Wie tree waar op?
Ryg pryse in
Selected
Nataniël maak draai by Oranje
Student of the UFS on her way to the USA
Bl. 10
P 12
Tel. 0514047600
Mercedes is Wêreldmotor van die Jaar
Bl. 16
| Donderdag 30 April 2015
| www.bloemnuus.co.za GRATIS
Selfs vriendin ingeloop Mike van Rooyen VAN die geld van ’n eksotiese, ingevoerde blou Ford Mustang motor uit Amerika tot die troukoek vir haar troue is ter sprake in die bedrogaanklagte waaraan die jong Bloemfonteinse sakevrou, Lianné Greyling, in die Bloemfonteinse streekhof skuldig bevind is. Greyling (27) het voor streekland dros Marina Voges skuld op 12 aanklagte van bedrog en 12 van diefstal van altesaam R5 miljoen beken. Haar vonnisverrigtinge begin op 17 Junie. Een van die aanklagte waaraan sy skuldig bevind is, hou verband met die troukoek van R4 260 vir haar troue in Julie 2013 in die luukse Coco Crestaurant in die Loch Loganwaterfront nadat haar man, Jean, hul beplande troulokaal op die Emoyalandgoed aan die brand gesteek het. Charlene van Blerk, van Cakes4Brides, het destyds gesê hulle het baie moeite gedoen en het die koek volgens Lianné se vereistes gebak. Sy moes ’n spesifieke beeldjie wat op die koek moes kom, van Johannesburg laat kom. Een van die ander bedrogaan klagte waaraan sy skuldig bevind is,
’n 2010model Ford Mustang Shelby GT500 Supersnake. Foto: www.topspeed.com
het gegaan oor die blou Ford Mustang Shelby GT500 Supersnake wat sy in 2010 deur haar beslote korporasie Labella Imports in Bayswater vir Leon Bester van Kemptonpark sou ingevoer het. Hy het sowat R750 000 daarvoor aan haar betaal. Hy het nou nog nie dié motor gesien nie. Net sowat 220 van dié motors is dié jaar in Amerika vervaardig. Die motor wat Bester bestel het, moes in Amerika vir ’n regterhandstuur wiel omgebou word.
Luidens van die aanklagte het sy aan mense, een van hulle Christo lien Coetzee, ’n eertydse vriendin, voorgegee dat sy ’n invoeronderne ming bedryf het. Mense het vir haar duisende rande gegee om vir hulle ware in te voer. Dit het gewissel van ’n rusbank tot motors, motorfietse en onderdele daarvoor. Sy het voorgegee dat sy die geld in ’n spesiale trustrekening hou om te betaal sodra die ware op ’n skip gelaai is, of in SuidAfrika aanland. Sy het die geld vir haarself gevat. Sy het ook voorgehou dat sy artikels wat deur die Ontvanger vir uitstaande invoerbelasting terugge hou word, kon koop voordat dit opgeveil word. Só het mense ook aan haar geld betaal vir ware wat nooit gelewer is nie. Sy het een van die klaers uit R110 000 bedrieg deur voor te gee dat sy motorolie gaan invoer en kapitaal as ’n belegging nodig gehad het. Vic de Bruyn van die gespesiali seerde handelsmisdaadeenheid kla aan. Adv. Eugene Lubbe, in opdrag van Andy Steyn van Steyn Meyer prokureurs, tree vir Greyling op. Kapt. Ansie Oelofse is die ondersoekbeampte. Greyling word in Kimberley aangehou.
Lianné Greyling in die Bloemfonteinse streekhof.
Foto: Mlungisi Louw
X1PXWXBK-BL300415