VRYDAG 20 DESEMBER 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Gegroet tot 2014
Met dié uitgawe groet Bloemnuus tot op 17 Januarie 2014. Danica Soldo van Eye Candy Photography House het dié foto van Bloemnuus se redaksie en advertensiespan op die trap van die appèlhof geneem. Hulle is van links, voor: Nico Gous, Karen Herbert, Jens Friis en Susna Pieters; agter: Tshidi Molefe, Carike Barnard, Charlene Afrika, Loreal Eloff, George Adams en Lavodia van Wyk. ’n Foto van die subkantoorwerknemers is op bl. 3. Foto: www.ecph.co.za / 074 885 4562
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013
Seën in dié Kerstyd S “One can never have enough socks,” said Dumbledore. “Another Christmas has come and gone and I didn’t get a single pair. People will insist on giving me books. – J.K. Rowling, Harry Potter and the Sorcerer’s Stone S The main reason Santa is so jolly is because he knows where all the bad girls live. – George Carlin S Our hearts grow tender with childhood memories and love of kindred, and we are better throughout the year for having, in spirit, become a child again at Christmastime. – Laura Ingalls Wilder S Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. – Jesaja 9:5 S Christmas is doing a little something extra for someone. – Charles M. Schulz S Kom, kinders, kom juig nou met vrolik’ geskal oor wat daar gebeur het in Bethlehems stal, waar Jesus, gebore in heilige nag, die saligheid bring aan ’n wêreld wat wag. – Hallelujalied 41 S Unless we make Christmas an occasion to share our blessings, all the snow in Alaska won’t make it white. – Bing Crosby
S When we recall Christmas past, we usually find that the simplest things – not the great occasions – give off the greatest glow of happiness. – Bob Hope S Let’s just say that on this day, a million years ago, a dude was born who most of us think was magic. But others don’t, and that’s cool. But we’re probably right. Amen. – Homer Simpson S Christmas is the one time of year when people of all religions come together to worship Jesus Christ. – Bart Simpson S Christmas to a child is the first terrible proof that to travel hopefully is better than to arrive. – Stephen Fry, presenter of QI S Then the Grinch thought of something he hadn’t before! What if Christmas, he thought, doesn’t come from a store. What if Christmas...perhaps...means a little bit more! – Dr. Seuss, How the Grinch Stole Christmas! S I will honour Christmas in my heart, and try to keep it all the year. – Charles Dickens S I once bought my kids a set of
My cat is the Christmas in my life; he brings that kind of joy every day.
batteries for Christmas with a note on it saying, toys not included. – Comedian Bernard Manning (1930-2007) S The US Supreme Court has ruled that they cannot have a nativity scene in Washington, DC This wasn’t for any religious reasons. They couldn’t find three wise men and a virgin. – Jay Leno S A lovely thing about Christmas is that it’s compulsory, like a thunderstorm, and we all go through it together. – Garrison Keillor, Leaving Home S Elizabeth Eybers het só oor Maria geskryf: ’n Engel het dit self gebring, die vreugde boodskap – en jy het ‘n lofsang tot Gods eer gesing, Maria, nooi uit Nasaret. Maar toe Josef van jou wou skei en bure agterdog jou pla, het jy kon dink, dat eenmaal sou hý die hele wêreldskande dra? Toe jy soms met ’n glimlag langs jou liggaam stryk … die stilte instaar… wis jy met hoeveel liefde en angs sou hý sy hellevaart aanvaar?
I stopped believing in Santa Claus when I was six. Mother took me to see him in a department store and he asked for my autograph. – child actress Shirley Temple
S Welkom o stille nag van vrede/ onder die suiderkruis/... skenk ’n helder somerfees/ aan hierdie land, o Heer – Somerkersfees, Koos du Plessis S I felt overstuffed and dull and disappointed, the way I always do the day after Christmas. – Poet Sylvia Plath S And so this is Christmas . . . what have you done? – John Lennon
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013 3
Bloemnuus is op Facebook. Soek die blad en “like” dit – nes 3 700 ander lesers vir wie Bloemfontein na aan die hart lê.
’n TOEGEWYDE SPAN: Die permanente lede van die subkantoor lê Bloemnuus uit en versorg dit taalkundig. Van links is Juanita Adriaanse, Leolynn Smith, Inge Strydom, Theonie Kok, Willem Fritz, Adèle Dempers en Madré Marais. Danica Soldo van Eye Candy Photography House het dié foto vir Bloemnuus by die Bloemfonteinse stadsaal geneem. Vir pragfoto’s van Danica loer by www.ecph.co.za. Sy kan gebel word by 0748854562.
Blesbok in die waterblompot Kort voor tjailatyd Bernard Odendaal BUURMAN, wat by die belastinggaarder werk, sê as ek dan Boland toe wil trek, moet ek waterblompot leer maak. ’n Tradisionele ene. Met skaaprib, -nek en -stertjies. Ertappels, surings. ’n Vlek ontroering slaan in sy stem deur. Netnou is ek ons hinterland tot skande as iemand daar wonder of ’n blikoor weet hoe slaan ’n mens waterblompot saam. En het ek nou al ’n ordintlike boek oor wyn onder oë gehad? “Verdomp,” kom dit. “Vir wat, ná omtrent lewenslank in die Rosestad, die Groot Terugtrek suide toe aanpak?” Ek verduidelik van familie daar; van kinders wat in daai geweste werk. Natuurlik het ek familie hier bo
ook. En ek besef ’n mens trek nie agter jou kinders aan nie. Maar, weet jy, ek het baie letterkundevriende in die Wes-Kaap. Vas is ek. “Spesie wat nie in die noorde voorkom nie?” Selfs Buurman se neutraalste Jan Taks-stem kan nie die lem ironie wegsteek nie. Ek vertel hom in my skoolhoujare was Duits mos eintlik my vak. Daar het ek die aanwendsel gekry om te “ja?” (Duits vir “nè?”) as ek wou
weet of die klas my verduidelikings volg. Eenkeer, in ’n Afrikaansklas, spook ons met die onderskeid tussen onpersoonlike en onbepaalde voornaamwoorde. By albei word iets/iemand onbepaald aangedui, ja? Dit en daar is onpersoonlik. Daar word vertel dit gaan maar bars hier. Ja? (’n) Mens, iemand, iets, niemand, niks – tipiese onbepaalde voornaamwoorde. Iedereen behoort dit tog te snap, ja? Ja? Gaan ’n hand op. “Meneer, daar word gereken al sou mense honderd maal sê nee, sal iemand nog altyd sê ja.” “Nè?” vra Buurman en giggel. Ek sê hom daai klas se gemiddelde IK was 127. Al het ek nie geweet van verduidelik nie, het hulle van verstaan. “Miskien moet jy Vrystaatse blesbok pleks van skaap in die waterblompot gaan invoer,” mymer Buurman. S Bernard Odendaal (ATKVskryfskool van die Noordwes-Universiteit)
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013
’n Gedeelde geskiedenis Die twee kenmerkende torings van die Tweetoringkerk. To rings van Hoop word nou in dié kerk gehuisves.
’n Onlangse voorbladberig van Bloemnuus oor ’n Kapenaar wat gesê het die Klipkerk se toring is kitsch, het hewige reaksie ontlok. Dié kerk is vir hulle pragtig, het Bloemfonteiners soos een man gesê. Omdat dié gemeente van die NG kerk Bloemfontein (Tweetoringkerk) afgestig het, het die twee gemeentes tot 1919 ’n gedeelde geskiedenis. HERMA GOUWS, bestuurder van die Suid-Afrikaanse Erfenisraad in die Vrystaat, het in Volksblad van 2 Augustus 2004 meer oor die geskiedenis van die Tweetoringkerk vertel. Hier volg ’n uittreksel: “ ’n Gemeente van die NG Kerk is reeds in November 1848 in Bloemfontein gestig. Andrew Murray jr., seun van die bekende Skotse predikant van Graaff-Reinet, was die eerste leraar. Hy is kort voor sy 21ste verjaardag in Mei 1849 deur sy pa as eerste predikant noord van die Oranjerivier bevestig. “Die eerste kerkgebou se hoeksteen is op 6 Januarie 1849 deur maj. Henry Warden, Britse resident en stigter van Bloemfontein, gelê.
Die toring van die Klipkerk.
Foto’s: Jens Friis
LINKS: Die Tweetoringkerk be staan uit ’n lang saalkerk wat met vleuels in ’n kruiskerk ver ander is. Die preekstoel van ma honiehout is deur Ernst Schmidt, seun van ’n Duitse sendeling en ’n lidmaat van die gemeente, vir die geringe be drag van sowat R6 000 gemaak. ONDER: ’n Paartjie beloof trou aan mekaar in die Tweetoring kerk.
“Terwyl die kerk in aanbou was, is eredienste gehou in die Eerste Raadsaal, wat toe as skool gebruik is. Die nuwe kerk is op 29 Mei 1852 in die teenwoordigheid van ongeveer 1 000 mense ingewy. “Dit was ’n eenvoudige T-vormige grasdakgebou aan die einde van die dorp op dieselfde perseel as die huidige Tweetoringkerk. Dit het ’n kleivloer gehad, maar aanvanklik geen plafon en kerkbanke nie. Dit was ongepleister weens ’n gebrek aan kalk en
TOE EN NOU: Dwars in Kerkstraat staan hierdie merkwaardige ou kerk wat dekades die simbool van die Afrikaanse kerklike lewe in Bloemfontein was.
probleme wat met die messelaar ondervind is weens sy drankmisbruik. “Die gebou het kort ná voltooiing gebreke getoon. Die fondament het ingegee, die sygewels moes verwyder word en die preekstoel het inmekaargetuimel. Dit was ’n wonderwerk dat die kerkgebou die gemeente ’n kwarteeu sou dien. Te klein “Met die groei van Bloemfontein se bevolking het die eerste kerkgeboutjie te klein geword. “In 1872 is besluit om ’n nuwe kerk te bou. ’n Kompetisie vir ’n kerkontwerp met ’n prysgeld van £100 is uitgeskryf. Agt inskrywings is ontvang. “Die wenontwerp van die argitek William Bennett Hays het voorsiening gemaak vir ’n gebou in die Middeleeuse Duitse styl met twee torings van 106 vt. hoog. “Die aanvaarbaarste tender van £33 500 vir die uitvoering van Hays se ontwerp in sandsteen was egter bo die geldelike vermoë van die gemeente. Boonop was die boukommissie bewus daarvan dat ‘de zandsteen hier verkrijgbaar van zeer twijfelachtige waarde is’, het die leraar, ds. Gustav Radloff, later verklaar. “Gevolglik is besluit op ’n gewysigde ontwerp van die Duitse boumeester Richard Wocke wat voorsiening gemaak het vir ’n eenvoudiger en goedkoper gebou van £17 500 in ’n ‘modern Romeinschen stijl’ wat sitplek aan 810 mense kon verskaf. “Die hoeksteen van die gebou is op 10 Mei 1878 deur pres. J.H. Brand in die teenwoordigheid van ’n reuseskare gelê. “In Desember 1876 lui ’n verslag dat die ou kerk wil intuimel. Teen 1877 was die mure van die gebou só gebars dat dit met twee stutte aanmekaargehou moes word. Die ou kerk is vroeg in 1878 gesloop en dienste is in ’n pakhuis by Fichardt se winkel gehou. “Die inwyding van die nuwe kerk op 7 Mei 1880 was die grootste byeenkoms wat Bloemfontein tot toe beleef het. Die inwyding is bygewoon deur ongeveer 6 000 mense, hoofsaaklik uit die platteland, wat om die kerk gekampeer het.”
TOE EN NOU: Nadat die kerk, wat eers hier gestaan het, gesloop is, is eredienste in die pakkamers van die onderneming G.A. Fichardt, net oorkant die straat (sien gebou links), gehou. Die hoeksteen van die nuwe kerkgebou is op 7 Mei 1878 deur pres. J.H. Brand gelê.
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013 5
Dagboek
Wie, wat en waar? Wat gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees, besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboek-inskrywings.
Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00.
VRYDAG, 20/12 S Die son kom om 05:06 op oor Bloemfontein en sak om 19:02. S As jy jou medemens wil help en nie weet waar om te begin nie, kom word ’n Bevriender-vrywilliger. Hulle gee emosionele ondersteuning. Skryf aan befrienders@wsinet.co.za of bel Anna by 072-518-2700. Die Bevrienders se 24 uur-telefoonnommer is 051-4445000. S Lees vorige uitgawes van Bloemnuus aanlyn by die koerant se digitiale bewaarplek/argief, bloemnuus.co.za.
Kersfees, nes Nuwejaarsdag, val op ’n Woensdag. S Kerkkantoor van die NG kerk Hugenoot sluit vandag om 13:30 en open op Maandag 6 Januarie om 08:00. SATURDAY, 21/12 S Solstice, 19:11. MAANDAG, 23/12 S Uitslae van matrieks word vandag tot 30 Desember deur die departement, provinsiale departemente en Umalusi nagegaan. DINSDAG, 24/12 S Nelson Mandela in Kimberley: Kunswerke uit verskeie versamelings tot 19 Januarie in Oliewenhuis. S Virgin Active-gims sluit om 18:00. WOENSDAG, 25/12 S Kersdag, openbare vakansiedag. S Christmas buffet lunch. De Oude Kraal Country Estate & Spa, 051-564-0636. S Beperkte plek beskikbaar
vir Kersete by Truksvy op Soutpan. Bespreek by 076-768-8726. S Die NG kerk Hugenoot se Kersdagdiens vind om 09:00 in dié kerkgebou op die hoek van Normandielaan en Picardystraat, Bayswater, plaas. Ds. Anneri du Toit sal dit lei. Om 10:15 sal Du Toit ook ’n Kersdagdiens by Noorderbloem lei. S NG kerk Hospitaalpark, Mayostraat, se Kersdagdiens vind om 08:00 plaas. DONDERDAG, 26/12 S Welwillendheidsdag, openbare vakansiedag. MAANDAG, 30/12 S Uitslae van matrieks word tot vandag deur die departement, provinsiale departemente en Umalusi nagegaan. S Aansoekvorms vir stalletjies op die Vryfees se kunstemark sal van vandag op vryfees.co.za beskikbaar wees.
Die sperdatum is 20 Maart. Skryf aan Atie Kamper by atie.kamper@volksblad.com. S DINSDAG, 31/12 NG Kerk Langenhovenpark: Middernagdiens om 23:30. S Oliewenhuis Art Museum is pleased to present My Country: A collection of ten South African landscapes by one of South Africa’s leading contemporary realist painters, John Meyer. S Virgin Active-gims sluit om 18:00. S NG kerk Hospitaalpark se Oujaarsdiens vind reeds om 18:00 plaas sodat bejaarde lidmate dit ook kan bywoon. S NG kerk Hugenoot: Middernagdiens om 23:15. Dit word deur ds. Nico Mostert gelei. WOENSDAG, 1/1 S Nuwejaarsdag, openbare vakansiedag.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013
Getroud Denise en Etienne Coetzee (The Willows).
Foto: Go Urban Photography
Braam en Ilana van Zyl (Helderwater).
Nerina en Deonne Cronjé (The Willows).
Anné en Johan Labuschagne (Goosehill).
ChristyLee en Jacques Benson (Haldon Estate).
Foto: Go Urban Photography
Foto: Eye Candy Photography House
Foto: Gerhard Steenkamp Photography
STUUR gerus ’n foto van jou troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Dit moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is te sien op bloemnuus.co.za.
Jessica en Darren Fry.
Foto: Momentous Fotografie
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013 7
Roerende fliek Nico Gous STUUR GROETE AAN MANNETJIES ROUX PUNT UIT 5: 4 REGISSEUR: Paul Eilers AKTEURS: Laurika Rauch, Ian Roberts, Anna-Mart van der Merwe, Lizelle de Klerk, Elton Landrew
Lettie Fouché se Kersspel is vanjaar deur die middelfase van dié skool aangebied. Maretha Maartens het die teks vir Die Lam geskryf. Daar was selfs ’n regte lammetjie op die verhoog.
Wel & wee
S Martha Brynard van Noorderbloem I03 vier haar 91ste verjaardag op Dinsdag 24 Desember.
S Ina du Plessis van Huis Cecilia, Noorderbloem, het op 11 Desember 90 jaar oud geword.
S Dawid Rossouw (gebore 20 Junie 1940) van Westerbloem (vroeër van die plaas Westburn, Bloemfontein) is op Dinsdag 10 Desember oorlede. Hy word deur sy vrou, Helene, asook sy dogter Ansolet Putter, ’n advertensiekonsultant by Bloemnuus, en drie seuns, Dawie, Dirk en Hanno, oorleef.
S Marisela Letlatsa Mochali (32) van Lesotho is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy het van November tot Februarie verlede jaar ’n skrikbewind onder vroue in Bloemfontein gevoer toe hy elf vroue in hul huise oorval, verkrag en beroof het.
S LJ du Plooy, orrelis van die NG kerk Hospitaalpark, het ’n meestersgraad in orrel (cum laude) verwerf. S Op Bloemnuus se webblad, www.bloemnuus.co.za, word gereeld talle pryse weggegee. Die volgende lesers het gewen: 1. Olene Botha; 2. Marizka Taljaard; 3. Daphne Venter; 4. Ilzè Stergos; 5. Colinda Bothma; 6. Stoffel Cilliers; 7. Cecile Burger; 8. Lizelle van Niekerk; 9. Piet Smith; 10. Charl van Niekerk; 11. Malie Beukes; 12. Karin van Niekerk Behrens; en 13. Marie du Plooy. S Vera Jacobs van Huis Deernis, Hippocratesweg 37, vier haar 90ste geboortedag op Maandag 23 Desember. S Heinrich Brüssow, ’n Springbokrugbyspeler, en Caroline Haasbroek, ’n sanger en prokureursklerk, is in die Metodistekerk voor 253 gaste getroud. S Philip Snyman, ’n Blitsbok, en Esteé van Wyk, ’n dokter wat haar internskap doen, is getroud. Blitsbok-spanmaats wat die troue bygewoon het, is Kyle Brown, Stephan Dippenaar en Frankie Horne.
S Dofie van der Westhuizen van Huis Vreugde, Roselaan 83, het op 10 Desember 80 jaar oud geword. S Christo Theron van Philipstraat op Philippolis is oorlede enkele dae nadat hy ’n beroerte gehad het. S Louis Maree (70), ’n boer van Verkeerdevlei, is in die Vrystaatse hooggeregshof 12 jaar tronkstraf opgelê omdat hy Chankie Botsane, ’n onwettige haasjagter, op sy plaas doodgeskiet het. Aansoek om verlof tot appèl is toegestaan. S Dié Bloemfonteiners is onlangs oorlede: Monica Hattingh (1977) en Otto le Roux (1937). S Babs Groeneveld vier haar 99ste verjaardag op 17 Januarie. Sy is ’n inwoner van Bayswater Village en een van die NG gemeente Hugenoot se oudste lidmate. S Wilna Snyman, veteraan-aktrise, het Maandag ’n brons-eeufeesgedenkplaat by die Vrouemonument in Bloemfontein onthul en Emily Hobhouse se toespraak voorgelees. Emily Hobhouse sou die monument op 16 Desember 1913 amptelik met ’n toespraak van vier bladsye onthul het, maar sy moes weens siekte op Beaufort-Wes omdraai. Haar toespraak is toe voorgelees deur Charles Fichardt, ’n sakeman van Bloemfontein. Ilne Fourie, ’n Bloemfonteinse dramaturg en aktrise, het ’n gebed geskryf en voorgedra.
Die nuwe hoofleiers vir die Bloemfonteinse Kinderkoor vir 2014 is aangewys. Hulle is van links Talita Claassen (onderhoofmeisie), Filomena Goncalves (hoofmeisie) en Kidennetse Moses (onderhoofmeisie).
Laurika Rauch se bekende lied is die skelet van hierdie fliek. Lees die lirieke en jy kan raai wat gaan gebeur, maar die intriges loop dieper as wat jy kan voorspel. Dit is wat dié fliek so goed maak, die storie is altyd die gehoor een voor. Oom Frans (Roberts) en tante Koba (Van der Merwe) het Engela (De Klerk) op die plaas Dwarsbult grootgemaak. Engela kom kuier in die skoolvakansie om uit te vind oor haar ouers, maar op Dwarsbult is geheime deel van die grond self. Soos die wyse sigeuner Toemaar, wat in raaisels praat, sê: “Geheime is soos melk, as jy dit te lank hou, raak dit suur.” Toemaar is een van drie besoekers op
Dwarsbult wat Engela se lewe onherroeplik verander en oom Frans se obsessie met die drie van Mannetjies verklaar. Die eerste halfuur van die fliek vorder stadig, maar die lirieke van die lied bied leidrade wat jou sal boei. Die bekende musiekblyspel is tot ’n drama vir die silwerdoek verwerk. Regisseur Paul Eilers, ook die regisseur van die verhoogproduksie, het ’n wonderlike oog. Hy bied die skoonheid van die Karoo verfrissend aan met tonele wat jy wil raam. Die toneelspel is uitstekend. Ian Roberts se hare lyk vreemd, maar is 100% boer. Anna-Mart van der Merwe, meer soos Anna Smart, draai die traankraan oop en wys weer hoekom sy ’n topaktrise is. Lizelle de Klerk vertolk Engela goed, maar lyk glad nie soos ’n skoolmeisie nie. Elton Landrew as die enigmatiese Toemaar steel elke toneel waarin hy is met sy kwinkslae. As jy van Roepman, Verraaiers of Paljas gehou het, sal jy hierdie fliek geniet. Dis swaar, maar só ’n kragtoer van emosie het jy lanklaas in ’n nederige 90 minute fliek gesien.
Fliekresensent Nico Gous gee 4 uit 5 vir die fliek Stuur Groete aan Mannetjies Roux.
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013
Laat hulle maats maak KORINGSLAAI MET GRANAATSLAAISOUS en talle ander resepte is in Kokkedoor te vind. Die boek bevat die beste uit die gewilde televisiereeks Kokkedoor en gaan oor die kos wat ons liefhet – van erfeniskos tot kookkos. Vir Mynhardt Joubert is langtafelkos meer as net mooi kos. Kos is pret, dit bou brûe en bring ons almal nader aan mekaar. Ná ’n goeie maaltyd is jy ’n beter mens as daarvoor. Die koringslaai wys hoe kleurryk ons erfeniskos kan wees deur ou gunstelinge soos koring, granate en turksvye te laat maats maak. Dit lewer ses tot agt porsies. KORINGSLAAI S 250 g gerolde koring S 3 ml sout S 125 ml streepspekvleis S 2 turksvye, geskil en in groot blokkies gesny S 60 ml granaatpitte S spekboomblaartjies (opsioneel) GRANAATSLAAISOUS S 45 ml rooiwynasyn S 20 ml olyfolie S 45 ml heuning S 15 ml suurlemoensap S 45 ml granaatsap S sout en swartpeper na smaak KORINGSLAAI S Kook die koring sowat 40 minute lank in ongesoute water tot sag. Dreineer en geur met die sout.
S Bak die spekvleis tussen 20 en 25 minute in ’n voorverhitte oond by 200 °C of braai dit in ’n pan tot goudbruin en bros. Sny in kleiner stukkies. S Meng die koring, spekvleis, turksvye en granaatpitte saam. GRANAATSLAAISOUS S Klits al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Giet dit oor die koringslaai en meng goed. S Sprinkel die spekboomblaartjies oor.
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013 9
Misère met tjor in stad MAG jou motor jou veilig bring waar jy wil wees dié vakansie. HANNES HAASBROEK vertel van die keer toe dinge vir sy gesin verkeerd geloop het.
SOEK GROEN GRAS: Hoewel goeie reën die afgelope paar weke oor Bloemfontein uitgesak het, is heelwat meer reën nog nodig om die droogte in dele van die Bloemfonteindistrik te breek. Hier wei ’n trop skape op die kikoejoegrasperk van die De Oude Kraalgasteplaas suid van Bloemfontein. Daar is môre ’n 60%kans op 5 mm se reën, dieselfde Sondag en Maandag ’n 60%kans op 15 mm. Die aanvoelbare tempe ratuur sal Sondag die hoogste wees wanneer dit 35 grade Celsius sal word.
Dis Kersfees! HIERDIE tyd van die jaar is vir my altyd so spesiaal! Bo en behalwe die belofte van vakansie en rus is daar altyd die tyd van die jaar iets in die lug. Dit is asof almal meer lag. Die blink liggies in die winkels by die winkelsentrums, die vriendelike Kersvaders met hul rooi pakke na wie die kindertjies blinkoog staar en die spesiale Kersliggies in ons mooi ou Bloemfontein maak dat dié tyd van die jaar altyd spesiaal is. Maar dan besef jy ook weer – dis Kersfees! Dis daardie tyd van die jaar: Oral gaan die eetplekke vol wees as jy dalk “vinnig” wil gaan ontbyt eet. Jy gaan in lang rye moet staan as jy dalk net “gou” iets wil gaan koop. Die winkelsentrums is soos ’n miernes. Benewens die dolheid moet daar vir die familie Kersgeskenke gekoop en toegedraai word. Die Kersetes moet beplan word en tussenin raak die swembad groen van die reën of die gras brand dood van die son. Oral sien jy skielik die armoede en ellende raak: Die ou oom op die straathoek in sy flenterklere, moeg en moedeloos; die misdaad, die padsterftes . . . Dan raak hierdie tyd nie meer so lekker nie. Die feestyd se “fees” raak allesbehalwe dít. Maar dan kyk jy weer na die flikkerende liggies, jy kyk weer in daardie spontane glimlaggie van die kind op Kersvader se skoot. Jy sien daar in die lang rye by die winkels nie die ongeduldige kyke raak nie, maar die paartjie wat blinkoog staan met hul eerste Kersboom in hul waentjie. Jy sien die ou oom met die flenterklere en deurgetrapte skoene nader aan jou motorruit waggel en jou met ’n vriendelike
glimlag groet: “Merry Krismis!”. Dan besef jy Kersfees kom net betyds om jou weer hoop te gee – amper soos daardie blikkie yskoue Coke nadat die gras gesny is. Jy het hoop dat volgende jaar nog beter gaan wees, selfs al was 2013 een van die bestes nog. Iets van die opgewondenheid van die feestyd is aansteeklik te midde van ons seer en stukkende land en wêreld. In Kersliedere wat in die kerke en die winkels speel, hoor ons weer die woorde – “vrede, hoop, liefde en vreugde”. Hierdie woorde moet nie net in Kersliedjies en kerke gehoor word nie. Die opgewondenheid in kinders se oë, die glimlag van Kersvader, Maria en Josef moet by elke inwoner en besoeker wees. Vrede, hoop, liefde en vreugde van menswees, kindwees, van net WEES moet moet ook deur die oom op die straathoek ervaar word wanneer hy smile en “Merry Krismis” groet. Mag Bloemfontein ware vrede, ware hoop, ware liefde en ware vreugde beleef. En of dit in die blink van die Kersgeskenke of flikkerende liggies is of by die Baba in die krip in die stal, mag ons in die tyd weer aan die brand gesteek word met daardie vier woorde om te gaan LEEF...voluit, passievol, vir mekaar as Bloemfonteiners en ook vir Bloemfontein! Mag hierdie Kersfees soos ’n yskoue Coke ná ’n lang dag vir almal en elkeen wees! ’n Geseënde Christusfees en feestyd vir almal! S Nico van der Walt is ’n jeugwerker van die NG kerk Heuwelsig.
Today in history 1699 – Peter the Great ordered that the Russian New Year be changed from 1 September to 1 January. 1802 – The United States buys the Louisiana territory from France. 1852 – Sir George Cathcart, governor and commander-inchief at the Cape (31 March 1852 to 26 May 1854), is defeated when he attacks Moshesh at Berea Mountain, Basutoland, with his force of 2 500 regular troops. He concluded peace in accordance with instructions from the British Colonial Office and returned to the Cape Colony. 1868 – Born: Harvey Firestone, industrialist and tyre maker. 1914 – Josef Johannes (Jopie) Fourie, rebel commando leader in the 1914 Rebellion, is executed by a firing squad after being found guilty of high treason. His death causes an outrage in Afrikaansspeaking circles and is a potent factor in the rise of the National Party. 1924 – Adolf Hitler is released from prison after serving less than one year of a five-year sentence for treason. 1933 – The German government announces 400 000 citizens are to be sterilized because of hereditary defects. 1938 – First electronic television system is patented. 1941 – Balthasar Johannes (John) Vorster, former prime minister and president of SA, marries Martinie Steyn Malan in Worcester. 1952 – Prof. J.L.B. Smith receives a cable from Captain Eric Hunt, stating that he has a coelacanth at the Comoro Islands. Prime Minister D.F. Malan arranges for Smith to fetch the fish, travelling in a military aircraft. 1968 – Author John Steinbeck dies at the age of 66.
Nico van der Walt op Tafelberg.
1994 – Ivan Lendl retires after a 17-year tennis career.
DIEGENE wat dit al beleef het, sal weet hoe vreesaanjaend dit is. ’n Kar wat vrek op ’n Vrydagmiddag met tjailatyd. In die middelste baan by ’n verkeerslig in een van ons grootste stede. Of sagkens gestel, uitsny. Morsdood. En dit in ’n vreemde stad. Jy kry die prentjie, nê? Maar die aanloop tot daardie angswekkende oomblik in Pretoria se middestad was nie minder erg nie. Ons – dit is ek en my vrou en ons twee tienerseuns – is die Vrydagoggend lekker vroeg uit Bloemfontein om vir familie in Pretoria te gaan kuier. Net voor Parys sê ek aan my vrou: “Ai, die kar loop darem nog klopdisselboom vir sy jare. Voel kompleet of hy nou net uit die boks kom. Sal maar ’n hartseerdag wees as ons hom moet inruil.” Soos ons honde, is Die Kar deel van die gesin en word derhalwe hierna in hoofletters geskryf vir sy moedige bydrae om tot die einde vas te byt. Anderkant Parys gee Die Kar ’n ruk en gaan staan. So asof hy uit die bloute snak na asem. Vat darem weer. Terug Parys toe. ’n Werktuigkundige maak hier skoon, vroetel daar en is effens bekommerd oor die petrolpomp wat ek opmerk hy met koue water lawe. Fout kan hy nie werklik vind nie en daar gaat ons weer. Die horlosie wys dit is middag. Dit is nie 100 jaar nie of die “ruk-enstaan” is weer daar. Gelukkig vermoed ons die petrolpomp kan die sondaar wees. ’n Bottel water ry ons altyd saam. Ons gooi. Ek draai die sleutel. Nie eens Beethoven se Negende Simfonie kan so mooi klink soos ’n enjin wat inskop ná so ’n uitsny-sessie nie. Met dié dat ons almal opgestres is oor die mankoliekerigheid van Die Kar in ’n Vrydagmiddagsnelwegverkeer wat drasties begin toeneem, ry ons die padvurk na Centurion en Rooihuiskraal, waar die familie bly, mis. Heeltemal mis. Die volgende wat ons sien, is Pretoria se tronk waar ons die stad aan die westekant inry; skoon aan die verkeerde kant vanwaar ons moet
wees. Navrae oor hoe om vandaar by ons bestemming uit te kom lewer ’n skrikwekkende antwoord op. “Meneer, as jy nie die wêreld ken nie, is daar net een uitweg, en dit is deur die middestad anderkant uit.” En toe gebeur dit! In die oorweldigende middestad-vyfuurverkeer met karre en lorries wat al hoe meer uit systrate en parkeerterreine ongeduldig onder ’n onbedaarlike getoet en skreeu invloei om een magtige stroom te vorm, vrek Die Kar by die besigste verkeerslig. In die middelste laan. Heel voor by die wit streep. Vir die tieners word alles nou ’n groot avontuur. Enjinkap weer oop, water oor die petrolpomp en ’n paar minute wag terwyl, tipies, die bestuurders in die voertuie agter ons hul gesigte iesegrimmig trek in hul poging om in die malende verkeer verby te skuur. Jy sal dit nie glo nie. Tussendeur al die karre by die verkeerslig kom ’n opgeskote wit meisie aangevleg, geklee in jeans en ’n vuil rooibont windjakker, om by ons ’n aalmoesie te bedel. By ’n kar waarvan die enjinkap oopstaan en ’n oom wat opvallend opgesukkel is! ’n Oom wie se hartklop by die minuut toeneem oor die malende dreunende verkeer rondom hom en ’n groteske garagerekening wat waarskynlik voorlê. Ná die tyd sou ek ’n bietjie sleg voel daaroor, maar my KYK in die hitte van ons omstandighede het die arme bedelkind terstond verdryf. En die vraag: Hoekom bedel sy nie by die talle karre wat niks makeer nie? Dié tyd van die middag beskaam die hoop dat een of ander werkswinkel tot ons redding voor die volgende oggend sou kom. Ons is Pretoria benoud anderkant uit, maar steeds in ’n verkeer wat kop-aan-stert beweeg. Gelukkig hou die motoriste by die reël om nie in die heel buitenste kantbaan te mag ry nie. Dit skep die geleentheid om die noodligte aan te gooi en by almal verby te spoed totdat Die Kar weer ruk, en ruk, en ruk en gaan staan. Dan weer water gooi, wag en deur die genade ’n entjie vorder. Senutergend! Daardie aand om 19:30 is ons beproewing verby toe Die Kar voor die familie se woning tot stilstand kom. Verlig klim ons uit, terwyl my broer bier in die hand ons tegemoet stap . . .
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013
Wen met jou roman NB-UITGEWERS wag van 1 Januarie 2014 af inskrywings in vir die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015. Die wedstryd bied aan skrywers die geleentheid om by die land se grootste en suksesvolste uitgewery te publiseer. Dit is boonop die omvangrykste romanwedstryd in die land met die grootste beloning vir skrywers. Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel en sluit ’n stewige debuutprys in: Wenner R200 000 Naaswenner R70 000 Derde prys R40 000 Debuutprys R40 000 Skrywers kan hul manuskripte aan enige van NB-Uitgewers se fiksiedrukname voorlê: Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie of Kwela-Boeke. NB-Uitgewers onderneem om die wenmanuskrip(te) te publiseer en het eerste opsie op alle manuskripte wat ingeskryf word. Met die debuutprys wil NB-Uitgewers aan nuwe Afrikaanse skrywers erkenning gee en hulle aanmoedig om met volgehoue dissipline, uitstekende navorsing en deursettingsvermoë ’n trefferroman te skep en af te rond. “Skryf in! Dis ’n waagstuk en ’n
NB Uitgewers gee gereeld boeke weg op bloemnuus.co.za. Gooi ’n oog daar. bietjie angswekkend. Maar dit is ook opwindend, en ’n aansporing, en wie weet – mev. Geluk is jou dalk ewe goedgesind!” sê Ingrid Winterbach wie se roman Die
PERSOONLIKE DIENSTE
aanspraak van lewende wesens (Human & Rousseau) in 2012 as die wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd aangewys is. Hierdie roman het ook in 2013 die Hertzogprys vir Afrikaanse Prosa en die M-Net- Literêre Toekenning in die kategorie Afrikaans ontvang, en is boonop aangewys as die wenner van die W.A. Hofmeyr-prys vir die beste Afrikaanse literêre werk in alle genres en die Universiteit van Johannesburg-prys in die kategorie kreatiewe skryfwerk in Afrikaans. Chris Karsten, wat in 2012 as die naaswenner aangewys is vir sy roman ’n Man van min belang (Human & Rousseau), sê: “Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd is die plek waar jy jou eie storie kan vertel in die geselskap van ander storievertellers, almal aangesteek deur die lekker gees van die Afrikaanse woord boonop beloon met aansien, erkenning en ’n goeie gawe vir jou harde werk.” Volgens die uitvoerende hoofbestuurder van Media24 Boeke, Eloise Wessels, gee hierdie wedstryd erkenning aan ontluiken-
KRUIEKENNER
Ingrid Winterbach de én gevestigde skrywers. “Dit is ook ’n uitstekende platform vir die ondersteuning, ontwikkeling en moontlike publikasie van nuwe werk in
ALGEMENE & HUISDIENSTE
EIENDOMME
1435
FINANSIEEL 1420
DOCTOR MIRANI ROMMELTHINK ABOUT HOW VERWYDERING MUCH YOU LOST TO 1860 MANY DOCTORS VERVOER VAN meubels, bourommel en tuinvullis. Skakel 072 288 WITHOUT SUCCESS: 7535. Bring back lost lover, stop en huishoudelike cheating and binding your TUINvullisverwydering: Vanaf R250 per vrag. Skakel Thys 072 relationship (same day). 391 3781. Financial problem, get a job and win court cases. VOERTUIE Manhood enlargement any size you want. Lucky oil for gambling, lotto, horses and all kinds MOTORS TE KOOP of betting. 3025 AND MANY MORE 100% GUARANTEED NISSAN BAKKIE: LWB, MONEY BACK. 2007-MODEL. R65 000. CALL 084 552 8315. 051 451 9134/ 084 710 0330.
HUISE TE KOOP 3275
R495 000. Ongelooflike winskoop: Groot gesinswoning met baie ekstra"s in Brandfort. Gertrud 083 708 4044 Rawson Suid. 2 Luukse erwe te koop in Clarens op Golf Estate: En oorkant Golfbaan R 640 000. Getrud 083 708 4044. Rawson Suid
Afrikaans,” sê sy. Die Groot Romanwedstryd, voorheen onder meer bekend as die Sanlam/Insig Groot Romanwedstryd en daarna die Sanlam-romanwedstryd, werf reeds sedert 1990 nuwe talent onder aspirantskrywers en moedig ook ervare skrywers aan om nuwe manuskripte te voltooi. Vorige wenners van hierdie wedstryd sluit in Alexander Strachan, Erika Murray-Theron en Dan Sleigh. Manuskripte vir die Groot Romanwedstryd 2015 word van 1 Januarie 2014 aanvaar en die sluitingsdatum is 1 September 2014. Die wedstrydreëls en inskrywingsvorm kan by www.nb.co.za afgelaai word. Skrywers kan ook hier besoek vir meer inligting oor die drukname. Alle manuskripte moet gepos word na: Vir aandag: Danita van Romburgh, NB-Uitgewers Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015, (voorkeurdruknaam), Posbus 879, Kaapstad 8000. Vir inligting oor die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015 skakel 021-406-3412 of stuur ’n e-pos aan romanwedstryd@nb.co.za
BLOEMNUUS, VRYDAG 20 DESEMBER 2013 11
Allan verruil Bfn vir Kaap
ALLAN DONALD, boulafrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan, gaan Bloemfontein om persoonlike redes vir die Kaap verruil. Donald het diep krieketspore in Bloemfontein, waar hy gebore en getoë is, getrap.
Die bal waarmee Allan Donald sy 300ste toetspaaltjie laat kantel het.
Die Proteas berei in Bloemfontein voor vir hul vyfdaagse toets teen Bangladesj in 2008. Hier is AB de Villiers, Allan Donald en Jacques Kallis. Foto: Emile Hendricks
Vernon Philander praat met Allan Donald voor ’n Proteawedstryd.
Foto: Charles Pullen
Allan Donald (middel) hier saam met Russell Domingo (links) en Gary Kirsten. Foto: Christiaan Kotze
’n Foto uit die jare toet: Allan Donald, Aki Aresti, Hansie Cronjé en Gerhardus Liebenberg. Voor staan Kenny Aresti wat nou al 28 jaar oud is. Foto: Joe Venter
Die destydse Eagleskrieketspan wat die SuperSporttrofee in 2005 met die NatalDolfyne gedeel het. Van links is, agter: Boeta Dippenaar, Sarel Cilliers (fiksheid), Dillon du Preez, Ryan McLaren, Cliffe Deacon, Corrie van Zyl (afrigter), Davey Jacobs en Gerhardus Liebenberg (12de man); middel: Thandi Tshabalala, Loots Bosman, Jona than Beukes, Morne van Wyk (kaptein) en Victor Mpitsang; voor: Ryan Bailey en Allan Donald (hulpafrigter). Foto: Charl Devenish
Allan Donald hou vir Dale Steyn dop met sy boulsessie in die nette. Foto: Christiaan Kotze
Gaan maak dié vakansie ’n draai op bloemnuus.co.za.
Injuries a concern INJURIES in schools rugby in the Karoo region almost doubled the number of those in Super 12. This according to a study by the Department of Sports Medicine at the University of the Free State (UFS). The study, led by Dr Louis Holtzhausen from the School of Medicine, also found that a major part of rugby injuries at South African schools are not monitored and managed properly, which already led to frightening consequences. The study recorded approximately 250 injuries per 1 000 playing hours in the Karoo region as opposed to 167 injuries per 1 000 playing hours during the Super 12 Rugby Tournament. Holtzhausen says although
MAG die Cheetahs in 2014 selfs ’n beter jaar beleef as vanjaar! Dié foto is geneem op die dag dat die Cheetahs die Blues in die Vrystaatstadion lekker ver geklop het. Foto: Jens Friis
Dié seges beïndruk in 2013 RUFUS BOTHA deel vyf plaaslike sportgebeure van 2013 wat hom nog lank sal bybly, omdat dit nie alledaags in sy loopbaan as sportskrywer gebeur nie. S Om die puik sokkerspeler van die Hoërskool Brebner, Tyrone Mondi, se vaardighede op vanjaar se Engen-sokkertoernooi in Bloemfontein te aanskou was iets om oor huis toe te skryf. Hy is as speler van dié toernooi aangewys. ’n Groot eer het hom boonop in 2013 te beurt geval toe hy ’n beurs van R400 000 voor 160 spelers van oor die wêreld heen van die Engelse sokkerklub Bolton Wanderers weggeraap het. Jy móét goed wees as een van jou sterkste teenstanders sê: “Tyrone is die beste skole-sokkerspeler teen wie ek nog gespeel het en gesien speel het”. Só het Tshegofatso Mabaso (Grey) Mondi eer toegeswaai en die erkenning sal my óók lank bybly – dit is voorwaar groot. S My onderhoud met die 12-jarige Tony August by sy
skool (Laerskool Bloemfontein) sal ek nooit vergeet nie. Die joviale jongman wie se ouers albei oorlede is, se positiewe uitkyk op die lewe is aansteeklik. August, wat een van die leiers by ’n kinderhuis naby sy skool is, het vanjaar vir die Vrystaatse Cravenweekspan uitgedraf en ’n gemiddelde persentasie van meer as 70% behaal. Hy is ook ’n puik atleet. S ’n Teleurstelling wat ek nie sal vergeet nie, was toe ek uit Lyon (Frankryk) verwittig is die puik naelloper met ’n visuele gestremdheid, Jacques de Bruyn, was op die wêreldkampioenskapsbyeenkoms op die baan tydens ’n oefensessie in ’n botsing met ’n ander atleet betrokke. Hy is só erg beseer dat hy in die hospitaal beland het en nie kon deelneem nie. S Die St. Andrew- (Saints) skool kon nie vir ’n beter sportjaar gevra het tydens sy 150-jarige feesviering nie. Dat Saints twee uit ses junior sportmanne opgele-
wer het wat vanjaar deur die Vrystaatse Sportmedia vereer is vir hul uitstekende prestasies is ongekend. Hulle is die krieketspelers Sine Ntsona en William Redpath (judo). Saints is ook die enigste skool in die Vrystaat wat ’n plek (13de) onder die top-20 krieketskole in Suid-Afrika kon behaal op die gesogte skolesport-webtuiste www.schoolsportsnews.co.za S HTS Louis Botha se skitterende sportvertonings op atletiek- en rugbygebied was vanjaar skitterend. Byvoorbeeld: Llewellyn Hein bereik die halfeindronde in die 200 m op die wêreld-jeugkampioenskapsbyeenkoms en Ox Nche en Rafuoe Rampete word albei vir die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyspan gekies. Maar hul o.19-sokkerspan, wat vriend en vyand verras het deur eers die Vrystaatse eindronde te wen en daarna die eindronde te haal in die nasionale Kay Motsepe-bekertoernooi, was iets wat my lank sal bybly. Dit was terloops sowat R750 000 in die Louis Botha-sportkoffer werd.
Verskyn op dié datums HIERDIE is Bloemnuus se laaste uitgawe van 2013. Die eerste uitgawe van die koerant is weer op Vrydag 17 Januarie op straat. As jy ’n advertensie wil plaas, bel Susna Pieters vandag by 051-4047798 of ná Maandag 10 Januarie. In die tyd dat Bloemnuus nie verskyn nie, sal www.bloemnuus. co.za en die koerant se Facebook-blad wel bygewerk word. Gaan maak gerus daar ’n draai.
injuries are monitored and managed superbly at national schools rugby events, very little, and in some cases no attention, is given to the prevention, treatment and management of injuries during smaller events. Holtzhausen says 54 serious rugby injuries were reported in South African rugby between 2008 and 2011 of which 7% were fatal. About 26% of these led to quadriplegia and about 31% led to neurological defects. Neck injuries are easy to identify, but traumatic brain injuries, including concussion, are often not diagnosed and/or managed correctly. “Injuries in schools rugby are not always (fully) reported, but the figure seems to be high.”