Bloemnuus 23 04 2015

Page 1

Tel. 051­404­7600

| Donderdag 23 April 2015

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Skou staan steeds sterk Meer as 100 000 besoekers verwag Ruan Bruwer MET baie skoue wat in onlangse jare gesneuwel het, het Bloemskou, wat vandag tot 2 Mei aangebied word, stewig bly staan. Volgens Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof, word dit aan hul fokus op diversi­ teit, toegeskryf. “Ons wil sodoende verseker ons spreek die verskillende belangstellingsvelde aan. Dit strek van die landbousektor, waar ons vanjaar met 24 verskillende kampioenskappe uit ons nate bars, ’n vermaakprogram wat iets vir almal bied, ’n liggaamsboukompetisie en ovaalbaanwedrenne tot ’n groot jazzkonsert waarmee ons die skou afsluit,” sê Prinsloo. “Die skou bly ook ’n uitstekende platform vir ondernemings en entrepreneurs om hul dienste en produkte direk aan die publiek te bemark.” By die skou kry kinders ’n geleentheid om iets buitengewoon te sien, soos hoe ’n koei gemelk of ’n skaap geskeer word. Die afdeling vir kreatiewe handwerk spog met ’n rekordgetal inskrywings van net minder as 3 000, die grootste in sy soort in die land. Meer as 100 000 besoekers word op die skouterrein verwag. Prinsloo het gesê besoekers kan na ’n Bloemskou vol nuwighede uitsien.

Die skouterrein was dalk vroeër vandeesweek nog stil, maar dit behoort van vandag af uit sy nate te bars. Foto: Mlungisi Louw “Bloemskou is een van slegs twee skoue in die land wat nog daarin slaag om landbou en kommersiële aktiwiteite suksesvol te kombi­ neer. Daarmee saam bied ons uitstekende vermaak.

“Die toenemende druk van die samelewing maak dat gesinne en vriende al hoe minder tyd kry om gehaltetyd saam deur te bring. Die skou bied ’n lekker kuier­ en ontspan­atmosfeer en is ’n hoogtepunt vir veral kinders.”

Skoureis ’n gulde geleentheid om te wen BLOEMSKOU gee ’n Astra­reisbewys ter waarde van R25 000 aan een gelukkige wenner wat die skoureis tydens Bloemskou onderneem. Hierdie opwindende projek word deur Standard Bank en Bloem­ nuus geborg. Kry jou skoukaart, wat in

die middelblad van die Bloemskou­ program is of op Bloemnuus se bl. 7. Begin by enige van die tien punte op die roete en maak seker jy kry by elke punt ’n stempel. Wanneer al dié punte besoek is en die kaart vol is, kan dit in die boks by enige van die besoekpunte

gegooi word. Aan die einde van die skou word dan die name van tien finaliste getrek, waarna die wenner bekend gemaak word. Benewens die R25 000­reisbewys stap die nege ander finaliste elk met ‘n reisbewys van R500 weg.

X1PXWXBJ-BL230415


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.