Bloemnuusbl 20150326

Page 1

Bfn = 169 years Eagerly awaited

Boikotte

Steve tot kwart van inkomste kwyt

Stadium on track for completion by end of the year

The uncertain future of the Fourth Raadsaal

Bl. 2

P 14

P 12, 13

Tel. 051­404­7600

| Donderdag 26 Maart 2015

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Groot lof vir dié wagte Jens Friis

DIE fietswagteprojek in Bayswater, Dan Pienaar, Heliconhoogte en Pentagonpark is duidelik baie suksesvol. Danie Knepscheld, bedryfsbestuur­ der van Ben Ben Tegnologie, het aan André Damons gesê die mense wat gebruik word, is opgeleide wagte. “Ons is nie ’n buurtwag of ’n veiligheidsmaatskappy nie, maar ekstra oë en ore vir die polisie.” Altesaam 20 wagte, gewapen met pepersproei, tweerigtingradio’s, ’n opsporingstoestel, ’n skokstok, ’n selfoon en handboeie, patrolleer die woonbuurte 24 uur ’n dag. Verskeie lesers het positiewe ervarings gedeel. Marelise Van Niekerk weet van drie voorvalle waarin die wagte huisinbrake gefnuik het. “Dan is daar ook die keer dat hulle by die Laerskool Bloemfontein iets onge­ woons opgemerk het en dadelik die nodige mense in kennis gestel het.” “Daar was ’n voorval by ons huis in Desember. Die wagte het selfs saam met my man na die polisie­ kantoor gegaan toe die inbreker vasgetrek is. Ek dink dis ’n wonderli­ ke projek – veral omdat die polisie nie op standaard is nie,” sê Barbara Sehannie. Lize­Maré Markgraaff het al die wagte uitgevra oor hul verantwoor­ delikhede. “Die mans moet boewe

konfronteer sonder enige dodelike wapens. Hulle dra by tot ’n veiliger woonbuurt. Die mense met negatie­ we aanmerkings moet hul suurle­ moentjies uitspoeg. Sien die halfvol­glas raak, dêmmit!” Knepscheld sê sedert die projek vyf maande gelede deur Butana Komphela, Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, begin is, het hulle verskeie misdadigers aangekeer. Ben Ben Tegnologie het in November die kontrak van die departement gekry om die fietspa­ trollie in woonbuurte te ontplooi. “Ons ouens het al tussen 15 en 20 misdadigers aangekeer.” Knepscheld sê hul doel is om ’n sigbare veiligheidspatrollie en afskrikmiddel vir misdadigers te wees. Hulle kan binne minute reageer omdat die beheerkamer 24 uur beman word. Knepscheld sê hy het regstreekse kontak met die Bayswater­polisiekan­ toor. In die lig hiervan is dit g’n wonder nie dat daar ’n groot behoefte is dat dié wagte ook in ander woonbuurte diens moet doen. Volgens Knepscheld beplan hulle inderdaad om later na ander woonbuurte uit te brei en selfs meer wagte aan te stel. Ruan Snyman sal hulle in Pellissier wil sien, Royalchipperface Craig in Brandwag, Alida Nadel in Heuwelsig en Chris en Hester

Dié misdaadbevegters is van links Lindile Ntsewu, Earnest Leine, Nelson Jetabola, Gladstone Kopi, Nicholaas Hugo en Edward Mafajane. Hulle is lede van die fietspatrollie­veiligheidswagte wat strate in Bayswater, Dan Pienaar, Helicon­ hoogte en Pentagonpark in Bloemfontein dag en nag patrolleer. Foto: Mlungisi Louw Barnard in Fichardtpark. Oor Fichardtpark het Thea du Toit geantwoord dat die Fichardtpark­

woonbuurt­assosiasie (FWA) goeie patrollies doen en al inbrekers op heterdaad betrap het.

Intussen het lesers heelwat vrae oor die wagte en ook kommentaar. S Lees meer hieroor op bl. 3.

PLAIN AND PRINTED POLAR FLEECE - NOW IN STOCK

NO.1 FABRIC STORE

DAN PIENAAR 051 436 0491/2 • SANLAM PLAZA 051 447 0458 • CURRIE AVENUE 051 522 6507 • BETHLEHEM 058 303 4495 X1PU7UQ0-BL260315

X1PULECA-BL260315


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.