Bloemnuus 20140117

Page 1

VRYDAG 17 JANUARIE 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

’n Eerste

Skole begin

Alzheimers

Jackson en Dell saam in Bfn

Krisisse in onderwys niks nuuts deur jare

Dankie, Ma, dat jy onthou al vergeet jy

bl. 4

bl. 8

bl. 2

Vandag 110 jaar gelede

Vloed: Bfn steier VANDAG, presies 110 jaar gelede, het Bloemfontein sy Laingsburg­oomblik beleef. Dit was die ergste waterramp wat Bloemfontein waarskynlik nog ooit getref het. Daarna was dit duidelik: Bloemspruit sou drasties verander moes word om ’n herhaling van só ’n ramp te verhoed. Daarom is grond onteien, is die Bloemspruit reguit gemaak, uitgegrawe en met sandsteenblokke uitgebou. Só sou dit twee keer die volume water kon hanteer wat die stad toe pas getref het. Op die foto is Jenkins & Co. en regs daarvan die ineengestorte Royal­hotel. Nog foto’s en ’n berig op bl. 10. Foto: Nasionale Museum


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 17 JANUARIE 2014

Dankie, Ma, dat jy onthou al vergeet jy Annalize Doubel

“EK stap saam met jou tot by die kar. Ek is bekommerd oor jou, Sus. Ek wil nie hê jy moet so in die donker alleen huis toe ry nie.” Met oë waarin 86 jaar van lief en leed weerspieël word, kyk sy my vraend aan. “Nee wat, ek is binne tien minute tuis.” Dan wil sy tot by die deur saam met my loop. In haar deftige rooi langbroek, rooi Melton-baadjie, wit (kerk-)skoene en rooi oorbelle, kam sy eers die silwergrys hare en maak haar wenkbroue netjies. En so pak ons saam die tog na die aftreeoord se voordeur aan. Al is dit net sowat 40 treë van haar kamer af, huiwer ek nogtans. Hoe gaan sy weer haar kamer kry? Ná ’n lekker stywe druk en ’n stomp winkeltand-byt in my nek, wat haar altyd laat giggel, draai sy terug na haar kamer. Ek kyk dat sy eers veilig is. Sy draai om. “Watter nommer is my kamer nou weer?” “Ma se foto is op die deur.” Met ’n knokkel-wysvinger merk sy as ’t ware elke deur. By haar kamer gaan sy staan, kyk mooi of dit sy op die foto is, waai vir my, en stap in. Met ’n knop in my keel, maar met groot vreugde in my hart, stap ek kar toe. My Mamma is ’n skaduwee van wat sy was. Van die selfversekerde vrou wat jou ore van jou kop af kon praat, uitbundig kon lag, lekker tenderised steak in ’n tamatiesous en roly poly en tuisgemaakte vla kon maak, is weinig oor. Die een saam met wie ek inkopies kon doen en as ons moeg ge-shop was, ’n wafel gaan eet het; wat haar jongste spruit van ses na dramaklasse, tennislesse, debats- en kooroefening, partytjies en laataandflieks by die skool rondgekarwei het; met wie ek saans kopstukke in die bad kon

Martin Schwella en Simoné de Meyer het onlangs verloof geraak. Nog ’n foto ver­ skyn op www.bloemnuus.co.za. Stuur jou onlangse verlowingsfoto vir ’n gratis pla­ sing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Foto: Schink Photography

Wel en wee

Annalize Doubell (regs), assistent­redakteur van Volksblad, by haar ma, Marie Meyer, wat onlangs oorlede is. Die foto is verlede jaar op Marie se 87ste verjaardag geneem. Annali­ ze het die meegaande stuk enkele maande gelede geskryf toe haar geliefde ma begin “vergeet” het.

Marie oorlede Maria Petronella Charlotte (Marie) Meyer (née Gouws), gebore 10 Maart 1926 op Warden, is op 6 Januarie 2014 in die Welcare-siekeboeg van die Welgedacht-aftreeoord in Bloemfontein oorlede. Haar man, Gert, is in 2004 oorlede. Sy word oorleef deur vier seuns – Lukas, Rudolf,

gesels, is nie meer daar nie. Nóú se ma vergeet om te onthou dat haar dogter nie haar suster is nie. Dat haar jongste seun nie haar man is nie. Dat ek tien minute se ry van haar af woon, soos ek binne tien minute tien keer vir haar moet sê. Maar ek verdra dit met liefde, Mamma, want jy het nog nooit vergeet om te onthou om lief te hê nie.

Gerhard en André – en twee dogters – Anne-Marie Snyman en Annalize Doubell, assistent-redakteur van Volksblad – asook 14 kleinkinders en 15 agterkleinkinders. Sy is op Vrydag 10 Januarie in die Wespark-begraafplaas op Kroonstad, waar sy en haar man jare lank gewoon het, begrawe.

Om vriendelik te wees en nooit te kla nie. Om altyd dankie te sê dat ek vir jou kom kuier het. Altyd vir my ’n kompliment gee as ek vir jou mooi lyk. En dat jy opgewonde is as ek vir jou ’n soet dingetjie bring. Dankie dat jy dit vir my maklik maak om jou lief te hê totdat die ewige slaap jou kom verlos van die stryd om te probeer onthou . . .

S DIE volgende Bloemfonteiners is onlangs oorlede: Sophia Maria Marais (geb. 1923) van Serenitas; Miemie Holtzhuizen (geb. 1925) van Ons Tuiste; Henry Bierman (geb. 1926); Verna Nagel (geb. 1932); Cindy Pretorius (geb. 1969); Evangelos Stergos (geb. 1938); Daniël Rudolph de Wet (geb. 1961); Theunis Jacobs Crous Janse van Rensburg (geb. 1962); Martha Elizabeth Tait (geb. 1923); Sarie (Sweetie) Wicks (geb. 1927); en Kotie Williamson (geb. 1924) van Ons Tuiste. S Adéle Dempers, hoofsubredakteur van die Sentrale Plaaslike Koerante van Volksblad, volg Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, op as streeksverteenwoordiger van die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste. S Dr. Jacob Swart (67), ’n afgetrede ortopediese chirurg, en sy vrou, Elise (65), is op hul plaas Springfield in Lynchfield in die Bloemspruit-omgewing verskeie kere deur twee mans met ’n mes gesteek en met ’n staalpyp geslaan. Die polisie ondersoek ’n klag van huisroof.

S Babs Groenveld vier haar 99ste geboortedag vandag. Sy is ’n inwoner van Bayswater Village C40 en een van die NG gemeente Hugenoot se oudste lidmate. S Christina Jacoba (Christine) Dempers (geb. 1928) van Serenitas se gedenkdiens het uit die NG kerk Heuwelkruin plaasgevind. S Theunis Johannes Olivier (geb.1968) is vanuit die Elim-Pinksterkerk in Noordhoek begrawe en in die Bainsvlei-begraafplaas ter ruste gelê. S Jannie de Wet, oudhoofseun van die Hoërskool Jim Fouché, het op tien onderskeidings in die matriekeindeksamen gehoop en tien behaal. Hy is Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat se Matrikulant van die Jaar. Jannie is die seun van Jannie (sr.) en Magrita de Wet. S Giuseppa Maria Panelatti (geb. 1936) is uit die Sacred Heart-katedraal begrawe en in die Memoriam-begraafplaas ter ruste gelê.

Bloemnuus se Facebook­ leser van die week: Elna Venter van Uitsig, Bloem­ fontein, is die afgelope 24 jaar met Paul Venter, “die wonderlikste man” ge­ troud. “Ek het nie kinders nie, maar my man het vier kleinkinders waarvan twee in Nieu­Seeland is.” Elna werk as ‘n inligtings­ beampte by die Huge­ noot­gemeente. Sy is al amper 60 jaar ‘n Bloem­ fonteiner. “Bloemnuus is verfrissend. Jy ontdek so baie interessante mense en gebeure, asook nuus oor Bloemfontein en sy mense, in dié koerant.”

S Koos Wessels, ’n oudVrystaatse rugbyspeler, is in Bloemfontein begrawe. Hy was die tweede oudste lewende Vrystaatse rugbyspeler (86 jaar en 17 dae) en het in die 1950’s vir die Vrystaatse rugbyspan in 38 wedstryde gespeel. Koos word deur sy vrou, Francina, ’n seun, Japie, en ’n dogter, Henriëtte Oberholzer, oorleef. S Nadine Geldenhuys, ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Sentraal, is die vakansie deur ’n giftige skerpioen gesteek terwyl sy geswem het. Sy het lam gevoel en gesukkel om te praat. Teengif en ’n kalsium-aanvulling het haar lewe gered. S Deonette Basson (48) en haar ma, Christine Basson (80), het in ’n motorongeluk gesterf. Deonette was ’n Afrikaans-onderwyser aan die Hoërskool Jim Fouché. Die skool is onlangs aangewys as die beste akademiese skool in die Vrystaat.

Verloof: Carika van Zyl en Duan Koen (Leopards & Lace). Nog ’n foto van dié paartjie verskyn op Bloem­ nuus se Facebook­blad. Foto: Charlene’s Photomemories


BLOEMNUUS, VRYDAG 17 JANUARIE 2014 3

Red só lewens in 2014 NUWEJAARSVOORNEMENS behels dikwels die opgee van iets. Hierdie jaar vra die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nie dat jy iets opgee nie, maar eerder dat jy iets gee – bloed. Bloedskenkings red lewens. Dit is ’n maklike voorneme om te maak en by te hou. Elke skenking neem ongeveer ’n uur en kan tot drie mense se lewe help red. Die skenkingsproses is eenvoudig: Jy sal ’n vraelys rakende jou gesondheid en leefstyl voltooi; jou bloeddruk word geneem en ’n druppel van jou bloed om seker te maak jy is nie anemies nie en dat dit veilig is om te skenk. ’n Gekwalifiseerde suster sal ’n kort onderhoud met jou voer en as alles in orde is, word jou bloedskenking gedoen. Alle naalde en toerusting word slegs een maal gebruik en dan vernietig. Ná jou skenking geniet jy koekies en koeldrank. Daar moet elke dag 3 000 eenhede bloed ingesamel word om aan hospitale in Suid-Afrika te verskaf. Die behoefte aan bloed is deurlopend – daar vind elke 35 sekondes ’n bloedoortapping in Suid-Afrika plaas. “Daar is baie mense wat nog nooit bloed geskenk het nie, of lank terug geskenk het, en ons vra dat hulle gereelde bloedskenking deel van hul lewe maak. Moenie dat die lewe in die pad van LEWE staan nie,” sê Irene van Schalkwyk, bemarkingskonsultant by die SANBD in Bloemfontein. Om ’n bloedskenker te wees moet jy: S tussen die ouderdom van 16 en 65 wees; S meer as 50 kg weeg; S ’n veilige seksuele leefstyl lei; S gesond wees op die dag van jou skenking; en S ’n maaltyd genuttig het voordat jy bloed skenk. Hoe om jou naaste bloedskenksentrum te vind: S skakel 0800-11-9031; S www.sanbs.org.za; of S SMS jou poskode na 31454.

DIE WONDER VAN REËN: Jorina Classen het hierdie foto van haar kleinseun, Lian Alexander, ingestuur. Nadat ’n bui reën geval het, het Lian sy weerkaatsing in die water gewaar en vat­vat daaraan geraak. Lian is die seun van Cornelle en Raymond Alexander.

Nuus in kort S VUISVOOS verbruikers moet hulle die volgende paar maande vir ’n paar opeenvolgende brandstofprysstygings staal. Met die rand wat tot sy laagste vlak in vyf jaar van byna R11 teenoor die dollar verswak het, kan petrolpryse in Februarie met sowat 30c per liter styg, sê ekonoom Mike Schüssler. S Kyle Grant is die gewilde mansgroep Adam se nuwe lid. Dié Albertonner, ’n voltydse sanger en danser, sluit hom eersdaags by die groep se ander lede, Reynardt Hugo en Hugo Ludik, aan. Hy vervang Joe Foster, wat die groep verlede jaar verlaat het om aan ’n sololoopbaan te werk. Kyk op www.bloemnuus.co.za na die eerste solo-video van Foster. S Nicholis Louw, die sanger, het Woensdagoggend net ná middernag vir Denise Shrewsbury die groot vraag gevra. Só het hy die groot nuus op sy Facebookblad aangekondig: “BOOM SHAKALAKA!!!! Ekt my Babe gevra om te trou en sy het ja gesê!! Man ek het ’n catch en ’n half hier gevang! Love you my Baby! Xx Op Twitter het hy die volgende gesê: Hey maniacs! My kickass girl is nou my kickass verloofde!! Weirdly voel ek glad nie claustrophobic nie!! Sommer net happy happy happy!!

VIR ’N GOEIE DOEL: Geld kan in die Kersfonds­rekening inbetaal word by: Volksblad­Kersfonds, Nedbank­tjekrekening 102 891 9980, takkode 117 134. Stuur ’n faks as bewys van regstreekse be­ taling aan Marie McLaren by 051­ 448­3771. Die Kersfonds staan tans op R525 089,75. Daar word gehoop R1 miljoen sal geïn word.

S Yolandé Korkie, ’n oud- Bloemfonteinse onderwyser, is ná meer as sewe maande in aanhouding in Jemen deur haar ontvoerders vrygelaat. Yolandé en haar man, Pierre, is verlede jaar voor ’n hotel in die stad Taiz in Jemen deur ’n groep mans, wat lid van die terroristegroep Al Kaïda is, ontvoer en sedertdien as gyselaars aangehou. ’n Losprys van R32 miljoen is deur die ontvoerders vir Pierre geëis, andersins sal gevolge gedra moet word, het die paar se ontvoerders gewaarsku. S Ds. Jacob Maree van die Baptistekerk (Langenhovenpark) het Sondagaand in ’n erediens gesê dié gemeente is bereid om geld te gee om te help verseker dat die Korkies veilig sal wees. Die egpaar woon al meer as vier jaar in Jemen waar Pierre aan ’n nie-regeringsorganisasie verbonde is.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 17 JANUARIE 2014

Dít gebeur dan daar WAT gebeur wanneer, waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook op www.bloemnuus.co.za gelaai. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees, besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboek-inskrywings. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) aan jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 17 JANUARIE S The Oliewenhuis Art Museum is pleased to present My Country: A collection of ten South African landscapes by one of South Africa’s leading contemporary realist painters, John Meyer. S Het jy al ’n draai gemaak by die nuwe Euro Caffe, ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus? Dié eetplek in Mimosa Mall is ná sy opknapping veel groter. Van hier het jy nou deur reuse-glasvensters ’n pragtige uitsig oor die noordelike woonbuurte van Bloemfontein. Die uitgebreide spyskaart bied onder meer ’n groot Caesar-slaai teen R55,95 en ’n 300 g-kruisskyf (rump steak) teen R89,95. S The National Museum in Bloemfontein boasts a new permanent exhibition. The exhibition depicts the history of Batho in an interactive and visually-exciting manner. Particularly striking is a realistic replica of a red brick house typical to Batho as well as a life-size projection of a short film shot in one of Batho’s streets. Visitors may also listen to sound clips from interviews conducted with Batho residents or read the transcribed text. This is thanks to audio-visual equipment sponsored by the Belgian and Flemish governments. Unique objects donated by Batho residents are also on display. Derek du Bruyn, 051-447-9609.

S Beesstert (ox tail) en stampmielies – nes jou ouma dit sou maak. Ouma se Kombuis, Tweede Laan, Westdene. Lita Kotzé, 083-262-1165. S Do you want to get away over weekends? Now you can use SAA Voyager miles on Mango flights. So whether it’s from Bloemfontein to Cape Town or Johannesburg to Zanzibar, with Mango and SAA Voyager you have more choice than ever before. S Koekela het ’n paar nuwe geregte op sy somerspyskaart. Spesiale aanbiedings. Bel Gabrielle 073-141-1730 of 051-430-1949. S Wisselkoers: Een Amerikaanse dollar is nagenoeg R10,67 werd; 1 Euro = R14,58; 1 Britse pond = R17,60; 1 Australiese dollar = R9,63; en 1 Kanadese dollar = R9,79.

SATERDAG 18 JANUARIE S BirdLife Vrystaat hou ’n voëlkykuitstappie na die Krugersdriftdam. Beginners en besoekers welkom. Kontak Louise Coetzee vir inligting: 082-382-1341 of loucoetzee@mweb.co.za. S Alliance Française: Open day at the Alliance Française from 10:00 to 12:00 at the Alliance Room, West End Flats, cnr. Henry Street and First Avenue. Contact Louise Coetzee for information: 082-382-1341 or loucoetzee@mweb.co.za. S Surrounded by 12 hectares of natural vegetation on Grant’s Hill, the Oliewenhuis Art Museum offers access to four marked walking trails through unspoilt natural surroundings. The walking trails are easily accessible to young and old and offer a unique opportunity to experience the beauty and tranquillity of the area. The museum gardens also offer ideal picnic spots. S Die NG gemeente Hugenoot is om 09:00 gasheer vir dr. Rodney Seale, jeugbedienaar, skrywer en gasspreker op radio en TV. Die byeenkoms vind by die Bloukerk in Bayswater plaas en jong mense word daarheen uitgenooi. Geen toegangsgeld word gevra nie. Ina Fourie, 083-458-5956.

Faan se trein, die rolprentweergawe van die treffer­verhoogstuk deur Pieter Fourie, die oud­Vrystater, begin volgende Vrydag in teaters wys. S Soutpan word al hoe gewilder as bestemming onder Bloemfonteinse motorfietsryers omdat dit nie ’n dagreis ver is nie. Bespreek jou plek vir ontbyt (pap-en-sous tot boeretroos) by Truksvy. Bel Liza, 076-768-8726. S Die son kom vanoggend om 05:32 oor Bloemfontein op en sak teen 19:18. SONDAG 19 JANUARIE S Die Nasionale Museum, Aliwalstraat 36, is Sondae van 12:00 tot 17:00 oop. Toegang is R5 (volwassenes), R3 (leerlinge) en voorskoolse kinders gaan gratis in. Skakel 051-447-9609 vir meer inligting. S Lus vir ’n bord boerekos in die platteland? Sit aan vir skaapboud, hoender, plaasbrood . . . by Truksvy op Soutpan om 12:00. Dis nodig om by Liza (076-768-8726) te bespreek. S Nico en Lizaan van der Walt word om 09:00 as predikantspaar van die NG gemeente Heuwelsig bevestig. MAANDAG 20 JANUARIE S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. WOENSDAG 22 JANUARIE S Die Vriende van die Ou Presidensie hou hul jaarvergadering om 18:00 in Naln. Lede en belangstellendes is welkom. Bel Lambertus van Rensburg by 072-418-8665 of 051-4225283. S Word ’n lid deur Bloemnuus se Facebookblad bo-aan te “like”. Bly só op hoogte van nuus in Bloemfontein. S Volksblad se nuwe projek gemik op tieners begin vandag oor ’n week. SkoolBLUES is ’n interaktiewe strokiesprent en gaan Woensdae in die koerant verskyn. Die hoofkarakters is Pieter Erasmus, John van Rooyen, Karin van Aswegen en Nthabiseng Dichabe. Hulle is almal op Facebook en Twitter. Tieners bepaal SkoolBLUES se storielyn deur op die karakters se Facebook-blaaie te post of hulle te twiet – dis hulle wat sê wat volgende moet gebeur. Meer inligting sal later bekend gemaak word, maar gaan “like” solank SkoolBLUES se Facebookblad (www.facebook.com/vbskoolblues).

SATERDAG 25 JANUARIE S Ray Dylan sing in Innie Skuur in Langenhovenpark. Kaartjies kos R100 en is by Kiki Corner of Music Inc te kry. Vir meer inligting skakel 079-387-3614. S Die Vrystaat-tak van die Boeremusiekgilde hou ’n dansparty in die skoolsaal van Rosenhof (agter die Life-Rosepark-hospitaal). Verskeie orkeste sal optree. Daar sal vure wees om vleis te braai. Bel Mientjie by 072-844-3667 of Henriëtte by 082-578-7532. VRYDAG 7 FERUARIE S Valentynsmark: Geskenke vir oud en jonk. Afleweringsdiens ook beskikbaar vir Vrydag 14 Februarie. Plettenbergstraat 1, Dan Pienaar. Lita Kotzé, 083-2621165. S Corlea Botha sing by Innie Skuur. Kaartjies kos R100 en is te kry by Kiki Corner (Langenhovenpark) en Music Inc. Navrae: meerkatkolonie@vodamail.co.za.

SATERDAG 8 FEBRUARIE S Suid-Afrikaners wat hulle nog nie geregistreer het om in die nasionale verkiesing te stem nie, sal nog ’n kans hiervoor kry. Stemgeregtigdes mag hulle vandag en môre as kiesers registreer. SONDAG 9 FEBRUARIE S PSL: Bloemfontein Celtic vs University of Pretoria, Free State Stadium, 15:30. VRYDAG 14 FEBRUARIE S Anna Davel sing in Koekela se tuin. Bel Gabrielle 073-141-1730 of 051-430-1949. WOENSDAG 26 MAART S Steve Hofmeyr tree in die Kovsiekerk op. Kaartjies wissel tussen R110 en R220 en is te kry by Computicket. Vir meer inligting skakel 082-481-8881. Dit word met trots deur Afrikoon-Produksies aangebied. Bloemnuus is ’n mediaborg van dié konsert.

VRYDAG 21 FEBRUARIE: Vir die eerste keer in Bloemfontein tree Tommy Dell en Manie Jackson saam op. Die konsert sal treffers insluit soos Little Rosa, Teddy Bear, Julia en Net Die Hemel Weet. Kaartjies kos R125 per persoon (R155 by die deur) en is reeds by Kiki Corner te kry. Die konsert vind op Vrydag 21 Februarie om 20:00 by Die Aasvoëlklub plaas. Vir meer inligting skakel 082­481­8881. Dit word met trots deur Afrikoon­ Produksies aangebied. Bloemnuus is ‘n mediaborg van dié konsert.


BLOEMNUUS, VRYDAG 17 JANUARIE 2014 5

Today in history 1706 – BORN: Benjamin Franklin, statesman, diplomat, scientist and inventor who helped draft the Declaration of Independence and wrote Poor Richard’s Almanac. 1773 – Captain James Cook becomes the first person to cross the Antarctic Circle. 1819 – Simon Bolivar the “liberator” proclaims Columbia a republic. 1852 – The Sand River Convention, under which Britain renounces all claims to authority beyond the Vaal River, is signed. This lays the foundation for the Zuid-Afrikaansche Republiek that was to be established later in 1852. 1904 – Almost 60 people drown when a storm hits Bloemfontein. 1912 – Robert Scott reaches the South Pole only a month after Roald Amundsen. 1914 – A poor boy, Jacobus Jonker, discovers a 726 carat diamond, the Jonker Diamond, on the farm Elandsfontein near Pretoria.

NA FLORIDA GENOOI: Friedl Janse van Rens­ burg (15) van die Hoërskool Jim Fouché is uitge­ nooi om in Junie aan die International Talent Showcase in Orlando, Florida, deel te neem. Dié eer het haar te beurt geval toe sy aan die Inter­ national Talent Showcase by Monte Casino in Johannesburg deelgeneem het. Foto: digipix.co.za

1939 – The Reich issues an order forbidding Jews from practising as dentists, veterinarians and chemists. 1942 – Born: Muhammad Ali (Cassius Clay), American boxer, “The Greatest,” who is the only three-time heavyweight champion.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 17 JANUARIE 2014

Getroud Daniël en Marisa Kotzé.

Foto: Francois Heydenrych

Yolandi en Wikus van der Linde (Sandstone Sleeper Estate).

Charne en Francois Froneman.

Foto: Eye Candy Photography House

Nongazi en Darlington Wasakara (King’s Haven).

Foto: Eye Candy Photography

Foto: Gerhardus Bosch

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens. friis@media24.com. Dit moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Jacques en Chireze Barnard (Willows).

Foto: TM Photography

Christy­Lee en Jacques Benson (Haldon Estates).

Foto: Eye Candy Photography House


BLOEMNUUS, VRYDAG 17 JANUARIE 2014 7

Liefde en geluk in VSA

Hoe verskil die mense van Bloemfonteiners? Ek dink omdat ’n mens in die vreemde is, soek ek altyd eerder na dit wat ooreenstem. Ek vind dat die mense hier baie familievas is en nie skroom om ander te help nie. Hulle kuier ook baie by mekaar. Hulle is baie soos Suid-Afrikaners.

Ons Mense in die vreemde ELBET RAY was ’n leerling aan die Laerskool Willem Postma en is ’n oud-Tralie. Sy en haar gesin woon nou in Wichita en Theonie Kok het haar meer oor hul lewe daar uitgevra.

Interessante sê-goed? Die mense in Wichita het ’n meer standaard-uitspraak van Engels. Hul uitspraak van die woord roof laat my kop draai, dit klink asof hulle rough sê. Met al die winde en tornado’s waarvoor Wichita bekend is, is hier baie mense wat rough(roof-) dienste adverteer of nodig het . . .

Hoekom Wichita? Ek het my man, Corey (’n Amerikaner), op Stellenbosch ontmoet. As deel van sy Afrikaanse klas moes hy mense kry wat Afrikaans met hom praat – wel, almal het met hom Engels gepraat, behalwe ek. Ons het sewe jaar in Memphis gewoon totdat hy in 2007 ’n werk by die Wichita State University aanvaar het. Vertel meer van Wichita. Dit is in die staat Kansas en deel van die gebied bekend as die Midwest. Ons is net twee uur noord van Moore, Oklahoma, wat in Mei 2013 die vreeslike tornado gehad het. Wichita is omring van plase – mielie, koring, sonneblom en beeste. Wat doen jy daar? Ek werk deeltyds van die huis af vir ’n rekenaarsagtewarebesigheid (drie tot vyf uur per dag), ek los af by ’n laerskool en doen vertaalwerk. Ek is trots op my organiese groentetuin en is aktief betrokke by die kinders se skool en ons kerk. As gesin doen ons vrywilligheidswerk by ons plaaslike biblioteek en sopkombuis.

aanpak en dat so baie vriende en vriendinne (die meeste van Bloemfontein) my oneindig moed ingepraat het en geduldig na al my gekla geluister het. Wat maak dit beter of slegter daar? Die vraag maak my hartseer, want ek is baie bewus daarvan en dankbaar dat ons in veilige omstandighede woon, selfs die paaie hier is veilig. Die haastige lewe, min vakansietyd (gemiddelde vakansietyd is so twee tot drie weke ’n jaar) maak dit moeilik om gereeld Suid-Afrika toe te gaan en dit is beslis die slegste deel. Is daar hulp vir mammas? Ons help mekaar. Daar is dagsorg en as ’n mens dit kies, betaal jy vir vyf dae ’n week, tien uur

per dag. Ek en Corey werk self in die huis en ons kinders ook. Ons respekteer wat elkeen doen en probeer dinge skoon en netjies hou. As ons in en om die huis take het, help almal in die gesin en ons probeer dit lekker en maklik maak – soms sit ek die musiek lekker hard aan – en ons almal sing kliphard terwyl ons vee, was en stryk. Ons vriendinne help mekaar ook en ruil tyd uit om mekaar se kinders op te pas wanneer dit nodig is, maak vir mekaar kos as iemand siek is of as ’n nuwe baba gebore is. Interessante en vreemde tradisies en gebruike? Die Amerikaners is baie patrioties. Op Memorial Day wapper die Amerikaanse vlae oral en die mense dra die kleure van die land – blou, wit en rooi.

Wat mis jy van Bloemfontein? Die mense, my taal, die luilekker kuier Sondae by die Botaniese Tuin of Oliewenhuis, konserte by die Ou Presidensie en die Sand du Plessis-teater, die klank van hadidas, Afrikaanse liedjies en my kerk. Raad vir ander? Ek weet nie of dit regtig raad is nie, maar ek het gevind dat geluk nie gegrond is op waar jy woon nie. Alle plekke het sy eie voordele en nadele – ’n mens ruil nooit ’n slegte plek vir ’n goeie plek nie, daar is voordele en nadele aan enige plek. ’n Nuwe omgewing bring nuwe geleenthede en omstandighede vir tyd en wyl – maar dit word ook weer alledaags – waar jy jou ook al bevind, maak ’n positiewe bydrae tot jou samelewing en gryp die geleenthede aan wat oor jou pad kom.

JHB 44963

Het jy maklik aangepas? Enige skuif is ’n aanpassing. Om na ander uit te reik is vir my maklik en ek dink dit het dit dalk makliker gemaak. Ek het ook egter baie nagte omgehuil en is bevoorreg dat my familie my ondersteun in alles wat ek

In die middestad van Wichita by ’n bronsbeeld van beeste en eende deur Georgia Gerber is van links, voor: Carpenter en Olivia; agter: Corey en Elbet Ray. Foto: Verskaf

Hoe verskil dit van Suid-Afrika? Die lewe gaan baie vinnig hier – mense kan baie ongeduldig wees en is nie gewoond om vir enigiets te wag nie – en jy kry dadelik wat jy wil hê. Die skooldae is van 08:30 tot 15:30 of 07:30 tot 14:30 – die kinders eet middagete by die skool en skool is ingedeel in laerskool (kleuterskool tot gr. 5), middelskool (gr. 7 tot gr. 8) en hoërskool (g. 9 tot gr. 12). Die skooljaar begin in Augustus en eindig in Mei en die meeste laerskole bied geen sport aan nie, dit moet privaat geneem word.

LOWEST GUARANTEED FLAT CALL RATE Samsung Galaxy S3 Mini Smartphone

Nokia Lumia 520 Smartphone

R129

R169

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

MINUTES

100

SMS/MMS

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

100

MB DATA

MINUTES

100

SMS/MMS

100

MB DATA

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

99cc PER MIN. ON PER SECOND BILLING 99

FEATURES: 4” Super-sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free Voice Guided Navigation.

FEATURES: Android 4.3 (Jelly Bean), 1Ghz Dual-Core Processor, 8GB Onboard memory, 4” super AMOLED Screen.

GOODIE BAG INCLUDES

ENERGIZER POWER PACK

R2 MILLION ALL OUR CUSTOMERS ARE AUTOMATICALLY ENTERED. ONE R100 000 WINNER DRAWN EVERY WEEK.

R389

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

MINUTES

100

SMS/MMS

R99

SMARTDATA POSTPAID & TOPUP

1GB DATA

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING FEATURES: Dual Camera, Group Play, S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll.

SIM ONLY

YOUR SHARE OF

Samsung Galaxy S4 Smartphone

2GB+ 3GB*

MIDNIGHT DATA

(2GB x12/24) + 3GB MIDNIGHT DATA

Available at the following Cell C stores:

Mimosa 084 828 0028 • Loch Logan 084 828 0612

CHANGE TO CELL C AND cellc.co.za CUSTOMERS ENTERED BY MAKING A CALL FOR 1 MINUTE A DAY FOR A WEEK. CAMPAIGN ENDS 31 JANUARY 2014. *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 January – 31 January 2014. All prices are inclusive of VAT. Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114 applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 17 JANUARIE 2014

Onderwyskrisisse doem deur jare op Hannes Haasbroek

KRISISSE in die onderwyssfeer van die land duik herhaaldelik onder die ANC-bewind op. Die jongste was oor die buitengewoon “goeie” matriekuitslae wat die gevolg is van swak standaarde, meen kritici. Maar, dis nie nuwe verwikkelinge in die geskiedenisverloop van Suid-Afrika nie. So het die onderwysprobleme in die provinsie OranjeVrystaat twee jaar ná Uniewording in 1910 ’n ongekende hoogtepunt bereik. Ofskoon daar gedurende die administrasie van die eerste administrateur, dr. A.E.W. Ramsbottom, goeie vordering op onderwysgebied gemaak is indien die groot aantal nuwe skole, die snelle groei van die skoolrol en die vermeerdering van die onderwyspersoneel in ag geneem word, het die provinsie in veral 1912 onder ’n onderwyskrisis gesteier. Alles te danke aan misverstande, verkeerde vertolkings van omsendstukke en taktlose optrede tussen die provinsiale administrasie aan die een kant en dr. W.J. Viljoen as direkteur van onderwys, die onderwysdepartement en die Vrystaatse Onderwysersvereniging aan die ander kant. Midde-in polemiek Die beroemde seunskool Grey-kollege was te midde van alles. Eerstens was daar die Gray-aanstelling en -afdanking. Nadat daar teen die middel van 1912 ’n dringende vakature by Grey-kollege ontstaan het, het die direkteur van onderwys mev. J.B. Gray, ’n voormalige skoolhoof van die raadslidskole (gestig uit hoofsaaklik Engelse protes teen die Hertzog-onderwyswet), tydelik vir ses maande aangestel. Die beste gekwalifiseer, geen ander geskikte kandidaat nie en goedkeuring van die onderhoof van Grey is as redes aangevoer. Grey-kollege se skoolkomitee het egter teengeskop, omdat hulle ’n man tydelik en later heeltyds in die pos wou hê. Wenkbroue is ook gelig oor haar betrokkenheid by die Council Schools. Viljoen het ingestem tot die laaste deel

Die seunskool Grey­kollege, met sy ryk geskiedenis, was midde­in die 1912­onderwyskrisis. Foto: Jens Friis van die versoek, maar het sy voet neergesit oor die onmiddellike verwydering van mev. Gray – daar is immers ’n ooreenkoms met haar aangegaan en die skoolinspeksies was op hande. Die skoolkomitee is sak en pak na die administrateur oor die kwessie. Ramsbottom het hulle simpatiek aangehoor en op 17 Julie Viljoen, wat vergeefs geprotesteer het, aangesê om alternatiewe reëlings vir Gray te tref. Toe die kwessie op 6 September steeds nie opgelos is nie, het Ramsbottom deur ’n skrywe Viljoen streng aangespreek dat hy

opsetlik opdragte van die administrasie verontagsaam. “Beëindig haar diens onmiddellik,” is Viljoen aangesê. Halfhartig het die direkteur hieraan gehoor gegee en Gray ingelig dat hy persoonlik die besluit in twyfel trek en onder dwang daaraan toegee. Weens politieke verskille was die verstandhouding tussen Ramsbottom en Viljoen juis stram en die voorval het dit kennelik nie verbeter nie. Holloway-geval Tussendeur het die Holloway-geval gebeur wat gemoedere

opgejaag het. Ramsbottom se uitvoerende komitee het einde Augustus 1912 J.E. Holloway, ’n 22-jarige onderwyser van Grey-kollege met ’n BA-kwalifikasie, sonder die verskaf van grondige redes in die Raad Alfred Ramsbottom Foto: Nasionale Museum van Eksaminatore aangestel nadat ’n vakature ontstaan het. Die raad teer teen die outokratiese en het onder meer die eksaminering skadelike werkwyse van die van onderwysers gehanteer en owerheid. Die regering se hulp is leerplanne vir onderwyseksamens ook versoek om die onverkwiklike voorgeskryf. Die gevolg, wye onderwysopset te besleg. ontevredenheid uit onderwysgeleRamsbottom en van sy uitvoedere. Te jonk en onervare is gesê rende komiteelede het hulle na en diegene geskik vir die pos met Pretoria gehaas om die krisis met rype ondervinding word sodoende die eerste minister, genl. Louis as onbetekenend afgemaak. Botha, te bespreek; Viljoen twee Die administrateur het die dae later om sy kant van die saak Onderwysersvereniging se te stel. Alles agter geslote deure. dagbestuur, wat hul misnoeë oor Blykbaar was die regering nie die aanstelling voor hom kom bereid om sommerso in provinsiauitstort het, hoflik ontvang, maar le sake in te gryp nie en wou vir sy uitvoerende komitee se besluit eers raadgewend optree. F.S. gehandhaaf om hulle verleentheid Malan as minister van onderwys te spaar. het nie veel bygedra om die krisis Die hele kwessie is vererger toe te ontlont nie toe hy die Vrystaat die president van die Onderwyse onderwysprobleme as belaglik sersvereniging se beswaarbrief afgemaak het. Hy het blykbaar teen die Holloway-aanstelling deur nie die erns van die saak begryp die Ramsbottom-administrasie as nie. kras, voorskriftelik en botsend Tussen alles deur het die met prosedure ervaar is. A.M.N. Ramsbottom-administrasie en die de Villiers, die provinsiale onderwyssektor voortgegaan om sekretaris, het op sy perdjie elkeen uit sy hoek salvo’s in die gespring en Viljoen in kennis pers af te vuur om hul optrede in gestel dat al die kommunikasie die kwessie te verdedig en te met hulle liefs deur die onderwysregverdig. direkteur self gehanteer moes word en dat sulke protesskrifte Krisis ontlont onaanvaarbaar is. As leier van die provinsie het Ramsbottom in Oktober 1912 Gort gaar gewys wat in hom steek om die Hierna was die gort eers gaar. krisis te ontlont. Hy het in die Uit onderwyskringe en die openbaar sy diepe en opregte spyt publiek is gevoel dat hul reg tot uitgespreek dat die gebeure ooit protes hierdeur aangetas is. Die plaasgevind het, dat gesonde hele debakel het in die pers verstand nie geseëvier het nie, voortgewoed en die algemene administratiewe flaters te goeder gevoel was dat die provinsiale trou gemaak is en omsendbriewe sekretaris se bewoording skerp nie reg bewoord is nie. Ramsbotaanstoot kon gee. Slegs ’n tom het by herhaling die versekeamptelike verklaring van die ring gegee dat die administrasie administrateur tot die teendeel besware te alle tye deur die regte sou onderwyskringe tevrede stel. kanale sou aanhoor en dat die So ontevrede en woedend was skrywe wat anders beweer ’n die Vrystaatse onderwysers oor al oordeelsfout was. die gebeure, dat die OnderwysersDeur versoenende toesprake ter vereniging die ongewone stap wille van onderwys is die strydbyl gedoen het om ’n openbare tussen Ramsbottom en Viljoen protesvergadering, vermoedelik ook grootliks begrawe. Intussen is die grootste een tot in daardie ’n beurs aan Holloway toegeken stadium, op 14 September 1912 in vir verdere oorsese studie sodat Bloemfontein se Grand-teater te die probleem rondom sy aanstelhou. Die doel was om te protesling ook opgelos is.

Graad 1’s begin skoolloopbaan van 12 jaar

Aidan Gottsch (Willem Postma) is die seun van Wayne en Isabel Gottsch.

Juan Nel (Willem Postma) is die seun van Phillip en Illse Nel.

Courtney Smith (Eduplus) is die dogter van Chris en Marie­Louise Smith.

Zhanelle van Rensburg (Universi­ tas) is die dogter van Sarel en Cha­ nel van Rensburg.

Zenrique Matthys (Universitas) is die seun van Ettiene en Leanda Matthys.


BLOEMNUUS, VRYDAG 17 JANUARIE 2014 9

Eerste keer skool toe Anchelle Wilson (gr. 3) staan hier by haar kleinsus. Nico­ lette Wilson. Nico­ lette is Woensdag vir die heel eerste keer skool toe. Dié twee is leerlinge van die Laerskool Fi­ chardtpark en die dogters van Nico en Lourette Wilson.

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

TE KOOP

TROETELDIERE 1660

Honde: Opregte Chows, 8 weke oud. Reuntjies, swart, grys, bruin/blond. 072 818 8792. Bainsvlei.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

BOUPLANNE 1802

AAA-Kwaliteit: INSTALLERING van alle plafonne en 'dry walls', herstel van plafonne. Gratis kwotasie. 079 581 6654.

BETREKKINGS 3600

VERKOPE & BEMARKING 3760

8 full-time sales positions available. We offer: Basic salary: R9 500 p.m. plus commission. Fuel allowance. Full training. Company overrides and bonuses. Sales experience an advantage. For interview call 051 522 2237 or 079 456 3184 during office hours: 08:00 - 15:30. BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

122 KHUDUGA DAVID MOSETLHE Boedel wyle: Khuduga David Mosetlhe Meestersverwysingsnommer: 2930/2012 Boedel van wyle Khuduga David Mosetlhe, identiteitsnommer 641115 5947 08 1 van Ingonzostraat 10703, Rocklands, Bloemfontein. Krediteure en debiteure in die bogenoemde boedel word versoek om hulle vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergemelde binne 'n tydperk van 30 dae vanaf Vrydag 17 Januarie 2014. Naam en adres van Eksekuteur: LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

4205

122 EDNA AUGUSTA HEYS In die boedel van wyle Edna Augusta Heys, identiteitsnommer: 260227 0036 081, pensioenaris, in lewe woonagtig te Quanda Care, Bloemfontein, Dok Beyersstraat, Heuwelsig, Bloemfontein, boedelnommer: 9158/2013. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê te kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 17 Januarie 2014. Naam en adres van Eksekuteur of Gemagtigde: LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600 Faks 051 403 6714


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 17 JANUARIE 2014

‘Tsoenami’ tref Bfn

Watermassa saai verwoesting 110 j. gelede Hannes Haasbroek TANS steier die Vrystaat, soos elders, onder ontsaglike hitte wat daagliks mens, dier en die natuur uitmergelend teister. ’n Lafenissie word waarskynlik deur menigeen afgebid, maar stellig nie met ’n vloed in gedagte nie. Laingsburg in die Wes-Kaap het onder meer juis nou genadeloos onder oorstromings deurgeloop wat dood en verwoesting gesaai het. Dít terwyl die allemintige katastrofiese watervloed wat dié dorp ook in die 1980’s getref het, weer in ’n mens se geheue terugspring. Maar vandag, presies 110 jaar gelede, het Bloemfontein ook sy Laingsburg-oomblik beleef. Dit was die ergste waterramp wat die stad tot in daardie stadium moes verduur, en daarna ook. Bygesê, die verbetering en modernisering van waterafvoer in die stad deur die dekades het sodanige rampe voorkom. Begin as ’n gewone dag Op Sondagoggend 17 Januarie 1904 het Bloemfontein doodluiters sy gewone gang gegaan. In kerkdienste is dankgebede opgestuur oor die swaar reën wat die naweek begin uitsak het; welkom ná die droogte van die vorige jaar. Ná die dienste merk die gelowiges met ’n glimlag dat swaar wolke skielik in die weste begin opsteek. Bloemspruit, wat nog altyd as afvoerkanaal vir die stad gebruik is, het kort daarna sterk begin afkom weens swaar reën, maar dit was nog nie gelyk aan sy walle nie. Daar was geen rede tot kommer nie, want geen verdere reën het toe uitgesak wat rooi ligte kon laat flikker nie. Mini-tsoenami Maar ná die middaguur is die spruit so sterk deur aanhoudende vloedwater gevoed dat sy walle oorstroom het. Dit is weldra aangevuur deur stormwinde en stortreën, beskryf as aanhoudende wolkbreuke, wat teen 15:00 oor die stad losgebars het en die watervlak dramaties laat styg het.

Inwoners staan op ’n brug wat nie deur die Bloemspruit weggespoel is nie. ’n Ossewa is deur vloedwater tot onder die brug meegesleur. Die meeste Bloemfonteiners het al hul middagslapie geniet en is wreed deur die gedruis van vloedwater en vallende mure wakker geruk. Soos ’n mini-tsoenami het ’n wal water in die spruit afgekom. Alles is meegesleur. Chaos het in die stad geheers. Brûe oor die spruit is binne ’n oogwink weggespoel. Ontstellende tonele van bome, huise en ander geboue, perde, muile, meubels, hout, sinkplate,

doodskiste, drankkratte en negosieware wat meegesleur word, het die inwoners begroet. Mense het verskrik op dakke en in bome probeer skuiling soek. Helaas het van hulle omgekom met dié dat dit in die slag gebly het. Lyke is later ver buite die stad gevind. Diegene wat op Naval Hill kon skuiling soek, was ten minste verseker om van die watergevaar te ontkom.

Lewensverlies Vanselfsprekend was daar hartseer-tafereles. Só het die De Bok-egpaar drie seuns verloor, ouderdomme 18, 21 en 24. In Kerkstraat het die hele Houten-gesin verdrink. Ene mevrou Hamilton het aanskou hoe haar dogtertjie in die bruin stroom modderwater verdwyn. Twee swart inwoners het tot op die dak van die Carlton-restaurant gevlug. Nadat hulle ’n sug van verligting geslaak het omdat hulle veilig is, het die gebou ineengestort. Hulle is nooit weer gesien nie. Heldemoed Dan was daar die verhale van heldemoed. In die afwesigheid van die polisie – heelwat kritiek is later hieroor uitgespreek – en die brandweer wat nie veel kon verrig in die absolute chaos nie, het reddingswerk hoofsaaklik op individuele inwoners neergekom. Veral speurder A.C. Macdonald, wat in die treurspel omgekom het (voordat hy weggesleur is, het hy tien minute vergeefs gespartel), en ’n naamlose gekleurde keb-drywer is in die verband geopper.

‘n Verwoeste woonhuis ná die vloed.

Foto’s: Nasionale Museum

Groot treurspel By die Royal-hotel het blykbaar die grootste treurspel hom afgespeel. Op die veranda van die hotel het nuuskierige toeskouers saamgedrom om die skouspel in ongeloof gade te slaan – net soos by die Titanic-ramp oorspoel deur ’n aanvanklike gevoel van ontkenning oor die lewensgevaarlike toestande. Eers toe geboue oorkant die

straat begin wegspoel, het hulle tot besinning gekom oor die gevaar waarin hulle self verkeer. Met ’n tou is gepoog om hulle oor die malende vloedwater in Fonteinstraat na veiligheid te bring, maar voordat almal gered kon word, het die veranda meegegee met tragiese gevolge. Vermoedelik het ’n ossewa teen die gebou vasgespoel. Die opportunistiese plunderaars, swart en wit, was ook daar. Bykans 50 moes later op aanklagte van plundering in die hof verskyn. Water daal Later die middag het die reën begin bedaar. Die water het gedaal en Bloemfontein kon ’n sug van verligting slaak dat die ergste gevaar verby was. ’n Afdeling van die Glosterregiment en die polisie het hul verskyning gemaak om met die reddingspoging en die handhaaf van orde te help. Tussen die modderpuin het verslae en nuuskierige inwoners saamgedrom. Soos iemand opgemerk het, dit lyk of Bloemfontein met dinamiet en grofgeskut uitmekaargeskiet is. Dakloses is in die stadsaal en die Normaal-kollege gehuisves, ander by vriende en besorgdes. Rede vir en omvang van skade Die omvang van die skade was aansienlik: Bykans 60 mense is dood, talle is dakloos of beseer gelaat, 175 geboue is verwoes en skade van £250 000 is aangerig. Sommige in die eenvoudige en diep godsdienstige Boeregemeenskap het glo die ramp toegeskryf as “die wraak van God”, omdat die Britte die vorige jaar met langafstandkanonne na belowende wolke geskiet het om “reën te maak”, sonder enige sukses. ’n Onjuiste stertjie is later bygevoeg dat daar die betrokke naweek van die vloed ook met kanonne op wolke losgebrand is en dat dít die ramp veroorsaak het.


BLOEMNUUS, VRYDAG 17 JANUARIE 2014 11

Ry ’n draai Foto: sunnyskyz.com

Bloem-ing lekkerrr Dít is waarom Soutpan só heet.

Foto’s: Jens Friis

LEER jou omgewing beter ken in die nuwe jaar. LIENTJIE MENTZ deel ’n paar idees vir daguitstappies vanaf Bloemfontein. Maselspoort Daar is ’n swembad waarin die jongspan kan baljaar, mini-gholfbane, trampoliens, waterglybane en wye, oop grasperke waarop die kinders na hartelus kan speel. Maselspoort is ’n heerlike dagbestemming in die somermaande en daar is heelwat koeltebome om die ergste strale van die son te vermy. Neem net opvoustoele en ’n opvoutafel saam en dalk ’n ekstra braaier as jy het. Toegangpryse vir dagbesoekers is R30 en R50 op openbare vakansiedae. By www.maselspoort.co.za is meer inligting.

Gaan kyk Donderdae om 10:00 hoe die leeus in die Soetdoring­wild­ reservaat gevoer word.

Soetdoring-wildreservaat Nog ’n lekker daguitstappie uit Bloemfontein is op die R700 (rigting Bultfontein) na die Soetdoring-wildreservaat, 45 km buite die stad. Kyk op Donderdae om 10:00 hoe die leeus in die kamp gevoer word. Die jagluiperds in die

S Pryse word gereeld op bloemnuus.co.za weggegee. Die volgende weblesers van Bloemnuus het gewen: Helena, Jordaan, Marie du Plooy, Barend van der Merwe, Colinda Bothma, Karin van Niekerk Behrens, Daphne Venter, Colinda Bothma en Ilzè Stergos. S Kan jy spel? Die volgende vier dorpe se name is verkeerd gespel: Fouresmith, Luckhof, Philepolis en Franshoek (Boland). Wat is die regte spelling? (Kyk aan die einde van Bloem-ing lekkerrr).

Amanzi: Kyk wild Onderneem ’n daguitstappie na die Amanzi- Private Wildreservaat naby Brandfort en kyk wild vanuit een van dié lodge se safarivoertuie met kundige gidse. Daar is ongeveer 30 verskillende wildspesies op die plaas. (Geen private besigtiging nie.) As jy fluks is en die natuur van nader wil bekyk, onderneem een van die begeleide staptoere op die plaas of ry perd. Die wildtoere kos R130 per persoon en R65 vir kinders o.12 en die staptoere kos R160. Daar is ook ’n restaurant waar jy ná jou toer lekker kan eet. Kry meer inligting by www.amanzigame.co.za. Padstalletjies Klim in die motor en gaan eet middagete by een van die padstalletjies sowat ’n uur en ’n half se ry buite Bloemfontein by Clocolan. Die N8/R26 verby Ladybrand is onlangs opgeknap en ry maklik. Net voor Clocolan is daar The Cabin-plaasstalletjie met mooi handgemaakte produkte en ander spesiale geskenke. Net anderkant Clocolan in die rigting van Ficksburg is die Constantia-padstalletjie, wat allerlei interessante kersieprodukte en ’n groot verskeidenheid geskenke te koop aanbied.

S Fanie Viljoen, die Bloemfonteinse skrywer, het die week name vir karakters in ’n nuwe boek onder sy Facebook-vriende se vriendelyste gesoek. “Ja, skrywers is weird,” skryf hy. “Maar ’n mens moet iewers name kry,” het Anina Alexander hierop geantwoord. Volgens Fanie het Facebook regtig goeie name. “Soms soek jy iets wat op ’n manier gewoon is, maar net daardie iets anders het. Dit is moeilik om te verduidelik. Ek is vrot met name uitdink.” Stoffel Cilliers het vriendelik gewaarsku: “Jy los net groot asseblief Stoffel vir jou plat karakters uit. Soos CJ Langenhoven se ou Stoffel Gieljam. En die baie Stoffel-honde wat daar is.”

S Ans Coetzee het die volgende grappie ingestuur: Meisie: “Pa, ek is verlief op ’n ou wat ver weg van my af is. Ons het ontmoet op ’n dating website, vriende geword op Facebook, lang gespreke gehad op Whatsapp, verloof geraak op Skype en nou het ek pa se blessing nodig om te trou.” Pa: “Geen probleem nie, my meisiekind, trou op Twitter, gaan op wittebrood op BBM, koop kinders op Bid or Buy en wanneer jy moeg is vir jou man, verkoop hom op Gumtree!”

Lillie die heksie word ’n speurder is een van die boeke en CD’s wat gewen kan word op bloem­ nuus.co.za se “Competition”­af­ deling. Gaan maak daar ’n draai en skryf jou in. S Lag ’n slag: Niekie van den Berg voer ’n onderhoud op RSG met ’n omie wat op sy dag in die Tweede Wêreldoorlog vegvliegtuie gevlieg het. Die oubaas vertel met geur en kleur: “Man, Niekie, ek vlieg nog so lekker en ewe skielik is daar hierdie drie f*kk*rs hier agter my aerie se stert.” Niekie onderbreek vinnig die oom om die situasie oor die regstreekse uitsending te beredder. “Ja, ummh . . . Ek wil darem ook net vir ons luisteraars noem dat ’n Fokker ’n Duitse vegvliegtuig is.” “Ja, dis waar,” sê die omie en haak toe af: “Maar hierdie f*kk*rs het f*kk*n Spitfires gevlieg.” S Die antwoord op “Kan jy spel?” hierbo is: Fauresmith, Luckhoff, Philippolis en Franschhoek.

Terwyl jy in die omgewing is, gaan drink ’n koffie en kry ’n eetdinge­ tjie vir die pad terug Bloemfontein toe by Truksvy op Soutpan. kamp langsaan word elke tweede dag gevoer en as jy dit graag vir die kinders wil wys, bel vooraf om te hoor wanneer dit gebeur. Daar is piekniekplekke, maar die toiletgeriewe bestaan uit opslaan-toilette. Dalk is dit beter om ná die wildbesigtiging by Florisbad piekniek te gaan hou (kyk onder). Toegang tot die Soetdoring-natuurreservaat kos R60 per sedan-motor met ’n maksimum van vyf insittendes en R10 vir elke ekstra persoon. Ander tariewe geld vir minibusse en busse. Florisbad: Hou piekniek Ná ’n besoek aan die diere, ry net ’n kort ent verder na die Florisbad-handelshuis.

By Florisbad, naas die navorsingsentrum waar die Florisbadskedel in 1932 ontdek is, is daar ’n verhitte swembad, ’n buiteswembad, groot grasperke vir piekniek en besoekers kan ook hier verfbal speel. Dagtariewe tussen 08:00 en 17:00 is R50 vir volwassenes en R25 vir kinders. Daar is ook ’n restaurant. Vir meer inligting skakel 082-499-9155. Terwyl jy in die omgewing is, gaan drink ’n laaste koffie en kry ’n eetdingetjie vir die pad terug Bloemfontein toe by Truksvy op Soutpan. Truksvy bied ook heerlike Sondag-buffet-etes aan. Besoek die webwerf www.truksvy.co.za.

Afhangend van hoe jy hierna kyk, is daar nie net ’n padda nie, maar ook ’n perd te sien. Wat het jy eerste raakgesien? Laat weet ons op Bloemnuus se Facebook­blad by die inskrywing.


Sport eers nie as nuus geken toets is ons s’n; maar ons kan nie te gerus slaap nie. Voordat Hannes Marais se Springbokspan vandag voor ’n skare van sowat 66 000 die eerste toets in die Vrystaat-stadion met 22-9 gewen het, het die Hane gewys dat hulle nie in Saterdag se tweede toets in Durban onderskat moet word nie. As hulle afronding beter was, kon dinge vandag al vir die Bokke skeefgeloop het. Gelukkig was die Bokke uit die staanspoor op die aanval en ná twee minute met 3-0 voor.” Al drie adverteerders op die voorblad het spesiale Springbokadvertensies laat ontwerp. S “Mazda sê baie dankie aan 70 000 rugbygeesdriftiges vir die vertroue in en die waarde wat hulle heg aan al die Mazda-produkte”; S “Die Springbokke kan wen . . . maar Krüger en Van Rooy Uitrusters is ’n wenner”, en S “Wie gaan wen? Ons wen altyd met kwaliteit-klerasie. Wolmans Uitrusters.”

Bfn deel van groot sokker DIE Rosestad speel tans gasheer vir nege wedstryde van die Afrika-nasies-sokkerkampioenskap, wat albei die halfeindstryde van die tweejaarlikse Chan-toernooi insluit. Die trekking vir die toernooi, waarin lande net spelers mag oorweeg wat in hul plaaslike ligas speel, is vroeër in Kaïro gehou. Bloemfontein, Kaapstad en Polokwane sal vir die derde weergawe van die toernooi, wat van 11 Januarie tot 1 Februarie beslis word, die gasheerstede wees. Altesaam 16 spanne sal sake binne 16 dae in 32 wedstryde uitspook. Kaapstad is vir die vier spanne van Groep A en die vier spanne van Groep B die gasheer. Die Kaapstad-stadion en Athlone-sta-

Het Westen (nou Volksblad) wat in 1904 gestig is, was in sy eerste jare, met die uitsondering van skyfskiet, gekant teen sport. Dít is beskryf as “een vreemd, een uitheemse ding”. Dit het egter in latere jare gans verander.

’n Ondersteuner van Ghana wys vroeër vandeesweek in die Vry­ staat­stadion waar sy steun lê. Foto’s: Conrad Bornman

dion gaan ingespan word. Die Vrystaat-stadion in Bloemfontein is Groep C (Ghana, Kongo-Brazzaville, Ethiopië en Libië) se gasheer. Een van die vier kwarteindstryde word hier gespeel, waarna albei halfeindstryde op 29 Januarie om 17:00 en 20:30 in die Rosestad gespeel word. Suid-Afrika bevind hom saam met Mosambiek, Nigerië en Mali in Groep A. Die wedstryde in Januarie in Bloemfontein is: 13de: Kongo t. Ghana (17:00) en Libië t. Ethiopië (20:00); 17de: Ghana t. Libië (17:00) en Kongo t. Ethiopië (20:00); 21ste: Ethiopië t. Ghana (19:00); 22ste: Mauritanië t. Gaboen (19:00); 26ste: kwarteindstryd (20:30); 29ste: halfeindstryde: 17:00 en 20:30.

VOLG Bloemnuus op Facebook nes 3 750 Bloemfonteiners vir wie die Rosestad na aan die hart lê.

VOLKSBLAD, moederkoerant van Bloemnuus, is vanjaar 110 jaar oud. Om dit te vier verskyn daar daagliks op bl. 2 in die koerant ’n rubriek “Vandag in Volksblad se Verlede”. Om jou belangstelling te prikkel, die volgende uittreksel oor Volksblad en sport wat later in die jaar in die rubriek sal verskyn: Het Westen (nou Volksblad), wat in 1904 gestig is, was in sy eerste jare, met die uitsondering van skyfskiet, gekant teen sport. Dit is beskryf as “een vreemd, een uitheemse ding”. Dit het egter in latere jare gans verander. Só was ’n “Spesiale Toetsuitgawe” van Die Volksblad teen 5 c op Saterdag 12 Junie 1971 te koop. Die opskrif het gelees: “Bokke sit hul segetog voort . . . maar die Franse bly gevaarlik”. Jan Ellis, Joggie Viljoen, Piet Visagie en Frik du Preez was van die uitblinkers op dié dag. Herman le Roux en Quintus van Rooyen het geskryf: “Mooiskoot, Bokke! Die eerste


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.