en partytjies om die draai is. Luidens ’n verklaring moedig ADT mense aan om sekuriteitswagte vir sulke gesellighede te kry omdat partytjiegangers maklike teikens is. “Slegs die teenwoordigheid van ’n sekuriteitswag is genoeg om booswigte af te skrik,” sê Clive Humphrey, besturende direkteur van ADT Sentrale Streek. “Moenie kanse waag nie.”

Louis Smith van die Langenhovenpark-gemeenskappolisiëringsforum hou bankkaarte vas wat diewe in die veld weggegooi het. Lees meer op bladsy 9.

Foto: Conrad Bornman



Tel. 051­404­7600

| Vrydag 3 Oktober 2014

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Sterre lui Kerstyd in

Ford Ranger kry ook ’n baas Ilse Botha ’n DAG of wat voordat die somervakansie aanbreek, wag ’n reuse­Kerskonsert met optredes van talle kunstenaars op mense. Carols with the Stars, waarvan Bloemnuus die gedrukte mediaborg is, sal van die bekendste kunstenaars in die land na Bloemfontein bring. Op dié aand kry ’n Ford

Wen ’n bakkie PICK N PAY PRELLER WALK gee ’n wit Ford Ranger­2.2­dieseltweewieldryf­ enkelkajuitbakkie op die konsert Carols with the Stars weg. Mense kan deelneem deur ’n artikel in die Pick n Pay Preller Walk te koop en hul strokie in die trekkingshouer in dié Pick n Pay­winkel te plaas. Agterop die strokie moet mense hul naam en van, kontakbesonderhede en ID­nommer skryf. Hulle moet ook op die aand van die konsert daar wees om vir die prys in aanmerking te kom. Mense moet ’n geldige rybewys hê om te kan wen. Andersins moet ’n ouer of voog teenwoordig wees wat ’n geldige rybewys het. Op die aand gaan vyf finaliste se name getrek word waarna die wenner aangekondig sal word. Daar is nie ’n beperking op hoeveel geld mense moet bestee in Pick n Pay om te kan wen nie. S Voorwaardes en bepalings is in die winkel by die trekkinghouers beskikbaar.

Ranger ook ’n baas. So reg in die gees van Kersfees is dit ten bate van liefdadigheid. Carols with the Stars is ’n projek van Pick n Pay Preller Walk wat deur Duncan Pentz en Dennis Folkey, mede­eienaars van dié winkel, begin is. Hulle wou iets aan die gemeenskap teruggee en só het Carols with the Stars ontstaan. Vyf liefdadigheidsinstansies is gekies om te ondersteun. Hulle wil dit ’n jaarlikse gebeurtenis maak met van die beste Suid­Afrikaanse, maar ook plaaslike kunstenaars wat só die geleentheid kry om voor ’n groot gehoor op te tree. Vanjaar kan mense onder meer kom luister na Mathys Roets, Danie Niehaus, Luke van der Merwe (kitaarspeler), Anna Davel, die Bloemfonteinse Mannekoor en die skoolkoor van Willem Postma. Dié gesinsaand vind op Vrydag 21 Novem­ ber by die Laerskool Willem Postma plaas. Toegang is pasella. Bring ’n piekniekmandjie en ’n kombers. Daar gaan kosstalletjies en ’n kinderafdeling met springkastele wees. Die borge is Vodacom, Bloemnuus, Radio Rosetad, die Laerskool Willem Postma en Pick n Pay Preller Walk. Elkeen van die borge doen hul deel om blikkieskos in te samel om die Kerstyd vir minderbevoorregtes beter te maak. Daar gaan by Pick n Pay Preller Walk houers wees waarin mense blikkieskos kan plaas, asook by die hekke op die aand van die konsert. Die kos sal gelykop verdeel word en aan elke instansie as ’n skenking oorhandig word. Vir meer besonderhede skryf aan ilse@metano.co.za.

Anna Davel (foto), Mathys Roets en Luke van der Merwe is van die kunstenaars wat op Carols with the Stars, die geesteskind van Duncan Pentz en Dennis Folkey, mede-eienaars van Pick n Pay Preller Walk, sal optree. Op dié aand kry ’n Ford Ranger ook ’n baas.





Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.