Tel. 051-404-7600
| Vrydag 27 Maart 2015
| www.bloemnuus.co.za
Bekende stem groet
Vol talent Jayme-Sue vir twee nasionale spanne gekies
Ruan Bruwer DIE bekende radiostem van Christie Hansen gaan Saterdag teen 13:00, ná 17 jaar en ses maande op die lug, vir oulaas gehoor word. Hy verlaat die uitsaaiwese vir ’n loopbaan in die sakewêreld. Volgens hom het hy nog nie gedink hoe hy Saterdag gaan groet nie. Hy sê hy wil nie daaraan dink nie, maar gee toe dit gaan ’n emosionele besigheid wees. Om bykans 18 jaar ononderbroke omroeper by ’n radiostasie te wees is amper ongekend. Hy het naas Manie Kitching die langste as omroeper by die stasie gewerk. “Die radio was my lewe. Toe ek begin het, was my jongste seun nog in doeke – nou is hy ’n eerstejaarstudent. “Jy kry nie ’n lekkerder job as hierdie nie,” het Hansen gesê. Hansen het die laaste paar jaar weeksdae die program Before Dawn tussen 04:00 en 06:00 behartig en Die Hansen Saterdag Show Saterdae van 09:00 tot 13:00. Hy sê hoewel hy dit nie gaan mis om vroeg (om 03:15) op te staan nie, was die voordeel dat hy maklik in sy slaapklere kon gaan werk het . . . Behalwe hiervoor, sê Hansen gaan hy ook nie mis hoe daar in die uitsaaiwese so ’n streng oog op die tyd gehou word nie. Wat hy gaan mis, is die adrenalien, die luisteraars en feeste van waar hy uitgesaai het en waar hy, “altyd op die hande gedra is”. “Jy besef nie altyd dat jy vir iemand iets beteken het met dit wat jy op die lug gesê het nie. “Ek het gereeld in pubs gaan sit en luister waaroor mense praat en kla en dít dan as gesprekspunt in
GRATIS
8
Floreer Tiener verskyn in gesogte advertensie 2 Christie Hansen (links) se stem word Saterdag vir oulaas op Ofm gehoor. Hy hang ná 17 en ’n half jaar as omroeper die mikrofoon op. Die drie jaar op die lug saam met Pieter Möller (regs) beskryf hy as ’n hoogtepunt. Foto: Ruan Bruwer my programme gebruik.” Volgens hom was die drie jaar (tot 2010) waarin hy die ontbytprogram saam met sy skoolvriend Pieter Möller behartig het, die lekkerste skof van sy uitsaailoopbaan. Dié twee ken van sports hê. Volgens hom is ’n mooi stem ’n bysaak en is ’n omroeper se persoonlikheid die kern, “sodat jy
natuurlik voorkom op die lug en daar nie enige voorgee is nie”. Wat die werk van omroeper hom geleer het, is om nederig te bly. “Dis nie iets waarvoor ek gestudeer het nie. Dit het toevallig oor my pad gekom.” Hansen was in die onderwys toe daar by die destydse Radio Hoogland ’n behoefte aan ’n nuusleser
ontstaan het en hy deur Möller aanbeveel is. Hy het ’n stemtoets gedoen, waarna hy dadelik ’n middagskof aangebied het. Ná sewe maande by Radio Hoogland is Hansen na Ofm, toe nog bekend as Radio Oranje. Hy is nou die enigste omroeper van daardie tyd wat nog by die stasie oor is.
Verras Bruidegom lag laaste met slim streek
2
X1PWT4M1-BN270315