Nalatenskap
Rekordhouer
Tralies se geesvangjuffrou groet ná 35 jaar
Jim Fouché se Tharina skitter op SA’s
Op agtergrond
Niel Marais moet toesien dat alles vlot verloop
Bl. 9
Bl. 5
Bl. 13 Tel. 0514047600
| Donderdag 2 April 2015
| www.bloemnuus.co.za GRATIS
Beker op spel Shimlas pak Pukke in tuiseindstryd Ruan Bruwer DIE land se oë gaan op Maandag 13 April vierkant op die eindstryd van die immergewilde Varsitybeker wees wat op die Kovsiekampus in Bloemfontein beslis sal word. Die wedstryd word regstreeks uitgesaai en behoort groot belangstelling te lok. Die Kovsies se rugbyspan, die Shimlas, sê sy ou aartsvyand, die Pukke, die stryd aan om die kroon as beste tersiêre rugbyspan in die land vir 2015 te dra. Die Shimlas is die enigste onoorwonne span in die reeks en het net teen Tukkies gelykop gespeel. Die Vrystaters het Maandag (30/03) met ’n oortuigende sege (2110) met die Universiteit van Kaapstad afgereken om die eerste keer tot die eindstryd deur te dring. Dit was voor die grootste skare nóg vanjaar op Shimlapark. Sy vorige beste vertoningslys in die reeks, wat in 2008 ontstaan het, was ’n derde plek in 2010 en 2011. Die studente van die Noordwes het die Shimlas ’n groot guns bewys deur die Tukkies Maandagaand te klop, anders sou die eindstryd in Pretoria beslis word. Franco Smith, die Shimlas se hoofafrig ter, het Maandagaand drie redes gehad om fees te vier: die sege oor die Ikeys, die Pukke se oorwinning teen verwagtin
ONS KONSULTEER LANDWYD
HELP DEBT COUNSELLORS cc
• SKULDBERADERS • ADMINISTRATEURS • REGSADVISEURS
ge in en sy 19de huweliksherdenking. Volgens Smith was Maandag ’n vreugdevolle dag en is sy stoutste verwagtinge oortref. Hy sê hy het nie verwag dat die Pukke sou seëvier nie. “Ek is dankbaar dat dinge vir ons so uitgewerk het om ’n tuiseindstryd te hê,” sê Smith. “Ons moet nou die geleentheid optimaal benut en ek hoop die onder steuners sal die paviljoene vol sit. Ek weet die Pukke gaan met busse vol studente hierheen kom. Dit gaan spesiaal wees, soos die intervarsity van vroeër jare. “Ons het dit nie net vir onsself gedoen nie, maar ook vir die universiteit.” Dit is egter nie net die Shimlas wat dié dag in ’n eindstryd slaags gaan wees nie. Die koshuisspan Vishuis speel in ’n voorwedstryd in die eindstryd van die nasionale koshuiskompetisie teen Mopani van Tuks en sal met ’n sege die titel ’n vierde keer uit die agt jaar buit. Vishuis het die nasionale titel ook in 2010, 2012 en 2013 gedra. Armentum (2009) en Heimat (2014) is ook vorige wenners. Boonop speel die UV se o.20span Maandag om 19:00 op Shimlapark in die eindstryd teen Tuks in ’n herhaling van verlede jaar se eindstryd wat die Kovsies gewen het.
VS goed verteenwoordig OFSKOON die Kovsie Rolene Strauss Sondag haar kroon as Mej. SuidAfrika aan Liesl Laurie moes afstaan, is die Vrystaat darem goed verteenwoordig. Benewens Strauss was die Bloemfonteiner Elzane van der Bergh, Mej. Doof SuidAfrika, ook op die kroning teenwoordig. Hier is sy (regs) saam met Laurie afgeneem. Sien ook foto op bl. 3. Foto: Verskaf
Te veel skuld?
Skuldbeslaglegging (‘garnishee orders’) afgetrek van jou salaris? Ons kan dit stop. DEBT COUNSELLORS cc 2009/196236/23
• Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. • Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie.
Kellnerstraat 41, Westdene Bloemfontein
Tel. 051 448 8462 • 072 544 8289
Ons konsulteer ook na-ure in die privaatheid van u eie huis of per faks/e-pos.
Botshabelo kantoor: Re-a-Hola kompleks, Kantoor 20, 1ste Vloer
Skakel ons vandag nog vir vinnige skuldverligting – ons KAN help !
X1PX7TB9-BL020415