VRYDAG 29 NOVEMBER 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Monument eeu oud Program plegtig Groot feesvierings word beplan vir die afsluiting van die eeufees van die Vrouemonument op die terrein van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke.
DIE 100-jaarherdenking van die onthulling van die Nasionale Vrouemonument is reeds op verskeie geleenthede oor 2013 heen gevier. Die viering vind sy afsluiting op 16 Desember met die plegtige deel van die fees by die monument. Die kern hiervan vind tussen 08:45 en 11:15 plaas. Dit bestaan uit samesang, ’n diens gelei deur prof. Piet Strauss, die voorsitter van die Vrouemonumentkommissie, gedramatiseerde toesprake van pres. Steyn en Emily Hobhouse by die onthulling op 16 Desember 1913 deur prof. Andries Raath en Wilna Snyman, asook kransleggings. Benewens ’n krans namens die Steyn-familie, kom die Britse Adjunk-hoëkommissaris in Suid-Afrika, Hugh Reynolds, ook ’n krans lê. Wilna Snyman onthul namens die Afrikanervrou ’n bronsplaat ter herinnering aan die 100-jarige herdenking van die monument. Dit word by die ingang van die ringmuur van die monument aangebring. Die verrigtinge begin om 06:30 met ’n vroeë biduur in die Tweetoringkerk. Die biduur word gelei deur dr. Danie Langner, hoofleier van Die Voortrekkers. Om 07:15 vind ’n optog van stappers en enkele perderuiters van die Pres. Brand-begraafplaas na die Vrouemonument plaas. Besoekers word versoek om waar moontlik hul eie stoele saam te bring. Foto: Jens Friis
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013
Wel en wee S Charl du Toit (80) van Heuwelsig is Maandag uit die NG kerk Heuwelkruin begrawe. Hy was ’n bekende in motorhandelaar-kringe en ’n erepresident van die Bloemfontein-rolbalklub. Charl word oorleef deur sy vrou, Marie, drie dogters, Sonja Crouch, Merlé Strauss en Charlené Woodgate, tien kleinkinders en een agterkleinkind.
S Johan Nell, die Bloemfonteinse skrywer, se boek Sondag op ’n voëlplaas vlieg van die rakke. Dit is nr. 1 langs Kobra van Deon Meyer in Mimosa Mall. Dié boek is te wen op bloemnuus.co.za se kompetisie-afdeling. Skryf in! S Nols Nieman, oud-hoofredaksielid van Volksblad, het nagenoeg R190 000 van sy bestorwe boedel aan die Volksblad-Kersfonds bemaak. Dié Kersfonds-insameling loop einde Februarie ten einde en die mikpunt is R1 miljoen. Tot dusver is sowat R300 000 ingesamel – veral danksy die nalatenskap van Nieman en ook Junior Bezuidenhout se Kersfonds-veiling wat ’n beduidende R80 000 gelewer het. Om R20 vir die Kersfonds te skenk stuur ’n SMS na 49219. Begin die SMS met die sleutelwoord Kersfonds gevolg deur jou naam, van en die dorp of stad waar jy woon. Ondernemings en instansies wat
geword. “Ek trek nêrens heen nie. Ek bly lekker in Bloemfontein,” sê sy.
World Aids Day is held on 1 December every year and is an opportunity for people worldwide to unite in the fight against HIV and to show their support for people living with this virus. World Aids Day was the first-ever global health day and the first one was held in 1988, according to worldaidsday.org. R5 000 en meer wil skenk, kan skryf aan madelein.venter@volksblad.com. S Leatitia Pienaar tree einde Desember ná byna elf jaar as adjunkdirekteur: Publikasies aan die UV uit. Haar loopbaan het op 1 Januarie 1976 as joernalis by Volksblad begin. In 1982 het sy haar by Sasol in Secunda en daarna in Johannesburg aangesluit. Ná verskeie draaie het sy weer in die 1990’s ’n redaksielid (later sakeredakteur) van Volksblad
S Martin Slabbert (1930–2013), ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus, is oorlede. Sy stokperdjie, rondreis, het sy passie geword en dit het deur die jare gelei tot Slabbert Toere. Martin word deur sy dogter, Ann Rall, en twee kleinkinders, Zoe en David Rall, oorleef. S Corlietha Swart sal die leisels as voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) in 2014 hou. Douwlina du Plessis is die ondervoorsitter en Lelani Fourie die tesourier/sekretaresse. As jy jou by die BSV wil aansluit, skakel 073-388-3377. S Willie Engelbrecht (082-7281489) is tot voorsitter van die Bloemfonteinse Afrikaner-kultuurraad verkies. Prof. Piet Strauss is die vise-voorsitter; prof. Bary Fray (sekretaris), Arno Odendaal (penningmeester) en Lambert van Rensburg (reklame). S Dr. Pieter Repko (83), ’n neurochirurg, sy vrou, Annchen (80), en hul seun Killie (53) is enkele dae uit mekaar oorlede. Die Repko-egpaar het in die Botanica-
Die Blitsbok Philip Snyman trou op Saterdag 14 Desember met Esteé van Wyk. Hy is die seun van Marlese en Flip Snyman van Gariepdam (vroeër van Philippolis). meenthuise, Hillsboro, gewoon en Killie op Humansdorp. Die egpaar sou op 5 Desember hul 60ste huweliksherdenking vier en word deur hul seun prof. Jan Repko van die Chetham-musiekskool in Engeland, ’n dogter, Liese Naudé van Durban, nege kleinkinders en drie agterkleinkinders oorleef. S Pastoor Pieter Mcgluwa en sy vrou, Valerie, word die naweek vir uitstaande diens oor jare heen vereer. Pastoor Mcgluwa lei die Community Faith Centre (CFC) in Rykmanshoogte. Die oggenddiens in die Posduifsaal in Bloemspruit
sal aan dié egpaar opgedra word. S De Villiers Brink en Gys Botes, twee Bloemfonteinse sakemanne, het ’n gholfdag gereël waarvan die opbrengs van R130 000 aan die departement onkologie in die Nasionale Hospitaal geskenk is. Dr. Annatjie Badenhorst, hoof van die departement, het die tjek ontvang. S Daan Potgieter, hoof van die Laerskool Pres. Brand, tree ná 22 jaar as hoof van dié skool af. Potgieter was 39 jaar in die onderwys.
’n Mooi (en lekker) begrafnis VAN al die mooi dinge in hierdie gebroke maar tog mooi wêreld waarin ons leef, is ’n plaasbegrafnis op ’n pragtige lentedag ná vroeë reën iets om oor huis toe te skryf. Hartseer ook ja, natuurlik, maar dis ’n half lekker soort hartseer wat jou nie stroef stem nie, maar met dankbaarheid vul en selfs kan inspireer . . . Wanneer perskebloeisels in die vrugtetuin langs ’n ou plaasopstal in die namiddagwindjie ritsel terwyl ’n kis onder slepende sang uit swart kele stadig in die graf sak, is dit asof jy gemakliker vrede maak met die werklikheid van die dood. So was dit die ander dag toe ons my jare lange buurman en goeie ou maat, Neville Schwarzer, op sy plaas by Tierpoort naby Bloemfontein begrawe het nadat hy ná ’n lang en heldhaftige stryd teen kanker, op 52 daarvan verlos is. Dis nie van vandag af dat ’n plaasbegrafnis my roer nie. Ek het daarmee grootgeword: die stowwerige rit in groot Ford-karre, die kis op die eettafel in die voorhuis, die stille stoet na die hoop vars grond, moeisaam gegrou in die harde aarde, en die laaste lied by die graf . . . gedra deur ’n laatmiddagwindjie. Dit was meestal die ou Hallelujalied: “Oorkant die waters blinkend en bly/wag hul op my”. Snaaks, maar die wind het altyd gewaai op plaasbegrafnisse. Dikwels was dit darem die voorspel tot reën – wat natuurlik ’n plaasbegrafnis “gemaak” het. Groot reëndruppels wat op ’n kis neerplof, was in die dorre Noordweste die teken van ’n geseënde lewe. En moenie van die versterkings ná die tyd vergeet nie. Jy ontmoet nie die dood op ’n leë maag nie. Van die lekkerste eetgoed wat ek ken, was op plaasbegrafnisse. Ek het dit onthou toe die roubeklaers hul plekke stemmig op die grasperk voor die opstal op Chez Nous rondom Neville se kis inneem. Langsaan het die gelaaide tafels in sagte sonlig onder ’n uitspansel vol wolke gestaan. Die toneel is amper idillies. In
die verte lê Wolwekop. Aan sy voet kronkel die Tierpoortrivier. Op die horison bot die bitterkaroo-bossies goudgeel ná die vroeë lentereën. Lammerskape lê dik en steunend in die opslag toe ons sing: “O, Heer my God/as ek in eerbied wonder . . .” Toe dag ek by myself: “Dood, waar is jou angel?” Wetende dat Neville, as hy kon, dit self sou gevra het – so mooi was alles. Om die waarheid te sê: Hy sou my aan my skouers gevat het, soos hy dikwels gedoen het, en laggend gebrul het: “Man, ou Johannie, dis nou grênd. Bakgat, my ou boetie!” En dan sou hy weggelê het aan die eetgoed. Vir hom was die lewe elke dag ’n lied en lekker kos die dankgesang. Twee weke voor sy dood stuur ek juis vir hom ’n bakkie afval waarvoor hy baie lief was. Maar hy het daar geen behae meer in gehad nie. By die eetgoed kom ek toe agter dat die dood wel ’n angel het. Klein Nevilletjie – sy pa en sy ma, Annatjie, se 11-jarige knapie – staan naby my, sy handjies bleek om ’n bordjie koekies geklem. Ek druk sy skraal skouertjies teen my vas terwyl ’n toegemaakte hond hartverskeurend in ’n buitekamer tjank. Kinders en honde kry altyd die swaarste. Al wat kortgekom het vir die laaste lopie na die akkerboom, was ’n Massey-Ferguson-trekker. Verkieslik ’n rooi driesilinder-35 voor ’n molwaentjie ter ere van Neville se vernuf met dié trekkers waarvoor hy landwyd bekend was. Daar loop seker min Massey-Fergusons in Suid-Afrika waaraan sy groot, kundige hande nie gevat het nie. Maar dis nie sy eintlike nalatenskap nie. Dis eerder die wyse waarop hy in die moeilikste en pynlikste omstandighede denkbaar die goeie stryd gestry en die wedloop voltooi het. Daarvoor, deur die geloof tot aan die einde te behou is hy met verlossing bekroon. Soos Psalm 116:15 sê: “Kosbaar is in die oë van die Here die dood van sy gunsgeno-
Johan van Wyk is ’n ou bekende – veral weens sy gewilde rubrieke vroeër in Volksblad. Sy boek, So was dit – stories van gister en vandag, het onlangs verskyn. Hierby ’n uittreksel daaruit. te . . .” Laatmiddag, ná die etery en geselsery met ou kennisse wat jy ál minder sien, want niemand kuier meer saans op plase nie – raai hoekom – stryk ons verby die graf bakkie toe.
Die son is besig om te sak. Ek kyk vir oulaas terug en dink aan die Nederlandse verhoogkunstenaar Toon Hermans se dodevers: “Als ik aan het bed van een dode sta voel ik mij altijd de mindere . . .” Inderdaad.
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013 3
Change as good as a holiday
S Leolynn Smith is a sub-editor at Media24 in Bloemfontein. She moved here from Port Elizabeth
A CHANGE is as good as a holiday and it is part of life. But nothing could have prepared me for how big the change from Port Elizabeth to Bloemfontein would really be. No more sea sand between my toes nor the soft ocean breeze. The Free State is not for the faint-hearted. The heat can reach up to 40 degrees Celsius on a good day. At first I did not know why Bloemfontein was called the City of Roses. How could roses ever grow in this weather? But my mind was soon changed when I met a great guide who would soon become a wonderful friend. Oteng Mpete showed me Bloemfontein through her eyes. We went to malls together and she showed me all the funky shops – each with
WAT XIV op die rak Jens Friis DIE Woordeboek van die Afrikaans Taal (WAT) se 14de deel (S – Skooi) het pas die lig gesien. In die jongste WAT kan jy meer leer oor woorde soos sebravink, seis, seks, silikon en selfkastyding. Oor die woord sebraoorgang word onder meer die volgende geskryf: Sebraoorgang (ook met ’n koppelteken sebra-oorgang) s.nw., sebraoorgange. Voetoorgang met afwisselende swart en wit blokke, wat verkry word deur wit strepe parallel aan en met dieselfde afstand van mekaar op ’n teerpad te verf; sin. Kwaggastreep, sebrakruising, sebrastrepe (minder gebruiklik): ’n Heer, of dame, sê sy, wag vir die rooi lig en gebruik die sebra-oorgang (Rapport, 18 Mrt 2007, E). Hoewel die spoedbeperking 40 km per uur is en daar verkeersligte, sebra-oorgange en sirkels is, is ons Suid-Afrikaanse bestuurders net te ongedissiplineerd . . . om sulke regulasies te eerbiedig (Volksbl., 9 Mrt, 2006, 8). Lees elke Saterdag in Die Burger, Beeld en Volksblad op die hoofartikelblad ’n aanhaling uit die WAT of luister Vrydae om 07:50 op Monitor na die Woord van die Week. Deel een van die WAT het reeds in 1950 verskyn. Dit is die grootste projek rondom Afrikaans en die WAT is die kroonjuweel van Afrikaanse woordeboeke. As jy van hierdie woordeboeke, wat in plastiek en leer gebind word, wil bestel, skryf aan wfb@sun.ac.za. Die pryse van die verskillende dele wissel tussen R250 en R650.
their own little piece of personal history. The statue of former president Nelson Mandela was next. Here excited tourists took turns to be photographed with this beautiful 6,5 m bronze statue. Authentic Looking out on the city from Naval Hill I was overwhelmed by how big and beautiful Bloemfontein actually is while Oteng pointed out each and every area of the city: The Kasi, Heidedal, CBD. We went to the now famous Shanty Town at Emoya Estates. Oteng and I were shown around. In my line of work I have often been in and around shacks and these had an authentic ambience about them. Shacks are a part of South
Africa, and I imagine it will remain so for quite some time. I was also in the Kasi, and it reminded me of home – the vivacious atmosphere and the vibrant people. Oteng also took me to one of the poshest night clubs in the city where we had an unforgettable night. I visited the Orchid House. The scenery was overwhelmingly beautiful. Here I realised that almost all of the people I have met are not from Bloemfontein. They are from Johannesburg, Kimberley, Cape Town, Queenstown, and many other places. By chance or by consequence, however, they are now in this city, pursuing their dreams. These are people who, no matter what life throws at them,
will never give up and never stop making Bloemfontein the place it is now. Friendly and lively people I now comprehend why Bloemfontein is the City of Roses. Not because of anything that physically grows here, but because of its people – the wonderfully friendly and lively people. It is the ideas they have and the dreams they cherish and nurture until they are realised. It is the many attractions: from funky – and sometimes shady – shebeens to upclass bars; from posh guesthouses to cultural and heritage sites. This city is full of a vibrancy and beauty that will never go out of season and will never fade.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013
Wie, wat, waar? WAT gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboek-inskrywings. Stuur gerus dagboek-inskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 29 NOVEMBER S Vandag kom 2013 se matriekeindeksamen tot ’n einde met vraestelle in Portugees, verbruikerstudie en sportwetenskap wat geskryf word. Die uitslae word op 7 Januarie bekend gemaak. S Die NG kerk Brandfort hou om 17:00 ’n Kersmark. Buiten die mark word om 18:30 ’n straatligKers-ete teen R50 aangebied. Kaartjies is te kry by die kerkkantoor of bel Nellie Schutte by 082-874-3752. Uitstallers kan Max Struwig by 082-334-2684 bel. S Lost Chord om 20:00 in die Aasvoëlklub. S Lees vorige uitgawes van Bloemnuus aanlyn by die koerant se digitiale bewaarplek/argief, bloemnuus.co.za. S Leon Schuster, ’n oud-Bloemfonteiner, se steelkameras was weer bedrywig in sy rolprent Schuks! Your country needs you wat vandag uitgereik word. S Kersaandmark. Musgravemark ten bate van Athalia-uitreik met kunstenaars soos Deon en Werner, Jonien, Chris en Marizanne, Giepie die kulkunstenaar en Barnie. Bel Koos by 072-376-0572. S Kunstenaars wat van 15 tot 20 Julie op die 14de Vryfees in Bloemfontein wil optree, het nog tot môre tyd om hul aansoeke in te dien. Dit kan aanlyn by vryfees.co.za ingedien word. S Rooikoppie om 19:30 in die André Huguenet-teater. Bel Pacofs, 051-447-7772. S Oom Karoolus en Lente se Die Moewie, ’n gesinsrolprent, word met twee vertonings om 09:30 en 18:00 by die NG kerk Gardeniapark by Jasmynlaan 3 bekend gestel. Kaartjies kos R30.00. Bel 051-5220392. S Best of SA Pop (tribute show), 21:00 in Diamond Lil’s. R30. S Openbare eksamenkonsert van Werner Stander: MMus (koorleiding). Odeion-koor en cantando@bloem. Anglikaanse katedraal om 19:30.
Lil’s at the Windmill Casino. Free entry. DONDERDAG 5 DESEMBER
MAANDAG: Toeristekursus vir besoekers aan Frankryk en Parys. Kursusgangers sal leer om die moltrein te gebruik, inkopies te doen, ensomeer. Aanvangstyd: 17:30. R300 per persoon. Ook in die lokaal van die Alliance Française op die grondvlak van die West End-woonstelle, h/v Henrystraat en Eerste Laan, Westdene. Navrae: 072–872–4957. Kontak Daleen Krige by daleen.krige@gmail.com of 083-388-1184. Foto: Jens Friis
SATERDAG 7 DESEMBER S Ek is Anoniem, ’n komedie, met Ian “Loslip” Wessels van RSG by InnieSkuur. Bel 079-387-3614.
SATERDAG 30 NOVEMBER S Reünie van die 1983-matrieks van die Hoërskool J.B.M. Hertzog. Bel Jurgens Strydom, 082-9722-862. S CHOC-kinderkankervereniging (Vrystaat) bied sy vierde jaarlikse spesiale gedenkdiens in die NG kerk Universitas-saal in Strauss-straat aan. Bel Nicolene van den Heever, 084-206-6206. S Die Vrystaat-nasorgsentrum se Kersmark op van 08:00 tot 13:00 in die sentrum in Bloemendalweg, Rayton. Bel 051-436-6034/5. S Vanderkloof hou Waterfees. Bel 072-731-8925. S Die Volksblad-kos-en-kunsmark van 09:00 tot 15:00 vind in die Botaniese Tuin plaas en vandeesmaand het die mark ’n Kerstema. Kersvader sal van 10:00 tot 13:00 ’n draai op die mark maak. Markgangers word aangemoedig om die kleinspan te bring om hom te kom ontmoet. Toegang is R10 (volwassenes) en R5 (kinders jonger as 12). Bel Bianca Prins, by 051-404-7721. S Mensa-toets om 09:00 in die SG1-lokaal op die UV-kampus. Skryf na testing.bloem@mensa. org.za of bel 079-583-7778. Dit kos R100. SUNDAY, 1 DECEMBER S NG kerk Noordhoek hou om 19:00 sy Kerssangdiens. S Dutch Reformed Church Hugenoot hosts its annual multicultural carol service at 18:30.
S Radioteater om 20:00 op RSG. S Karaoke in Diamond Lil’s in die Windmill-casino. Gratis. S Die Bloemfontein-Polisie-rugbyklub het reeds met sy voorseisoense voorbereiding begin. Die oefensessies is Dinsdae en Donderdae om 18:00 op Bobbiespark. Bel Johan le Roux, 082-4622011. S Oliewenhuis Art Museum will be hosting a variety of exciting holiday workshops for children and teens from 5 to 20 December. School holidays can be a challenging time for parents, but these holiday workshops will make busting boredom easy. They are a great way not only to stimulate, develop and encourage your child’s creativity, but also to learn new crafts while having oodles of fun. Parents who would like to participate with their children are invited. Different functional items will be made by hand in each workshop. All craft classes are suitable for children five years of age and older. An experienced artist and crafter will present the workshops and materials will be provided. Today, 09:00 to 12:00: Personalised notebook: Learn how to sew bind your own notebook and decorate the cover with a unique lino print. The cost for each workshop is R50 per person and all materials will be provided. Booking is essential as only a limited number of participants can be accommodated. For additional information and bookings contact Yolanda Els on 051-011-0525 (ext. 611) or yolanda.els@nasmus.co.za. S Malboer en ander met begeesterde digkuns om 20:00 in die Aasvoëlklub.
SONDAG 8 DESEMBER S Bacchus Nel en Vriende tree op Sondag 8 Desember van 11:30 af in Slightly Nutty op. ’n Kaar- tjie van R50 sluit ’n verwelkomingsdrankie in. Etes tussen R40 en R80 per kop word bedien. Bespreek plek by Rudi by 083-432-9927. S Dr. André Oostenhuizen lewer sy afskeidspreek in die NG kerk Noorderbloem. MAANDAG 9 DESEMBER S Gekanselleer: Die Kersfeesliggiebus sal nie meer in Bloemfontein ry nie, het Elna van der (elnaballet@mweb.co.za) laat weet. TUESDAY, 10 DECEMBER
’n Boeremark word elke Saterdag van 06:00 af op die Bewarea-terrein in Langenhovenpark gehou. Daar is vandag van 17:00 af ’n spesiale Kersmark met Manie Jackson as gaskunstenaar. Toegang is gratis. S Dr. André Oostenhuizen lewer sy afskeidspreek vandag in die NG kerk Hugenoot. Hy en sy vrou, Elize, was 25 jaar ’n leraarspaar van dié gemeente. MAANDAG 2 DESEMBER S Skenk bloed tussen 10:00 en 18:45 in die Victorian Squareskenkersentrum. Bel 051-447-7276.
CD-bekendstelling deur Brendan Peyper by die Hoërskool Jim Fouché vanaand om 19:00. Kaartjies kos R30 (volwassenes) en R20 (kinders). Bespreek plek by 072-222-1771.
TUESDAY, 3 DECEMBER S New Moon, 02:22. S Nelson Mandela: Kunswerke uit verskeie versamelings tot 19 Januarie by Oliewenhuis-kunsmuseum te sien. S Aansoekvorms vir stalletjies op die Vryfees se kunstemark sal van vandag op vryfees.co.za beskikbaar wees. Die sperdatum is 20 Maart en die kontakpersoon is Atie Kamper by
atie.kamper@volksblad.com. WOENSDAG 4 DESEMBER S Laaste amptelike skooldag van die jaar in die Vrystaat. S It is the last day of school for the third term of independent schools. S Amateurs for Charity om 20:00 in die Aasvoëlklub. SParis in the Springtime (cabaret show), 21:00, Diamond
S Kerkkantoor van Klipkerk sluit tot 3 Januarie. S The Sculpture Park (Oliewenhuis), comprising 16 sculptures by various South African sculptors, is the only one of its kind in the Free State. The African Carousel focuses on introducing children to the concept of art in an unintimidating, fun way. Have a look at www.nasmus.co.za. S Nelson Mandela: Kunswerke uit verskeie versamelings tot 19 Januarie in Oliewenhuis. WOENSDAG 11 DESEMBER S Radio Kalahari-orkes om 20:00 in die Aasvoëlklub.
Oase DIE volgende aanhalings bly Marguerite Vermeulen, wat haar Grad24-internskap by Media24 in Bloemfontein doen, oor die jare heen by:
S In my hoërskooljare het ’n onderwyser ons geleer wat is modale hulpwerkwoorde. Kan, moet en behoort. Ek het dit só onthou: Jy kan enigiets doen. Nee, dit beteken nie jy moet of behoort dit te doen nie. S In my kamer was opgeplak: Sukses word nie aan ’n prestasie gemeet nie, maar aan hindernisse wat jy
PURPLE RAIN: Vanweë die temperatuurverskil blom Bloemfontein se jakarandas ’n paar weke ná Pretoria s’n. Dié bome in Surreystraat, Heuwelsig, het ’n pers kombers oor die sypaadjies gegooi nadat ’n bui reën vroeër die oggend uitgesak het. Foto: Jens Friis
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013 5
oorkom het om jou doel te bereik. Ek dink dit was van John C. Maxwell. S Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. – Deuteronomium 6:4 S Your ways are higher than our ways, and the plans You’ve made are always good and true. If You say step out on the water, and they say it can’t be done. I’ll fix my eyes on You and I will go. – If You Say Go van Rita Springer
Marguerite Vermeulen
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013
Fokus op Preller Sentrum
Nuwe jas vir ou bekende DRIE jaar gelede het die eienaars van die Preller Sentrum besluit om dié gebou uit die 1950’s ’n voorkoms-opknapping te gee. Sm!t-argitekte is genader en wat aanvanklik as ’n vinnige “mooimaak-oefening” begin het, het ná ondersoek mettertyd ’n lewe van sy eie gekry en uitgebrei tot ’n drie jaar lange bouproses. Maar dié omvangryke opknappingsprojek het beslis vrugte afgewerp en die kliënte, Marina Fourie en Lynette de Beer, behoort in hul noppies te wees. Dié gebou het vroeër aan hul ouers, George en Piekie Abraham, behoort. Die nuwe Preller Sentrum bied kleinhandelpersele op die grondvlak en kantoorruimtes op die eerste vlak. ’n Wye verskeidenheid winkels word hier aangetref waar jy tuisgebak kan aanskaf, inkopies doen by ’n KwikSpar en aansit by verskeie eetplekke. Die kantoorruimtes word gebruik deur van prokureurs, versekeringsmakelaars tot risiko-konsultante. Enkele kantore is nog beskikbaar. Huurders word verseker van 24 uur-sekuriteit, veiligheidsdeure, interkomstelsels, asook motor-hysers wat veilige koelteparkering bied. Met die dakparkeerplekke vir die huurders wou die bestuur soveel parkeerplek moontlik vir kliënte op straat beskikbaar stel. “Die Preller Sentrum poog om net die heel beste vir al sy huurders te bied. Sy ligging in
die noordelike voorstede van Bloemfontein maak van hierdie juweel ’n aanwins vir ons stad,” sê Loren Ramos, die sentrumbestuurder. Sy kan gebel word by 082-497-1133 of 051-436-3969. “Wat die publiek die afgelope drie jaar gesien het as ’n klein gesigsontrimpeling aan die ou Prellerplein (Spar-gedeelte), is bloot die spreekwoordelike oortjies van die seekoei wat uitgesteek het,” sê Jan Smit, die argitek. “Die groot werk lê aan die agterkant van die nuwe fasade: die omskepping van die straat agter die gebou in ’n eenrigtingstraat, ’n nuwe parkeerblad op die eerste vloer vir huurders om die verkeersprobleem te help verlig met nuwe motor-hysers, algehele opknapping van kantore op die eerste vloer, die vervanging van die afgeleefde, gevaarlike elektriese bedrading en die aanpassing by nuwe brandregulasies. “Weens die hoeveelheid plek wat ’n oprit vir dakparkering sou neem, is besluit om twee motor-hysers in Suid-Korea te laat bou, in te voer en te installeer. Dit is sover bekend ’n eerste vir die Vrystaat. “Huurders kan binne hul motors bly sit, terwyl hulle na die eerste vloer opgehys word. Om hierdie rede, asook die opknapping van aflaaisones vir vragmotors aan die westekant, is die gevaarlike straat agterom die gebou deur vervoer- en siviele ingenieurs in ’n nuwe eenrigtingstraat omgeskep.”
Die straat agter die Preller Sentrum soos dit gelyk het (links) en soos dit nou lyk.
Vir inligting oor die Preller Sentrum, bel Loren Ramos, die sentrumbestuurder, by 082-497-1133 of 051-436-3969.
Hysers (sien die twee groot deure) in dié rooibruin toring sal huurders se motors na die dakparkeerplekke bring. Huurders kan net toegang kry nadat hul selfone opgestel is. Foto: Loreal Eloff
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013 7
Fokus op Preller Sentrum
Bied goeie waarde Van versekeringsmakelaars en risiko-konsultante tot prokureurs maak gebruik van die kantore in die Preller Sentrum. Aan die huurders word 24 uur-sekuriteit, veiligheidsdeure, ’n interkomstelsel en veilige onderdakparkering op die sentrum se dak gebied. Enkele kantore en kleinhandelpersele is nog beskikbaar. Bel Loren Ramos, die sentrumbestuurder, as jy belang stel by 082-497-1133 of 051436-3969.
Argiteksvoorstellings: Justus Liebenberg
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013
Fokus op Preller Sentrum
Die nuwe Preller Sentrum soos van die oostekant gesien. Foto: Jan Smit
Werk hier byna klaar Jan Smit
DIE benadering van Sm!t-argitekte met die voorkoms was om die vorige post-moderne groen fasades te moderniseer en ’n vars, nuwe gevoel met pleister en verf en ’n nuwe staalfasade op die grondvlak te gee. Dit was ook nodig om die oostelike kantore op die eerste vlak van die skerp oggendson met sonskerms te beskerm. Die ongelyke sypaadjie is opgeknap met ’n nuwe afwerking en staalstoepfasade wat ook meer plek vir restaurantsitplek maak. Die meeste winkels en kantore se interieurs is grotendeels oorgedoen. Om die kommersiële aard van die gebou te beklemtoon is twee advertensietorings suid en noord opgerig en die letterwerk van alle ondernemings sal gelyksoortig op die sypaadjie-afdak aangebring word. Buiten die goedkeuring van die wysigings aan die gebou en straat was die grootste stuikelblok om te oorkom die kwessie dat bouwerk moes voortgaan terwyl huurders steeds in hul winkels ongesteurd moes kon sake doen. Soms moes huurders selfs tydelik verskuif word, maar hopelik is die bouproses voor die einde van die jaar voltooi en kan die nuwe Preller Sentrum met ’n nuwe baadjie ’n volgende fase van sy bestaan betree.
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013 9
Fokus op Preller Sentrum
Vind baat by nuwe parkeervlak Binnekort sal besoekers aan die Preller Sentrum agterkom dat die parkeerprobleem aansienlik verlig is in die omringende strate vanweë ’n splinternuwe parkeervlak vir huurders se motors op die eerste vlak. Dié vlak is bo-oor die bestaande agterwerf en Spar gebou.
Foto: Loreal Eloff
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013
Focus: Splash Restaurant
Vibrant splash of fun and food A WELL-PREPARED meal and a satisfied customer are to the chef what a standing ovation is to an actor, Andreas Polydorou, the owner of the Splash restaurant believes. SPLASH is an established restaurant located at 12 Graaff Reinet Street (next to Sentraal High School’s sports grounds). Its location within the mall means that it is a convenient place to stop for a meal, especially after a day of shopping. Furthermore, there is plenty of parking nearby. Splash was opened in October 2011 and the owner, Andreas Polydorou, envisioned a restaurant where classical and modern touches are combined in the décor. Walking into Splash, you’ll notice the wooden laminated flooring, the sleek black dining chairs and the conservative colour of the walls. However, glancing around the room, your eyes will be drawn, too, to the wacky touches such as the extrahigh-backed silver sofas flanking certain tables along the edges of the room, the mirror mosaic on the wall and the splashes of bright colours which give the restaurant its name. Overall it is a vibrant spot which, in many ways, realises Andreas’ vision of
BLOEMNUUS is op Facebook. Soek ons blad en “like” dit – nes 3 100 ander vir wie Bloemfontein na aan die hart lê.
The Splash restaurant is situated at 12 Graaff Reinet Street, Dan Pienaar. See ad at the bottom of this page. Photo: Jens Friis
classic-cum-modern style. This approach to the décor is reflected in the menu which is divided into sections: starters, salads, vegetarian, seafood, poultry, char-grill, chef’s specialities and the classic pasta and burger options. There is also a kids’ menu. Given a choice, the owner opts for three courses: the prawn à la bacon (prawn wrapped in bacon, grilled in a lemon herb spice with Cajun sauce), the ostrich fillet (served with a sauce conjured from jalapeños, olives and peppadews infused with lemon, olive oil and herbs) and crème brûlée. He recommends that you try this too.
The bill R120: Escargot rump R115: Fillet marsala R55: Greek salad R17: Castle Lager R16: Spring 330 ml R15: Water 500 ml R19: Red Grapetizer R16: Coke Zero 330 ml R392: Total R48: Tip R440: Tip + Total Splash Restaurant Bloemfontein 051-436-0296
Rotterdam bekoor Ons mense in die vreemde CHARLOTTE POTGIETER, ’n oudleerling van Willem Postma en Sentraal, woon al 21 jaar in Rotterdam. “Ek het st. 8 tot matriek deur die Sukses-kollege gedoen. In skooltyd het ek viool geoefen en in die aande in die Sukovsorkes gespeel, en in die Consortium Musicum onder leiding van Derek Ochse. Ek was ook die leier van die Vrystaatse Jeugorkes.” Sy het Theonie Kok meer oor Rotterdam vertel.
Die oud-Bloemfonteinse violis, Charlotte Potgieter, woon in Rotterdam waar sy leier van die Rotterdams Philharmonisch Orkest se tweedeviool-groep is. Op die agtergrond is die Erasmusbrug oor die Nieuwe Maas-rivier in Rotterdam. “Die foto is geneem van die balkon van die penthouse van New Orleans, die hoogste ‘woontoren’ (woonstelblok) van Nederland. Ek het vir die opening gespeel.” Foto: Verskaf
Hoe het jy in Rotterdam beland? Nadat ek my BMusgraad aan Wits voltooi het, het ek met ’n Jim Joël-beurs in Utrecht, Nederland, kom studeer. Ek was op die regte tyd op die regte plek en is ná drie maande gevra om in die Rotterdams Philharmonisch Orkest as ekstra te speel. Ná ’n paar maande het ek ’n oudisie gespeel. Ek was agt jaar lid van die eersteviool-groep en is nou al amper 12 jaar leier van die tweedeviool-groep. Wat doen jy nog? Ek is deel van ’n kamer-orkes, tussendeur ’n solis en ’n coach by Codarts, ’n konserwatorium hier. Ek is sedert 2006 ’n lid van die World Orchestra for Peace. Die lede kom so een keer ’n jaar van oor die wêreld heen vir ’n paar konserte bymekaar en maak saam musiek, elke keer in ’n ander land. Só het ek al saam met leiers van die London Symphony, die Berliner, die Wiener en ook toporkeste in Amerika gespeel. Ek speel ook as konsertmeester in die Rotterdam Philharmonic Strings wat bestaan uit lede van die Rotterdams Philharmonisch Orkest. Ek werk saam met dirigente soos Simon Rattle, Valery Gergiev, Yannick Nézet Séguin en Gustavo Dudamel. Waar woon jy en hoe lank is jy al daar? Ek is al amper 21 jaar in Nederland. Ek woon aan die rand van Rotterdam in ’n pragtige, groen buurt naby die Rotte-rivier. Hoe sou jy sê verskil die kunste daar van in Suid-Afrika? Ek weet min daarvan omdat ek so lank al uit SuidAfrika weg is. Ek kan wel sê dat ek wonderlike musiekopleiding in Bloemfontein ontvang het. In Europa is kultuur ook
maar onder druk. Politici het ander voorkeure en orkeste moet steeds meer en meer maniere vind om self geld te maak. Dit is wel so dat Nederland op die voorpunt is van ontwikkeling binne die hedendaagse musiek, sowel as in stylmusiek uit die Barok- en klassieke periode. Die Nederlandse musieklewe is interessant en baie divers. Het daar al vreemde goed met julle tydens ’n uitvoering gebeur? Ons het jare gelede ’n middagkonsert vir blindes gehou. Sommige het hul gidshonde saamgebring en ’n paar van dié honde was baie musikaal en het lekker saamgesing. Het jy maklik aangepas? Die eerste paar jaar was nie so maklik nie. Dit neem tyd om die manier van doen van ’n ander kultuur te verstaan en om deel daarvan te word. Die Nederlanders is baie gasvry en warm, maar op ’n ander manier as Suid-Afrikaners. My kinders word hier groot, die onderwysstelsel en die kultuur is anders. Wat maak dit beter of slegter? Ek dink elke land het voor- en nadele. Ek kan nie sê
dat die een beter as die ander is nie. Dis net anders. Ek mis Suid-Afrika amper daagliks wat sommige goed betref, maar ek hou van die lewenstyl in Nederland en dat die res van Europa so maklik bereikbaar is. As ek ooit terug sou gaan na Suid-Afrika sal ek weer in Bloemfontein wil woon. My hart is in die Vrystaat. In Nederland is daar baie reëls, alles is dus baie goed georganiseer. Dit is nodig met so baie mense op so ’n klein oppervlakte, maar ’n mens mis die relatiewe vryheid en die ruimte van Suid-Afrika. Enige interessante en vreemde tradisies en gebruike? Die Nederlanders eet slaptjips met mayonnaise in plaas van tamatiesous. ’n “Patatje oorlog” is slaptjips met kerriesous, grondboontjiebottersous, mayonnaise en rou, gesnipperde uie. Tradisioneel word kinders tuis gebore en daar word ná die geboorte “beschuit met muisjes” geëet. Dit is ’n soort Ouma-beskuit, maar rond en plat met botter en versuikerde pienk en wit of blou en wit anyssaadjies. Hoe verskil die mense van Rotterdam van Bloemfonteiners? Dit is so ’n moeilike vraag, want oral waar ek mense teëkom, sien ek ooreenkomste. Interessante sê-goed? Nederlands, Vlaams en Afrikaans is naby mekaar met subtiele verskille. Soms beteken dieselfde woord iets anders en partykeer weet ek nie meer of iets nou Nederlands of Afrikaans is nie. Nederlanders vind Afrikaans “een grappig taaltje” en die omgekeerde is ook waar. “Doe even normaal.” As ’n mens fietsry, gaan ’n mens “fietsen”. “Mijn kinderen fietsen naar school.” Ná al die jare is dit steeds vir my mooi.
Hoe leef jy jou kultuur as Suid-Afrikaner daar uit? So nou en dan braai ons lekker. Gelukkig woon my beste vriendin uit die laerskool ook in Nederland en sien ons mekaar gereeld. Sy is ’n chemikus. Watter raad het jy vir ander wat dit oorweeg om elders te gaan woon en werk? Bou ’n sosiale netwerk op waar jy woon. Jy kan jou maklik isoleer. Watter lewensles het jy daar geleer? Die Nederlanders is reguit in hul kommunikasie. Ek het geleer dat dit nie onbeleef is nie, maar juis duidelikheid verseker en ook dat dit belangrik is om grense daar te stel. ) Besoek www.bloemnuus.co.za om na uitvoerings deur die Rotterdams Philharmonisch Orkest te luister.
Gunstelinge Gunsteling-gereg: Ek is mal oor rou haring met gesnipperde uie. Dit word voor jou skoongemaak. Die kop kom af, maar die sterttjie bly sit. Jy gryp die vissie aan sy stert, doop dit in die uie, gooi jou kop agteroor en eet so uit jou hand. Gunsteling-eienskap van die inwoners: Duidelikheid en regverdigheid. Slegste eienskap: Nederland is baie demokraties. Dit is ’n goeie eienskap, maar soms gaan dit vir my baie ver. Gunsteling-plek wat jy besoek of besoek het: Ek hou daarvan om klein, ou dorpies te ontdek. Daar is so baie mooi dorpies in Nederland, byvoorbeeld Veere.
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013 11
12
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013
Getroud
Chezel en Herman Claassens (Vanilla Sky).
André en Shadia Theron.
Foto: Eye Candy
Foto: Eye Candy
Lieb en Lindy Weyers (Florisbad).
Foto: Go Urban
Zelda en Marius van Straaten (Leopards & Lace).
Foto: Eye Candy
STUUR gerus ’n foto van jou troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Dit moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is te sien op bloemnuus.co.za.
André (Badie, 85) en Maude Badenhorst (gebore Steyl, 88) is op 15 Desember 1951 deur ds. Z.B. Loots in die Klipkerk in die huwelik bevestig. Hulle is dus oor enkele dae 62 jaar getroud. Hulle het vier seuns, André, Gerhard, Anton en Riaan. Badie was tot sy aftrede 43 jaar aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verbonde. Hulle woon die afgelope 11 jaar in die Serenitas-aftreeoord.
Chireze en Jacques Barnard (The Willows).
Foto: TM Photography
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013 13
1994: The H.F. Verwoerd Dam is to be renamed the Gariepdam with immediate effect, Water Affairs and Forestry announces in Pretoria. The names of 11 other dams are also changed to indigenous names.
Today in history 1787: Louis XVI declares an edict of tolerance, granting civil status to Protestants. 1810: The British lands a major force on l’Ile de France and captures the island from the French. They revert to the name Mauritius. 1922: Archaeologists announce they have found fabulous treasures in the tomb of Tutankhamen in Egypt. 1924: Italian composer Giacomo Puccini dies before he could complete his final opera. Turandot was finished by Franco Alfano. 1961: Nasa launches a chimpanzee named Enos into earth orbit.
1969: John Lennon is convicted of possession of cannabis and fined $360 in London. Yoko Ono, arrested with Lennon on 18 October, is cleared of charges. 1995: Archbishop Desmond Tutu is appointed as chairperson of the Truth and Reconciliation Commission. 1997: The South African rugby team beats England 29-11 in Twickenham. 1998: Three overseas tourists are killed in a bus accident on the Robinson Pass. 2004: The reigning Tri-Nations champions, Springboks, beat France to the team of the year award. Jake White is named coach of the year.
14
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013
Wie bly langste in huis? BLOEMNUUS het verlede week gevra: Wie bly die langste ononderbroke in dieselfde huis? Die soektog duur voort en jy kan daaroor skryf na jens.friis@media24.com. Intussen het die terugvoering reeds ingestroom van geswore Bloemfonteiners. Weens ’n gebrek aan plek kan ons ongelukkig nie die week al die briewe plaas nie. Volgende week verskyn nog. S Karen Cronjé het geskryf haar ouers, Kalie en Toekoe Cronjé, bly op 12 Desember reeds 48 jaar in dieselfde huis. Hulle is op 11 Desember 1965 getroud en het die volgende dag by Versterstraat 20, Universitas, ingetrek. Karen bly steeds by hulle in die huis. “Met kort tussenposes het ek die nes verlaat, maar elke keer teruggekom.” S John Torrance van Paul Rouxstraat 67, Dan Pienaar, het in 1955 gebou en ingetrek. “Ek het twee jaar elders gebly, maar die huis het heeltyd aan my behoort.” S Alida en Dennis Hiten van Pasteurrylaan 46, Hospitaalpark, bly reeds 52 jaar in hul huis. Hulle het in 1961 daar ingetrek. Dennis (80) woon sedert sy geboorte in Bloemfontein en het nog nooit in ’n ander dorp of stad gebly nie. Dieselfde geld Alida (61). S Frieda Erica Pretorius het 27 jaar gelede in Blok E van die Brandwag-woonstelle (agter Bloem Gate) ingetrek. “Hoewel dit nie ’n rekord is nie, is ek verheug dat ons onlangs die eerste keer sekuriteit gekry het: ’n sterk heining en sekuriteitspersoneel by die hekke. Dit is nou baie veiliger.” S Hawie en Ria Havenga se blyplek die afgelope 47 jaar en 6
maande is Jim Fouchélaan 76, Universitas. “Ons is steeds lidmate van die NG kerk Universitas. My broer en sy vrou was die eerste bruidspaar wat in die kerk getroud is nadat dit voltooi is,” vertel Ria. “My skoonvader was destyds ook op die boukommissie van die kerk en het in Pres. Paul Krugerlaan 76 gewoon. Toevallig dieselfde straatnommer as ons s’n en dit het verskeie kere die poskantoor met ons pos laat kopkrap. Skoonpa se onderneming, Hawies Eng, bestaan sedert 1957. “My man was in die 1960’s die eerste atleet wat in die Vrystaatstadion 6’6” hoog gespring het. Die Volksblad het altyd verwys na Fanie Havenga. Hy het ook aan verspring en driesprong deelgeneem. “Ons kleinseun SJ Havenga (17) speel rugby vir die Hoërskool Sentraal en was die afgelope seisoen in die Cheetah se o.17-span. S Jakkie en Jannie van der Watt het Junie 1968 hul intrek in Thomsonweg 15, Westdene, geneem. Hul seun Jaco was toe 11 maande oud. Jaco is nou al 45 jaar oud en woon op Bethlehem. Hulle het twee keer aan die huis aangebou en ná al die jare beoog hulle om nog ’n ruk daar te bly. Jannie is in 1938 gebore en die huis is toevallig in dieselfde jaar gebou. Hulle is dus ewe oud. Jakkie en Frikkie van Rensburg (oor wie Bloemnuus verlede week berig het), het toevallig albei in Jasmynlaan, Wilgehof-Wes, gebly toe hulle kinders was. S Melinda Rossouw bly Januarie 55 jaar in Heberdensingel 18, Hospitaalpark. “Ek het ’n foto wat destyds in The Friend was waar my oorlede pa, Frans Albertus Stephanus (Frans) Rossouw, ’n petisie geteken het om die straat geteer te kry.
Elizabeth en Sarel Venter. “Ons huis was een van die eerstes in die Singel. My ma, Hester Johanna (Hetty) Rossouw, het ná my pa se afsterwe in 1974 die huis op haar naam gesit en ná haar afsterwe in 2010 het ek en my broer, Andrew Rossouw, die huis gekoop. Dit is dus nog een familie wat al die jare hier bly.” Melinda en haar tweelingsuster is op 15 Desember 1959 daar gebore “en twee weke later was dit die groot haelstorm wat Bloemfontein getref het”. Die huis lyk nog baie soos in 1959 “behalwe dat die voorstoep nou toegebou is en die kombuis het nuwe kaste gekry – ek het foto’s van toeka tot nou. Die heining is veiliger gemaak en so ook die deure en vensters. Die badkamer is nog net soos in 1959.” Rilee Rossouw, die Knights se kolwer, se oupa en ouma het hier gewoon. S Willemien Smuts van Generaal Cronjéstraat 21, Dan Pienaar, woon sedert 1963 daar. “Dit het destyds ’n appel en ’n ei gekos. Die aanbouings het meer as die huis gekos. Ek en my man, wyle Tobie, het vyf kinders gehad
Die Venters se huis in Fichardtpark. en die huis moes oor die jare vergroot word.” S Hein Kuntzman se familie het die huis in Poolestraat 12, Brandwag, op 9 Julie 1971 betrek – en hy woon steeds daar. “Dié woonbuurt is sekerlik een van die stilste, boomrykste en aangenaamste buurte in Bloemfonteinom in te woon. Boonop is jy loopafstand van inkopiesentrums, hospitale en skole. Brandwag se karakter het oor die jare verander: ten goede (met al die nuwe ontwikkelings aan die westekant van Bloemfontein) en ongelukkig ook ten slegte weens die klomp studentehuise wat soos paddastoele verrys het. Dit het ons huise se waarde baie laat verswak. Maar ongeag daarvan het ek (en ek praat namens my bure ook), geen planne om ons huise te verkoop nie hoewel ons al heelwat aanbiedings van eiendomsagente ontvang het.” S Sarel Venter vertel hy en sy vrou, Elizabeth, woon nou 42 jaar en byna 9 maande in hul huis by De Jagerstraat 30, Fichardtpark. Hulle het op 1 Maart 1971 daar
ingetrek. “Louis Sander het ons huis gebou nadat ons in Oktober 1970 ons erf, 13650, gekoop het; op ’n erweveiling in die stadsaal. Ons aansluiting vir elektrisiteit was die 17de een in Fichardtpark. Daardie tyd was die strate ook nog nie geteer nie. “Ons middelste dogter Lidia (nou Hendriks), was kort daarna die eerste baba van Fichardtpark. Sy is op 14 Mei 1971 gebore en toe ek haar geboorte by Binnelandse Sake gaan registreer het en haar naam in ’n groot en dik boek opgeskryf word, het ek dit vasgestel. Sy is op haar sussie, Anlie, se tweede verjaardag gebore. Ons gesin was die eerste lidmate van die Gereformeerde kerk wat in Fichardtpark ingetrek het en ek was die eerste ouderling van die eerste wyk in Fichardtpark. ’n Paar jaar later, in 1979, toe hier genoeg lidmate was, is ons gemeente, Bloempark, van Suidheuwels afgestig. Frikkie van Rensburg (sien verlede week se berig) is ’n oud-kollega van my van Die Volksblad en ons het op dieselfde dag, 1 Desember 1964, nou amper 49 jaar gelede, by die koerant begin werk.
Focus: Somerton Residential Development
Conserving, not just developing THE Somerton Residential Development lying on the green strip of the Seven Dams near Bloemfontein, is regarded as “the last of its kind” development for Bloemfontein. This is a low-density, up-market residential development with 80 residential erven, four townhouse erven, an office park and boutique hotel, two large open spaces, developed in natural surroundings with environmental responsibility to conserve and not just develop. Somerton Estate, one of
the last developments on the northern side of town, is situated in an affluent area of Bloemfontein. The development boasts with a green belt that to the west and the north of the game farm with antelope, giraffe and a herd of buffalo. The development’s location is a definite plus. Two kilometers to the south you will find a shopping mall, and one kilometer to the north, the N1 High way. Situated in a valley surrounded by hills, the area is sheltered from noise and pleasant to the eye. The
owners of the Somerton Estate aim to provide a well-positioned, secure environment with the emphasis on conserving and not just developing: S As part of our “green footprint” our professional team of architects will encourage and guide residents to build green, thereby being part of our global responsibility to save water and electricity. S Homeowners will be members of the establishment of the Somerton Homeowners Association. S Security 24 hours per day.
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013 15
Eenhede byna klaar RIVERDALE is ’n nuwe sekuriteitskompleks met 43 eenhede wat uit 13 tweeslaapkamer- en 30 drieslaapkamereenhede bestaan. Al die eenhede het twee volledige badkamers, ’n dubbelmotorhuis en ’n ingeboude braaiplek op die stoep met ’n hortjiesdak. Die eerste eenhede sal in Februarie voltooi wees. Reeds meer as 50% van die kompleks se eenhede is al verkoop. Pentagonpark, waarin die kompleks geleë is, is ’n stil omgewing en die ingang van die kompleks is in ’n cul-de-sac. Die kompleks is 2 km van die Northridge Mall en 2 km van Prellerplein af. Kom Sondagmiddag na die skou en vergewis jou van die vyfster-afwerking en lae onderhoudswerk. S Sien advertensie op die bladsy.
16
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013
Matrieks kan wen met foto’s
PICK A
FRAME FOR EACH OUTFIT AFTER YOUR 1ST SPECTACLE PURCHASE - BUY AS MANY FRAMES AS YOU LIKE & GET THE LENSES FREE Ts & Cs apply.
SÓ gewild is die matriekafskeidfoto’s in Bloemnuus dat dit tot ’n kompetisie met pryse van R5 000 gelei het. “Verlede jaar het Bloemnuus matriekafskeidfoto’s geplaas, maar die gehalte is heelwat beter en die getal is vanjaar aansienlik meer. “Daarom die besluit om ’n Matriekafskeidfoto van die Jaar aan te wys vir 2013,” sê Jens Friis, redakteur van Bloemnuus. ’n Meetbare bewys dat die foto’s gewild is, is die aantal likes wat dit op Facebook ontvang. “Sodra dié foto’s op Bloemnuus se Facebookblad gelaai word, word die lede aansienlik meer.” Al die foto’s wat reeds ontvang is, sal ook in ag geneem word. Jy het nog vir oulaas tot Maandag 2 Desember kans om jou in te skryf. Stuur ’n jpg-foto van jou onlangse matriekafskeid na
www.execuspecs.co.za | 0860 109 289
ExecuspecsSA We accept the following cards and most medical aids: Edcon is a registered credit provider NCRCP 82
S Eetbewyse van R500 van Iewers Nice wat nou, buiten die een in Westdene, ook ’n restaurant by Pretty Gardens het. S Verblyf vir vier vir twee nagte van R2 000 in die Groenhuis-gastehuis op Philippolis (datum hang af van beskikbaarheid). S Twee kookboeke wat onlangs deur Human & Rousseau uitgereik is. Die matrikulant op die wenfoto wie se matriekafskeid dit is, sal die prys ontvang. Die finalisfoto’s sal in Desember aangewys word en die lesers sal ook vir die wenfoto kan stem. Gaan na bloemnuus.co.za om na foto’s by die dosyne te kyk en “like” jou gunstelinge op Bloemnuus se Facebook-blad.
JHB 44452
This offer is subject to the initial purchase of an eye test, prescription frame and lenses. Validity is for a period of two years from the date of the eye test and is subject to change. There is no limit on the number of frames one can purchase in order to qualify for the free clear lens offer. The free clear lenses must be the exact same prescription as the first purchased pair. Lens enhancements are not included in the free lens offer, but may be purchased. This offer excludes Execuspecs core offers. The 10% Cash discount qualifies for this offer. All frames purchased above the purple colour code receive Free Automatic 80% Spectacle Replacement Warranty. Offer valid from 1 November 2013.
jens.friis@media24.com. Die plasing is verniet. Die foto’s móét groter as 1 MB wees. Noem wie op die foto is, van watter skool jy is en wie die foto geneem het. Faktore wat onder meer in ag geneem sal word met die kies van die wenfoto is gehalte en oorspronklikheid en kreatiwiteit. Die volgende pryse is op die spel: S Geskenkbewyse van R2 000 van die Loch Logan-waterfront.
LAAGSTE GEWAARBORGDE
EENVORMIGE PRYS
INSLUITEND
1GB DATA PM
JOU DEEL VAN
R2-MILJOEN R139
Nokia Lumia 520 Smartphone
AL ONS KLIËNTE WORD OUTOMATIES INGESKRYF. EEN R100 000-WENNER WORD ELKE WEEK GETREK.
OP STRAIGHT UP 100*
100
MINUTE
Available at the following Cell C stores: Mimosa 084 828 0028 • Loch Logan 084 828 0612
PM x24
100
SMS/MMS
Samsung Galaxy S4 Smartphone
LG G2 Smartphone
R349
PM x24
OP STRAIGHT UP 100*
100
MB DATA
100
MINUTE
100
SMS/MMS
100
MB DATA
R389
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100
MINUTE
100
SMS/MMS
1GB
MB DATA
99c PER MIN. ON PER SEKONDE BEREKENING
99c PER MIN. ON PER SEKONDE BEREKENING
99c PER MIN. ON PER SEKONDE BEREKENING
FEATURES: 4” Supersensitiewe skerm, Kry altyd volmaakte skoot altyd met “Smart Shoot”, Gratis Stembegeleide Navigasie.
FEATURES: Verstommende 5.2” Volle HD IPSskerm, 13MP OIS-kamera met multipunt-fokus, Blitsvinnige 2.30 GHz “Quad Core” CPU.
FEATURES: Dubbelkamera, “Group Play”, “S Translator”, Samsung slim pouseer-en-rol.
SKAKEL OOR NA CELL C cellc.co.za KLIËNTE WORD INGESKRYF DEUR ’N OPROEP VIR 1 MINUUT PER DAG VIR ‘N WEEK LANK TE MAAK. VELDTOG LOOP VANAF 1 OKTOBER 2013 TOT 31 JANUARIE 2014. *RICA IN WINKEL. Aanbod geldig vanaf 1 November – 30 November 2013. Alle pryse sluit BTW in. Eenmalige SIM-en aansluitingsfooi van R114 van toepassing. Beperkinge is op hierdie produkte en promosies van toepassing. Vir hierdie beperkinge en volledige Bepalings en Voorwaardes, besoek asseblief www.cellc.co.za of vra in winkel. BF&W.
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013 17
SAVANNAH HEUSER en JJ van der Berg (Grey).
CHANTÉ VERMAAK en Chris van der Merwe (Jim Fouché).
LEANDRI ARP en Lean Jacobs (Sand du Plessis).
MIA JANSE VAN RENSBURG en Jacques Rossouw (Eunice). Foto: Sonia Small
JP NESER en Charlize van Zijl (Grey).
THEO THERON en Melene Marx (Fichardtpark). Foto: Sarika Yssel
FELESCHA VAN DER WESTHUIZEN (Jim Fouché).
FRANCOIS BOSCH en Mimi Slabbert (Grey).
Foto: Juanita Duncan
Foto: Lindie Jacobs
Foto: Juanita Duncan
KAMO NTHOBA (Hoërskool Bloemfontein).
18
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013
JOSIAH VAN ROOYEN en Keshia Murison (Grey).
JONATHAN ZEELIE en Ashley Delport (Grey). Foto: André Zeelie
SACGIO DOS SANTOS PATRICIO en Bianca Schutte (Aliwal-Noord) Foto: Myndert Schutte
IVANGELIQUE ELIAS en Romario Smith (Heatherdale).
INGE VILJOEN en Callie Malan (Fichardtpark).
DONOVAN ERASMUS en Simone Olivier (Sand du Plessis).
ANDRÉ VAN NIEKERK en Carolien van Heerden (Fichardtpark).
PULANE LETLABIKA en Keoratile Moholo (Bloemfontein South). Foto: Elsa Vermeulen
JONATHAN VAN LOGGERENBERG and Dederé Cloete (Grey). Foto: Images of Light
KAYLIN TIRABASSI en Eugene Pretorius (Eunice). Foto: Liza Crawley
REINICA DE KLERK en Christof Vosloo (Hoerskool Bloemfontein). Foto: Martie Lowings
EDUAN WEPENER en Luzelle van Heyningen (Jim Fouché). Foto: Hestelle
DIE Loch Logan-waterfront gee R2 000 se geskenkbewyse aan die wenner.
VERBLYF vir vier vir twee nagte van R2 000 in die Groenhuis-gastehuis op Philippolis (datum hang af van beskikbaarheid) is op die spel.
EETBEWYSE van R500 van Iewers Nice kan gewen word.
BLOEMNUUS, VRYDAG 29 NOVEMBER 2013 19
EIENDOMME
TE KOOP 3201
Algemene Handelaar met Wegneem-etesaak en geboue te koop. Voorraad ingesluit. Herbertsdale, Mosselbaai. 072 513 0158/081 893 9293.
PERSOONLIKE DIENSTE
BETREKKINGS
FINANSIEEL
3600
1420
GESOEK
CJK ACCOUNTANTS: For any accounting work, financials, statutory returns, estates, etc. Contact 0795223021/ cjkinfo@cjkacc.co.za www.cjkacc.co.za
3601
EK VRA HUISWERK VIR 2 DAE: DINSDAE EN DONDERDAE. KAN MOOI WERK. 076 624 8317.
GEREGTELIKE VEILING 4501
JONNYS POOL AND LAPA: Let us make you feel cool this summer: 5 x 4 pool and 4 x 3 lapa R34 000 6 x 4 pool and 4 x 3 lapa R36 000 7 x 4 pool and 5 x 4 lapa R38 000 8 x 4 pool and 5 x 4 lapa R40 000 We do marbelite pools and fibreglass. For info, contact 082 816 1942.
ALGEMENE & HUISDIENSTE TE KOOP
ROMMELVERWYDERING 1860
ALLERLEI
BOME 1655
Appelkose, ongesorteer. Beskikbaar per krat. Skakel: 083 269 3070/ 082 574 9944.
TUIN- en huishoudelike vullisverwydering: Vanaf R250 per vrag. Skakel Thys 072 391 3781.
1871
BOME SNY en tuinvullis verwyder. 40% afslag. Skakel Joubert 0832407905.
VAKANSIE & REIS
AKKOMMODASIE 2635
JEFFREYS BAY: Beautiful 2bedroom duplex still available 1 - 22 December. Mid-season rates apply. 042 293 1268/076 400 0703
NOTICE OF SALE IN EXECUTION In the Magistrate's Court for the district of Virginia, held at Virginia, in the matter case no. 588/2011 between: MATLADI SELINA MATSELA Execution Creditor and SELEPE BYL MARIBE Execution Debtor Kindly take note that a sale in execution of the under-mentioned goods which were attached on 8 April 2013, will be held on Wednesday 4 December 2013 at the Sheriff's Offices, 13 Gillespie Street, Winburg, at 09:00 or as soon as possible thereafter, by the Deputy Sheriff, consisting of the following goods: 1 x Isuzu LAW DLY 410 FS Dated and signed at Virginia on this 22nd day of November 2013. (SIGNED) RPB ERASMUS Plaintiff's Attorney First floor Suite 2 Pretium Building Herdenking Street PO Box 265 Viginia 9410 Tel. 057 212 5091 Fax. 057 212 5919 (Ref: RPBE/dl/CM105/1)
VEILING KENNISGEWING VAN LASBRIEF VIR EKSEKUSIE TEEN ROERENDE EIENDOM In die Hoë Hof van Suid-Afrika, Vrystaatse Afdeling, Bloemfontein, in die saaknommer: 2182/2013 tussen: THEMBINKOSI INVESTMENTS BK Eiser en NALEDI MUNISIPALITEIT Verweerder Geliewe kennis te neem dat ingevolge 'n vonnis verleen op 22 Julie 2013 in bogemelde Agbare Hof en in terme van 'n Lasbrief vir Eksekusie teen roerende eiendom wat daaropvolgend uitgereik is, sal die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop word aan die hoogste bieër te die Landdroskantoor, Kerkstraat 16, Dewetsdorp op 5 Desember 2013 om 11:00. Rooi Land Rover-vuurvegter (registrasienommer CZT 248 FS Wit Nissan LAV (registrasienommer DVT 978 FS (nie lopende toestand nie). Neem verder kennis dat: 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde hof. 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping te die kantoor van die Balju, Grootkloof, Smithfield. 3. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan die bepaalde voorwaardes o.a. 3.1 voorskrifte van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008. 3.2 FICA-wetgewing met betrekking tot identiteit en adresbesonderhede. 3.3 Betaling van registrasiegelde. 3.4 Registrasievoorwaardes. 4. Verkoping sal geskied te die kantoor van die Landdroshof, Kerkstraat 16, Dewetsdorp, met afslaer Hugo Pretorius. 5. Advertensiegelde teen heersende publikasietariewe en verkopingskoste volgens hofreëls geld. Geteken te Bloemfontein op hierdie 15de dag van November 2013. PROKUREUR VIR EISER PER: MNR. CLH VERTUE Gous Vertue & Ass. Ing Suite Nr. 8 Prellerplein Sentrum Graaff Reinetstraat Dan Pienaar Bloemfontein (Verwysing: CV629)
Puik jaar vir dié sportsterre Rufus Botha BLOEMNUUS het verlede week met lesers sy derde beste sportsterre van 2013 op plaaslike, nasionale en wêreldvlak gedeel. Hulle was onderskeidelik Adriaan Strauss (rugby), Hashim Amla (krieket) en Serena Williams (tennis). Hierdie week is Bloemnuus se tweede bestes aan die beurt: Nommer 2 – Plaaslik: Maryke Holtzhausen (netbal): Hierdie uitmuntende netbalspeler van Kovsies het vanjaar ’n droomjaar op die netbalbaan beleef. Sy was kaptein van die nasionale span wat in Malawi die Afrika-kampioenskap gewen het én kaptein vir die toer na Brittanje vir ’n reeks van drie toetse. Holtzhausen het haar puik leierseienskappe onderstreep en
LINKS: Maryke Holtzhausen
Foto: Charl Devenish
Suid-Afrika op die baan gelei in die driehoekige reeks teen Engeland en Trinidad en Tobago, waar Suid-Afrika as kampioen gekroon is. Dit was die Proteas se eerste sege oor Engeland in 14 jaar. Sy was ook kaptein van die Kovsie-span wat die Ussa- en Varsity-toernooie gewen het en lid van die Vrystaatspan wat die nasionale toernooi op Rustenburg gewen het. Nommer 2 – Nasionaal: Daryl Impey (fietsry): Die Tour de France is heel waarskynlik die grootste jaarlikse sportbyeenkoms op aarde en soveel as 12 miljoen toeskouers woon jaarliks dié prestige-fietswedren oor sowat 3 500 km by. Nog 3,5 miljard televisiekykers van 188 lande kyk die Tour de France en om deel te neem is reeds ’n uitmuntende prestasie. Impey het tydens vanjaar se toer geskiedenis gemaak toe hy die eerste Suid-Afrikaner en Afrikaner geword het om die gesogte geel trui as voorloper van die toer te dra. Hy het
dit boonop tydens twee skofte (sesde en sewende) vermag. Impey, die Suid-Afrikaanse tydtoetskampioen (2013), het vanjaar uitgeblink in verskeie oorsese fietsrybyeenkomste. Hy het eerste plekke in die tweede skof van die Tour of the Basque County- (Spanje) en Bayern-Rundfahrt- (Duitsland) toere behaal. Hy het ook die tweede plek losgetrap op die wêreld-tydtoetskampioenskap vir spanne. Impey was algeheel vyfde op die Eneco- (België) toer en Vuelta a La Rioia (Spanje) en hy moes in al die genoemde toere met die wêreldbestes koppe stamp. Nommer 2 – Internasionaal: Henrik Stenson (gholf): In Julie was Stenson tweede in die Britse Ope in Skotland. Hy het vanjaar die onderskeiding behaal om die eerste gholfspeler ooit te word om die PGA-toer se FedEx-beker (VSA), asook die Europese Toer se Race to Dubai-toernooi, te wen en dít boonop in een seisoen.