Bloemnuus 09 04 2015

Page 1

Tel. 051­404­7600

| Donderdag 9 April 2015

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

VERKEN SAAM DIE STERREHEMEL: Die laaste bietjie sonlig met ’n sterk wolklaag skets Dinsdag (07/04) laatmiddag ’n mooi agtergrond vir die Naval Hill­planetarium. ’n Spesiale kinderprogram, Kom ontdek die Sterrehemel, word Vrydag (10/04) daar vertoon. In hierdie spesiale vakansie­aanbieding, gemik op leerlinge tussen gr. 6 en gr. 8, word hulle aangemoedig om self die sterrehemel te verken. Die program sluit die fliek Passport to the Universe in. Rig navrae aan Yolandie Loots by FickY@ufs.ac.za of by 051­401­9751. Foto: Ruan Bruwer

Diens aan naaste onthou Ruan Bruwer

DR. HERMAN REINACH, ’n bekende in Bloemfontein, sal benewens sy nalatenskap op die gebied van tandheelkunde vir sy medemenslik­ heid onthou word. Reinach het in sy leeftyd baie vir sy medemens opgeoffer. Hy is op 26 Maart weens ouderdomsverwante siektes oorlede en is Maandag (06/04) veras. Hy sou in Augustus 79 jaar oud geword het. Reinach het baie in sy leeftyd vermag en was onder meer in 1975 Bloemfontein se eerste ortodontis. Hy het vele eerbewyse vir sy werk as tandarts ontvang, onder meer ’n bronsmedalje van die Suid­Afrikaan­

se Tandheelkundevereniging vir uitmuntende diens in die tandheel­ kundebedryf in 1997. Hy was die Vrystaatse verteen­ woordiger in die Mediese en Tandheelkundige Raad. Hy was ook ’n oudstadsraadslid en bekende sakeman wat jare lank in die Suid­Afrikaanse Verenigde Munisipale Bestuur gedien het. Hy was in 2000 ’n benoemde vir die Bloemfonteiner van die Jaar­ wedstryd waarin dr. Casper Bosman, wat hom benoem het, onder meer geskryf het: “Ek glo min mense het in hul leeftyd soveel vir sy mede­ mens en kollegas gedoen en opgeoffer soos Reinach. “Toe hy in die munisipale raad

van Bloemfontein gedien het, was dit nog liefdesdiens. Daar was nie daardie tyd groot toelaes hieraan verbonde nie. “Hy het in die Mediese en Tandheelkundige Raad gedien om die professie te reguleer, maar hoofsaaklik om die publiek en hul belange te beskerm. “Sy diens aan die Mediese Universiteit van Suid­Afrika (Medun­ sa) gaan met groot opoffering gepaard. Hy help omdat ander bevoegde mense nie kans sien vir die geldelike opoffering nie.” Reinach het destyds ’n projek begin om die Oranje­Vrouevereni­ ging (OVV) se sopkombuis van ondergang te red.

Hy het sewe kinders uit twee huwelike gehad. Een daarvan was die voormalige Springbok in rugby en atletiek, wyle Jaco. Volgens Jaco se weduwee, Annette, het haar skoonpa ’n goeie hart gehad. Sy grootste dienslewering was egter voordat hy Bloemfontein toe gekom het toe hy as die voorsitter van die Bolandse Ramp­komitee sy praktyk vir 16 maande moes verlaat om Ceres, Tulbagh en Wolseley ná ’n aardbewing weer op te bou, sonder enige geldelike vergoeding. Hy was tien jaar die burgemeester van Ceres. Reinach was van 1977 tot 1988 ’n stadsraadslid in Bloemfontein.

Wyle dr. Herman Reinach.

X1PY3WUM-BL090415

X1PXWXBH-BL090415


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bloemnuus 09 04 2015 by Central Newspaper Group Bloemnuus - Issuu