VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Sing en eet
Verseker
Anderland
Campbells by Sentraal op die spyskaart
Selfs Elvis se kroon kan glip
Arizona is nou Lizzie se tuiste
bl. 4
bl. 5
bl. 2
’n Ysige sprokie Jens Friis MET dié dat die winter sy ergste bibberweer vir laaste gehou het, voel dit vreemd dat Lentedag reeds volgende naweek op 1 September aanbreek. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die kwik Maandagnag tot -5°C in Bloemfontein gedaal. Dié ysige weer het egter Bloemfonteiners na hul kameras laat gryp. Maria Higgs sê hul sprinkelbesproeiingstelsel was die nag deur aan. “Die volgende oggend het ’n bevrore tuin ons begroet.” Só ’n sprokiestoneel het ook op
Hester Oosthuizen ná ’n bitter koue nag gewag. (Sien van dié pragtige foto’s op Bloemnuus se Facebook-blad.) Dit wil egter lyk asof die ergste verby is, want Maandag sal die nagtemperatuur 3°C wees – dus 8°C warmer as ’n week gelede. Aangename laatwinterweer kan die naweek verwag word. Vir Saterdag word 1/22°C voorspel en vir Sondag 1/24°C. Die aanvoelbare temperatuur sal Maandag 26°C wees. Die son kom vandag om 06:38 op en sak om 17:56. Sonskynweer en geen reën nie word voorspel.
Swaarde van ys hang aan dié geraamtebome.
Foto: Hester Oosthuizen
MET SELFOON GENEEM: Selfs met ’n selfoon kan jy deesdae ’n uitstekend foto neem. Emsie Lloyd het dié fotogeleentheid vroegoggend raakgesien nadat dié sproeiers heelnag gespuit het. Sy het dit met haar BlackBerry geneem. Emsie is die wenner van die weeklikse Leserslenskompetisie. Sy is ’n eetbewys ryker wat deur die Windmillcasinoenvermaaklik heidsentrum geskenk word. Stuur gerus trefferfoto’s wat jy geneem het na jens.friis@media24.com.
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013
Oase
DIE volgende aanhalings bly Jan Senekal, ’n Bloemnuus-leser, deur die jare heen by: S It is health that is real wealth and not pieces of gold and silver. – Mahatma Gandhi S Dit is tyd om van die paviljoen af te klim en in die skrum te druk. – Brand Pretorius S I can’t change the direction of the wind, but I can adjust my sails to always reach my destination. – Jimmy Dean S ’n Mens word oud as jou herinneringe meer is as jou drome. S Don’t ask “why”, ask instead, “why not”. – John F. Kennedy S ’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood. – Jakobus 2:26 S Even if happiness forgets you a little bit, never completely forget about it. – Jacques Prévert
Wenners
Die volgende Bloemnuus-lesers het pryse in kompetisies op www.bloemnuus.co.za gewen: S Bonnie Tyler: Karin Kersop. S Rugby-kaartjies: Janine Pretorius, Suezette Basson, Tjokkie Roux, Pieter Herbst, Lizelle van Niekerk. S David Helfgott: Marizka Taljaard.
Hierdie rooi rots is in Sedona afgeneem. Sedona is deel van die Sonoranwoestyn – ’n gebied vol van dié rotsformasies. Dié wêreld is oop en glad nie beknop nie en dele herinner aan die Karoo met sy dorre vlaktes en son wat “stilstaan”. Foto’s: Verskaf
Cowboy-karoo LIZZIE MOETI, ’n oud-Heidedaller, het ná haar opleiding in die 1980’s by die Pelonomi- en die Universitas-hospitaal gewerk en daarna in Saoedi-Arabië. “Terug by die huis was dit Mediclinic se beurt. Ek moet sê, ons verpleegsters hoef vir niemand terug te staan nie. Wat ook al by die huis aangaan, ons opleiding was nog van die beste. Ek was gedurig weg van die huis af, maar het altyd weer teruggegaan. ’n Mens verlang nie na Jo’burg of die Kaap nie – net na Bloemfontein.” Toe Lizzie in 2005 in Bahrein was, het sy ’n pos in Casa Grande, Amerika, gekry. Theonie Kok het haar uitgevra oor hul lewe in Arizona.
Ons mense in die vreemde
Wat doen julle vir ontspanning? Het julle High Chaparral gekyk? Wel, al dié Westerns is in hierdie geweste gemaak. Ek en my dogter was ’n paar keer in Tucson en het na die ou opset gaan kyk. Dít was nou vir my betekenisvol.
Waar woon jy? In Phoenix. Ek wou nie koud kry nie en ook nie meer in ’n stad met baie traffic woon nie. Phoenix is baie laid-back en dit pas my.
Het jy al bekende mense gesien? Ja, Jane Seymour was hier. Ek dink egter nie ek sal enigiemand herken sonder grimering nie.
Het jy maklik aangepas? Ek het gedink dit sou maklik wees omdat ek baie oorsee gewerk het, maar dit is ’n heel ander kultuur. Die tegnologie was ’n groot aanpassing. Ek sou so graag wou hê ons mense en kinders moet meer daaraan blootgestel word. Daar is nie ’n huis sonder ’n komper en die een of ander gadget nie. Dit is ook nie ’n luxury nie, dit is ’n moet. Kommunikasie? Ek praat goed Engels en my uitspraak is duidelik, maar genade, niemand verstaan my nie en ek verstaan niemand nie. Ek wou nie soos die Amerikaners praat nie, maar die enigste manier om nie gefrustreerd te raak nie, is om te tweng: compudderrh in plaas van computer, budden in plaas van button. Kyk, né, teen die tyd as ek kom kuier, gaan ek ’n identiteitskrisis hê. By die kerk wil almal met die Suid-Afrikaner praat. Ek moet sê, ek kry nogal baie reg met my vreemde aksent.
Lizzie Moeti woon en werk as verpleeg ster in Phoenix, Arizona. “Hier is geen pe troljoggies nie. Jy moet self jou OTM kaart swipe en gooi.” Ek dink daaraan om ’n eetplekkie oop te maak en ’n stokvel te reël. Paptert is my gunsteling, maar dit is hier moeilik om mieliemeel te kry. Ek praat Afrikaans met my vriendin van Pretoria en as ek kwaad is, is dit lekker om sommer in Afrikaans te vloek.
Hoe is die weer? Arizona is ’n woestyn, so dit is bloedig warm (meer as 40 °) en reën is min – selfs die reëndruppels is warm. ’n Vuurherd is onnodig, ek het nog nooit my jas gedra nie en jy sien amper geen grasperke nie (dit brand eenvoudig dood) so die mense is maar kunstig met tuinklippe. Hier is erge sandstorms. Daar is dan geen sigbaarheid nie en so ’n storm duur 15 tot 20 minute.
Hoe is die Amerikaners? Die mense is vriendelik, maar hou jou op ’n afstand. Jy ken dus glad nie jou bure nie. Ek verwonder my aan hulle. Dit is niks snaaks om soos ’n cowboy met jou gun rond te loop nie. Ek dink dit is hoekom almal so polite is. Netnou word jy geskiet . . . Kyk, né, en almal weet alles, want hulle “Google”.
Hoe leef jy jou kultuur uit? Deur Suid-Afrikaans te kook. Ek kook kerriekos, regte Durbankerrie. Só het ek ’n bak hoenderkerrie werk toe gevat en die orders hou nie op nie.
Hoe is die kos? Ek het nog nooit so baie beesen varkvleis gesien nie. Dit lyk asof Amerikaners bacon freaks is. As ek gedink het gammon is net vir Krismis, is elke dag hier Krismis.
Wat mis jy van Bloemfontein? Die majakatata-taxi’s, die toetery, dat as ek na Heidedal se Twin City toe gaan om inkopies te doen ek altyd iemand raakloop en land en sand gesels. Shoprite was my kuierplek. Om op die stoep te sit as dit tjaila-tyd is en vir almal te waai en groet wat verbystap. Ongenooide gaste of vriende wat inval en ’n tee of biertjie drink. Braaivleis, pap, die Heidedal-vibe en vetkoek. Sal jy ooit terugkom? Dit is die million dollar-vraag. Vir nou, nee. Ek het my morsdood gewerk by die huis om kop bo water te hou en hier is ek gemaklik. Ek stres nie oor kos of petrol nie en kan gaan vakansie hou waar ek wil. Dit het baie gebed en geloof gekos om die besluit te neem en dit was nie maklik om familie en vriende agter te laat nie. Hoe is die mediese dienste? Suid-Afrika se mediese dienste is vir my beter. Dié nasie is sue happy en medies is duur weens die hoë litigasie. Die dokters doen al wat ’n toets is – as jy van ’n kopseer kla, word ’n brainscan gedoen en alles wat daarmee gepaardgaan, want niemand wil gedagvaar word nie. Raad vir ander? Doen navorsing oor waarheen jy gaan en hoe die stelsel werk. Maak seker jy het minstens een persoon wat jy ken en op wie jy kan staatmaak – al praat julle net oor die foon. Weet hoe die komper werk. En onthou, ons almal pas verskillend aan. Die aanpassing is erg, maar raak makliker met tyd.
BLOEMNUUS, VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013 3
Ses Snare maak oop DIE groep Ses Snare het pas sy tweede DVD uitgereik en werk reeds aan ’n volgende vertoning, Net Afrikaans. Hy toer nou die land deur en op pad Kaap toe stop hy op 30 Augustus in Bloemfontein in die Aasvoëlklub vir ’n vertoning. Inge Strydom het met die groep gesels. Hoe het Ses Snare begin? Dit was ’n idee wat in ’n gesprek tussen Mel Botes en Mathys Roets ontstaan het. Die konsep (wat vandag nog onveranderd is), was om van almal se onderskeie loopbane weg te breek en musiek te maak waarvan almal hou. Akoestiese instrumente word gebruik waarin almal heel vaardig is. Wat maak die tweede DVD anders as die eerste een? Ses Snare het sedertdien al baiekeer opgetree en die groep is meer afgerond. Verder het ou en nuwe vriende hul ongelooflike musikaliteit na die opname-ateljee gebring en ’n lekker produk is só geskep. Hoe het julle as die lede besluit waar om jul DVD op te neem? Ons “tuisveld” is ’n teater in Centurion, maar dit is nie groot genoeg nie. Daarom het ons die Atterbury-teater gekies wat vir
sulke opnames ge-wire is. Dit het ’n opname- en redigeringsateljee.
en tussendeur is daar die teaters en korporatiewe geleenthede.
Julle maak gebruik van musikale swingers. Wie was almal deel van jul DVD-opname? Die swingers op die DVD was net gaste vir die aand. Die enigste swinger nou is Cobus (Diksnaar) Burger, die baskitaarspeler van die Johnny Black Band, omdat hy reeds so vertroud met die repertoir is en ook ’n multi-instrumentalis is wat elkeen van die Ses Snare se instrumente goed kan bespeel.
Wat beplan julle volgende? ’n Vertoning met na-aan-die-hartAfrikaanse liedjies, Net Afrikaans. Dit sluit al die liedjies in wat ’n invloed op elkeen van ons se loopbaan gehad het. Hieronder is musiek van Lucas Maree, Ralph Rabie, Coenie de Villiers, Koos du Plessis en Laurika Rauch.
Wat is die vreemdste ding wat al tydens jul optredes gebeur het? Wouter se voet het aan ’n los gordyn in ’n teater vasgehaak en hy het sy arm beseer en moes vinnig hospitaal toe. (Nie snaaks nie? Glo my, dit was.) Gelukkig was MD Greyling daar by ons en het hy sommer vir die aand ingespring. Waar het julle die lekkerste opgetree? Dit is moeilik, want alle optredes is heerlik, maar Newcastle en St. Lucia is so ’n kortkoppie voor. Nelspruit was ook baie lekker, of nee, wag, Oudtshoorn, of was dit nou Potch . . . Hoe gereeld tree julle op? Ons doen so drie keer per jaar ’n toer,
Jul gunsteling-liedjies om gehore mee te vermaak? Op die oomblik is dit die Beatles se musiek van ons CD Sing the Beatles, maar wie weet hoe gaan die gehore Net Afrikaans ervaar . . . Wat weet ons nie van die Ses Snare se manne nie? Ons is ’n close groepie vriende, maar nie close genoeg om geheime te deel nie. Ha-ha. As ons vertel, dan is al die misterie weg . . . S Kaartjies vir die Ses Snare se vertoning in die Aasvoëlklub is vooraf teen R95 by Kiki Corner (051-4465666) Langenhovenpark, die P n P-sentrum en by Music Inc. (051-433-3439) North Ridge Mall beskikbaar of R110 by die deur. S Kyk na ’n video van die groep op Bloemnuus se Facebook-blad.
DIE Ses Snare wat binnekort in Bloemfontein optree, is van links Pieter Smith, MD Greyling, Blackie Swart, Leon Ecroignard, Peter Hoven en Thean Kotze. Foto: Verskaf
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013
Dagboek WAT gebeur wanneer en waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 23 AUGUSTUS S Die Leef liefde-gospelfees 2013 vandag en môre om 19:30 in die NG kerk Universitas-Wes (Rooikerk). Dit kos R40 per persoon en kinders jonger as ses jaar gaan gratis in. Christine, 082441-3728.
S Until 1 September: Linear Narratives: An exhibition assembled from artworks of the Oliewenhuis Art Museum’s Permanent Collection (first floor in the Main Building). This exhibition is a visual feast of meticulously executed pen and pencil drawings, etchings and lithographs. It includes artworks by well-known South African artists such as Diane Victor, Judy Woodborne and Norman Catherine. S Leon van Nierop stel om 18:30 sy nuwe roman, Plesierengel, in Exclusive Books (Loch Logan-waterfront) bekend. Vir meer besonderhede bel Claude Geldenhuys by 051-406-7560 of skryf aan lochlogan@exclusivebooks.co.za. S Andriëtte om 20:00 in die Aasvoëlklub. Kaartjies kos R100 by die deur. Skakel 051-4465666. S Die Sharks speel om 19:10 teen die Cheetahs in Bloemfontein. Peter Mitchell is die gaskunstenaar ná die wedstryd. SATERDAG 24 AUGUSTUS S Ou Dae-erfenistoer (Vriende van die Ou Presidensie). Taaldag- kultuurhistoriese bustoer om 14:30. Parkering: Elizabethstraat, Naln. Gids: Otto Liebenberg. Koste: R50 vir nie-lede en R25 vir lede. Reza Brits, 051-522-4675 of 082781-7926. S Die Bergklub van Suid-Afrika (Vrystaat) gaan stap in Thaba Patswa by Tweespruit. Die groep vertrek om 07:15 uit Bloemfontein. Marius Oosthuizen, 083-262-3636. S Boeremark, Langenhovenpark, van douvoordag af. S Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers vind vanjaar op Saterdag 24 Augustus in die Ouditorium van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) plaas. Lelani Fourie, 073-3883377. S Die Campbells en ’n potjiekosete om 18:00 by die Hoërskool Sentraal: Sportingang. Kontantkroeg, eie eetgerei en stoele. Toegang: R150. Skakel 051-410-1800. S Kruger Band se Johnny Cash Tribute by die Meerkatkolonie, Langenhovenpark. Made-
DIE Reitzkamerwonings se 65jaarreünie vind die naweek plaas. Kontak Christo Dippenaar by dippies@cjd.co.za. lein, 079-387-3614. S Brandkop-bewarea-bergfietsren: Vertrek tussen 06:30 en 08:00 van die Haldon-gastehuis, Kwaggafontein, nadat jy jou ingeskryf het. Die wedren begin om 08:15. Verskeie afstande tussen 8 km en 51 km kan aangepak word. Dit is ook moontlik om vooraf jou plek te verseker by www.fscycling.co.za. Die Brandkop-bewarea wil die gebied se fauna en flora bewaar en ’n buitelug-ontspanningsplek vir Bloemfonteiners skep. Etienne van Niekerk, 082-800-0440. S Die Kiepersol-tuinbouklub kom om 09:30 by die NG kerk Onze Rust, Hotzhuizenstraat, Genl. de Wet, byeen om te besin oor hoe om waterbesparend tuin te maak. Die spreker is Coen Bezuidenhout. Prof. Tiney Krause, 051436-6669. SONDAG 25 AUGUSTUS S Jan de Wet is vanjaar se gaskunstenaar van die NG kerk Brandfort se gospeldiens by Trihunt. Kaartjies kos R70 en sluit ’n steak-ete in. Dit is te kry by die NG kerk-kantoor, 051-8211102, of bel Nellie Schutte by 074-888-1346. Bring jou eetgerei en stoele saam. Die diens begin om 09:30 en daarna kuier almal saam onder die bome tot die ete om 12:00. Tri-hunt is presies 30 km van Bloemfontein af op die Brandfort-pad. Die afdraai na die reservaat is ongeveer 3 km ná die Brandfort-tolhek. S MTV Video Music Awards 2013 Live. Dit is vier jaar laas in New York gehou en vanjaar vind die Video Music Awards in Brooklyn plaas. MTV om 03:00, kanaal 130. MAANDAG 26 AUGUSTUS S Skenk bloed tussen 10:00 en 18:45 in die Victorian Square-skenkersentrum (President Reitzstraat en Tweede Laan). Skakel 051-4477276. S Regstreekse uitsending van die tennisseisoen se finale Grand Slam-toernooi, die Ameri-
kaanse Ope. ESPN, kanaal 230. S Come dine with me VII. Jy weet wat op die spyskaart is: Vreemdelinge kry elkeen die kans om die ander om die beurt vir aandete te onthaal. Aan elkeen word punte toegeken en die wenner kry ’n kontantprys. BBC Lifestyle om 19:00, kanaal 174. TUESDAY, 27 AUGUST S U3A Art Club, 10:00. Arrie Kuijers will continue his lectures at his gallery, 28 Coligny Road, Park West. A.M. Lötter, 072-768-2699. WEDNESDAY, 28 AUGUST S Krishna Janmashthami, Hindu Festival. S Until 1 September: Additions to the Permanent Collection 2012 & 2013 (first floor in the Main Building). An exhibition of artworks acquired recently for the Oliewenhuis Art Museum’s Permanent Collection may currently be viewed in the Main Building of the Art Museum. This includes purchased artworks, as well as those donated to the Oliewenhuis Art Museum. South Africa has produced a number of celebrated artists whose work have become highly regarded both locally and abroad. This exhibition, which includes artworks by Roger Ballen, Antonia Steyn, Helena Hugo and Manfred Zylla, showcases a diverse range of styles and media, and includes photographic works. S Sharon Walker’s School of Gardening. The next course starts today. Classes take place every Wednesday from 09:30 to 12:30 for a period of eight weeks. The course covers all basic principles of design, plant knowledge as well as the making and reading of a plan. Saturday courses are also available. Sharon, 051-4511174. S Happy hour van 18:00 tot 19:00 in die Emoya Shebeen. S Speaker’s Corner in Aasvoëlklub. Filosofiese en kunsgesprekke, digkuns. Kaartjies: R15 by die deur. Skakel 051-433-3439. DONDERDAG 29 AUGUSTUS S Karaoke, Tango’s, 20:00. Free entrance. S 25th Sophia Gray Memorial Lecture and Exhibition (Main Building). Sophia Gray (1814 –1871) was the first woman to practise architecture in South Africa. As a tribute to her achievements, the UFS instituted the annual Sophia Gray Memorial Lecture and Exhibition in 1989 to recognise her contribution. S Jack Parow by Die Mystic Boer om 21:00. Kaartjies kos R40. Skakel 051-430-2206. S Jaarvergadering van Suid-Vrystaatgeestesgesondheid om 10:00 in die kerksaal van die NG kerk Bloemfontein-Wes. Harriet Christou sal die gasspreker wees. Die tema, na aanleiding van haar pas gepubliseerde boek, is: Die bleek man op my hakke: My lewe met skisofrenie. Skakel 051-444-0212/3.
BLOEMNUUS, VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013 5
Flieks: Selfs Elvis se kroon kan glip Jens Friis ROLPRENTE en versekering het een gemene deler: risiko. Versekeringsmaatskappye beskerm reeds jare lank rolprentproduksies en -sterre, soos Fred Astaire (se voete) en Elvis (se tande). Die regisseur wil op Tafelberg gaan skiet as die son skyn. Tog reën dit onverwags dae aaneen in Desember. Dit terwyl die eens presentabele hoofakteur hom oorgee aan dwelms en onkapabel is om voor die kameras te verskyn. In 1934 is reeds vir Douglas Fairbanks jr. versekering uitgeneem, want daar is gevrees dat sy gesig in ’n swaardgevegtoneel geskend kon word. Betty Grable se miljoendollarbene is gevolg deur Fred Astaire se voete. Tyrone Power (44), die Mel Gibson van sy generasie, het in ’n swaardgeveg in Solomon & Sheba inmekaargestort. Dit het egter nie die einde van die produksie beteken nie. Die Amerikaanse versekeraar Fireman’s Fund het geskiedenis gemaak deur destyds ’n rekordbedrag van $1,2 miljoen uit te betaal. Yul Brynner is in Power se plek gekies en tonele is oorgeskiet. In 1993 is River Phoenix ná ’n dwelmoordosis dood. C.N.A. International en American Casualty het $5,7 miljoen aan die vervaardigers van twee rolprente waaraan Phoenix gewerk het, betaal.
Elvis het in Jailhouse Rock (1957) so hard gerock dat sy tandkroon uitgeval, in sy keel beland en produksie ses dae lank vertraag is. Dark Blood is geskrap, omdat die vervaardiging te ver was om Phoenix te vervang. Christian Slater het Phoenix egter in Interview with the Vampire vervang en die rolprent is voltooi. Dan was daar ook Brandon Lee wat ná ’n skietongeluk in The Crow dood is. Natalie Wood het met die maak van Brain Storm verdrink. Oliver Reed se dood tydens die vervaardiging van Gladiator is deur rekenaarmanipulering weggekonkel. In elkeen van bogenoemde gevalle het versekeringsmaatskappye vir herproduksie opgedok. Meestal loop dinge darem nie so erg skeef nie. Kameras
breek byvoorbeeld, of ’n koerierdiens is stadiger as wat beloof is en vertraag die vervaardiging. So was daar Elvis, met Jailhouse Rock in 1957, wat so hard gerock het dat sy tandkroon uitgeval, in sy keel beland en produksie ses dae lank vertraag is. Deesdae bedra die vertraging van ’n groot Hollywoodproduksie maklik R2,4 miljoen per dag. Uitsaaiers is traag om ’n rolprent of program aan te koop tensy dit teen moontlike foute of weglatings (errors and omissions) verseker is. E & O, soos in die praktyk daarna verwys word, is een van die grootste risikokategorieë, veral in Amerika waar skadevergoeding reusagtig kan wees. E & O hou nie verband met ’n produksie se begroting nie, maar hoeveel mense daardeur gekrenk kan voel. So byvoorbeeld is ’n laebegroting- dokumentêre drama wat op ware gebeure gegrond is dikwels ’n veel groter risiko as byvoorbeeld Waterworld. Een van die grootste dobbelspeletjies is egter: Gaan die menigtes opdaag? Die hordes mense het nie na Barbra Streisand se The Mirror Has Two Faces kom kyk nie. Dit is so verseker dat die bank wat ’n lening aan die vervaardiger toegestaan het ’n eis teen die versekeraars kon instel indien die vervaardiger nie die nodige geld by die loket verdien nie.
Wie weet wat?
KEN jy jou feite oor een van die gewildste koeldranke in die wêreld? Toets ’n bietjie jou kennis met dié vrae oor CocaCola.
Juicy chicken 1 whole chicken 1 teaspoon minced garlic 2 tablespoons olive oil 1 teaspoon chopped peppers 1 whole onion 3 whole cloves 1 bay leaf chicken seasoning to taste 3 tablespoons fresh lemon juice 6 potatoes peeled potato spice milled black pepper sea salt to taste Mix together the olive oil, garlic, peppers, lemon juice and chicken spice. Rub this mixture over the whole chicken. Make a small cut in the side of the onion, fill with the bay leaf and press the cloves into the onion. Place the onion inside the chicken. Place the chicken on a roasting rack in a roasting tray and cover with tin
foil. Place in a pre-heated oven at 180˚C. Roast in the oven for about 1 hour. Place the potatoes in the tray below the chicken, season with potato spice, add a little more olive oil and allow to roast with the chicken until nice and crispy, turning occasionally. Now remove the tin foil and allow the chicken to roast further for about 30 minutes or until cooked. In order to check if the chicken is cooked, allow the juices to flow from the cavity and if clear then the chicken is cooked. Remove from the oven and baste with any dripping left over in the roasting tray. S Bruce McKay Tel. 082-557-6533
DAAG UIT
ONS
ONS PLAAS ONS GELD OP JOU SPIERE!
Indien jy die aanbiedinge in dié advertensie voor 1 September 2013 teen ’n laer prys by enige ander winkel in Bloemfontein vind, sal ons nie net daardie prys KLOP nie maar boonop 1 000 punte op jou Dis-Chem Voordelekaart laai wat jy as kontantafslag teen toekomstige inkopies kan gebruik! Biogen CLA 3000
TRIPPELPAK
270 kapsules
Biogen Cramp Prevent
60 tablette
NOU
R24995
R74.95 VIR 1 KOOP 3 VIR
R14990
SPAAR R70.00
SPAAR R74.95 NOU
R19995
Gaspari Pre and Post Workout Stack
SPAAR R70.00
SuperPump Max 640g
PLUS
Glycofuse 840g
NOU
R795
SPAAR R300
USP Labs OxyELITE Pro 90 tablette
Betancourt Raspberry Ketones
NOU
R49995
60 kapsules
NOU
R217
5. Fanta, Sprite en Diet Coke is van die bekendste koeldrankhandelsmerke van die Coca-Cola-maatskappy. Hoeveel soorte koeldranke verkoop die maatskappy ter wêreld? A. Meer as 100; B. Meer as 200; C. Meer as 500 Antwoorde: 1. “OK” 2. A. 7X 3. B.10 450 4. C. Verkoue 5. C. Meer as 500 S www.coca-cola.com.au
Futurelife Hoë Proteïen Smart Food
SPAAR R100.00
95
500g Verskeie geure
SPAAR R45.00
NOU
R4295
SPAAR R10.00
BPI 1.M.R
240g Verskeie geure
NOU
R36995
SPAAR R100.00 USN Hyperbolic Mass
2kg Verskeie geure
NOU
R13495
SPAAR R30.00
3. Hoeveel eenhede koeldrank van die Coca-Cola-maatskappy word omtrent elke sekonde van die dag gedrink? A. 104; B. 10 450; C. 104 500 4. Coca-Cola word gewoonlik koud bedien, maar in Hongkong word dit soms warm gedrink, omdat dit as medisyne teen watter siekte dien? A. Jig; B. Aambeie; C. Verkoue
900g Verskeie geure
WAARDEPAK
1. Coca-Cola is die herkenbaarste handelsmerk ter wêreld met byna 94% van die wêreldbevolking wat dit kan eien. Verder is Coca-Cola ook die woord wat die tweede meeste oor die wêreld heen herken word. Watter woord word op meer plekke verstaan? 2. Hoe staan die smaakmiddel wat in die geheime formule van Coca-Cola gebruik word, bekend? A. 7X; B. Coke; C. Cola Secret
Biogen Dieet Proteïen
USN Fast Grow Anabolic
1kg Verskeie geure
NOU
R19995
SPAAR R50.00
USN PhedraCut Ultra XT
Evox 100% Wei Proteïen
60 kapsules
1kg Verskeie geure
NOU
R229
95
SPAAR R40.00
NOU Evox Creatine HCL
R209
95
SPAAR R30.00
NOU
R15995
SPAAR R50.00
90 kapsules
AANBIEDINGE EKSKLUSIEF AAN DIS-CHEM Bloemfontein Northridge Mall Eeufeesweg Helicon Heights
Loch Logan Water Front 105-107 Henrystraat
Dis-Chem behou die reg voor om die getal van enige item wat te koop aangebied word, te beperk. Produkvoorkoms mag van foto’s verskil. Afbeeldings dien slegs ter illustrasie. Pryse sluit BTW in en is geldig vir kontant, tjek of kredietkaart. BF&W. Aanbiedinge geldig tot 1 September 2013 terwyl voorrade hou, behalwe waar aangedui.
GO Advertising 68308
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013 OUMAS EN OUPAS HET INGE SKRYF: Inskrywings vir Bloemnuus en Athalia se Ouma/Oupa Rooskompetisie het gesluit. On der die inskrywings tel Baren en Lynette de Lange. Elana Bester het hulle ingeskryf. Elana skryf: “Oupa Plaas en Ouma Nettie (hul troetel name) lê gereeld die 90 km tussen Dealesville en Bloemfontein af om “sake te doen” en dan gou in te loer vir “koffie”. Nodeloos om te sê dat dit nie die koffie is wat die trek pleister is nie, maar hul enigste twee kleinkinders!” HEEL LINKS: Ouma Elize du Toit is benoem deur Simonei van Ede: “My ouma is my rolmodel. Sy het my al hoeveel keer gemotiveer om die beste in my lewe te bereik. Elke keer as ek met ’n probleem sit of net geselskap nodig het, is sy daar. My ouma is nog vol energie en ver baas my elke dag met die dinge wat sy aanpak.”
BLOEMNUUS, VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013 7
Grey bederf dié gaste Rufus Botha GREY-KOLLEGE en FNB se gewilde Musiekfees vind vanjaar op 30 en 31 Augustus in die Sand du Plessis-teater plaas, maar op 29 Augustus sal minderbevoorregtes reeds die kans kry om die laaste kleedrepetisie gratis by te woon. Hulle sal ook gratis vervoer en verversings ontvang.
Onder die bevoorregtes tel inwoners van die Vrystaatse Nasorgsentrum, die Beudene-dagsorgsentrum en die Omega-tehuis vir bejaardes in Heidedal. Vanjaar se gaskunstenaars is Jak de Priester en Valiant Swart. Dan is daar ook die Rosestad se eie blom, Caroline Haasbroek, wat verloof is aan die rugbyspeler Heinrich Brüssow.
Tommy Cronjé, adjunkhoof van Grey, glo Caroline kan nog die voorste vrouesanger in die land word. ’n Hoogtepunt van die aand is wanneer meer as 1 000 seuns saam met die gaskunstenaars optree. “Aan dié suksesresep sal nie gepeuter word nie,” sê Cronjé. Bel Grey se kantoor by 051-444-1513 vir meer inligting.
KUIER SAAM: Engo, ’n niewinsge wende organisasie, het verlede week sy jaargeselligheid in die Reitzsaal op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat gehou om al sy onder steuners te bedank. Hier is Jana du Plessis, die seremoniemeester op die geleentheid, en haar man, Ian.
Today in the past
1541 – Jacques Cartier lands near Quebec on his third voyage to North America. 1661 – The Chamber of XVII orders Jan van Riebeeck to restrict the allocation of farms at the Cape to officials who want to farm, to keep the number of Free Burghers as low as possible. 1665 – Joan van Arckel establishes the first congregation at the Cape, with Abraham Schut as elder and Jan Reyniersz as deacon. 1837 – The Voortrekker leader Louis Trichardt starts on his epic journey from the Soutpansberg to Delagoa Bay. 1839 - Hong Kong is taken by the British in a war with China. 1860 – Prince Alfred, second son of Queen Victoria, arrives in Bloemfontein on horseback. 1862 – The first rugby match in South Africa takes place on the Green Point Common, Cape Town, between a military and civilian team. 1894 – James Arnold (Jimmy) La Guma, trade unionist and political activist, member of the SACP and president of the South African Coloured People’s Organisation from 1957 to1959, is born in Bloemfontein. 1894 – Sangiro (pseudonym of Andries Albertus Pienaar), South African author, is born in Broederstroom. 1924 – The South African rugby team beats the British Isles 17-0 in Johannesburg. 1928 – Dulcie van den Berg, South African actress, is born. 1948 – The World Council of Churches is founded in Amsterdam, the Netherlands. 1959 – Sally debuts as an infant in the Peanuts comic strip. 1966 – Irma Stern, South African painter, dies in Cape Town. 1990 – Pres. Saddam Hussein appears on Iraqi state television with a group of Western detainees that he refers to as “guests”. He tells the group that they are being held “to prevent the scourge of war”. 1999 – Rescuers in Turkey find a living young boy who has been buried in rubble from an earthquake for about a week.
Hoe jy kan help om die ligte dié winter aan te hou … veral tussen 5nm en 9nm op weeksdae Suid-Afrikaanse wonings – wat woonstelle, komplekse, huise en residensiële landgoedere insluit – gebruik 17% van die elektrisiteit wat in ons land verbruik word. Maar op weeksdae, tussen 5nm en 9nm, styg dié vraag tot soveel as 35%, ’n massiewe toename wat die kragnetwerk onder geweldige druk plaas.
Waarom gebeur dit? Die meeste van ons kom van Maandag tot Vrydag so rondom 5nm by die huis. Die eerste ding wat ons doen, is om die ligte, televisie en elektriese verwarmers aan te skakel. Daarna volg die oond, die mikrogolfoond en die wasmasjien of skottelgoedwasser. Ons gebruik ook warm water in die kombuis en neem ’n bad of stort, wat beteken dat die geiser bo in die plafon harder werk as op enige ander tyd om die water te verhit. Miljoene van ons volg min of meer hierdie roetine op presies dieselfde tyd, wat beteken dat Suid-Afrika se wonings meer as ’n derde van die elektrisiteit gebruik wat weeksdae tussen 5nm en 9nm in die land verbruik word. Soos die vraag toeneem, doen Eskom alles in hul vermoë om daardie krag te voorsien deur byvoorbeeld gedurende die dag ’n aantal noodkragstasies te bedryf ten einde vraag en aanbod te balanseer. Dié winter word ons egter genoodsaak om die instandhouding van kragstasies voort te sit; gevolglik sal die stelsel onder groter druk verkeer tydens die spitstydperk (5nm tot 9nm).
Hoe kan jy help om die ligte dié winter aan te hou? Drie eenvoudige dinge: 1.
Skakel jou elektriese geiser af tussen 5nm en 9nm; want dié toestel gebruik by verre die meeste elektrisiteit in jou huis, en kan vir tot 50% van jou elektrisiteitsrekening verantwoordelik wees
2.
Moenie die verwarmers tussen 5nm en 9nm aanskakel nie. Dié toestel gebruik baie krag en mag tot 16% van jou maandelikse elektrisiteit gebruik. Trek eerder warm aan, gebruik ’n gasverwarmer, warmwaterbottel en genoeg komberse, om warm te bly
3.
Skakel jou swembadpomp tussen 5nm en 9nm af; dié toestel kan tot 11% van jou elektrisiteit gebruik.
Kom ons skakel saam af … en hou dié winter Suid-Afrika se krag aan. Besoek www.eskom.co.za/idm vir meer besonderhede oor waardevolle besparingswenke vir die winter, sowel as inligting oor Eskom se energiedoeltreffende produkkortings.
Die dryfkrag vir jou wêreld Eskom Holdings SOC Limited Reg Nr 2002/015527/06
Mohlaleng_1472_A1
1923-
2013
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013
Francis en Zandri Grimbeek (Morningstar).
Foto: Lynne Slettevoldt
STUUR jou onlangse troufoto na jens.friis@ media24.com. Kyk na nog troufoto’s by www.bloemnuus.co.za.
Muller en Hilda Heyns (Indaba Lodge).
Etienne en Yolandi de Beer (Zuikerkop).
Foto: Laurika’s Photography
Foto: Genesis Images
Arno en Sunita Botha.
Getroud
Gert en Roxanne Oosthuizen.
Willie en Cherish Cloete (Goosehill).
Foto: Willem Janse van Vuuren
Groot vraag gevra
Marius Erasmus en Erika van Eyssen het in Bloemfontein verloof geraak. Foto: Verskaf
Julian Shaw en Charlotte Cilliers het op Langebaan verloof geraak. Die foto is in Bloemfontein geneem. Foto: Go Urban
BLOEMNUUS, VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013 9
Gerrit Bezuidenhout van Senekal het René Slabbert van Bloemfontein teen sonsondergang aan die KwaZuluNatal se kus die groot vraag gevra. Die foto is net ná hul verlowing in die Oribivakansieoord geneem. Foto: Verskaf
PROMOTION
St John-Bfn celebrates 100 years NO other brand in South Africa is more than 900 years old, not even the best-known food and drink brands. This distinction belongs to the Most Venerable Order of St John of Jerusalem which in 1999 celebrated 900 years since its founding during the First Crusade. Begun as a hospital in 1099 by a group of monastic brothers, the Order of St John is today as committed to its mission – that of alleviating the suffering of all mankind and
improving the health, safety and quality of life by providing training and community service – as it was on the eve of the 12th century. Pope Pascal II formally recognised the existence of the Order in a papal bill in 1113. Thus the Order of St John is celebrating 900 years of its great traditions of Pro Fide – Pro Utilitate Hominum. And in this important year for St. John, the local branch also celebrates its 100th year. With their training, they are
involved with major projects funded by the South African Lottery. With this funding they have trained over 2 000 members of different communities in South Africa which include First Aid NQF Level 1 and Home-based Care NQF Level 2. They are also involved in the Phelophepa Health Train project. St. John has another wing, which is called the Brigade. Their duties are to assist with ambulance services and provide first-aid duties at any public event.
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013
BLOEMNUUS, VRYDAG 23 AUGUSTUS 2013 11
DOUBLE YOUR INCOME! Prime Meridian Enterprises FREE information session:
Brokers and Insurance Agents also welcome. 11:45am on
Saturdays at National Museum, Auditorium, 38 Aliwal Street, Bloemfontein.
082 652 1500.
NEED TO FEEL BETTER? NEED TO TALK? Contact us, WE'LL LISTEN. Always confidential and free. 24/7. Talk to us: 051 444 5000. Write to us at Box 29874, Danhof 9310. E-mail us at Befrienders@wsinet.co.za
DR ASHRAFF
Kontant vir oudhede, ou geld, ens. Thinus. Christiana. 071 967 0285
while waiting for
SPECIALISES IN:
SPRINGKASTELE en
WATERWURMS
Sokkerkasteel, Spiderman, Barbie, Krokodil, Shrek, Gladiators, Tropical Island, Barney, skuimput. Aktiwiteitskastele. Kastele met glybane
HOĂ‹ GLYBANE. BOOT, 3-IN-EEN.
SKAKEL RINA by 051-4461361
* MAN POWER, PENIS ENLARGEMENT * BUSINESS SUCCESS AND GETTING CONTRACTS FOR TENDERS * REMOVING WITCHCRAFT * WINNING COURT CASES * JOB PROMOTIONS * BINDING YOUR BELOVED NOT TO CHEAT ON YOU AND DIVORCE SPELLS * GETTING RICH QUICKLY
CONTACT ASHRAFF ON:
079 125 7883
BRIDGING CASH
EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne en kombuisware vir kontant. Ek besoek u ook tuis. Aankope slegs in Bloemfontein. Skakel 072 185 8217
Kraalmis afgelewer in Bloem. 084 401 3688.
PENSION/ PACKAGE PAYOUT (lump sum only) CASH SAME DAY
086 1101 388 083 6700 788
SLEEPWAENS TE HUUR/TRAILER HIRE. SKAKEL/CALL: 081 270 1381 OR 051 433 7803.
HEALTHCARE CONSULTANTS Company looking for 8 sales consultants.We market an exclusive range of Health Products Requirements In Bloemfontein Neat and professional
Own car and licence a must Offering Basic Salary R9 500 plus commission Full training Promotion opportunity Call 051 522 2237 or e-mail CV to recruitingbloemfontein@ya hoo.com
100% INDIAN MASSAGE: Naughty, kinky, spicy, hot Rani, 24/7, heated rooms, Greek. Toys. ( 074 068 7634.
1 x 8-ton-valkant-trok te koop. Skakel 082 563 9157.
CASH FOR GOLD We pawn Kruger Rands, diamonds and Rolex watches 9ct R120/g 18ct R240/g 082 345 6711
AAA-kwaliteit- INSTALLERING van alle plafonne en 'dry walls' (herstel van plafonne), matte ('carpet tiles' en volvloermatte), gelamineerde vloere, gratis kwot.(079 581 6654.
TUIN- en huishoudelike vullisverwydering: Vanaf R250 per vrag. Skakel Thys 072 391 3781.
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
Zola Thamae (middel) sal die volgende twee jaar die presi dent van die Vrystaatse Krieketunie (VKU) wees. Links is Xander Snyders wat by haar as visepresident oorneem. Regs is Cedric Peterson, die nuwe finansiële direkteur van die VKU. Foto: Maradine Whitehorn
Shimlas se storie vertel AS jy ernstig is oor rugby in die Vrystaat sal die volgende boek wat vandag oor ’n week bekend gestel word jou hart vinniger laat klop. Die eeufeesboek Universiteit van die Vrystaat Rugbyklub – 100 jaar van sprankelrugby: Shimlas 100 jaar deel die geskiedenis van die eerste eeu in die bestaan van dié sportklub. Dit is ’n verhaal van geloof, hoop, stryd en vasberadenheid om te midde van maatskaplike, politieke en ekonomiese strominge uit ’n “klein
begin” in 1912 tot een van die heel grotes in Suid-Afrika te ontwikkel. Suid-Afrikaanse rugby sonder Kovsieland se bydrae is immers soos pap sonder sout. Dit is so dat die UV-rugbyklub in sy eerste 100 jaar 70 Springbokke opgelewer het, dat tientalle ander Kovsies en oud-Kovsies ander nasionale spanne verteenwoordig het en dat ’n paar honderd van die 1 500 Vrystaat-spelers Kovsies is. Sedert die vroeë 1980’s het die klub ook weens die al gro-
Die eeufeesboek Universiteit van die Vrystaat Rugbyklub – 100 jaar van sprankelrugby: Shimlas 100 jaar deel die ge skiedenis van die eerste eeu in die bestaan van dié sport klub.
ter eise wat die koms van beroepsrugby op internasionale, super- en provinsiale vlak gestel het, ál swaarder getrek om sy plek tussen die voorste rugbyklubs in die land gestand te doen en om op plaaslike vlak steeds die aanslag van ander Stadsbeker-aanspraakmakers die hoof te bied. Die Kovsies het ’n baie groot aandeel daaraan gehad dat die Vrystaat in 1976 die eerste keer die Curriebeker verower het. Altesaam 17 van die 19 spelers in die groep vir hierdie Curriebeker-eindstryd was Kovsies en 12 van die manne het toe reeds vir die Springbokke gespeel of het later Springbok geword. Die storie van Kovsierugby is die storie van jong manne wat onder wonderlike en buitengewone omstandighede geleef en gespeel het – iets wat net een keer in ’n leeftyd gebeur. Dit is ’n verhaal van groot vreugde en oorwinnings, maar ook een van hartseer en moeilike tye. Soos die spreekwoord onder Kovsies egter lui: “Een keer ’n Shimla, altyd ’n Shimla, een keer ’n Kovsie, altyd ’n Kovsie.” Die 76 internasionale spelers wat die klub opgelewer het, is sekerlik ’n hoogtepunt in die afgelope 100 jaar, maar die hoed moet ook gelig word vir die honderde provinsiale spelers wat hul eerste rugbytreë op die Bult gegee het. Enige rugbyklub is natuurlik ’n weerspieëling van die mense waaruit dit bestaan. Die Shimlas sou nooit al die prestasies en hoogtepunte kon bereik het as dit nie was vir sterk administrasie en goeie administrateurs nie – ’n belegging in tyd en mensekapitaal oor baie jare.
www.bloemnuus.co.za
Vrou lei VKU